NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe – Prediker 3:12

WÊRELDOORLOG III (5)

TEKENS VAN DIE NADERENDE SLAG VAN ARMAGEDDON

John White

Lees reeks by WÊRELDOORLOG III

DIE GEOFISIESE TEKENS

"'n Aardbewing is een van die maniere waarop Hy ons tot berou wil dwing, soos die geval was met die tronkbewaarder in Filippi (Handelinge 16:16 -40)    ...begin 'n mens besef die tyd het gekom waarin aardbewings verwoesting op hierdie aarde gaan aanrig soos daar nog nooit gesien is nie."

Jesus se dissipels het aan Hom gevra: "... wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?" (Mattheus 24:3). Jesus het geantwoord dat daar onder meer "aardbewings op verskillende plekke" sal wees (Mattheus 24:7).

Die afgelope jare het daar meer noodlottige aardbewings voorgekom as ooit tevore in die geskiedenis. Ons weet wat die afgelope tyd in die Ooste gebeur het, hoe Japan kort-kort deur natuurrampe getref word. Ons kyk ook in hierdie aflewering na hoeveel rampe reeds in die sewentigerjare die aarde getref het.

Afgesien van Jesus Christus wat vir ewig leef, is Mao Tse-tung deur meer mense as enige ander persoon voor hom aanbid. Hy het homself skepper, bevryder en verlosser genoem. ('n Biljoen lewende en gestorwe Chinese het hom messias, heer en ewige son genoem.

"My eer sal Ek aan geen ander gee", het God gewaarsku, en ook: "Vanweë die Here van die leërskare sal jy in genade besoek word met donder en aardbewing... " (Jesa ja 42:8; 29:6). In die boek Openbaring lees ons van aardbewings van oordeel wat nog sal kom. In Openbaring 11:13 staan byvoorbeeld geskryf: "En in dié uur het daar 'n groot aardbewing gekom, en 'n tiende van die stad het geval. .. " So 'n gebeurtenis het reeds in 1976 plaasgevind.

Op 28 Julie 1976 is die hele Groter Peking (Tangshan in die besonder) getref deur wat algemeen bestempel is as die noodlottigste aardbewing in die geskiedenis van die mens. Die koerant Ming Pao het berig dat sowat 900 000 mense omgekom het, terwyl die Hong Kong View van 12 Augustus, toe alle verslae reeds in was berig het dat daar na raming minstens 'n miljoen mense omgekom het. Die View het daarop gewys dat die Chinese woord vir aardbewing tien-fan-ti-fu is. Dit beteken "hemel tuimel, aarde bars oop". Daar is ook op gewys dat so 'n geweldige aardbewing die val van 'n dinastie beteken. Toe is is Mao Tse-tung oorlede. Die ou Chinese tradisie dat God in die hemel altyd die laaste woord spreek, is nog baie toepaslik.

Die belangrikste nuusberig vir die eerste helfte van 1976 was dié oor die geweldige aardbewing wat Guatamala getref het. Op 4 Februarie 1976 is Guatamala getref deur die mees vernietigende natuurramp wat die Noord-Amerikaners onmiddellik noord van die Panamakanaal nog ooit ervaar het. Die skudding en die 800 geringer skuddings wat daarop gevolg het, het 22 000 mense dood, 50 000 beseer en vermink en 'n miljoen dakloos gelaat. Ongekende smart, hongersnood en siekte het geheers in die bykans 5 000 vierkante kilometer wat deur die skuddings geraak is.  In die laaste helfte van Mei 1976 is 'n duisend mense dood toe 'n aardbewing Noord-Italië, Joego-Slawië, Oostenryk, Wes-Duitsland, Tsjeggo-Slowakye en België getref het. Nog 'n aardbewing, wat agt keer so hewig was het in die suidelike dele van Rusland voorgekom terwyl een wat feitlik net so sterk was 'n paar dae later in China, naby die Burmese grens, voorgekom het. (Nóg China, nóg Rusland het bekend gemaak hoeveel mense beseer is of omgekom het). Vervolgens is die gebied van Vancouver deur 'n aardbewing getref (die hewigste wat in 54 jaar daar voorgekom het). 'n Paar dae later is dit gevolg deur 'n skudding wat van kus tot kus in Mexiko voorgekom het. Enkele dae later is Peru getref deur nog 'n reeks aardskuddings en is 'n mens herinner aan die verskriklike skudding van 1970 toe 66 794 mense omgekom het. Die ramp is destyds bestempel as die grootste natuurramp in die moderne geskiedenis van Amerika.

