TRUMP – JOODSE GEVANGENE

Die groot misleiding genaamd Donald Trump

Dr JJ Snyman

Baie nasionaalgesinde Afrikaners, soos hulle Amerikaanse eweknieë, was verheug toe Donald Trump die presidentsverkiesing in die VSA gewen het. Moontlik was dit 'n geval van dat enigiets beter sou wees as die sluwe Hillary Clinton, maar tog het van sy uitsprake belofte ingehou dat daar werklike verandering in die VSA, en veral in die wêreld, sou kom indien hy verkies sou word. Onthou u nog hierdie belofte van hom?

Decades of special interest dealing must come to an end. We have to break the cycle of corruption…It is time to drain the swamp in Washington, D.C…That is why I am proposing a package of ethics reforms to make our government honest once again.

Nou blyk dit klaar baie duidelik dat Trump maar net die agenda van die groot geldmagte gaan voortsit. Tog wil mense steeds anders glo. Die vraag is eenvoudig: Kan enige kandidaat wat vir een van die twee groot Amerikaanse partye genomineer word (Demokrate of Republikeine) dit vermag sonder goedkeuring van die groot geldmagte?

Ja, moontlik was Trump nie hulle voorkeur kandidaat nie, maar woorde wek en voorbeelde trek! Feit is dat sedert die sluipmoord op president John F Kennedy is elke VSA-president bestuur deur hierdie duistere magte; Reagan inkluis!. Maar benewens dit het talle gebeure sedert Trump se inhuldiging die vermoede bevestig dat hy 'n pion van die geldmagte is en dat plan B nou in werking gestel word aangesien plan A (Obama-Clinton) duidelik nie die goedkeuring van die meerderheid Amerikaners weggedra het nie. Wat nou duidelik blyk is dat ons om die bos gelei is.

Op 26 Desember 2016 het die Duitse dagblad Bild Zeitung 'n analise gedoen van Trump se planne en aangedui dat Trump voornemens is om "konstruktiewe samewerking" met Rusland te beoog en dat Henry Kissinger by hierdie planne betrek is as Trump se nie-amptelike hoofraadgewer! Of beter gestel, Kissinger is die man wat agter die skerms sal werk (soos altyd) om Trump mooi te beduie wat hy veronderstel is om te doen! Ja, in hierdie plan B speel niemand anders nie as die geslepe Henry Kissinger (op 93-jarige ouderdom) 'n sentrale rol. Ons in Suid-Afrika weet watter bedenklike figuur Kissinger is. Hy het immers vir John Vorster aan 'n leiband gehou om die een na die ander stap te neem op die pad na totale Afrikaner-oorgawe. Kissinger word wêreldwyd verag vir sy geslepe rol om tweespalt te saai tussen state en hulle op daardie wyse binne die Amerikaanse geldmagte se invloed te bring.

Elke aanstelling deur Trump gemaak is deur Kissinger "aanbeveel". En reeds met hierdie aanstellings moes dit duidelik geword het waarheen Trump op pad is. Hy stel onmiddellik meer biljoenêrs aan as enige president voor hom: Betsy DeVos, Wilbur Ross, Linda McMahon en Vincent Voila. Daarby generaal "Mad Dog" Mattis (goeie vriend van Kissinger) van die korrupte militêr-industriële kompleks en Rex Tillerson (nog 'n vriend van Kissinger), die hoof uitvoerende bemapte van ExxonMobil, die grootste oliemaatskappy in die VSA. Mattis is reeds op rekord vir sy hewige aanvalle op beide Rusland en China, so hoe hy beter betrekkinge gaan bevorder, is 'n ope vraag.

Van Trump se belofte om 'n einde aan "spesiale belange" te maak kom nou dadels. Die berugte Goldman Sachs (uit die geledere van die geldmagte) het klaar 'n houvas op hom. Een vennoot, Steven Mnuchin, is Trump se genomineerde vir Sekretaris (minister) van Finansies. Goldman Sachs se president Gary Cohn sal sy hoof ekonomiese raadgewer wees. Nog twee aanstellings, naamlik Anthony Scaramucci en Steve Bannon kom ook van Goldman Sachs af. Ek onthou nog hoe Trump belowe het dat die "vergetes" in Amerika nie langer vergeet sou word nie...

