Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Lyding maak gelowiges sterk. Dit brei, vorm en verdiep. Dit gee ons krag en weerstand. Kortom: Dit gee ons geestelike staal.
NKOSI IS SWARTES SE GROOT VOORVADERGEES...
... NIE ONS GOD VAN DIE BYBEL NIE!
Die Covid-inperking wat nou na vlak een verslap is bring binnekort meer sportgeleenthede mee, dus sal ons seker weer hoor hoe rugbyspelers en ander sportmanne die omstrede Nkosi sikelel’ iAfrika met hand op die bors sing om hulle geldmeesters te behaag.
Wat mens te bowe gaan is dat behoudende Suid-Afrikaners die Black Lives Matter-gedoente (BLM) onmiddellik só goed en reg beoordeel het dat talle hulle rugby-, krieket- en sokkertruie aan flenters geskeur en hoog en laag gesweer het hulle is vir ewig klaar met hierdie sporte aangesien hulle helde die knieg gebuig het in meegevoel met BLM. Maar wat van die saamsing van Nkosi”? Tot wie se eer word Nkosi sikelel’ iAfrika gesing? Die saamsing is sinkretisties (godsdiensvermenging) en nie met ons Christelike belydenis te versoen nie. Dít behoort tog baie ernstiger deur behoudendes beoordeel te word as die kniebuig vir BLM!
En dit laat mens egter wonder waarom hulle nie met dieselfde passie optree oor die saamsing van die ANC se volkslied, Nkosi sikelel’ iAfrika, nie. Sou dit wees omdat hulle nie weet dat Nkosi die groot voorvadergees van die swartes is en nie die God van die Bybel nie? Onkundige volksgenote word gruwelik mislei om ’n voorvadergees te besing. Voorvadergeeste is niks anders as bose geeste nie! Nkosi sikelel’ iAfrika is nie met die Bybel of enigeen van ons belydenisskrifte versoenbaar nie. Dit adem al te duidelik ’n volksvreemde gees en dit breek ’n mens se hart as volksgenote dit by openbare byeenkomste soos internasionale sportbyeenkomste hartlik saamsing, om nie eens van in ons skole te praat nie!
Nkosi sikelel’ iAfrika word van meet af aan as die nasionale lied van die swartes van Suid-Afrika beskou. Dis al jare lank die ANC se volkslied. Nkosi sikelel’ iAfrika is in 1900 bekend gestel en daarna in talle swart skole gesing. Ná die stigting van die ANC (8 Januarie 1912) is dit as slotlied van hul politieke vergaderings gesing en in 1925 het dit hul formele strydlied geword. Sedertdien het dit ’n lelike politieke kleur verkry. Dis rewolusionêr en word dikwels met gebalde vuiste in die lug gesing. Desondanks beskou leke en ontspoorde kerke dit as ’n godsdienstige lied. En hiervoor kan ons die ATKV ook blameer want hulle ‘vertaling’ van die lied in Afrikaans het mense laat glo dat dit ‘n Christelike gebed is. Met woorde soos: ”Seën ons, Here God, seën Afrika, laat sy mag tot in die hemel reik, hoor ons as ons in gebede vra, seën ons in Afrika, kinders van Afrika…” kan dit seker nie anders as om goedgelowiges te mislei nie.
Nkosi is NIE ’n alternatiewe naam vir God, die Vader van ons Here Jesus nie! Swartes aanbid Nkosi lank voordat sendelinge hul met die saligmakende Evangelie bereik het. Om Nkosi goedsmoeds as die God van die Bybel te aanvaar, is om soos ’n Israel van ouds ’n goue kalf te maak! Die teks van Nkosi sikelel’ iAfrika vind verseker nie sy oorsprong in die Christelike geloof nie. Nog minder slaag dit die toets van ’n gebed. Daarin is geen verheerliking van Jesus Christus nie. Nkosi is die groot voorvader-gees van die swartes en nie die God van die Bybel nie. Wie hom as die God van die Bybel aanvaar, kan net sowel enige godsbegrip van watter volk of afgodsdiens as die God van die Bybel aanvaar. Dis ’n verbreking van die eerste gebod en skending van die heiligheid van die Drie-enige God! Die agtergrond en volledige teks van hierdie lied verkondig Swart Teologie. Swartes is fel teen kolonialisme gekant en sterk op politieke bevryding ingestel. Dis al vryheid waarin hulle in werklikheid belang stel. Nie die vryheid in Jesus Christus nie. Enige teologie wat die méns se omstandighede as vertrekpunt het, is vreemd aan die Evangelie van die verlossing in Christus Jesus.
Waarom is hierdie lied sonder noemenswaardige teenstand aanvaar? Omdat mense maklik in ’n gemaksone verval en alles vir die waarheid aanvaar sonder om behoorlike ondersoek na die uitsprake van kerk – en politieke leiers te doen. Dis geriefliker as ander dit vir jou doen. Vandaar die onkunde: “My volk gaan te gronde weens ’n gebrek aan kennis” (Hos.6:4). Onkunde maak van mense gevangenes in hul eie land: “Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis…” (Jes.5:13).
Nkosi sikelel’ iAfrika is slegs vir mense aanvaarbaar wat glo dat die godheid op baie maniere aanwesig is en onder baie name aanbid kan word. Dit adem die gees van die tradisionele Afrika-godsdiens met sy verering en vergoddeliking van ontslape voorouers. Gelowiges moet baie versigtig met die Naam van God omgaan omdat dit ’n heilige Naam is; hulle behoort gereeld hulle godsbegrip aan die Skrif toets. Dit sal verhoed dat ons soos ’n Israel van ouds ’n goue kalf maak en glo dat dit God is!