Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons is so geneig om kwaad te word en op te hou goed aan ander doen wanneer dit lyk asof hulle dit nie waardeer nie. Petrus sê egter ons is geroep om goeie dade te doen en die lyding te verdra wat daarmee saamgaan omdat Christus hierin vir ons 'n voorbeeld was, en ons in sy voetspore moet volg.
AFRIKANER OF BOER?
Orals hoor mens deesdae "Ek is 'n Boer, nie 'n Afrikaner nie!" Maar is daar werklik 'n verskil tussen die twee? Is dit nie maar net nog 'n geskepte wig wat deur die vyand gebruik word om ons volkie uitmekaar te dryf nie?
Mev. CJH Vorster van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging gee vir ons 'n klein kykie in hoe ons voorsate die ding gesien het, en beantwoord daarmee kundig en briljant hierdie groot geskilpunt.
Kom ons gesels oor die Boer...
Wie en wat is ... die Boer?
Daar is mense wat vandag voorgee dat die volksname Boer, Voortrekker, Vryburger uitgedien is. Volgens hulle is Boere, Voortrekkers en Vryburgers bebaarde vreemdelinge, wat aan waardes vasgehou het wat nie meer vandag geld nie.
En dan is daar mense wat voorgee dat 'n Boer iets anders is as ... 'n Afrikaner.
In die eerste uitgawe van die Afrikaanse Patriot, op 15 Januarie 1876, skryf ds. SJ Du Toit dat daar drie soorte Afrikaners is: Afrikaners met Engelse harte, Afrikaners met Hollandse harte en Afrikaners met Afrikaanse harte.
"Die laaste noem ons Regte Afrikaners, en hulle roep ons op om aan ons kant te kom staan... vir ons taal, ons nasie en ons land."
So ... wie en wat is 'n (regte) Afrikaner?
'n Regte Afrikaner is iemand wat hom 100% vereenselwig met die Bybelse geloofsbeginsels en vryheidsideale van sy voorvaders - die Protestante, Hugenote, Vryburgers, Voortrekkers, Boere, Republikeine, Nasionaliste.
Met sy Bybel in sy hand en sy volksgeskiedenis voor oë, stap hy die pad van sy voorouers. Op die fondament van sy verlede, bou hy 'n toekoms vir synageslag.
Hy praat die taal van sy moeder so suiwer as wat hy maar kan, die land van sy vader bewerk en beskerm hy, sy vrou en kinders pas hy op soos goud - omdat hy dit ontvang het uit die hand van sy Vader. Hy behandel vloekers, spotters, feite-verdraaiers en volksverraaiers met die veragting wat hul toekom - omdat hy sy Vader eer.
Ons vind hom in die voorste linie- met Jopie Fourie se woorde op sy lippe: "Hier is genoeg plek om te skiet - my Afrikanerhart ...!"
Maar kom ons praat oor óns.
Wie en wat is... ons?
Is ons ook, soos ons volksname, uitgedien, afgehandel, sinloos en betekenisloos?
Volgens ons vyande, ja. Want hulle droom van die dag wat hulle ons volk finaal vernietig het. Hulle sê steeds, soos Lord Alfred Milner: "The Afrikaner must be exterminated!"
Hoe? Met "Divide and rule...",
want dit werk:
Hoe werk 'Verdeel en heers'?
Heel eenvoudig.
Verdeel en verskeur die volk, eerste op grondvlak. Gesinne moenie meer saam eet, saam aanbid, saam "swaarkry met lekkerkry klaarkry" nie.
Verwater liefde en lojaliteit binne die gesin - dryf die wig in tussen ouer en kind, oupa en kleinseun, broer en suster. Skuif hulle weg van mekaar. Leer hulle dis oulik om te spot met taal, geskiedenis en godsdiens. Maak hulle geloofloos, taalloos, kultuurloos, volkloos - maak hulle identiteitloos.
Die ou Nederlandse spreekwoord lui: "... Naam verloren, alles verloren."
ldentiteit verloor, alles verloor.
En die Verraaiers?
