11 APRIL 2025

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Siekte takel 'n mens af – nie net liggaamlik nie maar ook geestelik. Terwyl dokters hulle met jou liggaam besig hou, sit jy opgeskeep met onsekerheid en angs, opstandigheid en depressie. Daarby voel jy uitgelewer en eensaam. Maar siekte is méér as dit: dit kan ook nuwe uitdagings en nuwe perspektiewe bring  en gee 'n mens ook tyd om waarlik te leef – al is jou tydjie ook hoe kort.