Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Op die lughawe van Bangkok staan daar in groot letters geskryf: “Welkom in Thailand, die land waar elke mens ‘n glimlag dra!” Dis wat ‘n gelukkige mens moet doen – ‘n glimlag dra. Sonder ‘n glimlag is jy nooit volledig geklee nie.
VLAE VAN SUIDER-AFRIKA (6)
C Pama
Lees reeks by Vlae van Suider-Afrika
Die vlae van ons buurlande
Namate die Britse, Franse en Portugese kolonies en die Suid-Afrikaanse swart tuislande selfstandig geword het, het ook hul nasionale simbole ontstaan, naamlik staatswapen en vlag.
Om die opsoek van die vlae makliker te maak, is die selfregerende en onafhanklike state van Suider-Afrika in een alfabetiese volgorde geplaas. Eers volg die beskrywing van die vlag en daarna wat dit voorstel of simboliseer. Daar word veronderstel dat ’n mens voor die vlag staan en daarna kyk.
ANGOLA
Vlag: Twee horisontale bane, rooi bo en swart onder. In die middel oor alles heen ’n geel embleem wat bestaan uit simbole wat onderskeidelik sosialisme, nywerheid en landbou voorstel, naamlik ’n vyfpuntige ster, ’n halwe kamrat en ’n kapmes. Hierdie vlag is gebaseer op die een wat deur die MPLA (Movimento Popular de Libertacao de Angola) in 1965 aangeneem is wat net ’n ander embleem in die middel gehad het, naamlik ’n groot vyfpuntige ster. Betekenis: Die rooi baan in albei vlae simboliseer die dertien jaar van stryd teen die Portugese koloniale bewind om eenheid en onafhanklikheid. Die swart baan is die simbool van saamhorigheid met die vasteland van Afrika. Die geel van die embleem wys op die ryk natuurlike hulpbronne waaroor Angola beskik.
’n Ander bevrydingsbeweging, UNITA (Uniao Nacional para a Independencia Total de Angola) voer ’n vlag met drie horisontale bane, almal ewe breed, van bo na onder rooi, groen en rooi. Op die middelste baan staan ’n opkomende son en ’n swart haan wat die nuwe dag van Angolese onafhanklikheid uitkraai.
BOPHUTHATSWANA
Vlag: Kobaltblou en daarop ’n oranje skuinsbalk wat van links onder na regs bo loop en ’n breedte van een twaalfde van die vlaglengte het. In die linker-bohoek ’n wit sirkelvormige inlas (die deursnee is een kwart van die vlaglengte) en daarop ’n luiperdkop, van voor, en swart lyne.
Betekenis: Die blou simboliseer die lug en soos die oneindigheid daarvan moet ook die strewe na ontwikkeling wees. Die oranje baan is ’n goue weg waarop die volk moet wandel om hierdie ideaal in dade qm te sit. Die luiperdkop is ’n owerheidsimbool.
BOTSWANA
Vlag: Twee ligblou bane en daartussen in die middel ’n horisontale swart baan met aan weerskante ’n wit soom, verhoudings: 5:1:4:1:9.
Betekenis: Die blou simboliseer sowel die water as die blou lug, die swart streep die meerderheid van die bevolking met die wit strepies aan weerskante die blankes in die land. Saam dui dit op rassesamewerking.
CAPRIVI
Vlag: Vier horisontale bane ewe wyd, van bo na onder swart, wit, groen en blou waarop in die middel op die wit en groen bane twee ewe groot swart olifante, toegewend, met opgehewe slurpe waarvan die boonste dele om mekaar gedraai is. Net die monddele bo hul koppe steek uit. Die hoogte van die olifante is twee derdes van die lengte van die strepe.
Betekenis: Baie olifante kom in die land voor en in die vlag en wapen simboliseer hulle moed en mag. Die betekenis van die kleure is dieselfde as wat dit in ander vlae van Afrika het.
CISKEI
Vlag: Kobaltblou en daarop ’n wit diagonale baan wat van die regter-bohoek na die linker-onderhoek loop en waarvan die breedte gelyk is aan die helfte van die hoogte van die vlag. In die middel van hierdie baan staan ’n kraanvoel, regop geplaas in swart lyne, wat na die vlagpaal kyk.
