Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die wonder by Bloedrivier het gebeur omdat die Voortrekkers tot God gebid en onwrikbaar geglo het dat Hy hulle sal red. “Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het” (Ps.33:12).
WÊRELDOORLOG III (4)
TEKENS VAN DIE NADERENDE SLAG VAN ARMAGEDDON
John White
Lees reeks by WÊRELDOORLOG III
DIE ASTROFISIESE TEKENS
Die mens wou nog altyd vlieg en uiteindelik in die ruimte vaar. Aan die einde van die twintigste eeu het die mens nie net reeds biljoene kilometer per jaar gevlieg nie, maar het hy ook na ruimtelaboratoriums, en selfs na die maan gereis.
Wat dwing die mens om bykans 150 biljoen rand te bestee om vir 'n paar dosyn mense retoerkaartjies na die maan te koop en miskien selfs so veel as 'n triljoen rand om een mens op Mars te laat land?
Een van die beroemste skrywers van wetenskapfiksie was Ray Bradbury. Tydens een van Walter Cronkite se CBS-programme het Bradbury beweerdaar bestaan by hom nie die minste twyfel dat die hele ruimtewedloop veroorsaak is deur die mens se begeerte om eendag nog vir hom 'n tuiste tussen die sterre te maak nie.
Die onwedergebore mens het hierdie universele drang, maar hy kan dit nie definieer nie. Die Christen kan wel.
Die apostel Paulus het geskryf: "Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons 'n gebou het van God, 'n huis nie met hande gemaak nie, ewig in die hemele. Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word, as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie. Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word. Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het. Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon. Want ons wandel deur die geloof en nie deur aanskouing nie. Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon. Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees. Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad" (2 Korinthiers 5:1 - 10).
In die afgelope vyftien jaar het daar 'n oorvloed astrofisiese moontlikhede op die kruin van die ruimte-ondersoek ontstaan. Byvoorbeeld, toe die ruimtemanne aan boord van die Apolloruimtetuig en dié in die Russiese Sojoes mekaar in 1975 in die ruimte ontmoet het, is daar dwarsoor die wêreld met groot opskrifte aangekondig: "Amerikaners en Russe ontmoet mekaar in ruimte". Maar hulle moes mekaar eers op aarde ontmoet om te kon voorberei vir die geleentheid. Die Bybel sê: "Maak jou gereed om jou God te ontmoet". Eendag sal ons wat aan Christus behoort, "saam met hulle in die wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug" (I Thessalonicense 4:17). Wat 'n ontmoeting sal dit nie wees nie!
'n Ander analogiese aspek van ruimtereise is dat die ruimtereisigers wat maan toe is, ruimtepakke nodig gehad het. Hierdie pakke moes tot in die kleinste besonderheid ontwerp word om die gevare van 'n ruimtereis te kon trotseer. As daar nie voldoen kon word aan hoogs tegniese en presiese voorskrifte nie, of daar maar enigsins van die presiese voorskrifte afgewyk is, of die geringste foutjie ingesluip het, sou die lewens van die ruimtemanne in gevaar gewees het. Wanneer Christus weer kom, sal die eerste ding wat Hy sal doen wees om aan ons net sulke verheerlikte liggame te gee soos wat Hy het. Die apostel Paulus het gesê: "Want ons burgerskap is in die hemele, vanwaar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp" (Filippense 3:20,21).
In I Korinthiërs 15:50 — 54, verduidelik Paulus dat hy ons die "verborgenheid" meedeel, dat 'n spesiale wonder sal geskied: "... maar ons sal almal verander word, in 'n oomblik, in 'n oogwink". Dit sal nodig wees "want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word". God sal dus die nodige wonder laat geskied "en wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning".
lets wat deur die ruimte-ondersoek bewys is, is dat die mens aan hierdie planeet se swaartekrag kan ontsnap en die ruimte kan binnevaar. Eeue gelede reeds het Jeremia geskryf: "Kyk, die dag kom, sê die Here, waarin die mens in die hemel sal opstyg".
In die tyd van die Bybel het daar behalwe Christus self, ook nog Henog en Elia na die hemel opgevaar en waarskynlik nog Paulus ook, hoewel die apostel erken dat hy nie weet of dit in die vlees of die gees geskied het nie.
