Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Waarom dink u het God opdrag gegee dat sy volk in Efés 5 onder mekaar met psalms en lofsange moet spreek, in dankbaarheid moet juig? Hy het geweet dat as ons 'n lofprysende lewensingesteldheid het ons nooit depressief en moedeloos sal word nie; solank ons dankbaar is al is dit oor net een dingetjie, sal ons altyd moed hê om op te staan en die wêreld met mening aan te pak! Daarom is die lofprysinge aan Hom gerig: dit is net Hy wat ons die goeie gawes gee.
SKEP MOED, DAAR SKYN LIG IN DIE TONNEL!
Ons volk het nodig om moed te skep vir die toekoms in ons mooi land. Die negatiwiteit is nou meer as ooit tevore; selfs persone wat sedert 1994 geweier het om die land te verlaat oorweeg dit nou ernstig. Daarom is dit goed dat ons weer kyk na gebeure wat daartoe bydra om ons perspektief en hoop te gee. Siener van Rensburg se voorspellings oor ons land en volk is een van daardie aspekte wat ons hiermee kan help. Binne die bepaalde tydlyn het al Siener se voorspellings reeds waar geword soos o.a. oorname deur 'n swart regering, die herbou van die spoorlyn na Prieska asook die uitbrei van die hawe in Luderitz en talle ander gebeure.
As 'n mens Siener van Rensburg se profesieë oor Suid-Afrika bestudeer, besef jy dat hy in alle geval altyd in die kol was. En al ignoreer die media dit, al trap die magtige Geldmag met sy vuil pote op ons nekke, al spot jou vriende en familie daaroor, sal dit niks kan verander aan wat die ou Boereprofeet gesê het nie. As kind van die Here het Siener in sy eenvoud gewys op die gebeure soos deur die Here aan hom getoon. Daar is geen onsekerheid hieroor as dat ons vandag daaruit weer die moed en hoop moet put om op te staan en voort te veg nie. God het Suid-Afrika nie afgeskryf nie. Hy seën steeds hierdie land met talle dinge waaronder lieflike reën, iets wat net Hy kan voortbring. Hier gaan Hy sy heilige Naam voor die hele wêreld groot maak en aan elke lewende siel toon dat Hy bestaan en almagtig is.
Volgens Siener, sou die geskiedenis van die Afrikanervolk in Suid-Afrika in drie fases verloop:
- Ten eerste was daar die militêre fase wat vanaf 1834 tot 1914 gestrek het - gedurende hierdie tydperk is elke bedreiging of konflik waarvoor die volk te staan gekom het, met die vuurwapen besleg. Maar op Maandag 25 Januarie 1915 het die Siener op Upington aan genl. Jan Kemp gesê: Ons (die Afrikaner se) werk is afgedaan, want ek sien ons gewere word in die kas weggepak.
- Daarmee het die militêre fase tot 'n einde gekom en is die politieke fase ingelui. Die ware Afrikanerpatriot sou ook nie weer in groot getalle die wapen opneem voordat sy laaste vryheidstryd aan die einde van die eeu aanbreek nie. Die politieke fase het gestrek vanaf 1914 tot en met die 1994- verkiesing toe dit finaal afgesluit is. Hierna, sê die Siener, sou selfs die eens magtige Nasionale Party van die toneel verdwyn, en sal daar ook nie weer 'n Algemene Verkiesing plaasvind nie, want hy 'sien' hoedat 'n Swart regering die regeermag oorneem en oor sy volk heers totdat daar 'n Blanke geestelike leier op die toneel verskyn om die verdeelde Afrikanervolk weer bymekaar te bring.
- Hierdie geestelike leier verteenwoordig dan ook van die derde en laaste fase vóór die Afrikanervolk 'n vrye en onafhanklike republiek gaan kry. Nicolaas van Rensburg het gewaarsku dat die onafhanklike republiek se koms voorafgegaan sal word deur 'n donker tyd waar jy nie jou hand voor jou oë sal kan sien nie. Tog sou dit, volgens die Siener, vir die opregte Afrikaner wat 'weet', nie so donker wees soos vir hulle wat nie 'weet' nie en met al die liberale veranderinge saamgestem of daaraan meegedoen het. Hy het dit so aan sy vriend, Boy Mussmann, beskryf:
"Ek sien 'n emmer bloed in die noorde (Pretoria, Johannesburg en die Vaaldriehoek) omval - groot geweld waarin honderde sal sterf." Hy het verder ook beskryf dat hierdie geweld so skielik en onverwags gaan losbars, dat duisende Blanke vroue halsoorkop en verskrik op die vlug gaan slaan. Daar was skynbaar by hom min twyfel dat hierdie Gees van Verskrikking hoofsaaklik onder die liberaalgesindes gaan voorkom. Die 'donker wolke' sal ook saamval met die grootste staking in die land, het die Siener voorspel; Dan sal daar groot moeilikheid wees met die Swartes en die Indiërs, behalwe ook vir die groot moeilikhede oorsee (rassekonflik en burgeroorloë). In verband met die Swartmoeilikheid het hy gesien die vroue vlug. Hul het nie eens tyd om hul vensters toe te maak nie. Die gordyne waai na buite, het hy gesê.
Tog het Siener sy volksgenote aangespoor om nie mismoedig te raak nie, en aan te hou veg, al moet hulle ook met die rug teen die muur veg, want hy het gesê hy sien hulle kry daardie vrye en onafhanklike republiek, sonder 'n pennie skuld en sonder dat 'n druppel bloed gestort word. Toe daar aan hom gevra is of hy dan uit twee monde praat, want eers sê hy daar gaan 'n emmer bloed omval en baie gaan sterf, en nou sê hy weer daar sal nie 'n druppel bloed gestort word nie, het die Siener geantwoord: "Maar ek het mos gewaarsku dat dit sal wees soos 'n Tweede Bloedrivier... van almal wat binne die Laer is, sal nie een sterf nie, maar dis hulle wat buite is, wat gaan val."
En toe 'n vriend van hom wou weet waar die volk dan hierdie keer gaan laer trek, was oom Niklaas se antwoord: "Nee, julle sal nie weer laertrek soos by Bloedrivier nie, want die ding werk so: almal wie se harte reg is, wat nie meegedoen het aan die oorgawe nie, vir hulle sal dit wees asof hulle in die Laer is ... in God se beskermende hand. Maar julle gaan tog daar by Prieska saamtrek om 'n eie president te kies..."
Hier breek dan ook ‘n tyd van grootse ellende en vernedering vir die volksverraaiers aan. Siener het destyds het aan genl De la Rey se seun, Adriaan, vertel hy sien hoedat hulle in wanhoop en met trane in die oë op hulle knieë neersak. En toe het hy bygevoeg: "Dan sien ek, jy en ek het ook trane in ons oë." Waarop die jong De la Rey antwoord dat hy nooit 'n traan oor een van die verraaiers sal stort nie. Toe was die Siener se antwoord: "Nee, broer; dis trane van blydskap omdat God ons nie verneder het soos vir hulle nie."
En uiteindelik sal ons ook van die Geldmag se seekatarms verlos word. Juis wanneer hulle dink hulle het hierdie volk nou finaal ondergrawe, sal hulle, volgens die Siener, self in die proses verpletter word. Hulle ekonomieë sal in duie stort - hulle eie lande in rook en as opgaan - en die dekades van beplanning om God se volk te vernietig, sal aanstons soos die oggendmis verdwyn.
Kom ons skep moed uit hierdie vooruitsig en begin voorberei vir wat op ons wag sodat ons heelhuids daardeur kan kom - met God aan ons kant spring ons dapper oor hierdie muur!