NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dra jou kruis met vreugde; moet dit nie teensinnig sleep nie.  Onthou: Dis ‘n skat en nie ‘n ergernis nie.

DIE GELDMAG (2)

B M Schoeman

Lees reeks by Die Geldmag

SAAM IN DIE RAND CLUB

Ondersoek na die werkinge van die geldmag en die invloed wat dit op die politieke mag uitoefen, is vandag nie ’n baie gewilde onderwerp nie. Dit was trouens nog nooit ’n gewilde onderneming nie, want as daar een ding is wat die verteenwoordigers van die groot geldmag soos die pes haat, is dit dat hulle planne, hulle skemas, hulle knoeiwerk onder die soeklig geplaas moet word. Dit het verder ’n ongewilde onderwerp geword, omdat die massa-media, wat grotendeels deur hierdie geldmag beheer word, ’n beeld van die rykes en die super-rykes opgebou het van onaantasbare wesens. soort godjies, wie se dade en planne nie bevraagteken mag word nie. Hulle het ’n soort ekonomiese herrenvolkie geword wat verhewe bo enige kritiek is.

Selfs sommige politieke leiers duld nie enige kritiek op die ver­teenwoordigers van die geldmag nie, dikwels omdat hulle self vasgevang is in die net van hierdie geldmanne, of weet dat hulle politieke voortbestaan deur hierdie mense beheer word.

Daar is egter ook politieke leiers wat hulle nie deur die verteenwoordigers van die groot geldmag laat voorskryf nie. Sulke politieke leiers word dan die verklaarde vyande van die groot geldmag omdat hulle as stuikelblokke in die verwesenliking van die rykes en super-rykes se oogmerke beskou word. Dit is waarom daar teen ’n man soos dr. H.F. Verwoerd in sy bewind as Eerste Minister van Suid-Afrika die kreet “Verwoerd Must Go!” soos ’n refrein vanuit die linkse kringe opgeklink het.

Dr. Verwoerd het, soos min voor hom en na hom, die bedreiging van die groot geldmag begryp. Hy het nie geskroom om in die openbaar daarteen te waarsku nie. Hy het tussen die groot geldmag en die Afrikanervolk gaan stelling inneem. Daarom het hy ’n verklaarde vyand van die geldmag geword en is sy verdwyning van die politieke toneel dikwels deur die verteenwoordigers van die geldmag gewens. Hy het baie duidelik begryp wat hier besig was om te gebeur en hy het nie teruggedeins om dit in die openbaar te sê nie.

Toe dr. Verwoerd op 25 September 1965 ’n byeenkoms in sy kiesafdeling Heidelberg toegespreek het, het hy gesê dat Suid-Afrika nie net met ’n buitelandse geldmag te doen het nie, maar dat ’n nuwe geldmag binne Suid-Afrika aan die ontwikkel was. Afrikaanse kapitaliste en Suid-Afrikaners in die algemeen, het hy gesê, is besig om toenemende beheer in magtige finansiële, nywerheids- en mynondernemings te bekom. Met die ontwikkeling van hierdie Suid-Afrikaanse geldmag moet die politieke lewe van die land in ag geneem word. Dis noodsaaklik dat die nuwe geldmag nie weg- groei van die nasionale belang en ’n geldmag vir eie onthalwe word nie, het dr. Verwoerd gesê en toe bygevoeg: “Daar is ’n wesenlike gevaar dat die Suid-Afrikaanse geldmag sal saamsmelt met die geldmag wat vreemd aan Suid-Afrika en sy volk is. Die land sal moet toesien dat die ontwikkelende geldmag trou bly aan die nasie en nie in botsing kom met die ideale en veiligheid van sy mense nie.’’

Dit was voorwaar profetiese woorde. Hoe profeties is meer as dertien jaar later bevestig toe ’n man uit daardie kringe, dr. H. Adam, in Desember 1978 kon skryf dat die stem van Anglo-Ameri­can Corporation, en dus ook die stem van sy grootbaas, mnr. Har­ry Frederick Oppenheimer, vandag in die koukus van die Nasio­nale Party gehoor word. Hoe ongelooflik dit ook al mag klink, dit is waar. Dit het gebeur omdat dr. Verwoerd se opvolgers of nie die bedreiging van die groot geldmag begryp het nie, of dit wel verstaan het, maar niks daarteen kon doen nie omdat hulle die gevangenes van daardie geldmag geword het. Mnr. B.J. Vorster het met sy verkiesing as Eerste Minister in September 1966 plegtig onderneem om in sy voorganger se voetspore te volg, maar twee jaar later, op 1 November 1968, gaan sit hy in die Rand Club in Johannesburg aan met die verteenwoordigers van die groot geldmag.

