Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Eerbare volksleiers maak die regte keuses en loop nie onnodige risiko’s nie. Hulle pluk die rose en los die dorings. En waar daar geen pad is nie, wyk so ‘n persoon selfs van die gebaande weë af om ‘n nuwe weg vir sy volk te baan. Hy laat die sonlig van God se beloftes altyd oor al sy probleme skyn sonder om eerbare drome te laat vaar.
RED NOU ‘N LAND MET SULKES!
DIE ANC SE ROOFKULTUUR
Let maar net op hoe deurspek die ANC-regering se optredes van hierdie kultuur teen ons blanke volk is! Wat is dit anders as roof wanneer ons volk deur middel van swart ekonomiese bemagtiging doelbewus verarm word? Kyk hoe lyk ons straathoeke van blanke mans en vroue, selfs kinders wat daar bedel. Vóór die ANC hierdie land onwettig bekom het, was dit nie ‘n bekende gesig nie. Swart bemagtiging is niks anders as gewettigde roof nie; dit verskil in beginsel niks van transito-roof nie.
Dit pla die swart kultuur skynbaar nie dat een stam geweld gebruik ten einde ‘n ander stam se besittings te bekom nie. Dis, om die waarheid te sê, een van die hoofredes waarom Afrika gedurig geweld en stamoorloë die hoof moes bied. Swartes glo dat jy jou rykdom alleenlik kan vermeerder deur jou buurman se veekrale te beroof. Ons Westerlinge glo weer dat rykdom deur verstandelike vermoëns en harde werk verkry word.
Swart bemagtiging is niks anders as roof op Westerse veekrale nie. Dis in ons land gewettig en bestaan in die oordrag van gevestigde blanke ondernemings na swart eienaarskap sonder dat die nuwe eienaars enige ambisie en vernuf aan die dag gelê het. Dis 'n vinnige dog verfoeilike manier om ander se rykdom te bekom! Ons ekonomie kan nie rykdom-aanwas deur onregmatige toeëiening enigsins bekostig nie. Dit laat Suid-Afrika net al hoe verder in die spoelsloot van ‘n verslegtende ekonomie afspoel!
Die ANC-regime het geglo dat hy mense met misleidende mooiklinkende woorde 'n rat voor die oë kon draai. Hulle gebruik woorde soos regstellende aksie wat in werklikheid niks regstel nie, maar ons ekonomie ontstel. Nog so ‘n woord wat gebruik word, is normalisasie. Dis in werklikheid 'n verwringing en manipulasie van alles wat eers normaal was. Transformasie is nog so ‘n misleidende woord wat in werklikheid niks anders as die gewettigde benadeling van blankes is nie.
Regstellende aksie en transformasie veronreg en verarm ons volk. Vir oningeligtes mag dit dalk na positiewe begrippe klink, maar dit is juis die teenoorgestelde. Die gevolge daarvan verlam nie net rasseverhoudings nie, maar ook ons ekonomie. Die spreekwoord sê: Al dra ‘n aap ‘n goue ring; dit bly maar ‘n lelike ding. Dis hier presies dieselfde geval. Al word ‘n onreg ook in die watte van mooi woorde toegedraai, bly dit ‘n skadelike ding!
‘n Ekonomie wat nie op meriete alleen gegrond is nie, misluk spoedig. Bevoegdheid en arbeidstrots is die enigste sleutels tot ekonomiese sukses. Die ANC dink egter nie so nie. Hulle diskriminerende wetgewing dwing ons ekonomie van meet af aan op ‘n pad na die afgrond. Hulle swart bemagtiging-strategie is ‘n doodswens vir ons ekonomie veral omdat dit tot werksverlies lei. Al hoe meer blanke werkgewers wend hulle deesdae tot outomatisasie, meganisasie en uitkontraktering.
Dis vir die ANC belangriker dat poste deur swartes beklee word as dat die werk bevredigend gedoen word. Waar meriete wel met transformasie-aanstellings saamval, word dit as 'n toevallige bonus gesien, maar nie ‘n primêre vereiste nie.
In senior staatsposte word die bevordering van ervare blanke werkslui toenemend oor die hoof gesien ten koste van onbevoegde swart werkslui. Verswarting is vir die ANC belangriker as meriete, en wie die werk doen belangriker as hoe dit gedoen word. Wanneer swartes in staatsdiensposte aangestel word waarvoor hulle nie opgewasse is en ook nie kwalifiseer nie, word belastingbetalersgeld in der waarheid geroof!
Baie van hierdie swart amptenary is onder die vaandel van regstellende aksie uit die boendoes gehaal om bevoegde blanke amptenary te vervang. Die ANC se aanstelling van hierdie boendoe-boeties bewys net weer dat niks in hulle pad van onreg gaan staan nie.
Die ANC-regime gee geen flenter daarvoor om dat Suid-Afrika se produktiefste werkslui aan bande gelê en die land daardeur ernstig benadeel word nie. Hulle vergeldingsdrang oorheers alle redelikheid en gesonde verstand! Die gevolg is dat die belastinglas al hoe swaarder op blankes word omdat hulle vir die onreg teenoor hulle moet opdok. Hulle word nêrens as 'n vennoot in 'n nuwe bestel gesien nie, maar as 'n verslane vyand wat by elke moontlike geleentheid nog verder verneder moet word. Red nou ‘n land met sulkes!