NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Abraham Lincoln het gesê: ’n Mens is so gelukkig as wat hy besluit om te wees. Jy kan ook op net soveel geluk aanspraak maak as wat jy bereid is om te gee; nie meer nie!

DIE LES VAN MENSEREGTE

DIE NOODTOESTAND IN FRANKRYK – EN AK47's

Leonard van der Dussen

Meer as 150 mense is dood in ‘n blatante aanval met AK47’s en bomme in ‘n gegoede deel van Parys. Op Europese grondgebied. In ‘n belangrike vennoot van die Europese Unie.

Die beriggewing  gebruik nie die woord “masjiengeweer” of “semi-outomatiese geweer” nie, maar verwys na AK47's. Vir Suid-Afrika en veral die Afrikaner is  ‘n term soos “AK47” deel van die uitdrukking van weersin in terrorisme. Ons ken dit goed: die bosoorlog is teen AK47-toegeruste terroriste gevoer. Die wêreld se blaaie is nou vol van ‘n verskriklike aanval op weerlose mense. Volgens berigte is baie van hulle in ‘n konsertsaal van die gallerye af koelbloedig met die AK47's afgemaai, en daar was verdere aanvalle in die ­Franse café-belynde strate in dieselfde omgewing, beide met die gewere en bomme.

In Suid-Afrika loop Robert McBride vry rond, ‘n erkende bomplanter in ‘n gesinsrestaurant waar mense so vermoor is. Nelson Mandela het nooit geweld afgesweer nie. Die skoolboeke is te vol van die beeld van ‘n wyse vredemaker, ‘n simbool wat die toppunt geword het van die propaganda waarvolgens Suid-Afrika en die Afrikaner eintlik “gesoek het” vir die terroriste-aanvalle, wat in ‘n meer bekende voorval soos die Kerkstraatbom in 1983, waarin ses mense dood en tientalle beseer is, vergestalt het.

In Pretoria, in die hoofstad, soos wat Frankryk nou beleef. Die skoolboeke verwys nie behoorlik na Operasie Mayibuye nie, wat, as die regering van die dag nie so suksesvol en doelgerig opgetree het met een van die briljantste intelligensie-operasies van die modern geskiedenis en Mandela en makkers ordelik voor die hof gebring het nie, baie erger gevolge as in Parys, Frankryk, sou gehad het. Daar word graag na Nelson Mandela se vryheidstoesprake verwys, maar oor die res van die Rivonia-verhoor is daar nie kennis nie; veral nie oor die lêers vol getuienis oor die operasie wat ‘n bloedbad in Suid-Afrika sou meegebring het nie, en waaroor hy tronk toe gestuur is: nie oor hy teen apartheid was nie, maar omdat hy aan die spits was van terroriste-aanvalle.

Dieselfde wêreld wat heeltyd geskimp het dat die Afrikaner, en eintlik die hele westerse deel van die Suid-Afrikaanse bevolking, die terroriste-aanvalle eintlik maar uitgelok het, en wat selfs die ANC gehelp en gesteun het, huil nou. Terroriste-aanvalle en koelbloedige moorde soos hierdie word ten sterkste veroordeel en betreur en die gewone bevolking van Frankryk het ons simpatie; maar die politici en heersers en liberale menseregte-onnoseles wat meegewerk en druk uitgeoefen het om Suid-Afrika in die gemors in te dompel deur die oorgawe aan die ANC te bevorder, moet vir hulle kry. Hopelik leer hulle nou die les van die dwaasheid van menseregte en die siening dat die mens sy eie heil kan uitwerk sonder grense.

Daar mag ook meer krediet gegee word in wat ons ons kinders leer aan die bewusmakingsveldtogte en die paraatheid wat in die sewentigs en tagtigs van die vorige eeu daar was: ons was ‘n skerp volk wat die terroriste dekades lank weerhou het.

Ek het myself twee weke gelede uitgevang dat ek intuïtief krities die vullishouers in ‘n mooi nuwe winkelsentrum oplet dat dit gevaarlik is omdat dit te hoog en te toe is om te sien wat daarin is. Ons was opgeskerp dertig en veertig jaar gelede om te dink waar bomme dalk geplant kan wees, en het geweet waar in elke kantoorgebou die bomkombers en eerstehulpstel teen die muur gemonteer was; en baie kleiner en groter aanslae is stilweg afgeweer of die uitwerking daarvan letterlik gedemp, tot frustrasie van die terroriste. Ons skuld dit aan onsself en ons kinders om meer van die eietydse geskiedenis en Afrikaner-skerpte te leer.

Dis les wat die Europëers nou op skrikwekkende wyse leer en die tekens dat die politieke modes begin verander, kan interessante gevolge vir Suid-Afrika hê. Ons moet flink wees in ons denke in ‘n wêreld waar dinge tans vinnig beweeg.

Dit moet onthou word dat afsonderlikheid of segregasie ‘n wêreldwye normaliteit was ‘n eeu of wat gelede. Die wêreld wat nie self in Afrika leef nie, kon egter nie in hulle gedagtes onderskeid maak tussen leef met ‘n kleiner element van ander volke saam nie, en die gevaar van getalle-oorheersing en Afrika-magsvergryp wat by ons die geval is nie. Toe die wêreld sy politieke modes aanpas vir menseregte en ontgrensing tussen volke in een land, kon hulle nie verstaan dat Suid-Afrika versigtiger daarmee moes omgaan nie; en terselfdertyd word dit toe ‘n handige middel om ‘n opkomende ekonomiese westerse mag onder Afrikanerbewind te beswadder en om hulle eie handelsbelange selfsugtig te beskerm.

Die interessante oor Frankryk se nuus is wat dit aan die politieke mode gaan doen: die Europeërs het aanvanklik die migrante verwelkom, maar toe hulle sien hoeveel groter as in hulle naïewe denke die getalle is, hoe ‘n groot deel van die “vlugtelinge” eerder na goed-toegeruste jong werksoekers lyk, het ‘n teenpool se stem vinnig harder geword. Die uitwerking van die skrikwekkende onbeskaamde openbare aanval in Parys kan betekenisvolle gevolge vir die wêreld se denkwyse oor volke, grense, afsonderlikheid en so meer hê. Kom ons maak gereed om ons koppe op te tel en te dink hoe om dit te benut. Die sluit van grense in die Europese Unie was tot enkele maande gelede ‘n blote teoretiese begrip: dit word nou skielik werklikheid, met verskeie lande wat as gevolg van die “vlugtelinge” grensbeheer moes begin toepas, en nou Frankryk wat sy grense summier sluit.

Die droogte byt, die ekonomie is plat, ons land is vol geweld en onreg, en nou sien ons die wêreld is onveilig; maar watter volk is beter as die Afrikaner toegerus om juis in sulke omstandighede op te staan? Dis nou te sê as ons weer die reguit pad in die kerk kan vind om weer te leer hoe om die vierde strofe van Die Stem met opregtheid te kan sing

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1057 gaste aanlyn