Op 28 Junie 1976 is Indonesië getref deur 'n aardbewing waarin daar na raming 9 000 mense omgekom het. In Augustus is 8 000 mense in die Filippyne dood na 'n aardbewing. Daar was in 1976 altesaam miljoen meetbare aardbewings. Ook het dit in 1975, die jaar toe die Hollywoodse rolprent Earthquake teen sowat sewe miljoen rand gemaak is, nie veel beter gegaan nie. In Pakistan is daar 5 300 mense dood en in Turkye 3 000 toe aardbewings hierdie lande getref het.

Aardbewings neem oral toe. Dit is 'n onveranderbare wet van die natuur. Die seismoloog Gabriel Lablanc het beweer:  "As daar eers een keer 'n aardbewing in 'n streek was, weet ons dat dit weer getref sal word deur aardbewings wat net so sterk is of nog sterker". 'n Streek waar hierdie stelling as korrek bewys is, is Colorado, waar daar tot in 1962 nie 'n enkele meetbare aardbewing voorgekom het nie, volgens die New York Times. Sedertdien is meer as drie duisend aardbewings hier geregistreer.

Sover seismoloë kon vasstel, was daar in die veertiende eeu 137 "groot" aardbewings, 174 in die vyftiende eeu, 253 in die sestiende en so voorts toenemend deur die eeue heen. In die twintigste eeu het daar nagenoeg 3 000 "groot" aardbewings voorgekom. "Voorspelling: AARDBEWING" is die titel van 'n prominente artikel in 'n vorige uitgawe van die tydskrif Time waarin gesê word geofisici dwarsoor die wêreld waarsku dat in die verbasend groot aantal toenemend digbevolkte dele van die wêreld 'n miljoen en meer mense sonder enige waarskuwing kan omkom in 'n heftige aardbewing.

Die toekoms lyk dus maar vaal wat aardbewings betref, gesien beide vanuit die oogpunt van moderne wetenskaplike beskouing sowel as Bybelse profesieë. Die seismoloog wat in die twintigste eeu dwarsoor die wêreld die meeste aangehaal is, was dr. Don  Anderson, direkteur van die Caltech Seismologiese Laboratorium in Pasadena, Amerika. Hy het die Amerikaanse Vereniging vir die Bevordering van die Wetenskap gewaarsku dat daar bewyse bestaan dat die "aarde waarskynlik 'n aantal katastrofale aardbewings sal ervaar". Hy het bygevoeg dat "groot aardbewings voorkom as die aarde se daaglikse rotasiesnelheid afneem en die Noordpool uit sy normale posisie in verhouding tot die ruimte beweeg". Hy het ook beweer: "Die aarde se rotasiesnelheid neem reeds die afgelope jare af met sowat een duisendste van 'n sekonde per dag. En die Noordpool het reeds tot soveel as drie meter uit posisie beweeg". Die toestande vir groot aardbewings, dwarsoor die wêreld word dus al hoe gunstiger. As 'n mens hierby voeg dat daar by die Ontwapeningskonferensie in Augustus 1975 in Geneve bevestig is dat dit moontlik is om "groot aardbewings of reusagtige getygolwe in sekere gebiede te veroorsaak", begin 'n mens besef die tyd het gekom waarin aardbewings verwoesting op hierdie aarde gaan aanrig soos daar nog nooit gesien is nie.

Sommige van die oorsake van aardbewings word vandag wetenskaplik ondersoek. In die afgelope dekade is daar 'n splinternuwe geologiese teorie, bekend as "plaattektoniek", ontwikkel. Dit bied 'n pragtige en verstaanbare verduideliking vir die teorie van kontinentale drywing, die ontstaan van berge en vulkane. Dit lyk of die onderliggende oorsake van aardbewings uiteindelik opgeklaar is. Volgens die teorie bestaan die oppervlakte van die aarde uit sowat 'n dosyn reusagtige rotsplate van ongeveer 112 km dik. Die plate dryf op die aarde se halfgesmelte mantel en word aangedryf deur kragte wat nog nie gedefinieer is nie. Waar hulle ontmoet, laat wrywing soms die plate teen mekaar vassit sodat hulle tydelik in posisie gehou word. Uiteindelik breek die rots en kan die plate hulle beweging voortsit. Daar word beweer dat die skielike vrystelling van ingehoue energie aardbewings veroorsaak.

