AANGENAME KENNIS...

Johan Hack

‘n Ferm handdruk met skouers gelig, oogkontak en ordentlike bekendstelling soos “Goeiedag, ek is Karel, aangename kennis”, skep ‘n goeie eerste indruk van ‘n persoon.

Wanneer ‘n groep mense bymekaar kom, hoe stel jy jouself voor? Wat ‘lees’ mense in jou bekendstelling?

Hulle gaan na ‘n rukkie se gesprekvoering agterkom watter waardes en norme vir jou belangrik is. Maak jy ‘n positiewe indruk of verval jy in ‘n gesprek met kru taal en grappies oor God?

“Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;” Ps 1:1

“Moenie dwaal nie; Slegte gesprekke bederf goeie sedes.” 1 Kor. 15:33

Dit is so belangrik vir ons om in vandag se tyd met eensdenkende mense in aanraking te kom, mense met ‘n sterk gevoel van hul nasionaliteit, geloof, taal, kultuur en geskiedenis. Dit skep weer die gevoel van eenheid, broederskap, toekomshoop en trots (nie hoogmoedigheid nie).

 

Jaap Marais het eens geskryf. “Solank ‘n volk vervul is met selfrespek, met eerbied vir sy geskiedenis, met trots op sy heldedom, sal sy koers op die regte weë bly. Maar wanneer die leiers en beleidmakers die grondslae van ‘n volk vernietig, word nasionale selfrespek vernietig, saam met die wil om die vyand te stuit.” Hy gaan verder en sê die volgende: “Dit is ook geen onreg dat ek nie besitreg verkry op die eiendom van ‘n werkgewer nie, selfs al werk ek al ‘n leeftyd vir hom...     inteendeel: indien ‘n mens jou besit aan jou werknemers uitdeel ten koste van jou erfgename en afhanklikes, dan pleeg jy onreg.”

Bogenoemde behoort deel uit te maak van jou nasionalistiese gevoel wat in jou moet brand soos ‘n onuitbluslike vuur, duidelik te bespeur deur nuwe kennisse. Hierdie nasionalisme kweek erkenning oor besitreg, iets om na te streef, ‘n hoop op die toekoms in ‘n gemoedsrus van vryheid, nie net in die tasbare nie maar ook in die reg om God in ons taal te aanbid saam met medegelowiges en die reg om in hierdie vryheid te leef met God wat oor ons regeer, met Bybelse beginsels, nie wêreldse beginsels nie. Die ontneming hiervan, dit is ‘n onreg.

Ds Andrè van den Berg het geskryf in DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Seperatisme

“Daar is net een Bybelse staatsbeleid – ’n Christenteokrasie waar God as Vader deur sy Seun, sy Woord en sy Gees regeer.”

Ons lees ook in Exodus 20:2 “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.”

God het hiermee Homself voorgestel, Moses en die volk laat weet wie Hy is voordat Hy verder gepraat het.

Soveel van ons as Afrikanervolk se identiteit is besig om as “reënboognasie” vermeng en verlore te gaan in ‘n humanistiese, rasvermengde samelewing van ‘n nuwe wêreldorde. Dit is dus so belangrik om introspeksie te doen en te weet wie jy is sodat deur jou bekendstelling, ander ook sal agterkom wie jy is, wat belangrik vir jou is en wat onaanvaarbaar is.

Wat wil jy hê moet mense hoor wanneer hulle jou ontmoet?

Sal jou antwoord soos volg kan wees?

“Goeiedag. Ek is Johan en ek is ‘n Christen-Afrikanernasionalis wat glo in Christen Teokratiese Seperatisme. Aangename kennis.”