NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

'n Ware vriend staan nooit in jou pad nie – net wanneer jy op die afdraande pad is!

DIE BEDREIGING VAN ISLAM

Ds AE van den Berg

"Europa is na aan haar einde.  Sy is soos ’n afgesnyde roos waarvan die  skoonheid net ’n rukkie hou...  Veiligheidskenners bereken dat 5% van die 18 miljoen Moslems wat in Europa woon Islamitiese terroriste ondersteun of met hulle medelye het.  Dit beteken dat daar minstens 75,000 potensiële terroriste binne Europese grense woon."

Rigt. 2:6-12

Die Westerse wêreld staan voor een van sy grootste bedreiging – radikale Islam.   Ons hoor elke dag nuusberigte van geweld en doodslag aan die hand van radikale Islamiete.    Dink maar aan 11 September 2001 toe Islamiete twee wolkekrabbers in Amerika in puin gelê en 3000 mense die lewe gelaat het.  In Pakistan, Irak en Sirië is duisende mense al deur radikale Islamiete gedood.   So ook in Afrika waar Christenkerke toenemend deur Moslems aangeval word.

Die wêreld het ’n nood aan ’n Bybelse herlewing en geestelike vernuwing.  Want net die Christendom kan radikale Islam vernietig.  En met Christendom word ware Bybelse Christendom bedoel en nie die karikature wat charismate en ander dwaalgeeste opdis nie.

Hoe het dit gebeur dat Islam, wat al meer as 1500 jaar oud is, na al die jare nou ’n bedreiging vir wêreldvrede geword het?   Dit het hoofsaaklik in Europa begin.   Toe Europa die Christendom jare gelede verwerp het, het sy geestelike selfmoord gepleeg.   Europa het Humanisme omhels en Islamitiese immigrasie aangemoedig.   Deur ondertrouery en die bou van moskees en Islamitiese skole, het sy die deur vir nuwe heersers oopgemaak.    Die verval in Christendom in Europa is katastrofies!

Die geskiedenis is besig om homself te herhaal.  Gedurende die 15de en 16de eeu het Europa iets soortgelyks ervaar toe dit onder ’n oplewing van heidendom en die uitbreiding van Islam gebuk gegaan het.  Dit het haar geloof en vryheid baie ernstig bedreig.   Ongelukkig leer Europa nie uit haar geskiedenis nie.  Sy maak weer ’n fout!

Ateïsme, Humanisme en die heidendom het Europa moreel, geestelik en eties broos gemaak vir ’n Islamitiese oorname.   In Rigt.2:10 lees ons: “En toe ook daardie hele geslag by hul vaders versamel is, staan daar ’n ander geslag na hulle op wat die Here en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie” Wat in Israel gebeur het, het ook later in Europa en elders gebeur omdat mense nie meer met God rekening gehou het nie.

Dieselfde het in Suid-Afrika gebeur - ons sit met ’n geslag wat die genot van aanbidding verwerp het en dit met die aanbidding van genot vervang het!

Europa het ’n nuwe geslag wat van rotsvaste sekerhede van Bybelse Christendom wegbeweeg het en in die sand van ewolusionisme, relatiewe waarhede, duiwelskunste en sinnelike genot vasgeval het.   Hulle het soos Esau hul eersgeboortereg vir bog verkoop.

Europa is na aan haar einde.  Sy is soos ’n afgesnyde roos waarvan die  skoonheid net ’n rukkie hou.  Daarna val die blare af en bly daar net dorings oor  
omdat dit van die bron van die roosstok verwyder is.  Ons vind die gedagte in Joh.15 waar Jesus sê dat ’n loot wat nie in die wingerdstok bly nie, verdroog.

Europa het willens en wetens uit hierdie wynstok geklim en ontbeer nou God se seën, vryheid en voorspoed.  Die nuwe geslag van Europa het God vergeet.  Van hulle is Paulus se woorde aan die Romeine waar:  “omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hulle oorlegginge en hul onverstandige hart is verduister ….hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen… ” (Rom.1:21,25).

Europa het God se seëninge as vanselfsprekend aanvaar en sy heilige Woord veronagsaam.  Die Bybel was eeue lank die grondslag en fontein van al hul vryhede, voorspoed en seëninge.   Toe sy daarvan ontslae raak, was die dood in die pot.   Deur haar babas te aborteer, het sy haar toekoms ondergrawe.  Deur haar skole te verwêrelds het sy haar jeug geskaad en deur haar bevolking te verheiden, het sy haar eie bloed verraai en stadig begin selfmoord pleeg.

Islamiete wil Europa hê.   In 1945 was daar bv. slegs100,000 Moslems in Frankryk.  Vandag is daar 6 miljoen (60 keer meer).   Alhoewel die Moslems slegs 10% van die bevolking is, verteenwoordig hulle 70% van Frankryk se gevangenis-bevolking.   In Frankryk is 95% van alle veroordeelde verkragters Moslems.  So ook 85% van die veroordeelde moordenaars en 58% van veroordeelde diewe!

In België is 10% en in Holland is 15% van die bevolking Moslems.  In België is 50% van alle geboortes Moslems.   Brittanje het 30 jaar gelede slegs 82,000 Moslems gehad.  Daar is tans meer as 2 miljoen (25 keer meer) en hulle stroom steeds in!    Daar is meer as 1,000 moskees in Brittanje en soveel as 25,000 ondersteuners van die Al-Qaeda terroriste-beweging!

