24 FEBRUARIE 2015

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Langenhoven het met 'n vonkel in die oog gesê dat wanneer mens die Here om wysheid vra, jy taamlik op jouself kan reken vir ander dinge – soveel beteken wysheid in ons lewens. Martin Luther was meer ernstig in sy uitspraak dat daar geen wysheid bestaan behalwe die waarheid nie.  Maar Langenhoven het ook die kern van die saak gebring toe hy gesê het dat die slim man al die paaie ken terwyl die wyse man net een regte pad ken – die waarheid. Ons kan met reg almal wat van die waarheid wegskram as onwyse karakters beskou.