NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

'n Ware vriend staan nooit in jou pad nie – net wanneer jy op die afdraande pad is!

VALENTYN OP 14 FEBRUARIE 269 vC TERREGGESTEL

VALENTYNSDAG EN SIMBOLE

Ds A vd Berg

"Valentynsdag is in wese heidens.  Dit kan op geen manier op godsdienstige wyse gevier word nie en word selfs deur ander godsdienste verbied.  In Indië word ’n hindoe wat Valentynsdag vier, vervolg.  So ook moslems in Saudi-Arabië."

Skrif: Efes.5:22-33

Valentynsdag is ’n nuwe gestalte van ’n ou Romeinse fees; die fees van Lupercalis.  Dis jaarliks op 14 Februarie gevier.   Die Roomse Kerk het dit later ter ere van Valentyn, ’n Roomse martelaar, Valentynsdag genoem.  Valentyn was ’n priester wat in die geheim huwelike voltrek het nadat dit deur keiser Claudius verbied is omdat te veel jongmans militêre diensplig ontduik het deur te trou.  Destyds kon slegs ongetroude mans by die weermag aansluit.

Toe Valentyn betrap is dat hy huwelike voltrek is hy ter dood veroordeel.  Terwyl hy op die voltrekking daarvan gewag het, het talle jong verliefdes hom glo besoek met briefies oor die verkieslikheid van liefde bo oorlog.  Dit laat ’n mens aan die slagspreuk van die vervloë Hippie-kultuur dink: Make love, not war. Valentyn is op 14 Februarie 269nC tereggestel.

Hy het glo net voor sy teregstelling ’n nota aan sy vriendin, die dogter van ’n gevangene, gestuur wat gelui het: “Van jou Valentyn”, ’n frase wat eeue later prominent in kaartjies geword het.    Valentyn word al eeue lank deur die Roomse Kerk as die beskermheer van verliefdes gehuldig.

Eeue voor Christus het die Romeine 14 Februarie as ’n afgodiese fees ter ere van Lupercus, die jagter van wolwe, gevier.   Hierdie fees het op drankmisbruik en onsedelikheid uitgeloop.  Voor die fees is etlike bokke asook ’n hond geoffer.   Die priesters het rieme uit die diere se velle gesny en tydens die fees meisies gejaag en met so ’n riem ’n hou op die agterstewe gegee wat haar glo vrugbaar sou maak.   Dis waar Februarie vandaan kom - van die Romeinse februa die dun rieme wat uit die velle van die offerdiere gesny is.

Alhoewel hierdie feeste aanvanklik as geestelik beskou is, het dit later ’n geleentheid geword om op ’n kru wyse uiting aan permissiwiteit en geslagsdrange te gee.

Paulus het heel waarskynlik so ’n fees in gedagte gehad toe hy aan die gelowiges in Rome geskryf het:  “Laat ons welvoeglik wandel ….nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie” (Rom.13:13).

’n Mens kan maar net bespiegel oor hoeveel onsedelikheid daar nie jaarliks op Valentynsdag plaasvind nie!   Dis in werklikheid ’n voortsetting van ’n heiden fees met al die vergrype!

Toe keiser Konstantyn die Christendom die amptelike godsdiens van die Romeinse Ryk gemaak het, het die Christene gevoel dat die feesdag vir Lupercus weens sy vergrype afgeskaf moes word.  Die heidense Romeinse burgers wou niks daarvan weet nie!   Dis toe as vakansiedag behou, maar sonder die gebruiklike vergrype.   Dis in 469 n.C., 200 jaar na Valentyn se teregstelling, deur pous Gelasius tot ’n godsdienstige vakansiedag in die Roomse Kerk verklaar.  Dis vir 15 eeue as ’n heilige dag gevier en eers in 1969 van die amptelike Roomse kalender verwyder.

Maar hoe het dit gekom dat die fees van Lupercus na Valentynsdag verander is?  Was daar ’n ooreenstemming?  Ja, daar was.  Valentyn (Valentino) was ’n baie algemene naam onder die Romeine wat baie van hul seuns die naam gegee het ter ere van ’n beroemde Valentyn in die geskiedenis.   Hy was Lupercus, die jagter, meer bekend as Nimrod van wie ons in Genesis lees.  Hy was die eerste koning op aarde.

Wat het Rome met Nimrod te doen gehad?   Hy was tog van Mesopotamië.   Valentyn kom van die Latynse woord Valentinus, ’n voornaam wat van die werkwoord valens kom en beteken “om sterk te wees”.

Dit laat ’n klokkie lui!

In Gen.10:9 lees ons dat Nimrod ’n geweldige jagter was.   Hy het sy onderdane teen wilde diere beskerm en as held daarvoor vereer.  Hy was hulle sterk man, hulle held, hulle Valentyn.   Nimrod, die aartsvader van afgodery, was dus die oorspronklike Valentyn!    Wie Valentynsdag vier, vereer Nimrod!  