Dagbreek, die gestorwe Sondagkoerant van Johannesburg, het hierdie gebeurtenis destyds aangebied onder die opskrif “Rand Club gee Vorster ’n staande ovasie” en gesê dat mnr. Vorster op

daardie dag geskiedenis gemaak het:      Hy  was die eerste Premier van die Nasionale Party wat ooit deur die Rand Club as gas uitgenooi is.

Dit is goed om weer ’n keer na hierdie “geskiedkundige” gebeurtenis in die Rand Club en die berig daaroor in Dagbreek te kyk, want dit verskaf insig oor die dinge wat na dr. Verwoerd se dood gebeur het.

“Rhodes en Jameson en Britse konings,” skryf die blad, “ sou sekerlik die toneel met ongeloof in hulle oë gade geslaan het. Meer as twee honderd gaste op ’n dinee in die Rand Club, Johannesburg, het op Vrydag, 1 November, opgestaan en die Eerste Minister toegejuig. Die mynmagnate, die ryk sakemanne en die nyweraars wat teenwoordig was, was in algehele vervoering deur mnr. John Vorster.”

Die blad sê voorts dat die Rand Club oorspronklik die bronaar van die Britse Jingoïsme was. “Dit was hier dat die empire-bouers ontmoet het en hulle beplanning gedoen het. Sedertdien het die klub meer Suid-Afrikaans geword, maar dit het nogtans essensieel Engels gebly. Dit was ’n streng geslote byeenkoms. Sover ons kon vasstel, was die meeste gaste Engelssprekendes — sekerlik nie meer as ’n halfdosyn was Afrikaners nie. Mnr. Vorster het bykans ’n uur in Engels gepraat en het ’n diep indruk gemaak. Dit was ’n invloedryke gehoor bestaande uit manne wat ’n leidende rol in die land se ekonomie speel.”

Mnr. Harry Oppenheimer was daardie aand nie in die Rand Club teenwoordig nie, maar daar kan aangeneem word dat baie van sy handlangers in die sake- en nywerheidswêreld wel daar was. Die Rand Club is ’n eksklusief Brits-Engelse klub en hierom word men­se van mnr. Oppenheimer se rasse-afkoms nie daar toegelaat nie.

Maar mnr. Oppenheimer was wel teenwoordig op 22 November 1979 toe mnr. P.W. Botha, die latere Eerste Minister, sy hele kabinet na die Carlton-hotel in Johannesburg geneem het vir sy beraadslaging met die verteenwoordigers van die groot geldmag oor die totstandkoming van ’n sogenoemde Konstellasie van Suider-Afrikaanse State. Daar hoef nie veel gegis te word oor waar hierdie gedagte van ’n konstellasie sy oorsprong gevind het nie. Dit is die resep van die groot geldmag om deur hulle ontsaglike rykdom hulle politieke oogmerke te verwesenlik, wat natuurlik steeds vir hulle groter winste moet verseker.

Dagbreek het op 3 November 1968 na aanleiding van mnr. Vorster se verskyning in die Rand Club berig dat Rhodes, Jameson en die Britse vorste met ongeloof die toneel daardie aand in die Britse klub sou gade slaan. Dr. Malan, mnr. Strijdom en dr. Ver­woerd sou sekerlik ook in ongeloof neergekyk het op die toneel wat hom op 22 November 1979 in mnr. Oppenheimer se hotel in Johannesburg afgespeel het. Want wat daardie dag in die Carltonhotel gebeur het, was ’n bevestiging dat die groot geldmag bloedloos die politieke mag in Suid-Afrika verower het. Daardie byeenkoms was inderdaad die verseëling van die onderwerping van die huidige Nasionale Party aan die verklaarde vyande van nasionalisme. Hoe hierdie gebeurtenis se betekenis ook al verbloem word agter valse publisiteit, dit is mnr. P.W. Botha se openbare erkenning dat die Oppenheimers en die Hoggenheimers die aard van die Nasionale Party vernietig het, net soos hulle die aard van die ou Verenigde Party verander en later vernietig het. Vir die Afrikanervolk is dit een van die onheilspellendste fases in die verloop van die politiek sedert die sluipmoord op dr. Verwoerd. Die steek na die hart van die Nasionale Party deur die kommunis Tsafendas op 6 September 1966 in Kaapstad het geëindig in die dood van die Nasionale Party in Johannesburg op die skoot van mnr. Oppen­heimer. Niemand besef dit beter as mnr. Oppenheimer nie, daarom kon hy na afloop van die samekoms selfvoldaan aan een van sy koerante verklaar: “Die Nasionale Party, soos ek hom geken het, is besig om finaal te verkrummel.”

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1166 gaste aanlyn