Wat is Kissinger se oogmerk? Kortweg, 'n Nuwe Wêreldorde. Ja, maar nou deur middel van 'n nuwe geslepe strategie deur voor te gee dat Trump 'n ander benadering gaan volg in betrekkinge met Rusland (wat hy nie gaan doen nie), en dan op daardie wyse 'n wig in te dryf tussen die twee opkomende reuse China en Rusland. Die VSA wil ten alle koste verhoed dat hy sy plek en invloed in die wêreldpolitiek verloor ten koste van Rusland en/of China. Daarom is Iran ook skielik in die visier (beide Rusland en China het goeie betrekkinge met Iran), en ondanks die feit dat daar geen bewyse bestaan dat Iran enigiets gedoen het om nou skielik deur die VSA as 'n "terroristestaat" uitgewys te word nie. So beskou Trump skielik die kern-ooreenkoms wat Obama bereik het met Iran as "sleg". Hierdie drie state word veral geteiken weens hulle aandrang op nasionale soewereiniteit - iets wat Kissinger en kie met alles tot hulle beskikking beveg. In Kissinger se Nuwe Wêreldorde is daar geen plek vir soewereine state (en nasionalisme) nie.

Trump het reeds 'n paar uitlatings gemaak en stappe geneem wat die rooiligte moes laat flits het. Hy stel dat die Krim aan Oekraïene teruggegee moet word - iets wat Rusland nooit sal (en hoef te) doen nie. Maar waarom? Omdat die VSA die Krim wil inpalm soos die Oekraïene en by NATO wil inlyf tot nadeel en verdere isolasie van Rusland. So moet die net al digter om Rusland getrek word. Hy reik 'n verbod uit teen sekere sogenaamde radikale Moslems, maar die grootste terroristestaat in die Midde-Ooste (Saoedi-Arabië), uit wie se geledere die aanvallers van 9-11 gekom het, is nie daarby ingesluit nie! Wanneer gaan mense besef dat die VSA self die Moslem-gevaar (in die naam van die Muslim Brotherhood) geskep en vertroetel het? Trump praat na regs en doen na links; dis tog baie duidelik.

Trump het ook onmiddellik laat blyk dat hy Israel sal steun ongeag enige wandade wat Israel sou pleeg teenoor die Palestyne. Sy eie dogter is nou 'n Judaïs en Trump sal duidelik niks doen om Israel te kritiseer nie. En nou het Trump boonop (soos 'n tipiese pion) onmiddellik (na vurige kritiek) van een van sy sleutelfigure (generaal Michael Flynn) ontslae geraak toe dié blykbaar 'n onbeholpe telefoonoproep na Rusland gemaak het en nie alles aan adjunk-president Pence openbaar het nie. Die waarheid is dat Flynn krities staan teenoor Israel en veral Israel se voorgenome aanval op Libanon wat weereens deur die VSA (en Saoedi-olie) gefinansier sal moet word.

Trump se ego (wat 90% van sy persoonlikheid behels) is natuurlik goed gestreel toe Kissinger aangedui het dat Trump 'n "considerable" president kan word in die VSA se geskiedenis. Trump sal goed doen om te gaan kyk wat Kissinger met Nixon gemaak het toe sy rol uitgespeel was. Kissinger kom uit die stal van Nelson Rockefeller, 'n sielsgenoot van die Rothchilds. Hy het daar begin werk in die vyftigerjare en die Rockefellers het hom gedra en bestuur tot waar hy vandag is. Oor die Rothchilds en Rockefellers se bedenklike rol is boeke vol geskryf! Volgens Kissinger kan diplomasie nooit geskei word van die realiteit van mag nie, maar moet dit in diens daarvan aangewend word.

Maar wat dan van die fel stryd wat woed tussen Trump en die links-liberale media en tussen Trump en die CIA? Volgens my is dit alles oëverblindery om die gepeupel se aandag af te trek van die werklike kwessies en so te oortuig dat Trump werklik verandering te weeg gaan bring. Dit is trouens 'n metode om Trump (wat weliswaar 'n los tong het) in bedwang te hou en 'n swaard oor sy kop te hou. Trump se eie verlede kan enige tyd oopgekrap word en dit lyk alles behalwe goed. Sy fortuin is gemaak danksy Joodse geld en hy is derhalwe vir altyd 'n gevangene van die Jode.

Trump was nog nooit konserwatief nie en weet waarskynlik nie wat die woord nasionalisme beteken nie. Hy kan hoegenaamd nie met Vladimir Poetin vergelyk word nie en ek is oortuig die Russe weet dit lankal. As Trump my verkeerd bewys sal ek verheug wees, maar ek is bevrees ons gaan nog erg ontnugter word! Die projek Trump is 'n voortstetting van die Nuwe Wêreldorde.