NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Omdat misdaad deel van hul politieke mondering vorm, kan regerings wat deur geweld tot stand gekom het, slegs deur geweld in stand gehou word.  Wetsgehoorsame burgers word dikwels slagoffers van mense met barbaarse neigings.   Desondanks word daar van hulle verwag om die vreesaanjaende eer wat hulle te beurt geval het, gelate te aanvaar net omdat die seuns van Lucifer hulself geniet!

DIE WIT HORISON (1)

EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE

DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961

 

             Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het

Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960

Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan vier nog leef en al vier tans (2017) in hul tagtigerjare is:

Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez
- O/leier en Radio-ingenieur  (Tans woonagtig Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede

Victor von Brunn  - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige (Tans woonagtig in die Kaap)
Theo van Wyk
Weerkundige (Tans woonagtig in Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede

Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes,Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede

Die leser sal met verdrag ook lees van ander Suid-Afrikaners wat slegs as waarnemers die volle reis meegemaak het asook van 'n hele aantal Noorweërs teenwoordig.

VERTREK EN TRAGEDIE

’n Week voor 3 Desember 1959 het ons tien in Kaapstad bymekaargekom. Ons was die tien lede van die eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie wat in Koningin Maud-land ’n navorsingsbasis van die Noorweërs sou gaan oorneem.

Ons vaartuig was ’n Noorse robbeboot, die Polarbjom - wat ysbeer beteken. Hy was 179 voet lank, 28 voet was sy uiterste breedte en hy het ’n verplasing van 486 ton gehad. By die eerste aanblik het ek sterk getwyfel of hy ons ooit deur die dik ys tot by ons bestemming sou kon bring. Vir my het hy bra na ’n mossie gelyk. Miskien was hy darem man.

Daagliks het vragmotors ons voorrade op die kaai kom aflaai. Uiteindelik is honderd-vyf-en-sestig ton in die ruime van die Polar- bjorn gelaai: dieselolie vir die kragontwikkelaars wat apparate en ligte by die basis gedurig aan die gang moes hou, dieselolie vir een van die trekkers, lampolie vir die stowe en verwarmers, en tonne kos - genoeg om ons tien vir minstens twee jaar te voed ingeval dit na ’n jaar vir ’n boot onmoontlik sou wees om sy pad deur die ys te slaan en ons te kom haal - en dan nog ’n paar ton apparaat en boumateriaal. Die kwartiere is drie jaar tevore deur die Nore op die Antarktiese ysbank opgerig, en ons het net ekstra stutpale nodig gehad om die vloer en plafon van mekaar te hou, aangesien die ys en sneeu op die dak al begin dreig het om die twee nader na mekaar te druk.

Ons tog na die yswêreld was Suid-Afrika se eerste onderneming van dié aard, en bekendes en onbekendes het groot belangstelling getoon en kom groet. Daar was die Noorse konsul in Kaapstad met sy sjarmante Hollandse vrou. Daar was ’n hoë staatsamptenaar wat, terwyl hy veelbewoë oor die onderneming en die gevare daaraan verbonde gesels, jou kort-kort op die naaste skouer geklop en gesê het: "Broertjie, ons is trots op jou!” Ons het hom spoedig "Broertjie” gedoop.

Herhaaldelik moes jy vir kameras, wat nie kon ophou klik nie, glimlag. Jy het 'soos ’n rolprentster gevoel. Jy het so gewoond aan die geklik geword dat jou lippe vanself posisie ingeneem het wanneer jy ’n nuwe of bekende kamera sien nader het.

Toe ek op die tweede laaste dag voor ons vertrek by die boot kom, was die laaiwerk feitlik klaar. Bo-op al die konkas brandstof het kiste en kiste koeldrank gelê. Ons het voorsorg getref vir die Antarktiese dors, waar die wasem wat jy uitasem nie weer in jou longe teruggetrek word nie, maar as stukkies ys op die gebruiklike Antarktiese baard of snor bly sit.

In die kombuis het ons kennis gemaak met Johannes, die skeepskok. Hy het gehoor van die groot koffielus van Suid-Afrikaners en daarom het water deurentyd op die stoof gestaan en kook. Dit het ons laat tuis voel. Regoor die stoof was ’n koffiemeultjie aan die muur geskroef. ’n Blik gebrande koffiepitte het digby gestaan en jy kon enige tyd daarvan maal en die geurigheid van die vars- gemaalde koffie geniet.

