8 SEPTEMBER 2023

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom gaan sommiges verlore? Almal verdien om verlore te gaan maar ons pak verkeerdelik die skuld op God – Hy versoek niemand; dis mense se eie begeerlikhede wat hulle Satan se versoekings laat aangryp en tot die punt bring waar dit sonde baar. En as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die ewige dood voort. Maar God het voor die tyd geweet wie na Hom sou terugdraai.