Betekenis: Die blou het dieselfde betekenis as Bophuthatswana se vlag. Die wit is die pad wat omhoog gaan en waarop die volk moet wandel om tot ontwikkeling te kom. Die kraanvoel is by die volk bekend as “Indwe” en is van groot betekenis. Wanneer iemand hom onderskei deur dapperheid of ander verdienste, is hy dikwels deur sy kaptein met die vere van die “Indwe” getooi. Die voël simboliseer dus die wil van die volk om dapper en standvastig te wees en ywerig te werk aan ’n beter toekoms.
GAZANKULU
Vlag: Drie horisontale bane ewe wyd, een wit tussen twee wat kobaltblou is. In die middel, twee simmetries gekruiste swart eet- lepels van hout, die stele deur ’n ketting verbind.
Betekenis: Die kobaltblou bane dui die lug aan en het dieselfde simboliese betekenis as in Bophuthatswana se vlag. Die swart en wit van die middelbaan dui op die tradisionele samewerking tus¬sen blank en swart in die land. Die lepels en ketting is uit een stuk hout gesny.
Volgens die volkstradisie mag daar nie getwis as hiermee geëet word nie. Dit simboliseer dus eensgesindheid, vrede en gasvryheid, deugde wat deur hierdie volk steeds in ere gehou word.
KAVANGO
Vlag: In die middel van ’n groen vlag is ’n horisontale baan wat ’n sesde van die breedte van die vlag wyd is en uit drie smal bane bestaan wat ewe wyd is, van bo na onder oranje, wit en blou.
Betekenis: Die groen simboliseer die bosse wat oor die hele land strek en die strepe in die middel die samewerking met die Republiek van Suid-Afrika.
KWANDEBELE
Vlag: Drie horisontale bane ewe wyd, van bo na onder blou, geel en groen. In die middel van die geel baan ’n kort knopkierie, regop geplaas, wat vier strydbylkoppe aanstoot. Die knopkierie is bruin, die agterste strydbylkoppe is bruin en die voorste strydbylkoppe is grys.
Betekenis: Blou is die kleur van die lug en stel voor die oneindigheid van die hemelruim. Dit simboliseer die lewensruim waarna elke volk streef en wat die Ndebele-volk verkry het met die toekenning van ’n eie land waarin hy hom kan uitleef en sy ideale kan nastreef. Geel stel voor die lig en energie wat deur die son uitgestraal word en wat onontbeerlik is vir voortbestaan. Dit is ook ’n voorstelling van die simboliese lig in die lewe van ’n volk wat sy toekomspad verlig sodat hy veilig daarop kan voortbeweeg sonder vrees vir die gevaar wat in die duisternis skuil. Groen is die kleur van die plante en gras wat ’n voedingsbron vir mens en dier is en wat dit vir hom moontlik maak om voort te bestaan en te groei. Dit simboliseer die groei en vooruitgang van die jong staat wat tot stand gekom het. Die knopkierie is die simbool van die gesag van die regering wat reg en orde moet handhaaf. Die strydbyle simboliseer die stryd wat die volk moet voer om homself te beskerm teen nie net ander volke nie, maar ook teen die aanslae op sy tradisies en kultuur sodat hy sy nasietrots kan behou en uitbou.
KWAZULU
Vlag: Drie horisontale bane, ewe wyd, die buitenste wit en die middelste bestaan uit drie smal bane, ewe wyd, geel, groen en swart. Langs die stok ’n vertikale vermiljoen baan, en ’n derde van die lengte van die vlag daarop ’n tradisionele Zoeloeskild, vyf negendes van die hoogte van die vlag. Hierdie skild word deur ’n denkbeeldige horisontale en vertikale lyn in vier dele verdeel, in elke deel staan vyf horisontale swart strepies.
Betekenis: Die kleure geel (of goud), groen en swart is die kleure van INKATHA (Nasionale Kulturele Vryheidsbeweging). Die skild stel voor die koninklike skild van Shaka wat van ’n wit ossehuid gemaak was en simboliseer die beskerming vir die Zoeloes.
LEBOWA
Vlag: Drie horisontale bane van blou, wit en groen in die verhouding 1:2:1. Op die wit baan ’n opkomende goue son met nege strale.
Betekenis: Die groen van die onderste baan stel die land voor en simboliseer die harde werk wat nodig is om vooruit te kom. Die blou baan het weer dieselfde betekenis as in die voorafgaande vlae. Die opkomende son dui op die energie wat ontwikkeling in alle rigtings moet aanvuur.
