NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons hoef nie die hele wêreld op ons skouers te dra nie. Jesus sê sy juk is sag en sy las is lig: Jesus se 'juk' is die redding van die mensdom; sy 'las' is om mense te oortuig van sy Liefde en Genade, en Hy nooi ons uit om dit saam met Hom te dra; los jou eie sware las en neem Jesus se uitnoding aan.

DIE AFRIKANERVOLK SE GELOOFSERFENIS

Hierdie artikel deur MJ Erasmus is geneem uit die Afrikaner Nasionalistiese beweging se Nuusbrief van Maart 2023.

Wanneer ons besin oor die geloofserfenis van ons Afrikanervolk is ons met een van die mees heilige onderwerpe besig wat daar maar kan wees. ‘n Vaste ingewortelde geloofsoortuiging en onwrikbare geloofsvertroue, in die Drie-enige God wat Homself in die Bybel, sy onfeilbare, gesagvolle en onveranderlike Woord, openbaar, was die grondslag waarop ons volk gebou is en die wortel waaruit ons volk gegroei het. Dít is die fondament van die Afrikanervolk. Dié geloofsfondament, wat so duidelik uit die wordingsgeskiedenis van ons volk aanwysbaar is, en wat so baie van ons dapper voorgeslagte en volkshelde hul lewens deur besiel het, het dié merkteken van die ware Boer/Afrikaner geword.

Die dankbare wete dat die HÉRE ons ‘n volk gemaak het, dat Hý aan ons ‘n vrye Vaderland en soete Moedertaal geskenk het, om te alle tye te koester en beskerm, het die basiese lewensopvatting van die deursnee Afrikaner geword. Die eer van God en ‘n opregte dankbaarheidslewe vir die genadige verlossing in Christus, het die rigtingwyser vir ons daaglikse lewens geword. Die suiwer geloofswortels, van geslag na geslag van ouers en grootouers aan kinders en kindskinders oorgedra, het die wese van ons Volksidentiteit geword.

Deur die vaste en sekere Bybelse geloofsuitkyk as dryfveer is, deur die genade van God, die allerfelste beproewinge van onder andere die Groot Trek en veral die Tweede Vryheidsoorlog deurleef en is ons Vaderland in geloof en toewyding opgebou, op eerbare wyse deur harde werk en volharding. Die HERE het ons volk besonderlik begenadig, om ten spyte van die vyande wat ons wou vernietig, op 31 Mei 1961 dié grootse dag te laat beleef, toe onder Afrikanerbewind ‘n vrye Republiek oor heel Suid-Afrika uitgeroep is.

Soos in die destydse Boererepublieke sou in die grondwet van ons Republiek van Suid-Afrika duidelik verklaar word, dat die HERE self die hoogste gesag is en dat sy Woord die fondament is waarop ons ons Vaderland wil regeer. Dieselfde geloof besing ons in ons volkslied, die Stem van Suid-Afrika: ”knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry”. As ons vandag vra waarom hierdie Afrikaner-Boere Republiek so gehaat en gehoon is deur ons vyande en deur wêreldmagte op soveel gebiede beveg is, lê die antwoord opgesluit onder andere in die woorde van Openbaring 12 vers 17: “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.”

Ja, die magtiges van hierdie wêreld het hulle hande uitgesteek na die rykdom van ons land. Hulle het vandag alles wat hulle wou vir hulleself ingepalm. Maar daar agter sien ons die Satan wat oorlog voer en die ware geloof, waarop die HERE ons hier gegrondves het, wil vernietig. Daarom is ons vandag steeds besiel met ons geloofsroeping en hou ons as ware Afrikaners vas aan die woorde van Christus in Johannes 16 vers 33: “In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.” En ons dink aan die eenvoudige woord van ons geliefde President Paul Kruger: “Salisbury sê: Dié volk mag nie bestaan nie. Maar God sê: Die volk sal bestaan! Wie is dan reg? Tog sekerlik die Here.”

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1028 gaste aanlyn