Johannes het self nie van koffie gehou nie. Wat hom betref, was dit nie die drank vir seelui nie. Op hierdie tweede laaste dag voor ons vertrek het ek hom op die rand van ’n oop luik aangetref. Met verlangende leepoë het hy die diepte ingestaar, asof hy ’n laaste blik op die kis van ’n afgestorwene werp. In gebroke Engels het hy geweeklaag:"Nou just imajine, all those lovly bottles, to be sjust now covered with these big tarpaulin and not to be see for many weeks.” Hy het geweet dat alles ’n lang ruk deur die stuwende stormbreedtes sou moes toe bly om die hoë branders uit die ruime te hou.

"Toe maar, Johannes,” het ek gesê, "die lewe is nie verby nie. Ons het nie alles begrawe nie.” Met ’n skewe glimlag en met benewelde, dog stralende oë het hy na my gekyk. Op versoek van die skeepskaptein mag hy nie geweet het waar die ander koeldrank gebêre was nie, omdat die versoeking vir hom te groot sou wees om dit met vuurwater te verdun.

Laat die middag van 3 Desember het kommandeur Netterberger aan boord gekom. Hy was in bevel van ons tien en van die twaalf waarnemers tot tyd en wyl ons en die voorraad veilig aan sneeu geplaas sou wees. Sy wit uniform het sy rooi gesig, gesout deur jare se seebries, nog rooier laat lyk. Hy was ’n man van oor die vyftig, maar het nog die spierkragtige bou van ’n jong atleet gehad. In sy oë kon ’n mens kennis van en ontsag vir sy grootste vriend, die blou, buierige see, lees.

Daardie aand kort na agtuur het ons vertrek. Die Suid-Afrikaanse vlag het vyf-en-sewentig voet bo die dek, aan die hoogste punt van die mas, gewapper. ’n Paar voet laer was daar ’n klein, balie-agtige staanplek: die kraaines waarvandaan die kaptein of ’n ander offisier ons baan moes bepaal wanneer ons die ys binnevaar.

Toe die twaalfhonderd perdekrag die skroef aan die gang sit, kon ons nog net dof die gestaltes van ons vriende en familie op die kaai herken. Ou "Broertjie” het sy hoed in sy hande gestaan en frommel asof hy genade op die onderneming afsmeek. Almal het tegelyk geskree en gesels en in die wind geantwoord omdat jy bo die gedreun van die masjiene geen woord kon hoor nie.

Op so ’n oomblik lyk jy plesierig maar jy voel nie so nie. Meer as ’n jaar sal verloop voor jy weer die vriendelikheid van die mense op die kaai sal smaak. Jy sê dit is die seebries wat jou oë laat traan, of jy gee voor dat dit van die lag is. En jy lag vir alles omdat alles opwindend is. Jy voel opgewonde, en omdat jy opgewonde is, lyk jy gelukkig.

Ons "ysbeer” is in trurat gesit en ’n klein sleepboot het sydelings teen sy neus gestoot om hom makliker te laat draai. ’n Slag vorentoe, dan agtertoe en toe fluit hy drie keer. Die fluite klink skor en naar en gee ook aan jou eie gevoelens uiting. Jy voel ook lus om lawaai te maak net om jou werklike gevoelens jou nie te laat oormeester nie.

Die familie en vriende het na die uitgang van die hawe gehardIoop. In die pikdonker het ons hulle hoor skree. Hulle woorde het in die gedreun van die motore en in die gespat van die golwe vergaan.

Toe word dit stil. Net die geklots van die water is hoorbaar, en Kosie van die Uitsaaikorporasie draai na my en sug: "Ja, nou is ons op pad.”

Die boot het sy neus in die wind gestoot. Hy het die golwing van die Kaapse rollers agtergekom en op volle vaart, soos ’n koei wat ’n lusernland ruik, gedraf. Seepunt se liggies het op en af gewip, dan agter ’n swart watermuur verdwyn en kort daarna weer soos sterre bokant die swart massa uitgeskiet. Kort-kort het die boot se voorstewe water geskep om sy dek nog gladder te maak. Die buitelyne van die Gewelberge het statig en somber aan bakboord verbygegly en ook hulle het met rukke agter die watermuur verdwyn.