LESOTHO
Vlag: Op ’n blou vlag ’n keelvormige wit Basoetohoed en twee groen en rooi vertikale bane naas mekaar langs die stok. Die rooi baan grens aan die blou en elke baan is ’n tiende van die vlag breed. Die kleure is oorgeneem van die vlag van die Nasionale Party van Lesotho, wat uit drie horisontale bane, blou, wit, rooi en groen, bestaan het.
Betekenis: Die blou agtergrond simboliseer die lug en die reen, wit vrede, groen die land en rooi die geloof. Die hoed is kenmerkend vir die land se bevolking.
MALAWI
Vlag: Drie horisontale bane, ewe wyd, van bo na onder swart, rooi en groen met ’n rooi opkomende son in die middel van die swart baan. Dit het ontstaan uit die vlag van die Congress-party van Malawi wat dieselfde vlag gevoer het, maar sonder die son. Die is toegevoeg om aan te dui dat ’n nuwe daeraad van hoop en vryheid vir Afrika aangebreek het.
Betekenis: Swart simboliseer die volke van Afrika, rooi die bloed van die martelare wat vir die vryheid van Afrika geval het en groen die altydgroen land van Malawi.
MALGASSIESE REPUBLIEK (MADAGASKAR)
Vlag: Twee horisontale bane, bo rooi en onder groen en ’n vertikale wit baan langs die stok. Al die bane is ewe wyd.
Betekenis: In die negentiende eeu het die Hova’s, wat toe die eiland en veral die binneland regeer het, rooi-wit vlae gevoer, moontlik onder invloed van die rooi-wit vlae wat in Suidoos-Asië gewild was. Baie van die inwoners van Madagaskar het van daar gekom. Toe Madagaskar die Malgassiese Republiek geword het, is groen aan die vlag toegevoeg om die kusbewoners te simboliseer. Uit ’n historiese oogpunt gesien, was rooi altyd die kleur van die Volamena en wit die van die Volafotsi, twee koninklike families wat deur koning Adriandahifotsi (1610-1685) gestig is. Vandag word die kleure wit, rooi en groen onderskeidelik beskou as simbolies vir suiwerheid, soewereiniteit en hoop.
MOSAMBIEK
Vlag: Die vlag wat deur Mosambiek na onafhanklikwording aangeneem is, het uit drie wigge bestaan waarvan die bopunte mekaar in die bohoek ontmoet. Hulle is van mekaar geskei deur smal wit driehoekies wat vrede simboliseer. Beginnende met die langs die stok en dan opwaarts was die kleure geel, vir die rykdom aan minerale, swart vir die volk, rooi vir die bloed van die vryheidsvegters en groen vir die land en sy landbou. In die genoemde bohoek van die vlag was ’n embleem wat die FRELIMO-leuse “studeer, produseer en veg” uitgebeeld het. Dit bestaan uit ’n ronde wit skyfmet ’n swart rand wat uit 24 kamme van ’n kamrat bestaan. Op die skyfstaan ’n oop boek waaroor kruislings ’n skoffel en ’n AK47-geweer geplaas is, alles swart, ’n Klein rooi vyfpun- tige ster bo die boek, naas die geweer, wys op die sosialistiese staatsvorm.
Hierdie vlag is egter op die vierde partykongres van FRELIMO in April 1983 vervang deur ’n nuwe vlag wat bestaan uit drie horisontale bane, ewe wyd, van bo na onder groen, swart en geel, die bane is van mekaar geskei deur twee smal wit bane. Oor alles heen ’n rooi driehoek, met sy grondvlak langs die paalkant van die vlag geplaas en hierop weer die FRELIMO-embleem. Buiten hierdie embleem is die nuwe vlag die ou FRELIMO-partyvlag, wat op dieselfde kongres vervang is deur ’n effe rooi vlag, in die bohoek langs die paalkant is ’n ster en daaronder ’n hamer en ’n skoffel, skuins gekruis, alles goudgeel. Die betekenis van die kleure van die nuwe vlag is dieselfde as die van die eerste.
OWAMBO
Vlag: Drie horisontale bane, ewe wyd, van bo na onder blou, wit en olyfgroen. Op die middelbaan is sewe vertikale stawe, almal ewe groot, van olyfgroen. Die wydte van elke staafis een twintig- ste van die vlaglengte, en die ruimte tussen die stawe asook die ruimte bo en onder die stawe is gelyk aan ’n halwe staafwydte. Betekenis: Die blou stel dieselfde voor as in die ander vlae wat reeds behandel is. Die wit dui op die vrede binne die volk en in sy ver¬houding met ander volke. Die groen dui op die landbou. Die volk van Owambo bestaan uit sewe stamme wat deur die sewe stawe gesimboliseer word.