As ons Openbaring bestudeer en lees wat daar nog vir die wêreld voorlê, moet ons in gedagte hou dat die Midde-Ooste dié deel van die wêreld is wat die ergste aan aardbewings onderworpe is (die aardbewing wat 3 000 mense reeds in 1975 in Turkye laat omkom het, het plaasgevind in die streek waar die sewe kerke van die Openbaring gestaan het). Laat ons ook in gedagte hou dat Christus gesê het die Midde-Ooste sal 'n plek wees  van "groot verdrukking soos daar van die begin van die wêreld of tot nou toe nie gewees het nie" (Matthews 24:21). Dit sal 'n tyd wees waarin die mense "na die berge" sal vlug.(vers 16). As 'n aardbewing 'n gebied tref, doen die mense gewoonlik twee dinge - hulle soek skuiling en roep die naam van die Here aan, in vervloeking of gebed. In 'n Kaliforniese hoërskool is daar in 1975 'n kennisgewing aangebring wat gelui het: "As 'n aardbewing plaasvind, sal die Hooggeregshof se bevel wat gebede in skole verbied, tydelik opgehef word".

Time het 'n artikel gepubliseer waarin berig is oor 'n hele paar inwoners van Kalifornië wat teen 'n bedrag van sowat R14 000 by die sogenaamde Oordeelsdagklub aangesluit het. Hierdie klub onderneem om skuilplekke in die Scott Meadows in die Sierras noord van San Francisco te verskaf aan mense wat andersins in die verwagte apokalips sal omkom. Vroeër in die sewentigerjare het Time-Life'n dokumentêre program geborg en dit is aangebied deur die BBC (Britse Uitsaaidiens). Die titel van die program was The City that Waits to Die. Een van die borge het verduidelik ons "stapel al hoe meer mense op die gevaarlikste verskuiwings op aarde". In die stad San Francisco, kom meer as honderdduisend mense om in dié fiktiewe voorstelling van 'n aardbewing wat die Baygebied tref. Voor dit was daar heelwat gewilde popliedjies met die tema. Die boek The Late Great State of California was 'n blitsverkoper. Hal Lindsey het die titel van sy besonder suksesvolle blitsverkoper, The Late Great Planet, Earth, hiervan afgelei.

Ed McMahon, mede-gasheer op Johnny Carson se program "Tonight Show", het sy toehoorders verseker dat om 'n aardbewing "in werklikheid" te beleef grootliks verskil daarvan om 'n fiktiewe een te ervaar soos dié in die rolprent Earthquake en die program The City that Waits to Die. Hy het gesê: "Enigeen wat op 9 Februarie 1971 in Los Angeles was, sal die dag nooit vergeet nie. Ek het omtrent vieruur die oggend gaan slaap. 'n Uur en nege en vyftig minute later het die verskrikking begin. My eerste reaksie was dat die een of ander onsigbare mag probeer om die mure van my kamer af te breek. Ek was op die sewentiende verdieping en oortuig daarvan die gebou sal te ver oorhel en omval. Ek het al taamlik gevaarlike oomblikke beleef in twee oorloë, maar ek was nog nooit so bang as op daardie oggend nie. Hoe ek daaroor voel om op 'n geologiese laag te bly wat in die teenoorgestelde rigting beweeg as die een onder hom? As daardie twee lae wat teen mekaar skuur uitmekaar breek, sal dit seker maar my laaste dag wees".

Om die waarheid te sê, mnr. McMahon, die mensdom behoort elke keer as hy lees van 'n aardbewing, laat staan nog een ervaar, te onthou dat Christus na die aarde sal terugkeer en dat die laaste dae nader. 'n Aardbewing is een van die maniere waarop Hy ons tot berou wil dwing, soos die geval was met die tronkbewaarder in Filippi (Handelinge 16:16 -40).

Die einde van die tyd en die koms van die Seun van God en sy engele om oor die hele aarde te regeer om harmonie uit die chaos te skep en prag uit die puin, word genoem in beide Openbaring en Sagaria. Met ander woorde die koms van Christus sal deur rampe voorafgegaan word. Sommige seismoloë waarsku dat daar so 'n ramp in die Midde-Ooste gaan plaasvind omdat Afrika en Europa besig is om na mekaar toe te beweeg, Europa ooswaarts en die Midde-Ooste weswaarts. In Openbaring 16:18 -21 lees ons: "En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het 'n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie - so 'n geweldige groot aardbewing. En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot BabiIon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn. En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie; en groot hael, omtrent 'n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval, en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was". 'n Mens kan jou voorstel dat God eenvoudig die natuurwette in sy heelal sal toelaat om die ys van die pole te laat breek en die brokstukke in 'n heftige storm oor die kontinente te laat rol, of om massas water kilometers hoog die lug in te laat ruk waar die temperatuur -40°C is sodat die water vries tot reusagtige ysballe. Wie weet wat God se plan is? Die aanskoulike vulkaanuitbarsting wat in 1976 in Alaska voorgekom het, herinner 'n mens weer daaraan dat God oor die natuur regeer en dat Hy mag het oor die skone sowel as die verskriklike!

