Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God se gedagtes het so 'n diepte dat die verstand van mense daardeur verswelg sal word as hulle selfs net sou probeer om dit binne te dring – gelowige onkunde is beter as onbesonne kennis.
DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG
WAAROM ONS VOLK DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG EN DIE STRYD OM DIE BEHOUD VAN DIE BLANK-BEHEERDE SUIDER-AFRIKAANSE STATE VERLOOR HET
Dr Mike du Toit
Daar bestaan ‘n verskeidenheid van redes waarom ons volk die Derde Vryheidsoorlog en die stryd om die behoud van die Blank-beheerde Suider-Afrikaanse state verloor het. Sedert die sestigerjare het verskeie eksterne invloede op ons volk ingewerk terwyl net so baie interne faktore ‘n nuwe gemoedstoestand by ons volk geskep het.
Die eerste faktor wat ‘n rol gespeel het is ‘n gebrek aan kennis en insig by ons volk. Ons volk het die geskiedenis van die opkoms en verval van beskawings, die Suid-Afrikaanse geskiedenis en die geskiedenis van Afrika, asook wat die politieke stryd van ons vereis, vergeet. Ons mense verstaan nie die rol wat grondgebied, met ander woorde ‘n vaderland, asook die rol van politieke mag, in die lewe van ‘n volk speel nie. Hulle verstaan nie dat politieke mag “heilig” is nie en dat as mens dit verloor het, het mens in werklikheid alles verloor.
‘n Verdere probleem is dat daar sedert die sestigerjare ‘n gees van materialisme by ons volk posgevat het. Persoonlike finansiële gewin het vir die meeste mense belangriker geword as die belange van ons volk. Net so het ‘n Christelike sentiment van “liefde” en “vrede” en “leef en laat leef” by ons mense posgevat. Baie se menslike gevoelens, soos om met aggressie teenoor ons volksvyande te reageer, is as “sleg” en “onaanvaarbaar” voorgestel, met die gevolg dat ons mense gaandeweg al meer en meer bereid was om eerder slagoffers te word as om dalk “verkeerd” op te tree.
Wat as ‘n moordaanslag or dr HF Verwoerd begin het, het uiteindeliks as ‘n moordaanslag op ons volk se nasionalisme geëindig. Die idee dat alle mense gelyk is en moet deelneem aan dieselfde politieke proses is bevorder terwyl die beproefde idee van rasse-onderskeid en –segregasie en dat slegs Blankes in Blank Suid-Afrika politieke regte moet hê, prysgegee is.
Die werklike sterk nasionalistiese leiers van ons volk is kort na die dood van dr Verwoerd uit die NP forseer waarmee hulle verhoed is om enigsins in posisies van mag te k om. Daarna is ‘n onverbiddelike propaganda-oorlog teen hulle gevoer om te verhoed dat hulle invloed by ons volk verwerf en as leiers aanvaar word.
Om alles te kroon het ons volk verkies om eerder beginsellose leiers soos Vorster, Botha en De Klerk te volg, as om te luister na die waarskuwings van mense soos dr Albert Hertzog en mnr Jaap Marais. Daarna het die KP onder leiding van dr Treurnicht en dr Hartzenberg ‘n bedenklik verdelende rol in die tagtigerjare gespeel. Dit is in die negentigerjare opgevolg met die nog baie meer bedenklike rol van die AVF onder leiding van generaals Constand Viljoen en Tienie Groenewald en met die volle samewerking van mense soos Dries Bruwer en dr Piet Gouws, om vooraf “oorlog” te verkondig, maar agteraf met die ANC te onderhandel.
Verskeie aktiwiteite en instellings is gebruik om ons volk tot Swart kommunistiese oorheersing te dwing waarvan die bekendste sekerlik die deelname aan internasionale sport is. Ons mense is oortuig dat om internasionaal te kan meeding ons Suid-Afrika se politieke orde moet verander ten einde die buitewêreld tevrede te stel. Die media, veral die SAUK en die pers, het lustig hierin meegehelp deur die tydige en ontydige opmerkings van “diepdenkende politici” soos Gary Player en Naas Botha, wat vir die massas vertel het hoe om te stem. Daarbenewens het Afrikanerkerke soos die NG Kerk en Afrikanerorganisasies soos die AB hulle deel tot die ondermyning van die morele- en filosofiese basis van afsonderlike ontwikkeling bygedra. Die behoud van Blanke gesag oor Blank Suid-Afrika en die Blank-beheerde Suider-Afrikaanse state is ook deur hulle ondergrawe.
Ten laaste het die groot geldmag vir wie Afrikaner-nasionalisme en rasse-segregasie ‘n struikelblok is in hulle strewe na winste en vir wie enige vorm van rassegelykstelling en rasse-integrasie voordelig is in hulle strewe na winste, openlik teen Afrikaner-nasionalisme en vir Swart meerderheidsregering kant gekies.
Ons mense se goedgelowigheid dat hulle “leiers” hulle nie sal uitlewer aan Swart meerderheidsregering nie, is ook ten volle uitgebuit. Ons volk is met leuens en misleiding soos “eie skole, eie woonbuurte” oortuig om te doen wat die NP onder Vorster, Botha en De Klerk graag wou hê hulle moes doen. Verskeie beloftes is van NP-kant in hierdie oorgawe-proses gemaak en verbreek. Die bekendste hiervan is sekerlik FW de Klerk se belofte na die 17 Maart 1992 referendum dat ‘n tweede referendum oor die nuwe Oorgangsgrondwet gehou sal word, maar wat toe nooit nagekom is nie.
Een ding staan egter vas en dit is dat die Derde Vryheidsoorlog en die stryd om die behoud van die Blank-beheerde Suider-Afrikaanse state nie deur Suid-Afrika se veiligheidsmagte verloor en die Swart kommunistiese terroriste bendes gewen is nie. In die finale instansie het ons dié oorlog verloor omdat Vorster, Botha en De Klerk dit nie wou wen nie. Die rede waarom hulle dié oorlog nie wou wen nie was omdat hulle met hulle politieke beleid in elkgeval oppad was na presies dieselfde politieke bedeling as wat ons land se Swart kommunistiese vyande met die wapen wou bereik.