NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God wil hê dat ons soos diamante in sy Koninkryk skitter.   Daarvoor word die hitte van beproewing dikwels benodig.   Daar sou geen diamante gewees het as daar nie hitte was nie.   Sulke beproewing is ook die diamantstof waarmee God sy juwele poets.

RASBEWUSTHEID SAL ONS RED

Die afgelope weke is gekenmerk aan 'n opvlammende rasbewustheid. Dit gebeur nie net hier in Suid-Afrika nie maar ook in lande soos Amerika en Brittanje.  Dit het heel moontlik iets te make met die bekendmaking van Black Lives Matter en die wreedaardige plaas moorde hier, maar hoe dit ookal sy, dat dit waargeneem word is 'n goeie ding. So sal slapende volksgenote weer begin wakker word en gedwing word om te wys waar hulle staan. Ons is moeg vir volksgenote wat nie standpunt inneem nie, erger nog, die wat ons volk so verraai het dat ons vandag op die grens van oorlewing staan. Verraderlike volksgenote het met hul vuil voete oor die Boerevolk se skoon gewetens geloop en in die politiekery waarin hulle hulself toegespin het, verstrengel geraak net om daarna van die toneel verdwyn. Om die vyand gedienstig te wees, is soos om ʼn krokodil te voer met die hoop dat hy jou die heel laaste sal vreet!

Die openbare mening is destyds mislei om te glo dat rasbewustheid ʼn gruwel is. Verwoerd se vooruitskatting van hoe Suid-Afrika in ʼn rasgemengde land sou lyk, getuig van die insig en wysheid waarmee God hom geseën het. Hy het in 1954 ‘n geskrewe scenario daarvan aan die parlement voorgelê. Dit wat ons vandag beleef, is feitlik ʼn woordelikse voorspelling daarvan; ʼn tablo van misdaad, korrupsie en die onvermoë om enigsins sinvol te kan regeer.

Die volksvyand het subtiel-metodies te werk gegaan om Suid-Afrika met liberalisme te besmet. Politieke jakkalse het hul eer spotgoedkoop op die internasionale mark verkoop net om twyfelagtige eer te bekom. Hulle is met beloftes van rykdom, mag en internasionale aansien omgekoop. Dit het hulle in die dryfsand van selfvoldaanheid laat versink en hul volk skaamteloos verraai.

Hierdie mense durf nie deel van ons volk geag te word nie, dis ʼn bose meningsklimaat wat buite die dampkring van ons volk te lande gekom het. Dit sluit ʼn hele paar kerkleiers in. Wie op die kronkelpad van verraad loop, versink op een of ander tyd in die dryfsand van sy eie onverskilligheid!

Toe die winde van verandering begin waai, is onderwysers en teoloë in die nuwe evangelie van menseregte opgelei.   Die volksvyand het beheer oor die media verkry en blankes aangemoedig om oor hul verlede skaam te voel en ʼn skuldige gewete te kweek. Ontspoorde kerke het laasgenoemdes bygestaan.

Die gevolg was dat volksverraaiers vanuit hul posisies in die akademiese en kerkkringe rassegelykheid as ʼn tipe van evangelie begin verkondig het al werk dit nêrens ter wêreld nie. Alle pogings misluk. Dis ʼn rookskerm waaragter booswigte gereeld skuil.

Om die Westerse beskawing op die Afrika-mens af te druk, het rampsalige gevolge. Dit veroorsaak onophoudelike, onverkwiklike sosiale en politieke probleme. In sy insiggewende boek Suicide of theWest noem James Burnham liberalisme tereg die “ideologie vir die selfmoord van die Westerse beskawing”.

Nie een van die swart ontwikkelingshulpprogramme of rassevermengingmaatreëls het iets met swart menseregte of die opheffing van agtergeblewenes te doen nie. Dis alles ontwerp om blanke gesag af te takel. En so word die een flater na die ander herhaal, maar telkens ’n ander uitslag verwag!

Hierdie fiasko het nie slegs blankes nie, maar ook swartes benadeel. In die proses om dit wat ongelyk is gelyk te probeer skaaf, het swartes hul rasse-vereenselwiging verloor. Hulle probeer die Westerse kultuur na-aap en val in die proses tussen twee stoele deur. En omdat hulle nêrens tuiskom nie, haat hulle blankes meer as ooit en is die gevoel wedersyds!