In die ruimteprogram het wetenskaplikes dit al reggekry om die mens in sy ruimtetuig in 'n wentelbaan om die aarde te plaas teen 'n snelheid van 30 000 km per uur en om die ruimtetuig heeltemal uit die swaartekrag van die aarde te laat wegbreek en reguit maan toe te laat vaar teen 40 000 km per uur. In die grootste lugbrug van die geskiedenis sal alle heiliges van alle geslagte en nasies in die hemele opvaar om Christus te ontmoet en saam met Hom die ewige woning betree. Wat'n gebeurtenis sal dit nie wees nie!
'n Ander feit wat met die ruimtenavorsing aan die lig gekom het en wat analogies is met die terugkeer van Christus is dat die Bybel sê "dat daar geen tyd meer sal wees nie" (Openbaring 10:6). As diegene wat in Christus glo bevry word van die beperkings van tyd en ruimte en hulle verheerlikte liggame ontvang, sal tyd inderdaad in onbruik raak. Albert Einstein het reeds in 1908 beweer dat die tyd vinniger verbygaan soos wat die swaartekrag minder word. Die fisikus Carrol Alley was reeds in die sewentigerjare in staat om dit te demonstreer. Hy het beweer: "Einstein se voorspellings oor tyd is van die mees omstrede onderwerpe in moderne fisika. Vandag weet ons dat Einstein reg was. Die kromming van tyd is, hoewel dit moeilik is om op te spoor, die basiese geometrie van die heelal. Ruimtewetenskaplikes weet vandag dat indien dit vir 'n mens moontlik sou wees om teen die snelheid van lig te reis, d.w.s. teen sowat 297 000 km per sekonde, tyd sal ophou om vir hom te bestaan. Dit word voorspel dat wetenskaplikes teen die einde van die eeu, as hulle navorsing nie vertraag word nie, in staat sal wees om die mens teen die snelheid van lig te laat reis. As hulle dit regkry, sal hulle inderdaad daarin geslaag het om tyd te laat stilstaan. Die ewigheid en die oneindigheid sal saamsmelt en tyd per sè sal nie langer bestaan nie.
Hoe sal die mens opvaar? In 1 Thessalonicense 4:16 lees ons: "Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God... " Daar is dus drie soorte klank: Christus se persoonlike geroep, die stem van 'n aartsengel en die basuin van God. Daar is jare gelede reeds in verskeie laboratoriums dwarsoor die wêreld bewys dat dit moontlik is om met 'n soniese gedreun 'n ysterbal van sowat tien sentimeter in deursnee op te lig en onbepaald in die lug te hou. Dit is nie belangrik of daar enige verband tussen hierdie twee sake is nie. Wat wel belangrik is, is dat ons moet besef God het mag oor baie wette om sy Wil uit te voer en dit is dus heeltemal moontlik dat Hy die soniese gedreun of 'n ander soortgelyke natuurverskynsel kan gebruik as deel van die wederopstanding en opraping van sy volk. Maar selfs dan moet ons onthou dat God nie gebonde is deur die huidige natuurwette nie. Christus se hemelvaart het beslis nie gepaard gegaan met enige groot lawaai nie.
Dit bring ons by die stelling van Christus in Mattheus 24:31: "En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele of tot die ander einde daarvan". Die vraag wat nog altyd bestaan het: kan dit "sy uitverkorenes" in die "hemel" wees en desondanks tydens Christus se tweede koms deur die engele versamel word? Die antwoord is natuurlik dat talle gelowiges in die ruimte mag wees tydens Christus se tweede koms.
Time het eenkeer 'n artikel gepubliseer waarin die "kolonisasie van die ruimte" bespreek is en waarin die skrywer 'n plan aan die hand doen waarvolgens groot getalle mense na 'n reusagtige ruimteplatform sal verhuis. Die moontlikheid bestaan reeds dat die mens op so 'n platform sal kan leef.