Volksverraaiers dra ywerig by tot die vernietiging van ons volk. ldentiteitloos, gewetenloos.
Soos H. Graf dit stel in sy stuk, Die Kanker van Verraad in ons Volkslewe:
"Elke volk het sy verdwaaldes - sy verraaiers - veral vervolgde en oorheerste volke soos ons s'n.
'n Volk bestaan uit mense, en die kwaliteit van daardie mense is natuurlik nie dwarsdeur dieselfde nie. Naas die karaktervolle trotses,nasionaal-voelendes, idealistiese, onverskrokke vegters vir hulle volksideale ... is daar ook die karakterloses, die minderwaardiges en die swakkes ... die selfsugtig, materieël ingestelde tipe vir wie eie voordeel op enige gegewe tydstip deurslaggewend is.
Dit is uit daardie swakker groep dat 'n volk se 'hensoppers', 'National Scouts' en dergelike verraderlike subjekte aangevul word.
Gedurende rustige tydperke in 'n volk se lewe, vry van bedreiging deur sterk vyande, vloei sy swakker elemente grootliks ongemerk en onopvallend in die volkstroom mee.
In krisistye egter, wanneer bedreiging of daadwerklike oorrompeling deur die vyand geskied, ontstaan geleenthede vir die minderwaardiges om hulle drifte vrye teuels te gee.
Ook besef die vyand die waarde van "hulp van binne", van verraaiers.
Die teëlaarde is geskep... Nou is dit hulle kans!"
Volksmoord - selfmoord.
'n Verraaier pleeg volksmoord - hartverskeurend. Maar so pleeg hy ook selfmoord. Want wie die byl lê aan die volkstam, kap sy eie kop af. Van sy volk moet hy hoor: "Jy is nie 'n Afrikaner nie - jy het jou volk verraai."
'n Verraaier is 'n liederlike sluipmoordenaar, ja, en selfmoordenaar. Maar selfvernietiging begin en eindig nie byverraad nie. Selfmoord kan ook met 'n volk gebeur. Dit kan hom bekruip. Ongemerk.
So sien ons op 'n dag, dat volksmense wat hul taal, kultuur, land en geskiedenis liefhet,
oënskynlik vrywillig hul identiteit prysgee met die woorde:
"Ek is nie 'n Afrikaner nie..."
Hoe op aarde gebeur dit dat 'n volk selfmoord pleeg?
'n Volk pleeg selfmoord hartverskeurend - wanneer hy sy God en sy geskiedenis vergeet. Want terwyl dit goed gaan in die land, vergeet hy sommer maklik Wie en wat hom volk gemaak het.
Eers as dinge begin druk, kom hy sy onkunde agter. Hy vra hier, daar en oral op die verkeerde plekke - waar niemand die volle waarheid ken nie, of kan onderskei tussen wat waar is, en halfpad waar nie. Hy glo leuenprofete, waarsêers, en 'veelweters' - almal wat wilde bewerings maak, sonder bewyse.
So gebeur dit dat dierbare volksmense hulAfrikaner-volksnaam probeer losmaak van hul ander volksname soos Boer, Voortrekker en Vryburger, en hulself afsny van hul eie identiteit.
In hul onkunde lê hulle die byl aan die volkstam, en kap hul eie kop af.
Word wakker!
Dit is nog nie te laat nie.
Die volkstam bewe en wankel, maar daar is hoop!
Ruk die byl van vernietiging uit die hande en smyt dit ver weg! Vertel die geskiedenis, die volle waarheid! Bring ons volksmense terug na hulle geskiedenis en na hul God. Dwing hul op hul knieë. Lees die Bybel. Bid...
Wee jou, wat vir eie gewin die byl aan die volkstam lê. Jy, verraaier, is nie 'n Afrikaner nie. Wee jou, wat die byl aangee en sê: "Kap af jou eie kop."
Jy, vernietiger, is nie 'n Boer nie.
Ook nie 'n Vryburger, of 'n Voortrekker of 'n Volksman nie.
Jy is niks.