Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense is soos getinte ruite. As die son skyn, glinster almal. Maar as dit donker word, verraai net ʼn lig wat binne brand, dat daar lewe in die huis is.
WÊRELDOORLOG III (2)
TEKENS VAN DIE NADERENDE SLAG VAN ARMAGEDDON
John White
Lees reeks by WÊRELDOORLOG III
DIE FISIESE TEKENS
Ons hoor die afgelope tyd in die nuus van die stryd tussen Rusland en Oekraïne, ook dat 'n Boeing in die Oekraïne afgeskiet is waarin 298 mense gesterf het waarvan die gevolge wêreldwyd onberekenbaar kan wees. Daar is roeringe in Amerika en Japan wat ondubbelsinnig in die rigting van nog 'n wêreldoorlog afstuur. Israel is konstant in oorlog. Dit is dus 'n goeie tyd om weer te besin oor die naderende tekens van Wêreldoorlog III .JESUS self het gesê dat die mens uiteindelik so 'n laagtepunt sal bereik dat hy in die hande van bose leiers sal verval wat, verdoof en betower deur Satan, hom reguit met die pad na Armageddon sal laat voortmarsjeer. In hierdie reeks word in elke aflewering die verskillende tekens van 'n naderkomende wêreldoorlog bespreek.
'n Geslag of twee gelede, toe ek op vyftienjarige ouderdom my lewe aan Christus begin wy het en vir die eerste keer die dwingende begeerte ondervind het om uit te gaan en persoonlik my geloof met andere te deel, was die eerste mens wat ek genader het 'n welsprekende agnostikus. Hy was 'n militante teenstander van die Bybelse Christendom. Hy het my Bybel uit my hand geruk, dit met geoefende vertoon by 2 Petrus 3:10,11 oopgeslaan en met 'n omgekrulde lip en 'n sardoniese glinstering in sy oë die volgende stukkie gelees: "Die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag, waarin die hemele met 'n gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand". Hy het die Bybel toegeklap, skuinsweg na sy waarderende gehoor geloer en my heeltemal verstom en verneder toe hy sê: "Ou seun, weet jy dan nie dat die enigste vuur oksidasie is nie en dat dit hoegenaamd nie in staat is om daardie soort verwoesting aan te rig nie? As jy in staat is om vir my vuur te wys wat dit kan doen, roep my weer. Miskien sal ek dan 'gered' word!"
Daar was niks meer wat ek, 'n verslae, stom tienderjarige, kon sê nie. In elk geval niks vir die volgende drie en twintig maande nie. Toe het die mens een verskriklike someroggend wakker geword om te verneem dat die eerste atoombom ontplof het - die mens is tot op die randjie van 'n gevaarlike afgrond gevoer. Nou het skielik, teen die mens se sin, 'n verskriklike "Swaard van Damokles" oor sy hoof gehang. Die wetenskaplike wat aan die hoof van daardie eerste ontstekingspan gestaan het, het uitgeroep: "Ek het pas teruggekom van die poorte van die hel!" Binne dertien jaar sou Nikita Khrushchev spog met sy vyftien megaton-waterstofbom, wat, soos hy beweer het, met ontploffing, hitte kan vrystel twee en 'n half keer so warm soos die kern van die son en met vyf keer soveel verwoestende krag as al die wapentuig saam wat in die Tweede Wereldoorlog gebruik is.
In 'n toekomsblik in die laaste kwart van hierdie eeu, sê die Britse joernalis-historikus, Alistair Cooke: "Ek sal verbaas wees as hierdie planeet oor vyftig jaar nog bestaan...!" Terselfdertyd het Lord Mountbatten in 'n lesing voor 'n groep Noord-Amerikaners gesê: "Die Derde Wêreldoorlog sal gewis met kernwapens beslis word". Hierdie verklarings is deur baie mense beskou as bloot nog twee uitsprake van doemprofete. Maar in April 1976 het die nuus uitgelek dat die Israeli's, toe hulle tydens die Yom Kippur-oorlog in 1973 in 'n hoek gedryf is, inderhaas dertien atoom-bomme gebou en dit na wagtende lugmageenhede vervoer het. Dit het die selftevrede wêreld laat beset hoe naby aan die Derde Wêreldoorlog die mens eintlik is.
