NUWE AMERIKA LAAAANK VÓÓR NSA

5 DAE DOOD MAAR NIE ‘GEROB’…

Kriewelkop

As hierdie voorval plaaslik moes gebeur sou die man seker nie meer alles wat syne is aan hom gehad het toe hulle hom eindelik ‘ontdek’ nie...  maar dit bly ‘n tragedie om te weet hoe min mense wêreldwyd vir mekaar omgee en hierdie gebeure herinner weer aan die los skroef in alle regerings.

‘n 51jarige man van New York wat reeds 30 jaar lank vir dieselfde firma werk, se kantoortafel was deel van ‘n groot oopplankantoor waarin 23 ander personeel werk. George Turklebaum was ‘n proefleser by ‘n uitgewersorganisasie. Hy het op 'n Maandag aan ‘n hartaanval by sy lessenaar beswyk terwyl hy besig was om mediese geskrifte te proeflees. Nie een van die 23 personeel in dieselfde kantoor het dit agtergekom nie. Eers vyf dae later het ‘n skoonmaker besef die man sit/lê dood by sy lessenaar.

Sy werkgewer, Elliot Wachiaski, se verklaring hiervoor is dat George gewoonlik die eerste persoon in die oggend was om te arriveer en altyd die laaste om huiswaarts te keer – daarom het niemand gedink dit is vreemd toe hy vyf dae lank ná sy dood in presies dieselfde posisie by sy lessenaar is nie. Maak seker sin né! Maar waar was sy naasbestaandes wat nie navraag gedoen het omdat hy nie saans huistoe gegaan het nie? Of dalk die bure, vriende of 'n troeteldier wat alarm maak – het niemand hom gemis nie? Klaarblyklik nie; en dit verklaar moontlik waarom hy meestal by sy werk was: hy het nie kontak met bure en vriende gehad nie, ‘n alleenloper?

Maar wat méér skok is dat niemand by sy werk in vyf dae die ‘geproefleeste’ geskrifte benodig het nie! Klink hier net soos die Nuwe Suid-Afrika – wat mens weer laat onthou daar was ook ‘n Nuwe Amerika, nog laaaaank vóór die Nuwe Suid-Afrika...