Time het ook 'n ander artikel gepubliseer waarin die skrywer dit gehad het oor die vervoer van mense heen en weer na wonings op so 'n platform. Daar is reeds in die sewentigs gewerk aan hierdie projek van sowat vyf biljoen rand en daar het planne bestaan waarvolgens mense glo teen 1979 net so maklik as vandag se sakermanne wat 'n reis onderneem tussen Washington en New York heen en weer vervoer sou kon word . Die ruimtetuig wat gebruik sou word en wat ongeveer so groot soos 'n DC-9-vliegtuig sou wees, sou minstens 'n honderd keer gebruik kon word. Dit het toe nie so maklik gerealiseer nie...
Maar Christus mag op enige oomblik na die aarde terugkeer om sy volk saam met Hom na die hemel neem.
"En Hy sal sy engele uitstuur..." Wanneer Christus kom, sal die engele saam met Hom kom om die heiliges na die hemel weg te voer. Leef ons in 'n tyd waarin die engele al hoe meer na vore kom? En verskyn en praat hulle nie net nie, maar raak hulle al hoe meer fisies by die bedrywighede van die mens betrokke? Wanneer die gelowige Christen voor probleme en vrae soos hierdie te staan kom, moet hy of sy 'n antwoord in die Bybel soek. Wat sê die Bybel?
Daar word baie oor die engele gesê. Om die waarheid te sê, die Bybel leer dat wanneer vreemdelinge aan jou deur klop, mag jy dalk engele jou huis binne nooi sonder dat jy dit weet. Die skrywer van die Hebreër-brief sê: "Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gas geherberg" (Hebreërs 13:2).
Daar word dikwels in die Bybel verwys na die verskyning van engele aan die mens. Soms het hulle in die gedaante van mense gekom, soms in vreemde gedaantes, vreemde toestande en selfs in vreemde mediums. Hulle het soms in drome verskyn, soos byvoorbeeld aan Josef (Matthews 1:20;2:13,19) of in visioene, soos aan Johannes, waarvan daar telkens in die boek Openbaring melding gemaak word. Hulle het dikwels in die nag gekom, soos na Paulus (Handelinge 27:23) en Petrus (Handelinge 12:8). Soms was hulle geklee in wit klere en het hulle gesigte soos weerlig gehad en gewoonlik was hulle só geklee in die heerlikheid van God dat hulle oorweldigend was (Mattheüs 28:2; Lukas 2:9; Handelinge 1:10). Hulle het dikwels vlerke gehad (Jesaja 6:2) of het verskyn as wat ons vandag vreemde vlieënde voorwerpe sou noem, dit wil sê, te midde van draaiende wiele waarvan die voorkoms soos chrisoliet was (Esegiël 10).
Dikwels het hulle in gewone menslike gedaante verskyn. In hierdie gevalle was hulle gewoonlik in voorkoms baie soos gewone mense en ook tot kommunikasie en handeling in staat soos gewone mense. Die apostel Paulus het aan die inwoners van Korinthe geskryf dat die "engele in die.hemel liggame het", wat, hoewel hulle "verskillend" is van ons s'n, nogtans "liggame" is. 'n Paar verse verder skryf hy: "En daar is hemelse liggame en aardse liggame". Die hemelse liggame van die engele, sê Paulus, is nie soos ons aardse liggame onderhewig aan dood en vernietiging nie (l Korinthiërs 15:40,42,44). Op die oog af lyk hulle egter baie eenders.
Engele is by magte om baie dinge te doen, beide menslik en bomenslik. Hulle verskyn. Hulle kan 'n maaltyd eet (Genesis 19:3; sien ook Hebreërs 13:2). Hulle het begeertes (I Petrus 1:12). Hulle komplimenteer (Rigters 6:12). Hulle oordeel (Mattheüs 13:39,49). Hulle kan deur diere gesien word (Numeri 22:23). Hulle kan baie tale praat (I Korinthiërs 13:1). Hulle kan met 'n luide stem spreek (Openbaring 5:2). Hulle kan die trompet bespeel (Mattheüs-24:31). Hulle is bly wanneer die sondaar berou het (Lukas 15:10). Hulle sing in 'n koor (Lukas 2:13,14). Hulle vorm 'n magtige leër (Mattheüs 26:53). Hulle kan 'n enkeling dood (Handelinge 12:23) of 'n hele skare, soos byvoorbeeld van 185 000 mense (2 Konings 19:35) alleen om die lewe bring, of selfs 'n biljoen en meer mense (Openbaring 9:15).