Wie rasseverskeidenheid minag, minag God se handewerk. Mense wat glo dat alle mense gelyk is, word gou ontnugter. Rasseverskille gaan nie oor velkleur nie, maar oor ʼn volstrek anderse genetika en lewensingesteldheid.Yster en klei meng nooit!

Kunsmatige rasseversoening maak van werklike versoening ʼn klug. Dis altyd eenrigtingverkeer- van blank na nie-blank en nooit anders om nie. Rasse wat op verskillende golflengtes verkeer, kan nooit polities versoen nie. Mense is ongelyk. En al haat sommige mekaar daarvoor, bly dit die reine waarheid.

Geen wet kan ongelyke mense gelyk dwing nie. Die natuur wen altyd. Daarom behoort elke ras verstandig genoeg te wees om te weet dat hy nie beter as ʼn ander ras is nie, maar ook slim genoeg om te weet dat almal nie eenders is nie.

Gelykheid is ʼn slagspreuk wat uit pure afguns spruit. Minderes probeer dit altyd op meerderes afdwing en nooit andersom nie - van bo na onder. Rasse wat bo is, moet soos die wat onder is, word. Daarom word voorspoedige rasse gedurig gemelk asof hulle die oorsaak van ander rasse se agterstand is.

Rasbewustheid is nie sonde nie. Dit getuig eerder van ʼn hartstog vir die lewe. Niks gee ʼn volk soveel krag as die suiwerheid van sy bloed nie. Daarom behoort die reg tot afskeiding tot die wese van ʼn kultuur. Daarsonder verdwyn dit. Gevolglik is die erkenning van en eerbied vir veelvolkigheid die enigste oplossing op ʼn vasteland waar rasse-waardes ingrypend van mekaar verskil.

Ons kan baie lesse uit die geskiedenis van Afrika leer. Derdewêreld mense kan mekaar nie tot eerste wêreldstandaarde ophef nie. Elke paradys wat in Afrika van eienaar verwissel het, het ʼn eietydse hel geword en die nuutgevonde vryheid niks anders as chaos met nuwe beligting nie.

Apartheid is verwerp omdat dit nie aan die eise van ʼn skrikbewind voldoen het nie. Apartheid was ʼn eerlike soeke na reg en geregtigheid vir almal; parallelle ontwikkeling soos Verwoerd dit genoem het. Toe die boek van apartheid gesluit is, het dié van korrupsie oopgegaan en bewe die dwarslêers van die soustrein onder die gewig van politieke kaders se plundery van die staatskas!  

Die huidige politici het al die eienskappe wat eerbare mense afstoot en niks om te bewonder nie. Nogtans sit hulle met verantwoordelikhede waarvoor hulle nie opgewasse is nie.   Daarom is portefeuljeverskuiwings aan die orde van die dag.

Van al die hoë verwagtinge van die reënboognasie het niks verwerklik nie. In plaas van die verwagte vooruitgang het ʼn reënboog van booshede verrys. Eerbied en wet het nie meer aan dieselfde kant van die skeidslyn gestaan nie.

Elke staatsinstelling waaraan die ANC die hand geslaan het, is in die grond ingeploeg. Klein diewe is opgehang en grotes in hoë poste aangestel. Geen kuns is gouer aangeleer as om die staatskas te plunder nie.   Dit het die pyplyn van voorspoed verstop en die land se ekonomie in rommelstatus omgekeer!

Wat ons volksverval so hartseer maak, is dat ons nie militêr verslaan en daarna onderwerp is nie. Ons is deur die enorme masjien van politieke en kerklike verraad verpletter. Dit gebeur as ʼn volk moeg word om vir eerbare dinge te stry.

Met hul buitensporige maatskaplike voordele vir luiaards en hoë belastings vir kundiges, het die ANC die broodmandjie van ons land eiehandig tot ’n bankrotplaas omgeskoffel. Desondanks word hierdie booswigte telkens as helde vereer. Hulle is aan vergrype skuldig waarvoor hul na reg eerder aan ʼn galg moes swaai. Desondanks word internasionaal geglo dat geregtigheid oor onreg geseëvier het.

Laat ons hartstog vir die waarheid, reg en geregtigheid vir ons so belangrik wees, dat ons nooit die stryd om ons vryheid gewonne sal gee nie. Ons liefde vir ons volk is net te belangrik om dit aan die volksvyand se agenda oor te laat. Bid God dat Hy die lug in ons ontwrigte land so suiwer sal maak, dat booswigte nie verder daarin sal kan asem haal nie!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 962 gaste aanlyn