Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Meer mense sterf sonder Christus as met Hom; mense wat nie met Hom reggemaak het toe hulle die tyd gehad het nie. Tyd; dis ‘n belangrike woord. Jy moet dit hê om te kan regmaak. Wie dit nie het nie, kan nie regmaak nie. Daarom word sondaars in Jes.55:6 dringend opgeroep: “Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is”.
VERNIETIGING VAN ONS VOLK
Dr Danie Theron
So het sosialisme soewereiniteit(en ons volk)vernietig!
“Ons werk tans diskreet, maar met alle mag om hierdie misterieuse mag, genaamd soewereiniteit, uit die kloue van die plaaslike nasiestate in die wêreld te ruk. Die hele tyd ontken ons met ons lippe wat ons met ons hande doen, want om die soewereiniteit van die plaaslike nasionale state van die wêreld te verwerp, is nog steeds 'n dwaalleer waarvoor 'n staatsman of publisist miskien nie heeltemal op die brandstapel kan verbrand nie, maar beslis uitgewis en gediskrediteer. ” - Professor Arnold Toynbee
“Die geldmag en rewolusionêre mag is opgestel en kry skynagtige maar simboliese vorms ('kapitalisme' of 'kommunisme') en skerp omskrewe sitadels ('Amerika' of 'Rusland'). Dit is die skouspel wat in die openbaar vir die massas opgevoer word. Maar sê nou dat soortgelyke mans, met 'n gemeenskaplike doel, in beide kampe in die geheim regeer en van voornemens is om hul ambisie te bereik deur die botsing tussen die massas? Ek glo dat 'n ywerige student van ons tyd sal ontdek dat dit die geval is.” - Douglas Reed
“Soos dit is, het die pers die grootste mag in die Westerse lande geword, magtiger as die wetgewer, die uitvoerende gesag en die regbank; 'n mens wil vra: volgens watter wet is dit verkies en aan wie is dit verantwoordelik?”-Alexander Solzhenitsyn
"Toekomstige historici sal beslis sien dat ons 'n Frankenstein-monster in die media geskep het wat niemand weet hoe om te beheer of te stuur nie, en hulle sal hul verwonder dat ons onsself so gedwee moes onderwerp aan die vernietigende en dikwels kwaadaardige invloed daarvan”. – Malcolm Muggeridge
Die Covid19-hoax is seker die beste bewys van die greep wat die internasionale geldmagte nou op die mensdom kry – alles met een doel voor oë - om beskawings te ondergrawe en die Eenwêreldregering daar te stel.
En terwyl hierdie greep verstewig word deur sosiale media-platforms waaronder Facebook en Twitter is die bykans tragiese dat die publiek nie regtig besef waarheen ons op pad is nie. So sien ons net die politikus (bv Donald Trump), maar nie die bose magte wat agter die skerms opereer nie.
GK Chesterton het dit soos volg gestel:
“Die belangrikste kenmerk van moderne regerings is dat ons nie meer weet wie regeer nie, DE FACTO, meer as DE JURE. Ons sien die politikus en nie sy steunmaat nie; nog minder die rugsteun van die steun; of, wat die belangrikste van alles is, die BANKIER van die steunmaat. Die versluierde profeet van finansies is bo alles op 'n manier sonder weerga in die verlede, en beïnvloed alle mense wat volgens 'n soort towery leef.”
Waarom dit nou gaan is om state, onder die vaandel van ‘n “gevaarlike virus” van hulle laaste bietjie soewereiniteit te beroof. En in die proses word sosialisme ingevoer.
Waarom dan sosialisme? Omdat, indien ‘n staat volledige beheer van die bates binne ‘n staat het, dit wil sê as daar net een eienaar is daarvan, naamlik die staat, dan is dit net soveel makliker vir die mag agter die staat, die Geldmag, om beheer oor alles te kry.
Westerlinge het naïef geglo dat kapitalisme die antwoord is om sosialisme te beveg. Waar kapitalisme aanvanklik privaat eienaarskap en vrye ondernemerskap beteken het, het dit hoe later hoe meer ‘n totaal ander betekenis gekry — wat niks met kapitalisme te doene het nie. Daardie term is paslik deur Ivor Benson superkapitalisme noem.
Superkapitaisme kan gedefinieer word as hoë konsentrasie finans-kapitalisme, ‘n antitese van kapitalisme en geheel en al vyandig teenoor kapitalisme. Dit is immers nie moontlik om eienaarskap te konsentreer in enkeles se hande sonder om in die proses die aantal wat dit besit minder te maak nie. En hoe groter die konsentrasie van eienaarskap in enkele persone se hande word, hoe meer word privaat eienaarskap ingeperk. Konsentrasie van eienaarskap en uitskakeling van mededinging veroorsaak monopolieë en neem die vorm aan van ‘n toestand wat as sosialisme beskryf kan word.