In elk geval, in Sagaria 14:1 -8 lees ons: "Kyk, daar kom 'n dag vir die Here; dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o Jerusalem! Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie. En die Here sal uittrek en stryd voer teen die nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog. En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die-oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot 'n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide. En julle sal vlug in die dal van my berge - want die dal en die berge sal loop tot by Asal – en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussia, die koning van Juda. Dan sal die Here my God kom, al die heiliges met U! En in dié dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees. En dit sal 'n enige dag wees wat aan die Here bekend is - geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word. En in dié dag sal daar lewende waters uit Jerusalem vloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan die Westelike See; somer en winter sal dit so wees."

Wat 'n gebeurtenis! Uit dié verskriklike ramp en die chaos sal daar 'n herskepping van bronne wees. Dit sal die oplossing vir die energiekrisis wees: "Maar teen die aand sal dit lig word'". En dan "sal daar lewende waters uit Jerusalem vloei". Ralph Nader het in die sewentiger jare probeer om Amerika oor te haal om minder afhanklik te wees van petroleum en kernkrag as energiebron, en meer gebruik te maak van die son, die wind en water. Wanneer die Here na die aarde terugkom om sy koninkryk tevestig, sal dit "teen die aand lig word" en "lewende waters sal vloei". En wanneer die Here regeer as koning oor die aarde, sal die.administrasie van die energiebronne in die hande van een Administrateur wees: Jesus Christus!

Die huidige energiekrisis en die tekort wat wêreldwyd aan rumateriaal ondervind word, is een van die mens se grootste probleme. Prof. Dennis Meadows waarsku in sy boek The Limits of Growth, dat die huidige praktyk om die aardkors te verkrag op soek na eriergiebronne nog tot die mens se ondergang sal lei, as daar nie voor die tyd ander vernietigende rampe plaasvind nie. Meadows beweer: "As 'n mens begin besef dat ons binne die volgende jare meer grondstowwe sal nodig hê as wat in totaal tot dusver deur die mens op hierdie planeet gebruik is (en dat) ons binne die volgende tien tot vyftien jaar geriewe moet skep om net soveel krag te produseer as wat deur die mens tot in hierdie stadium van die geskiedenis gebruik is, begin ons agterkom wat 'n geweldige verandering daar sal moet plaasvind." Ons mag hierby voeg dat 'n mens ook 'n beeld begin kry van die omvang van die energiekrisis wat die mens nog oor homself gaan bring.

Wetenskaplikes het al dikwels gespekuleer oor die uitputting van ons planeet se hulpbronne en die oopskeur van die aarde se kors met diepte-ontploffings om oliereserwes te bereik: Dit is nog nie bekend watter kettingreaksies mag ontstaan tussen die ontploffings deur die mens veroorsaak en die uiteindelike aardskuddings nie.

Fulton Shee wys daarop dat die energiekrisis nie net ten opsigte van 'n tekort is nie, maar ook t.o.v. verspreiding. Hy sê die Amerikaanse bevolking vorm 'n sesde van die aarde se totale bevolking, maar verbruik 'n derde van die energiebronne. Daar word byvoorbeeld meer as twintig miljoen vate olie per dag in Amerika verbrand. Die Amerikaanse energieverbruik het in die afgelope 25 jaar verdubbel. Amerika se energiebehoeftes het teen 1985 van 360 miljoen kilowatt tien jaar tevore, na 720 kilowatt vermeerder.

Daar is waarskynlik niks met hierdie verbruik verkeerd nie, behalwe miskien in 'n relatiewe sin: terwyl die Amerikaners so veel het, het die res van die wêreld so min. En wat erger is, terwyl die oorlogswolke oor die mens saampak en daar geen klaarblyklike antwoord is op die vraag hoe die toenemende tekorte aangevul moet word nie, is dit moeilik om te begryp hoe ons kan voortgaan om biljoene rand dwarsoor die wêreld aan wapentuig te bestee. 'n Groot deel van hierdie uitgawe gaan gepaard met die gebruik van energie wat, indien dit aangewend sou word vir die verhoging van hul lewenstandaard, die lot van miljoene mindergegoedes dakloses en hongeriges aansienlik sou kon verlig.

Sal ons uiteindelik in ons energiebehoeftes voorsien deur van die son, die middelpunt van ons sonnestelsel gebruik te maak? Nee! Dit sal kom van die Seun van God wie se energievoorrade groter is as die rykdom van sy magtige heelal! Sy verspreiding sal net so mildadig wees as wat sy reserwes groot is: "Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand" (Kolossense 1:15 — 17).

Vervolg: Die ekologiese tekens...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1783 gaste aanlyn