WGO SE 20miljoen OMKOOPGELD...

...VIR PRESIDENT VAN MADAGASKAR 

Die President van Madagaskar, Andry Rajoelina, het die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO) van sameswering beskuldig waartydens daar gepoog sou word om die Covid-19 Organics, die “kuur” wat in Madagaskar vir die virus gebruik word, met gif te besmet.

Rajoelina beweer die WGO het hom 20 miljoen dollar aangebied om die medisyne met gif te besmet sodat Madagaskar se bevolking nie van Covid-19 herstel nie.

Die drankie wat as kuur vir die virus gedrink word, is gemaak van die Artemisia-plant wat suksesvol teen malaria gebruik word. Die plant is in die sewentigerjare van Sjina na Madagaskar gebring spesifiek om malaria te genees. Volgens President Rajoelina word Covid-19-pasiënte wat die kuur gebruik binne 10 dae gesond.

Die WGO het nie die resep van die kuur of die plantjie vir die President van Madagaskar gevra nie; hulle wou doodeenvoudig hê die kuur moet die mense nie gesond maak nie.

Met ander woorde, die WGO besef maar alte goed dat die medikasie waarin daar malariabestryder is, die Covidvirus kan help beveg. Nou waarom wil hulle die President omkoop om die kuur met gif te besoedel? Eenvoudig, hulle wil nie hê die hele wêreld moet weet daar is suksesvolle medikasie teen die virus nie. Waarom nie? Omdat hulle ‘n entstof op die wêreld wil afdwing waarmee hulle die berugte mikro-skyfie kan inspuit om sodoende die wêreld digitaal te beheer. Soos die Italiaanse politikus, Sara Cunial, die beheerplan beskryf: “...their evil plans to chip the human race through the digital identification program ID2020....”