QWAQWA
Vlag: Drie horisontale bane, van bo na onder groen, oranje, groen. Die middelste baan is een kwart van die hoogte en is in drie gelyke dele verdeel. Omdat die middelstuk groen is en dus dieselfde kleur as die ander bane het, vorm die middelstuk ’n eenheid daarmee. In hierdie middelstuk, in syaansig, kop na die vlagpaal gerig, staan ’n swart Basoetoponie wat twee vyfdes van die vlag hoog is.
Betekenis: Die groen simboliseer die land van die Qwaqwavolk. Die twee stukke van die gebroke oranje baan dui op die twee stamme waaruit die volk bestaan en ook op hul verbondenheid met die Oranje-Vrystaat. Die Basoetoponie is ’n simbool van die vaste tred van die volk op die dikwels moeilike pad na ontwikkeling.
SWAZILAND
Vlag: Blou met ‘’n breë horisontale karmosynrooi baan in die middel, met aan weerskante twee smal geel bane, in die verhouding 3:1:8:1:3. Op die rooi baan is ’n tradisionele Swaziskild, horisontaal geplaas, oortrek met ’n swart-wit beesvel waarop twee rye van agttien strepies elk in teenstellende kleure. Agter die skild is twee tradisionele spiese en ’n staf, al drie horisontaal geplaas, soos in ’n geveg.
Betekenis: Die kleure van die vlag is ontleen aan die vaandel wal koning Sobhusa II in 1941 van die Brilte ontvang het toe ’n Swai-pionierskorps saam met hulle in die Tweede Wêreldoorlog geveg het. Karmosynrooi simboliseer die liistoi iese veldslae, geel die rykdom aan minerale en blou vrede. Die skild en staf is getooi mel vere van die “widow bird” en die loerie.
TRANSKEI
Vlag: Drie horisontale bane ewe wyd van bo na onder okerrooi, wit en groen.
Betekenis: Die boonste baan stel die grond voor waaruit die tradisionele wonings gebou is. Dit simboliseer die eenheid van die volk en sy verbondenlieid aan die grond van sy vaders waarvan hy vir sy bestaan alhanklik is. Die wit middelbaan is ’n teken van vrede en simboliseer die vreedsame verhouding, van die Xhosas met ander volke om sodoende rus, vrede en vooi spoed te verseker. Die groen baan stel die groen heuwels van die land voor. Dit verskaf weiding aan die vee en word ook vir akkerbou gebruik, albei noodsaaklik vir voortbestaan.
VENDA
Vlag: ’n Vierkleur van drie horisontale bane, ewe wyd, van bo na onder seegroen, luomaatgeel en grond bruin. Langs die stok is 'n vertikale hemelsblou baan. In die middel van die geel baan is die letter V in bruin.
Betekenis: Die kleure is die tradisionele kleure van die dorpe by die Vendas. Bruin simboliseer die grond en saam met geel en blou kom dit ook voor in die krake wat deur die bevolking gedra word.Die kleure het ook ’n ander betekenis; blou duil op die hemel maar is ook ’n oorlogskleur, geel op die blomme en groen simboliseer die skoonheid van die land.
ZAMBIË
Vlag: Groen met ’n oranjekleurige arend wat met oopgespreide vlerke oor ’n reghoek van drie vertikale bane vlieg, onderskeidelik rooi, swart en oranje. Die laaste baan staan in die onderhoek van die vlag se wapperkant.
Betekenis: Die groen en geel wys op die natuurlike hulpbronne van die land, die swart simboliseer die volk van Zambië en rooi hul vryheidstryd, die vlieënde arend die behaalde vryheid en die vermoë om bo probleme uit te styg.
ZIMBABWE
Vlag: Groen met ’n horisontale rooi baan, begelei deur smal geel bane aan weerskante en in die middel ’n smal swart baan. Van die stokkant gaan ’n wit punt uit. In die punt is ’n rooi vyfpuntige ster en daarop die voorstelling van die groot Zimbabwe-voel in geel.
Betekenis: Die legendariese voel kom voor op beeldhouwerk in die Zimbabwe-ruines naby Fort Victoria en word as die oudste simbool van die land beskou. Verder simboliseer groen die landbou, geel die rykdom aan minerale, rooi die bloed wat in die vryheidstryd vergiet is, swart die meerderheid van die bevolking, wit rasseversoening en die rooi ster die sosialistiese en kommunistiese ideologie.