27 JANUARIE 2015

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Elke mens is uniek maar elkeen het 'n diepe eensaamheid binne hom wat nog altyd daar was en altyd daar sal wees.  Elke mens leef sy eie lewe en elke mens sterf sy eie dood – alleen. Ons is wel nie altyd so bewus van hierdie eensaamheid wanneer geliefdes by ons is nie maar dis nog daar. Al wat dit draaglik maak is ons binding met die Gees van God, ons liefde vir Hom omdat Hy ons eerste liefgehad het.