Ons het onder in die sitkamer wat met die geure van die kombuis deurtrek was, saamgedrom. Dit het gou warm en bedompig geword. Ek het opgestaan en met die regop trappie na die dek gegaan. Toe die vars lug my slaan, het my kake opmekaar getrek. Dit was ’n vreemde gevoel. Admiraal Mandarich, ’n waarnemer van Amerika, het net toe sy soel, beplooide gesig bokant die trapluik uitgesteek. "How are you, chap?” het hy gevra. Ek kon nie antwoord nie. ’n Oomblik later moes ek my kunstande van ’n seegraf red.

Die boot het gewip en gerol. Ek het gegryp na die toue of wat ook al binne bereik was en, waar daar niks was nie, sommer in die lug geklouter soos ’n kat wat probeer om teen ’n waterval uit te swem. Die wêreld het bollemakiesie geslaan, en die Kaapse rollers het met die boot dobber gespeel. Die semi-sirkulêre kanale van my binneore het gestaak en my kop was sy ewewig kwyt. Gryp-gryp het ek oor die boonste dek na die sitsalon geslinger en daar op ’n slaapbank gaan lê. Teen die plafon het sterre geflikker. Ek het gewonder of dit die einde der dae was.

Blackie, die jongste lid van die span en ’n tipiese Bolander, het kom vra hoe dit gaan. "Die skippie rgol dargem, ne dokkie?” asof ek dit nog nie agtergekom het nie!

"Loop Blackie, jong!” het ek geantwoord. Uit meegevoel het hy sy dawerende Bolandse gewoontelag gesluk. Dit was ook sy laaste lagpoging vir baie dae. Hy het skielik bleek geword en blitsvinnig na sy slaapbank verdwyn.

Ek het ingesluimer en toe ek ’n uur later wakker skrik, het nog vyf man op die ander banke gelê. Hulle het aan dieselfde siekte gely.

Skielik het die bootfluit aanhoudend en aaklig begin blaas. Chris het verskrik die salon binnegestorm. "Iemand is oorboord!” het hy gegil en onder die komberse geloer wie daar lê. "Waar’s Chappie? Waar’s Vic?” het hy benoud gevra. Niemand kon op sy vrae antwoord nie. Hy moes self gaan soek na wat hy wou weet.

’n Oomblik later het Hannes, ons ekspedisieleier, saggies aan my geraak. "Die hoofkelner is oorboord,” het hy gesê. "Kry die suurstof gereed.”

Ek het bly lê. Die hoofkelner se nek was in ’n ysterstut omdat hy dit ses weke tevore gebreek het toe hy vanaf ’n hoogte in ’n ses duim diep dammetjie geduik het. Ek het geweet ek hoef die suurstof nie gereed te kry nie. Maar ek kon dit nie sê nie. Solank daar hoop is, is daar moed. Selfs twyfelhoop is meer opbeurend as die werklikheid.

Die skorre klank van die bootfluit het oor die deining weerklink, en toe volg die groot stilte. Die motore en kragontwikkelaar is afgeskakel om te luister of iemand nie roep nie.

Met duiselige kop en knakkende bene het ek na die deur gesukkel. ’n Reddingsgordel met ’n groen vlam daarin het op die water gedobber en agter die deining verdwyn. Ek het my verbeel ek sien oral koppe en grypende arms, maar dit was net die gekkedans van die skaduwees van kabbelings op die golwe.

Die stilte was oorweldigend in sy leegheid. Daar was net die geklots van ’n golf en die geskuif van ’n trommel oor die vloer wanneer die boot steil oorhel. Die boot het in die golwe dwars gedraai en nog meer gerol. Ek moes weer gaan Iê. My klere het my warm gehou en my voete het in my klam sokkies en skoene gebroei.

Dick, wat reghoekig met my gelê het, se kop het teen myne geskuur. ’n Wit bakkerspet het soos ’n eelt op sy kop geklewe. In sy Noord-Hollandse uitspraak het hy gebrabbel: "Wie kon dinken dat ik ooit so stupid kon wees.” Hy was siek, en uit meegevoel het hy voorgegee dat hy sieker as ek was. Dit het my beter laat voel.

Teen dagbreek het die Gamtoos kom help soek en twee Shackletons het laag oor die water gevlieg in hul soektog. Maar die golwe wou nie verklik nie. Die middag om eenuur is die soektog afgelas. Die motore het weer koersvas begin dreun en die boeg van die boot het oor die golwe gespring.