Duisende jare gelede is twee engele gestuur om Sodom en Gomorra te verwoes in 'n brand wat volgens sommige mense 'n kernontploffing blyk te wees (Genesis 19:12-29). Aan die anderkant kan 'n engel 'n mens fisies genees (Johannes 5:4; Openbaring 13:3,4). Hulle kan ook sulke dinge doen soos om 'n groot klip weg te rol (Mattheüs 28:2), die deure van die gevangenis oop te maak (Handelinge 12:10) en kettings los te maak (Handelinge 12:7). Hulle kan 'n bedreigde man deur 'n deur trek en voornemende indringers uithou deur hulle tydelik te verblind (Genesis 19:10,11). Dit is dus glad nie vreemd om te weet dat wanneer Christus weer kom, dit aan sy engele gegee sal word om sy uitverkorenes by Hom te vergader nie.
Is daar 'n verbintenis tussen die engele van die hemel en vreemde vlieënde voorwerpe? Miskien! In Noord-Amerika alleen is daar sowat 25 miljoen mense wat beweer hulle het sulke voorwerpe gesien. Die getalle van sulke mense neem ook steeds toe - soveel so, dat die meerderheid van die bevolking glo daar is inderdaad sulke voorwerpe. Dr. J. Allen Hynek, gewese hoof van die departement Astronomie aan die Noordwestelike Universiteit van Chicago, het in 1974/75, 777 gevalle ondersoek van mense wat beweer het hulle het sulke voorwerpe gesien. Hy het sowat tagtig persent van die gevalle verwerp as verbeeldingsvlugte van die een of ander aard, maar moes toegee dat sowat 20 persent van hulle eg genoeg geklink het om verdere ondersoek te noodsaak.
In 1975 het 'n meningsopname in Frankryk aan die lig gebring dat 332 uit 357 Franse met die hoogste I.K. — d.w.s. 93 persent - glo in die moontlike bestaan van vreemde vlieënde voorwerpe. Die feit dat mense geweldig belang stel in hierdie onderwerp, kan afgelei word uit die feit dat daar talle boeke asook heelwat TV-stories oor die tema deur baie jare die lig gesien het.
Daar is baie probleme verbonde aan pogings om die verskyning van hierdie voorwerpe te probeer koppel aan die bestaan van engele en die rol wat hulle in die tweede koms van Christus sal speel. Maar daar kan nie ontken word nie dat mense dwarsoor die wêreld vandag 'n geweldige belangstelling het in hierdie saak. Aan die ander kant kan die tweede koms van Christus gruwelik uitgebuit word deur allerlei spekulatiewe en subjektiewe idees daaraan te koppel.
Daar was byvoorbeeld 'n artikel in Time oor 'n groot aantal mense uit plekke soos Oregon, Kalifornië, New York, Nebraska en Colorado wat aangesluit het by 'n kultus bekend as HIM (Human Individual Metamorphosis). Aan die hoof daarvan staan "Die Twee" wat eis dat alle voornemende volgelinge hulle besittings moet verkoop en hulle na hul hoogs geheime "kolonie" volg. Hulle dring ook daarop aan dat hul name glad nie bekend gemaak mag word nie. Niemand was blykbaar tot dusver in staat om hierdie kolonie op te spoor nie. "Die Twee" beweer dat hulle van dieselfde "koninkryk" as Christus afkomstig is Hulle beweer dat hulle kort voor lank vermoor sal word en dat hulle daarna binne drie en 'n halwe dag uit die graf sal opstaan en daarna huistoe gaan in 'n vreemde vlieënde voorwerp. Hulle beloof aan hulle volgelinge dat hulle almal saam in so 'n tuig na 'n permanente tuiste in die lug geneem sal word.
Christus self het ons egter duidelik in sy Woord gewaarsku teen sulke uitbuiting van die belofte van sy tweede koms. In Mattheüs 24:23 — 28 lees ons:
As iemand dan vir julle sê: Kyk, hier is die Christusl of daar! — moet dit nie glo nie. Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was ook die uitverkorenes te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn — moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer — moet dit nie glo nie. Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom."
Vervolg: DIE GEOFISIESE TEKENS...