Presies hoeveel bewys is daar in die Skrif dat kernwapens moontlik gebruik sal word? Geleerdes het al daarop gewys dat die Griekse woord ouranoi die woord is waarvan ons moderne woord, Liman, afgelei is Hierdie wit, radio-aktiewe metaalelement beskik oor die uraan-isotoop 0235 wat die eienskap het om 'n kettingreaksie aan die gang te hou. Dit is die basis vir kernontploffings, of hulle nou op die oppervlakte van die son of hier op ons eie planeet voorkom.
As 'n mens dus weer daardie woorde van Jesus lees dat met sy terugkeer "die kragte van die hemele (ouranoi) geskud sal word" (1Mattheus 24:29), is dit moontlik om 'n ander vertolking daaraan te gee as die een wat ons 'n geslag gelede sou gebruik het. Word daar miskien na kernontploffings verwys? Miskien. Die moontlikheid word sterker as ons na 2 Petrus 37 blaai en lees dat "die teenswoordige hemele (ouranoi) en die aarde vir die vuur bewaar word". Hieruit kan ons aflei dat dit dieselfde soort vuur sal wees wat die hemele en die aarde sal vernietig. Die opvatting word nog verder versterk deur vers tien waarin ons lees "die elemente sal brand en vergaan".
Onaangename, maar ontstellend toepaslike leesstof kan in ander dele van die Bybel gevind word. In Sagaria, waar soveel profesië gevind word, lees ons:
"Kyk, daar kom 'n dag vir die HERE, dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o Jerusalem!
En dit sal die plaag wees waarmee die Here al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond" (Sagaria 14:1,12).
Mense wat 'n deeglike studie gemaak het van die ontploffings in Nagasaki en Hirosjima in Augustus 1945 het gevind dat dit presies is wat met sommige van die slagoffers gebeur het. In Openbaring 9:16 en verder lees ons van 'n vernietiging dwarsoor die aarde wat die wederkoms van Christus vooraf sal gaan en dat hierin "'n derde van die mensdom gedood is deur drie plae van vuur". Vroeër lees ons dat "'n derde van die bome verbrand is (8:7); "'n derde van die see; 'n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en 'n derde van die skepe het vergaan" (8:8,9). Toe was daar nog 'n ander verskriklike oorlogsvuur: "en 'n groot ster wat soos 'n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op 'n derde van die riviere en op die waterfonteine... en baie mense het gesterwe van die water" (Openbaring 8:10,11).
Ook in Openbaring 16:8,9 lees ons: "En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei. En die mense is geskroei met 'n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hulle nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie". Dit is dus nie verbasend dat Jesus, in sy verwysing na hierdie verskriklike dinge, sy volgelinge só gewaarsku het: "Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld of tot nou toe nie gewees het nie en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word" (Mattheus 24:21,22). Op die vraag dus of die hele mensdom uitgewis sal word in 'n kernoorlog tussen die supermoondhede of in 'n kern-kettingreaksie, is die antwoord nee. Christus sal tussenbeide tree net voordat dit gebeur.
Maar ons lees wel dat 'n derde van die bevolking van die aarde sal verdwyn in een van hierdie apokaliptiese "brande". Dit is beduidend dat die Vancouver Sun 'n artikel geplaas het wat begin met die woorde: "Noodbeplanners meen dat tot agt miljoen Kanadese kan omkom of beseer word as 'n grootskeepse kern-aanval op Kanada gedoen word". Agt miljoen is 'n derde van die bevolking van Kanada.
