12 Maart 2023

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Meer mense sterf sonder Christus as met Hom; mense wat nie met Hom reggemaak het toe hulle die tyd gehad het nie.  Tyd; dis ‘n belangrike woord.  Jy moet dit hê om te kan regmaak.  Wie dit nie het nie, kan nie regmaak nie.  Daarom word sondaars in Jes.55:6 dringend opgeroep: “Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is”.