In 2020 het die superrykes, ondanks die Covid19-inperkings, seker die beste jaar ooit beleef wat betref hulle rykdomme. Dit terwyl die res moes toesien hoe hulle daagliks verarm het. Eon Musk, Jeff Bizos, Bill Gates, Warren Buffet, Mark Zuckerberg – noem maar op – hulle is ryker as ooit!
Die klein bietjie kapitalisme wat in state voortleef skep die illusie van privaat eienaarskap en kapitalisme, terwyl sosialisme eintlik reeds geïmplimenteer is. Hoe meer beheer die staat oor jou lewe en veral jou goed het, hoe meer sosialisties (en fassisties) is so ‘n staat.
Dit maak dan natuurlik ook ‘n bespotting van die woord demokrasie, want vir wat stem jy nou eintlik as die staat volle beheer van alles het.
Soos Ivor Benson dit in sy seminale werk The Zionist Factor stel:
“Met ander woorde, die swak en sukkelende kapitalisme wat oorleef, dien as 'n
kamoeflering vir 'n almagtige antikapitalisme wat beide ekonomie en politiek oorheers.”
Nou sien ons hoe state al hoe meer outokraties word – wat die basis daarstel om uiteindelik kommunisties te word.
Nou waar pas soewereiniteit in die prentjie?
‘n Sosialistiese staat, beheer deur die staat en op sy beurt weer deur die geldmagte agter die staat, is glad nie soewerein nie. Die burgers het nie meer seggenskap oor hulle eie lewe nie, en die staat is geoffer aan die internasionale geldmagte.
Daarom dan ook die aanslag op nasionalisme om die binding van ‘n volk binne in so ‘n staat te breek. Die media word dus aangewend om die moraal en binding van ‘n volk te breek. Op elke terrein van die samelewing vind die aanslag plaas.
Omdat geld die maatstaf van alles geword het en geld politici gekoop het wat hulle state se soewereiniteit aan hulle meesters, die geldmagte, uitverkoop het, is nasionalisme verdring.
Weer eens stel Ivor Benson die saak baie duidelik:
“Die fundamentele saak in enige staat is of daar 'n owerheid bo ekonomie sal wees. Watter een regeer - politiek of ekonomie? En daar kan geen twyfel bestaan nie dat nasionalisme, ondanks al die kwale waaraan dit erfgenaam is, bekragtig deur die instinkte en wil van die bevolking, beteken dat die politiek die meester is en dat die ekonomie, hoe belangrik dit ook al mag wees, na sy regte en natuurlike ondergeskikte status verplaas is. ”
Sosialisme en sy spruit, Kommunisme, kan alleen deur nasionalisme beveg word. En waar ons dan sien dat beide sosialisme en Kommunisme in diens van superkapitalisme is, is die twee groot magte wat sal oorbly inderdaad nasionalisme en superkapitalisme (internasionalisme).
Op nasionaliste se skouers het die taak dus gerus om hierdie aanslag af te weer. En dit wil voorkom of nasionaliste besig is om die aftog te blaas.
Alles gebeur natuurlik onder ‘n dekmantel van “demokrasie” en “menseregte”. En vir solank die Afrikaner in daardie begrippe gaan glo in ‘n Afrikastaat, is hy noodwendig gedoem tot uitwissing.
Richard Weaver, die bekende Amerikaanse filosoof, het van “god terms” en “devil terms” gepraat. Voormelde woorde is uiteraard in ons bedeling die goddelike terme, bv “demokrasie”, terwyl duiwelse terme natuurlik Afrikaner, rassis, apartheid, blanke kapitaal, ensomeer is. Laasgemelde woorde het ‘n vaste “duiwelse” betekenis, jy hoef dit nie eers te definieer nie. Dit het so ‘n negatiewe konnotasie gekry dat die see dit nie kan skoon was nie. Nie dat eersgemelde groep woorde enige spesifieke betekenis het nie; die woorde is edel opsigself. Duiwelse terme is ‘n aspek van demonisering, dit het die godsdiens van die liberalis en die Kommunis geword. Blameer apartheid om so jou eie mislukking te verberg en toe te smeer.
Ons is vasgevang in ‘n totalitêre kakistokrasie waar die elite alles opraap wat daar op te rape is en in die proses die res van die burgers tot gedienstige slawe gereduseer het. Die land snel na sy einde toe want selfs die rykste land op aarde sal voor sulke plunderaars en barbare nie standhou nie. Ons het nou ‘n totalitêre kakistokrasie wat onder die dekmantel van gemanipuleerde vierjaarlikse verkiesings, ‘n nomenclatura het wat alles verorber tot verwoesting van die land, sy hulpbronne, sy mense en sy toekoms.
