COVID-19 – EKONOMIESE OORLOGVOERING (2)

Die vraag moet gevra word: wie en wat sit agter die buitengewone, opgeblaasde media propaganda wat die totale westerse sosio-wêreldekonomie nou op sy knieë dwing; ‘n treurmare vol lyding, sterftes en armoede erger as die Groot Depressie van 1928/1929?

As iemand nog wonder waar die virus sy oorsprong het, hoor dan wat Amerika se Staatssekretaris, Mike Pompeo, kwytgeraak het toe hy op 21 Maart die Amerikaanse volk toegespreek het: “This is not about retribution, we are in a live exercise here…”, menende ‘n militêre oefening, ‘n oorlogspel.

En Donald Trump wat langs Pompeo gestaan het fluister in lg se oor: “You should have let us know”. Dis moeilik om te glo dat Trump nie daarvan geweet het nie; heel moontlik het hy sy gewone narrespel gespeel.

Hierdie militêre oefening het verreikende implikasies; dit is ‘n ekonomiese oorlog wat die hele wêreld kan verander. Feitlik elke land op hierdie planeet is in ‘n grendeltydperk, kwarantyntoepassing, besighede wat gesluit is, die landsburgers onder polisie en militêre beheer met talle gevalle in elke land waar mense aangerand en geboei word indien hulle dit op straat waag – die volkome toepassing van krygswet. Dit is veral erg in Frankryk waar die onbeheerste brutaliteit van polisie onuithoudbaar geword het.

Met landsgrense wat gesluit is, vlugte wat gekanselleer is en toeriste wat in ander lande vasgekeer is, is die huidige toestand kortom ondraaglik. Die langtermyngevolge is hoofsaaklik die sosio-ekonomiese ineenstorting wat astronomiese bedrae met soveel nulle agteraan, aan verliese gaan meebring. Die aandelemark het reeds sowat 30% geval – tot yslike voordeel van die Groot Bankiers.

Miljoene klein en middelgroot besighede gaan nou bankrot, werkloosheid skiet die hoogte in en arm mense wie wel ‘n dag tot dag werk gehad het, het nou geen inkomste nie en sterf van die honger of pleeg selfmoord, terwyl ander hulle nou tot misdaad wend.

En dan is daar die morele en sosiale ineenstorting as gevolg van geforseerde kwarantyn wat blyk net nie op te hou nie. Dit veroorsaak angs en vrees, frustrasie en woede, alles dinge wat die immuunstelsel afbreek, en presies is wat die marionette-meesters wil bereik.

Laat ons kyk watter doel hierdie lewendige militêre oefening werklik het. Eerstens kon mens dink dat dit bedoel is om Sjina te onderdruk omdat dit die sterkste opkomende ekonomiese mag in die wêreld is. Sjina het nou wel ‘n enorme verlies van tot 70% van alle produksie gely in die eerste twee maande van 2020. Maar nou het Sjina die Korona-virus onder beheer, en is haar ekonomie besig om sigbaar te herstel, selfs in so ‘n mate dat dit dalk binnekort die VSA se selfgemaakte empire kan oorheers. Sjina se geldeenheid, die yen, is stewig gerugsteun deur ‘n sterk ekonomie asook goud, en is waardig om die wêreld se hoof-geldeenheid te word deur die VSA-doller te vervang wat die afgelope 100 jaar daardie rol gespeel het. En as dit gebeur, is die VSA-outokrasie daarmee heen.

Groter nog, hierdie aanval op Sjina is besig om te boemerang. Sjina is die verskaffingsketting vir nagenoeg alles wat die weste benodig. Om winste te verhoog het Amerika en talle ander westerse state vir jare lank van Sjina se lae-koste arbeid gebruik gemaak. Nagenoeg 80% van Amerika se produkte kom van Sjina. Vir antibiotia is dit 90%. En met die Sjinese produksie tot stilstand die eerste twee maande van 2020 is die uitvoer-tekort na Amerika ‘n ramp.

Dit wil voorkom asof die geldmeesters van die wêreld nie juis ‘n saak met die bevolking van Amerika of enige ander land het nie – of daar nou ‘n tekort aan medikasie, voedsel en talle ander noodsaaklike behoeftes ontstaan, hulle gaan voort met hulle plan om ‘n Een Wêreldregering tot stand te bring juis deur die ekonomieë so hard as moontlik te knou, wat ons ook eersdaags hier plaaslik behoortlik sal agterkom.

Vervolg...