Denemarke sit met ’n probleem.   Al is slegs 4% van die bevolking Moslems, ontvang hulle bykans 40% van die maatskaplike toelaes.   Italië sit met net so ’n kopseer – 95% van haar veroordeelde verkragters en 85% van die moordenaars is Moslems!

Let daarop dat van die 48 Islamitiese lande ter wêreld 46 diktature is.  Die regering van Saudi Arabië het onlangs genoeg geld bewillig om nog 1,500 moskees, 210 Islamitiese opleidingsentrums en 2,000 Moslemskole in die buiteland op te rig - hoofsaaklik in Europa.

Veiligheidskenners bereken dat 5% van die 18 miljoen Moslems wat in Europa woon Islamitiese terroriste ondersteun of met hulle medelye het.  Dit beteken dat daar minstens 75,000 potensiële terroriste binne Europese grense woon.  Geen wonder dat die September 2001 terreur vanuit Hamburg (Duitsland) georganiseer is nie!

Europa is besig om weens ’n gebrek aan kinders te sterf.   Europeërs het gemiddeld 1,5 kinders per vrou.  Die Moslems in Europa het gemiddeld ses kinders per vrou!

Europa maak reuse foute.  Deur haar Christelike erfenis te verlaat, haar ongebore babas te aborteer, sinnelike genot te soek en sedeloos te leef, maak hulle die deur vir Islamitiese beheer wawyd oop.   Suid-Afrika sit met ’n soortgelyke probleem.  Islamiete verkry al hoe meer beheer oor landsake. Die Westerse wêreld is in ’n oorlog gewikkel.

Wat is die oplossing?   In oorlogvoering moet jy drie dinge weet.  Eerstens wie die vyand is.  Tweedens watter wapens om te gebruik en derdens moet jy ’n duidelike oorlogsplan hê.  As gelowiges moet ons God se vyande ontmasker nl. Humanisme en Islam.   Ons moet die wapens gebruik wat God tot ons beskikking gestel het nl. Bybelse onderrig, Evangelisasie en gebed.   Derdens moet ons godvresende gesinne kweek.

Ons moet egter teen twee uiterstes waak – mense wat weier om die probleem raak te sien en glo dat daar geen probleem is nie.   So ook teen diegene wie sê dat daar geen hoop is nie.

Ons moet die probleem erken en dit eerlik en nugter benader.   Kerke moet wakker geskud word.   Baie van hulle is of vas aan die slaap of so deur dwaalleer verswak, dat hulle geen weerstand kan bied nie.  Die mensdom stroom na die hel en daar word weinig evangelisasie of sendingwerk gedoen!

Christene word nie opgeroep om te oorleef nie, maar om te oorwin.   Ons durf nie hier aan die einde staan en luier nie, maar spoed vermeerder.  “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het” (Rom.8:37).

Om vir Jesus iets te beteken, moet vier dinge oorwin:

  1. Eerstens moet ons vrees oorwin.  “Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing” (2 Tim.1:7).
  2. Die tweede ding wat ons moet oorwin, is lafhartigheid: “Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel” (Efes.6:10,11).
  3. Derdens moet ons onkunde oorwin: “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp…” (Hos.6:4).
  4. Laastens moet ons ongeloof oorwin:  “Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof” (1 Joh.5:4).

Die wêreld het nog nooit so ’n nood aan Bybelse hervorming gehad soos nou nie.   Ons geloof, ons vryheid en ons ganse gesinslewe is op die spel!  “want die Here – sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld  op Hom gerig is….” (2 Kron.16:9).

Ons het die geloof, oortuiging en moed van ’n Luther van ouds nodig.  Toe hy gedagvaar is om voor die kerklui Europa te verskyn, het hy gesê: “Die Woord van God bind my gewete.  Ek staan hier omdat ek nie anders kan nie.  So help my God!” Ons het die waagmoed van Ulrich Zwingli nodig wat gesê het: “Julle kan my liggaam doodmaak, maar nie my siel nie!” Calvyn het weer gesê: “Ek staan oortuig in die diens van my God”.

Ons moenie nalaat om ons lig ook vir die vyande van Christus te laat skyn nie.  Dawid was ’n veroweraar omdat hy Goliat verslaan het.  Jesus was meer as oorwinnaar omdat Hy van Saulus, die vervolger van die kerk, ’n Paulus, die groot apostel ooit, gemaak het.   Jesus roep elke gelowige op om meer as oorwinnaar te wees.  Moslems moet geëvangeliseer word.  Paulus gee vir ons die rede: “sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van dié wat in die hemel en dié wat op die aarde en die wat onder die aarde is en elke tong sou bely dat Jesus die Here is tot heerlikheid van God die Vader” (Fil.2:10,11).

Die profeet Habakuk sê “Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek” (Hab.2:14).

Laat ons aan die waarheid van die Bybel vashou, God alleen vrees en Hom met ons hele hart, siel en verstand liefhê.   Bid saam met my vir herlewing sodat ons meer as oorwinnaars in die stryd kan wees!

 

 

 

 

 

 

 

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 920 gaste aanlyn