Nadat Nimrod in ’n skermutseling met vyande gesneuwel het, het sy vrou, Semiramis, van ’n Babiloniese priester swanger geraak en voorgegee dat Nimrod haar bo-natuurlik bevrug het en ’n seun, Tammuz, op 6 Januarie van daardie jaar gebaar.  Satan wou Jesus se geboorte naboots.

In die Ou Nabye-Ooste was die gebruik dat ’n vrou eers 40 dae na haar kind se geboorte as rein beskou is.   Hierdie reiniging is dikwels feestelik gevier.   So was dit ook in die geval met Semiramis. ( In die Ou Nabye Ooste het ’n nuwe dag reeds die vorige aand om 18:00 begin.  So het die Joodse Sabbat bv. op die Vrydagaand om 18:00 begin).  Veertig dae na Tammuz se geboorte het Semiramis vir die eerste keer met haar seun in die openbaar verskyn.  Dit was op 14 Februarie van daardie jaar!

Toe Pous Gelasius hierdie heidense fees in ’n Christelike konteks probeer plaas het, het hy dit die fees van die reiniging genoem.  Klink dit nie verdag nie?  Ja, dit is.   Dit verwys na Semiramis se reiniging, die fees wat in Babilon gehou is.  Die Roomse Kerk is ’n herlewing van die ou Babiloniese godsdiens.  Meer as 75% van haar doen en late stem met laasgenoemde ooreen!

Tammuz het ook as Kupido bekend gestaan, die Babiloniese woord vir begeerte.   Hy was glo so asemrowend mooi, dat Semiramis hom met wellus bejeën het.  Hy is later met haar getroud!

Daar word vertel dat Tammuz so bekoorlik was, dat beelde van hom gemaak en verkoop is.   Die Bybel praat ook van hierdie beelde.  In Eseg.8:5 lees ons van die afgodsbeeld van ywer wat ywer verwek. Dis nie ’n juiste vertaling nie.   Ywer moet eerder met wellus vervang word – die afgodsbeeld van wellus wat wellus verwek.   Dan.11:37 noem hom “die liefling van die vroue”.

Tammuz is enersyds as ’n reïnkarnasie van Nimrod gesien en as ’n magtige vereer.   Andersyds is hy ook as Kupido, die seuntjiegod met sy blou oë en blonde krulle geskets.   Om met sy vader, die magtige jagter, te identifiseer is hy met ’n pyl en boog uitgebeeld.   Kunstenaars beeld hom graag as ’n goedige stouterd uit wat mense met ’n pyltjie skiet en koorsig verlief maak.

Sy ma is as die godin en hy die god van liefde vereer.  Na al die eeue leef Tammuz as Kupido in skilderye, liefdes literatuur en romantiese kaartjies voort.   Dis in werklikheid afgodies!

Valentynsdag het ook eie simbole soos die hart.   Die hart is reeds vroeg as die setel van emosies beskou en later slegs met diè van liefde.  Die tekening soos ons dit vandag ken, was ’n vroeë poging om ’n orgaan te teken wat mense nog nooit gesien het nie.

Dis met verloop van jare as die simbool van liefde aanvaar sonder dat mense geweet het waar dit vandaan kom.  Al die simbole wat vir Valentynsdag gebruik word, kan na die Babiloniese afgodsdiens terug gespeur word.   Die Babiloniese woord vir hart was bal.   Nimrod het onder sy mense as Baäl beken gestaan.  Dit kom op “man van ons hart” en derhalwe afgodiese verering neer.

Nog ’n simbool van Valentynsdag is die gee van rooi rose.  Waarom?   Rooi rose was glo die gunsteling blom van Venus, die Romeinse godin van liefde.   Rooi is ook die kleur wat sterk gevoelens vereenselwig.

’n Latere simbool wat bygevoeg is, is die bekende “X” as teken van ’n soen.   Dit het in die Middeleeue ontstaan.  Mense wat nie kon skryf nie is toegelaat om dokumente met ’n X te teken waarna die ondertekende ’n soen op die X geplaas het om sy opregtheid te bewys.

Valentynsdag is in wese heidens.  Dit kan op geen manier op godsdienstige wyse gevier word nie en word selfs deur ander godsdienste verbied.  In Indië word ’n hindoe wat Valentynsdag vier, vervolg.  So ook moslems in Saudi-Arabië.

Die handelswêreld het Valentynsdag so beset, dat niks wat ’n mens ook al mag sê, dinge sal verander nie.   Nie eens Bybelse aanhalings nie.    Daar word soveel geld uit Valentynsdag gemaak, dat kritiek as geestelike oorgevoeligheid afgemaak word.

Dis te verstaan dat dit vandag, veral in die tydsgewrig waarin ons verkeer, belangrik is om aan verhoudings te werk, veral getroudes.   Dis belangrik dat ons vir mekaar tyd moet maak.   Ons kan op ’n spesiale dag besluit waarop ons geliefdes wil bederf sonder om Valentynsdag of die simboliek van die ou Babiloniese afgodery daarvoor te gebruik.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1017 gaste aanlyn