Dikwels het die boot so hoog stert in die lug gesteek wanneer hy op die kruin van ’n golf gekom het, dat hy die skroef uit die water geruk en kwaai gebewe het. Die golwe het dertig tot vyftig voet bo hulle waterbed uitgestyg en almal laat sidder. My kop het teen Dick s’n gestamp en my voete teen die onderste muur. Dit het gevoel of my vel met sandpapier geskuur was.

Almal het gelê, buiten Chris. Sy lyf was te lank vir die naarheid om tot by die krop van sy maag te sak. Hy het ons met verkoelde lemoensap gelawe. Ons het die botteltjies by hom geneem sonder om oë oop te maak of koppe te lig en sommer opdraand gesluk.

"Hoe gaan dit met die ander, Chris?” het ek uitgesukkel.

"Almal rus in die gesus van die golwe. Moenie jou bekommer nie, dokkie. Hulle is te siek vir behandeling,” het hy simpatiek- glimlaggend geantwoord. "Marten het in die dooie kelner se kajuit ingetrek. Die kelner het ’n vrou, baie aangenaam volgens die portret - en twee oulike seuntjies.”

Die vorige oggend het die kelner my trots die portret van sy vrou en kinders in sy kajuit gewys.

"Hy en die kaptein was groot vriende,” het Chris verder vertel. "Hy was in die kaptein se kajuit. Toe neem hy die mandjie om die vullis oorboord te gooi. Die boot moes net op die oomblik toe hy gooi in dieselfde rigting gerol het. Die see was woelig en het hom oorgeskiet.”

"Met sy nek in ysters het hy geen kans gehad nie,” het ek verduidelik.

Die skroef het gemaal en die boot het geslinger en gedeins asof hy vir die branders wou koes. Maar hy is telkens weer oor die helling gelig om anderkant af te plons.

"As ek net op land kan kom,” het ek moedeloos gesug. "Ek sal met ’n donkiekar deur die Karoo ry en nie kla nie.” Jannie, die fotograaf, het gedemp gelag. Sy kamerakiste het op die maat van die golwe heen en weer oor die vloer geskuiwe. Sy sonnige glimlag van die vorige dag was uitgedoof en hy het hom nie meer bekommer oor die stampe wat sy kameras kon opdoen nie. Gert, met ’n onversadigbare eetlus, het aan pynappelskyfies lê en kou en Kleiwecht het nie omgegee dat Chris die laaste deel van sy naam met ’n growwer woord vervang toe dié hom ’n drankie aangee nie. Hy het die liefdesdaad dankbaar aanvaar.

Die Saterdagoggend het ek opgestaan, my rolprentkamera styf teen die deurkosyn gedruk en probeer om die golwe van die stormbreedtes in beeld vas te vang. Die admiraal se vaal gesig het by sy deur uitgeloer. Die volgende oomblik het ek plat op my maag oor die kort stukkie dek geseil en ’n regaf gesig op die water gekry.

Ek het angsbevange die kamera vasgeklou. Die admiraal was vaster op sy bene.

"Hi, guy,” het hy gesê, "getting a bird’s eye view of the landscape? This is terrible.”

Hy sleep my aan die een been terug en stut my onder die arm. Ek kyk na die waggelende liglyn. Dit voel of die boot stilstaan en die hele wêreld skuins en dwars kronkel en swaai.

Telkens is die kraaines laer as die golf. Branders breek teen die vensters van die brug, sowat twintig voet bokant die dek.

Ek het op die brug gaan staan, waar ’n klompie galgroen gesigte mekaar uitdrukkingloos gestaan en aangaap het. ’n Golf het ’n oomblik ’n gordyn voor die venster getrek en die brug in skemerte gehul. Soutstrome het teen die ruite afgeloop. Ek het besluit om te gaan lê.

Daardie eerste paar dae was dit vir die kok nie eintlik nodig om te kook nie. Sy klante was min en hy kon sy eie begeertes laat seëvier. Ook hy was stiller as gewoonlik, en sy leepoë het getraan wanneer hy oor sy kelnervriend praat.

