NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Aan die einde van jou lewe sal die vraag nie wees hoeveel jy hét nie, maar hoeveel jy gegee het; nie hoeveel jy gespaar het nie, maar hoeveel jy opgeoffer het; hoeveel jy liefgehad en gedien het, nie hoeveel jý geëer is nie.

LAASTE BYDRAE OOR NARSISME

Ons het ‘n aantal briewe ontvang oor die onderwerp narsisme. Ons sluit hierdie onderwerp vandag af met die plasing van een so ‘n brief. Dr Hugo Smit, baie dankie vir u deelname hieraan - Red.

Die woord narsisme word in ons tyd van selfie-beheptheid en kultuur van bekendes dikwels verkeerd verstaan asof dit iemand beskryf wat vol van homself is. Maar in psigologiese term dui dit juis nie op iemand wat oordrewe liefde vir homself koester nie maar eerder ‘n persoon wat op sy eie illusie van sy grootsheid verlief is. En hy is juis verlief op hierdie selfgeskepte, volmaakte beeld van homself om sy dieper gevoelens van onsekerheid weg te steek.

Narsistiese persoonlikheidsafwyking behels ‘n patroon van selfgesentreerdheid, arrogante denke en gedrag, die afwesigheid van empatie en konsiderasie vir ander mense asook ‘n oordrewe behoefte aan erkenning en bewondering. Dikwels beskryf die naasbestaandes van ‘n narsistiese persoon hom as ‘n manipulerende, selfsugtige en arrogante mens.

Persone met narsistiese persoonlikheidsafwyking verander nie maklik nie.   Hulle blameer gewoonlik ander mense vir hulle foute. ‘n Uitstaande eienskap is hulle oorsensitiwiteit wat veroorsaak dat hulle baie bitsig reageer op die geringste kritiek of meningsverskil wat hulle as ‘n persoonlike aanval beleef.

‘n Duidelike teken van ‘n narsistiese persoonlikheid is sy grootheidswaan. Hy is baie belangrik in sy eie oë met ‘n onnatuurlike bewustheid van sy meerderwaardigheid. Hy glo hy is baie uniek en spesiaal en kan daarom net deur ander baie spesiale mense verstaan word. Hy glo hy is verhewe bo die gemiddelde persoon en assosieer eerder met ander mense en dinge wat ook ‘n hoë statusvoorkoms het. Hierdie grootheidswaan maak dat so ‘n persoon die respek van ander verwag ooreenkomstig sy belangrikheid, selfs al het hy niks gedoen om dit te verdien nie. Heel dikwels lieg hy sonder blik of bloos oor sy groot prestasies en talente. Hy praat ook dikwels oor sy groot bydrae met betrekking tot werk of verhoudings en hoe dankbaar ander moet wees dat hy daar betrokke is – hy is die ster en almal rondom hom ten beste net ‘n rolspeler.

Meesal is dit duidelik dat so ‘n persoon in ‘n fantasie-wêreld leef wat sy grootheidswaan ondersteun omdat die werklikheid dit nie kan doen nie. Hulle illusie van briljantheid, onbeperkte sukses en perfekte lewe laat hulle in beheer van hulle lewe voel en beskerm so ‘n persoon teen die innerlike gevoel van leegheid en skaamte. Enigiets wat dreig om sy fantasieborrel te bars word met uiterste selfverdediging en aggressie teengestaan.

Die narsistiese persoonlikheid het ‘n konstante behoefte aan lofprysinge en bewondering. Sy ego moet deurlopend gestreel word, daarom omring hy homself met mense wat gewillig is om dit te doen. Dit is gewoonlik mense wat saggeaard is, vredemakers wat hulle eie gevoelens op die agtergrond plaas ter wille daarvan. Die narsis is ‘n uitstekende waarnemer van persoonlikhede en weet presies wie en hoe om hom mee te omring. Hierdie verhoudings is baie eensydig, alles gaan oor wat die bewonderaar vir die narsis kan doen en indien daar hoegenaamd ‘n onderbreking aan die bewondering vir die narsis plaasvind, beskou hy dit as verraderlike optrede.

Omdat die narsis homself as baie spesiaal beskou verwag hy spesiale behandeling. Hy glo opreg dat alles wat hy wil hê, hom toekom. Hy verwag dat die mense rondom hom outomaties in sy begeertes sal voldoen, dit is hulle enigste waarde. As hulle sou waag om so “selfsugtig” te wees om iets in ruil terug te wil kry, verwag dan ‘n groot uitbarsting en ‘n koue skouer.

Die narsis ontwikkel nooit die eienskap om met ander se gevoelens te identifiseer nie. Sy totale afwesigheid van empatie maak dat hy ander mense sien as ‘n voorwerp wat slegs daar is om in sy behoeftes te voorsien. Hy sal nie twee keer dink wanneer hy die geleentheid kry om ander uit te buit tot sy eie voordeel nie; inderwaarheid kan hy so ‘n geleentheid nie deur sy vingers laat glip nie.

‘n Narsis voeL bedreig wanneer hy in aanraking kom met mense wat eienskappe besit wat hy nie het nie, veral as hulle bekend, vol selfvertroue of gewild is. Daarom moet hy hulle uitdaag en afransel; dit herstel sy eie ego wanneer hy iemand anders beledig en aftakel.

Moenie vir die narsis se fantasieë val nie. Hy kan baie aantreklik en vol sjarme voorkom. Sy wonderlike drome en selfversekerde houding kan mense maklik bluf en beïnvloed, maar dis net ‘n fantasie, en ‘n baie duur een om by betrokke te raak!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1400 gaste aanlyn