Hoe naby is ons fisies op die planeet Aarde aan hierdie soort uitwissing, nie ten opsigte van kernwapens wat nog in die toekoms vervaardig kan word nie, maar ten opsigte van die kernwapens waaroor die mens reeds beskik? Dit is natuurlik so dat hierdie inligting deur die kenners geheim gehou word. Maar ons kan tog uit die beskikbare inligting aflei hoeveel nader ons aan Armageddon is as wat bale mense dink.
Die Harvardse bioloog en Nobelpryswenner, prof. Georg Wald, meen dat daar reeds is die sewentigerjare altesaam genoeg kernwapens en -bomme was om gelyk to staan aan tien ton TNT vir elke man, vrou en kind op aarde. Daar word daagliks minstens ses waterstofkernplofkoppe vervaardig. Die fisikus, Alan Munn, het bereken dat die mens binne twee of drie minute van die aangesig van die aarde gevee kan word. Andrei Sakharov, die Russiese wetenskaplike, het reeds gewaarsku: "Die trek van 'n paar hefbome, die druk van 'n paar knoppies en die aanskakeling van 'n paar skakelaars, sal tot gevolg hê die algehele vernietiging van alle lewe op hierdie planeet". Daar word tans bereken dat een waterstofbom wat met kobalt oortrek is en op 'n strategiese plek ontplof word, helfte van die aarde se bewoners kan uitwis.
Die volledigste verslag oor die destydse sterkte van die Amerikaanse kernarsenaal wat nog vir publieke kennisname beskikbaar gestel is, is opgestel deur skout-admiraal Gene R. la Rocque, van die Amerikaanse Sentrum vir Verdedigingsinligting in Washington. Dit het in 1976 in die New York Times verskyn. Daarin is aangedui dat Amerika oor 30 000 kernwapens beskik: 22 000 taktiese en 8 000 strategiese wapens. Sowat 15 000 hiervan word in Amerika self geberg en is in verskillende stadia van gereedheid vir lansering. Die res sluit 7 000 in wat in Europa in samewerking met NAVO ontplooi is vir aflewering op 2 250 vliegtuie, missiellanseerders en kernkanonne. Amerika hou 1,700 taktiese kernwapens in Suid-Korea en die Fillippynse Eilande en in Amerikaanse installasies op Guam en Midway in die Stifle Oseaan. Op see beskik Amerika oor sowat 7 000 strategiese en taktiese kernwapens. Sowat 284 Amerikaanse skepe en duikbote is in staat om 12 000 taktiese kernwapens in die vorm van bomme, dieptebomme, torpedo's en missiele af to vuur.
Daar is in die sewentigs reeds bereken dat Rusland sy kernwapenvoorraad in een jaar met sewentien persent vermeerder het. Sir Peter Hill-Norton, admiraal van die Britse vloot en voorsitter van NAVO se militêre komitee meen die Russiese kernarsenaal is tans groter as Amerika s'n en dat hulle die voordeel van geheimhouding het. Die Amerikaanse Gesamentlike Komitee vir Atoomenergie in Washington het onlangs gewaarsku dat die Russe Amerika nou verbygesteek het in die kernwapenwedloop. Hulle is ernstig bekommerd oor die moontlikheid dat die Russe oor die vermoë beskik "om eerste te slaan en dan genoeg wapens oor te hou vir 'n tweede aanval".
Andrei Sakharov het gewaarsku dat dit hierdie "eerste slaan'' is wat so gevaarlik is. Hy het gesê: "Dit is duidelik dat die aanvaller wat eerste onverwags toeslaan, in staat sal wees om met 70 tot 100 persent van sy MIRV-missiele dadelik al die vyand se lanseerbasisse uit to wis en om met sy oorblywende konvensionele missiele alle stede asook militêre, industriële en vervoergeriewe lam to lê, hom sodoende 'n vernietigende hou toe te dien om so die uitslag van die oorlog te bepaal, nog voordat die vyand 'n kans kry om 'n enkele teenaanval te loods. Dit is wat bedoel word met die aanloklikheid van die eerste aanval". Sakharov gaan voort deur daarop te wys dat die een gebied t.o.v. kernmag waar die Russe beslis die Amerikaners voor is, die feit is dat sommige van hulle MIRV-missiele tot agt kernknalkoppe het, terwyl die Amerikaanse ekwivalent maar drie het.
