Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die vraag kan gevra word of mense nog so selfsugtig in hulle optrede teenoor mekaar sou wees indien hulle volle begrip van hulle status hier op aarde gehad het. Die moderne mens glo dat hy sy eie baas is en daarom kan doen en sê wat hy wil. As ons vir hierdie lewe aan onsself behoort, sal dit ook in die lewe hierna so wees en wát 'n ellendige vooruitsig om tot in ewigheid slaaf van die sonde te wees! Lees weer Rom 14:7 en 8: "Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie; want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here..." Kom ons praat geduldiger met mekaar, en help mekaar vrywilliglik met klein en groot take – tot eer van die HERE!