Maar ook die ergste gaan verby. Die Dinsdag het al hoe meer van ons op die dek en in die eetkamer verskyn. Toue was oor die voordek gespan sodat ’n mens daaraan kon vashou wanneer jy na die voorste kajuite mik. Jy het geleer om die branders dop te hou: nadat een geslaan het, hardloop-strompel jy al langs die tou af - en as jy vinnig genoeg was om nie deur die volgende brander gevang te word nie, het jy droog anderkant aangekom.

Die boeg het die blou water geklowe, soms regop, maar meer dikwels het hy skuins daardeur gesny. Die son het die seebries warm gebak en die soutigheid op die punte van jou hempkraag het aangenaam gesmaak.

Die luike oor die twee ruime was stewig toe. In die duskantse was die groot kruiptrekker waarop Chris as werktuigkundige so trots as ’n vader op sy kind was. Hy het die trekker die troetelnaam "Suikerbossie” gegee. Min het hy in daardie stadium geweet hoe graag hy later daardie naam sou wil verander na die minder vleiende naam van ’n ander bossie!

Dit was doodgewoon om Gert te eniger tyd van die dag of nag in die kombuis aan te tref, besig om ’n dubbele sny brood rondom ’n stuk vleis, met eier, aartappel en kerriesous te vou, en hom te sien eet dat sy snor van genot wip.

Niklaas het my gevra om saam met hom ’n "hap” te maak, en die bottel geel water oopgemaak. "Dis goed vir die naarheid,” het hy my verseker. Aangesien ek self geen raat vir die nadraai van die seesiekte geken het nie, het ek my gewillig aan sy behandeling onderwerp.

Toe die boot weer ’n keer so ’n veertig grade oorhel, het Blackie my vertroulik aan die arm gevat."Hoorg hierg, dokkie,” het hy gesê, "ek wil nie die kergels bang praat nie, maar ek dink nie di e skippie gaan dit maak nie.”

Ek het die Jobstrooster skeef aangekyk. ’n Paar dae tevore sou ek so iets verwelkom het - maar nie noudat ek my voete weer gevind het nie. Die jeug darem! ’n Week tevore was hy trots daarop dat hy die eerste Afrikaner sou wees wat sy mondigwording in die Suidpoolland gaan vier, en nou was hy so swartgallig oor die nabye toekoms.

Die boot het ’n slag besonder waaghalsig gerol, water geskep en dit deur die deur van die sitsalon op ons slaapbanke geskiet.

Daardie aand na ete het ons oor koeitjies en kalfies gesit en gesels. Die vernaamste onderwerp was wie die siekste was, en hoeveel Gert kan eet. Die Amerikaner het vertel watter gawe mense ons Suid-Afrikaners is.

"Where I come from, Washington, D.C. . ." het hy elke vertelling begin, en oor die "D.C.” gedraal om asem te skep en te dink. Om nie af te steek nie en om die Amerikaner meer tuis te laat voel, het George sy sinne begin inlei met: "Daar in Pretoria, T.P. . . .” en oor die "T.P.” so lank gedraal dat hy vergeet het wat hy verder wou sê. Hy het nietemin die aanhef behou die min kere dat hy later gepraat het.

Theo het van die nag dag gemaak, en snags deur die boot gedwaal. Hy het die sterre bewonder en bestudeer, en soggens nie geweet wat die nag gebeur het nie. Elke ster het vir hom ’n gesig gehad, altyd dieselfde gesig: dit van sy veelgeroemde nooi in Pretoria.

Die boeg van die Polarbjorn het intussen teen tien knope deur die golwe voortgestu. Nou en dan het die seebries met sy spatsels sy neus verkoel en die golwe, wat nou kleiner was, hoewel nog baie parmantig, het ’n paar keer op ’n dag die dek skoon gewas. Sonlig het blink strepe oor die water getrek en helder oordag skaduwees oor die dek gegooi wanneer ’n golf sy hoogtepunt bereik.

Suidwaarts, effens wes, het die boeg gemik. Hy het ’n reguit lyn deur die golwe gestoot en die ligte skuim het ver agter vervaag en verdwyn. ’n Ligte reënbui het die liggaam verfris en die soutigheid uit die hempkraag gewas. Johannes se vleis het skimmel gekry en hy het groot stukke oorboord gegooi, gevolg deur kratte kool en wortels. Ek het gewens ek kon ’n paar plaasvarke daar hê om dit nuttiger te gebruik.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1777 gaste aanlyn