Persoonlik is Sakharov oortuig daarvan dat as die Russe voel die tyd het aangebreek, hulle nie sal aarsel om Amerika uit te wis nie. NAVO het jare gelede reeds verklaar dat die ontstellendste feit aangaande die Russiese militêre strategie is dat dit opgestel is vir aanval eerder as vir verdediging.
Een van die dinge wat president Ford en Henry Kissinger jare gelede tydens hulle besoek aan China vasgestel het, is dat die Chinese feitlik alle wapenarsenale van alle volke kan waarneem en presies weet waar hulle geleë is. In doodeenvoudige taal het hulle erken dat die grootste konsentrasie kernwapens in die Balkan-gebied is. En hulle het drie klein woordjies beklemtoon: "DIT SAL BEWEEG!"
Maar wat vir baie mense nog meer beduidend is, is die felt dat soveel van die kleiner volke in die afgelope aantal jare kernwapens verkry het. Dit word algemeen aangeneem dat Indië jare gelede reeds in staat was om sy eerste atoombom te laat ontplof omdat Kanada aan hom 'n kernreaktor, sogenaamd vir vredesdoeleindes, verskaf het. Die Washington Post het voorspel dat 52 lande binne die volgende vyf jaar kernreaktors sou hê. Hoeveel van hulle gaan hierdie toerusting gebruik om hulle eie atoombomme te maak? Wetenskaplikes stem nie met mekaar hieroor saam nie, maar selfs die mees optimistiese waarnemers is nie bereid om te voorspel dat die meerderheid van hierdie volke hulle toerusting nie gaan gebruik om kernwapens te maak nie.
Op geen ander gebied is daar soveel politieke huigelary as die vraag oor wie kerntoerusting beskik en wie nie. As 'n student van die Massachusetts Institute of Technology binne vyf weke (222 uur) met die hulp van inligting wat in enige goeie biblioteek beskikbaar is 'n atoombom kon bou wat, volgens dr. Jan Prawitz van die Sweedse ministerie van verdediging, sal werk, kan 'n mens jou dit nie voorstel dat gesofistikeerde lande soos Japan, Wes-Duitsland, Swede, Argentinië, Italië of Iran nie in staat sou wees om kernwapens te maak as hulle meen dat dit in eie belang is nie. Die verdedigingsdepartemente van volke wat nog nie kernwapens openlik getoets het nie, sal oor en oor die versekering gee dat hulle nie kernwapens het nie. Wat hulle werklik bedoel, is dat hulle nog nie 'n kernwapen afgevuur het nie, hoewel al die onderdele gereed lê om op kort kennisgewing saamgevoeg te word. Israel is hier 'n goeie voorbeeld. Toe die Israeli's in 1973 gevoel het hulle behoort atoombomme te gebruik, of minstens te dreig om hulle te gebruik, kon hulle daardie dertien bomme binne enkele ure saamstel en op vliegtuie laai, gereed om gebruik te word. Volgens Associated Press het Amerika Israel voorsien van Pershing-missiele wat in staat is om kernplofkoppe te dra. Doelwitte soos Kaïro, die Aswan-dam en bykans elke gesogte teiken in Sirië en Jordanië sou binne trefafstand wees. Die Internasionale Instituut vir Strategiese Studies in Londen het voor die sewentigs reeds bekend gemaak dat Israel nou "draers vir kernplofkoppe" het.