In Joegoeslawië is Serwiers destyds (tydens die oorlog in 1999) op dieselfde wyse beswadder sodat opgemerk is dat indien jy genoeg emosie oor ‘n leuen opwek, die saad gesaai is vir ‘n volksmoord. Terwyl dit ontken word speel hier ‘n volksmoord af sedert 1994, maar ons word deur Media24 en kwasi-Afrikaners gesus dat alles strek tot ons heil.
Die waarheid is dat dit jaarliks slegter met ons gaan. Om in ‘n staat van ontkenning te leef, maak nie die saak beter nie, dit maak dit erger!
Hoe gaan ons dit oorleef? Ek glo daar gaan ‘n groot suiwering in ons volk se geledere plaasvind. Ek glo dat Afrikaners wat eenders voel noodwendig na mekaar sal aantrek en, alhoewel dit tans onhaalbaar lyk en dalk nie goed op die oor val nie, ook fisies sal moet trek net soos die Voortrekkers destyds moes trek. Ons word boonop verswelg deur miljoene uit die buiteland!
Om te trek is nie vreemd aan dit waarin ons voorgeslagte geglo het nie. Wat het die Hugenote nie alles in Frankryk moes agterlaat of die Voortrekkers in die Kaap nie? Honderde jare se herinneringe, kosbaarhede en erfenis!
Dr Verwoerd het geen toekoms vir die Afrikaner gesien onder swart kommunistiese (sosialistiese) bewind nie. Hy is baie duidelik op rekord daaroor. En hy het rede gehad om so te dink. Hy was die één Afrikanerleier wat sake koel en beredeneerd kon beskou en nooit deur emosies opgesweep geraak het nie. Feit is dat die Afrikaner se weerstand tans hoofsaaklik beperk is tot die skryf van menings en artikels op webwerwe en op die sosiale media wat hulle gaan verban! Verdere verset is baie beperk, indien dit enigsins bestaan.
Terwyl ek ‘n student was het ek by geleentheid op ‘n Sondag ‘n erediens van ‘n Afrikaanse dominee in Hillbrow bygewoon in ‘n Afrikaanse kerk. Ja, in Hillbrow. Dit was ‘n besondere boodskap. Dit het gegaan oor die wil van God. En die boodskap was in kort dat as jy teen 160 km per uur in Eloffstraat in Johannesburg se middestad jaag en jouself verongeluk, jy nie moet sê dis die Here se wil nie. Jy het dan God se beheer wat Hy in jou lewe wil hê in jou eie hande geneem. Hy het jou dan laat begaan. My vraag is: Het God die Afrikanervolk soos wat dit bestaan het, nie maar laat begaan nie?
Die apostel Paulus het heimwee oor sy volk gehad toe hy gestel het dat hy ‘n Israeliet is, ‘n nakomeling van Abraham, uit die stam van Benjamin, ‘n Hebreër. Daarvan lees ons byvoorbeeld in Handelinge 22, Romeine 9 en 11 en 2 Korinthiërs 11. Maar hy het geweet sy volk se lot was verseël. Ja, ons beleef ook heimwee oor ons volk, eens so trots en dapper, maar altyd nederig voor God; onverskrokke, maar medemenslik. Feit is daardie karaktertrekke (waarvan dr Verwoerd ook gepraat het), bestaan nog net in enkelinge binne hierdie Afrikanervolk. Ons jeug het ons reeds in ‘n groot mate verlaat en die meerderheid volksgenote het dalk al van hulle volkskap afstand gedoen. Ja ons volk, al ontken ons dit, het in ‘n baie groot mate die pad byster geraak, en boonop met vreesaanjaende spoed soos daardie motorbestuurder in Eloffstraat!
Dis tyd om te trek. Dis tyd om nuut te dink oor Afrikanerskap. Die volk wat was, is nie meer nie. En dit was oor is, is nie meer ‘n hegte eenheid met ‘n gemeenskaplike doel en strewe nie. Die vuur brand nie meer nader nie, dit het ons omsingel, is besig om ons te verteer.
Covid19 het alles verhaas. Sosialisme (superkapitalisme) is onder ons neuse ingevoer, ons is onder beleg, ons is in ons verwardheid hoegenaamd nie gereed vir wat verder op ons wag nie. Dit is tyd om ernstig te besin!
Res ipsa loquitur, word dit op Latyn genoem. Die feite spreek (tog) vanself.