Dit was natuurlik die gevolg daarvan dat Rusland aan Egipte, Jordanië en veral Libië gesofistikeerde wapentuig verskaf het. Die Arabiere beskik vir praktiese doeleindes oor die oliemonopolie en dit stel hulle in staat om kernwapens by die ontwikkelde lande van die wêreld te koop of om selfs sulke wapens af te pers. President Quadhafi van Libië het toendertyd gesê: "Die atoom sal binnekort vir niernand meer 'n geheim wees nie. 'n Paar jaar gelede kon ons nie eers 'n eskader vegvliegtuie koop nie. Môre sal ons in staat wees om 'n atoombom en al die nodige toebehore en onderdele te koop. Die kernmonopolie sal binnekort verbreek wees". Die Russiese nuusagentskap, Tass, het al verwys na "Sowjet-Libiese samewerking in die gebruik van atoomenergie".
Dan is daar nog die vraagstuk van oormatige atoomafval wat weens die vreedsame gebruik van kernkrag dwarsoor die wêreld ophoop. Die Kommissie vir Atoomenergie het jare gelede verklaar dat die hoeveelheid atoomafval teen 1980 genoeg sou wees vir die vervaardiging van 4 000 bomme en teen die jaar 2000 sou dit genoeg wees om 250 000 bormme mee te maak. Ons het reeds daarop gewys dat 52 lande binne vyf jaar soortgelyke afvalvoorrade in kleiner hoeveelhede gaan begin opgaar.
Die gevaar van die totale uitwissing van die hele mensdom met kernwapens is vandag so groot dat Time gewaarsku het dit sal weinig meer as 'n "toevalligheid of 'n klein wanberekening" verg om 'n einde aan alles te maak. Toe die kernbomwerper, die FB-I II, op Kersdag 1975 in Maine neergestort het, is die mensdom daaraan herinner hoe gevaarlik naby die afgrond van totale uitwissing die mens is — as hy op menslike oordeel vir sy voortbestaan sou moes vertrou.
Ten slotte moet daarop gewys word dat daar ander wapens voorberei en beskikbaar is waarmee die mens homself kan vernietig. Die laserstraal is 'n voorbeeld hiervan. Hierdie straal kan enigiets op die oppervlakte binne 'n afstand van sowat 150 kilometer laat smelt. In die hersiene uitgawe (1976) van die gesaghebbende bron oor wapentuig, Jane's Weapons Systems, skryf die redakteur Ronald Pretty in die voorwoord, wat dwarsoor die wêreld aangehaal word, hy voel die Russe en Amerikaners is gewikkel in 'n verwoede wedloop om die "straal van die dood" te vervolmaak. Hy vertolk die Russe se moontlike tegemoetkomendheid by die samesprekings oor die "beperking van strategiese wapens as die gevolg van selfvertroue omdat hulle hierdie wapen nie meer net in 'n beplanningstadium het nie, maar dat hulle inderdaad reeds besig is om dit te bou. "Agter die versigtige verwysings na hoë-energie lasernavorsing en -ontwikkeling in publikasies van die Amerikaanse departement van verdediging, en die Russiese stilswye oor die onderwerp, mag moontlik 'n duur super-wetenskaplike worsteling aan die gang wees."
Die Amerikaanse regering bestee na bewering bykans twee biljoen rand per jaar aan ge-outomatiseerde wapentuig. Laserstraal-toerusting verskyn bo-aan die lys van hierdie wapens. Daar bestaan reeds sedert die sewentigerjare 'n lasergeweer wat 'n straal uitskiet waarmee 'n vliegtuig opgespoor kan word. Die straal fokus op die vliegtuig en sny 'n gat in die romp daarvan om dit grond toe te bring. 'n Mens kan feitlik nie die teiken mis met hierdie wapen nie.
Martin Luther het eenkeer uitgeroep: "Kanonne en vuurwapens is wrede en afskuwelike masjiene. Ek glo hulle ontstaan is direk te danke aan 'n voorstel van Satan. As Adam in 'n vergesig die verskriklike wapens kon sien wat sy nageslag sou ontwerp, sou hy sekerlik van smart gesterf het."
DIE TEGNOLOGIESE TEKENS ... Vervolg...