DEUR POLITICI UITGELEWER

Dr Danie Theron

Regoor die wêreld word gesien hoe volke deur hulle politieke leiers uitgelewer word. Of dit nou aan die banke is of aan vreemde oorheersing, die resultaat is dieselfde: verslawing.

In Griekeland het daardie regering die Grieke uitgelewer aan die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) met die gevolg dat armoede die grootste deel van daardie land in die gesig staar.

In Suid-Afrika het die NP-regering in die vroeë 90’s die land op ‘n skinkbord aan die ANC oorhandig. Die gevolg? Slawerny vir die Blanke.

Die gevolgtrekking wat gemaak kan word is dat die persone wat in hierdie regerings is en was, òf onverskillig staan teenoor die volke wat hulle verteenwoordig, òf inderdaad ten gunste is van vreemde oorheersing.

En hierdie regerings word dikwels gesteun deur groot maatskappye, stigtings en universiteite – in kort deur wat as die “elite” bekend staan.

Nogtans sal die liberale media steeds volhou om kritiek te lewer teen sulke regerings – net om hulle onder druk te hou en seker te maak die verslawingsproses word volgehou. So sal op emosies geteer word en is die blaam- en vreesfaktore deurslaggewend.

Wat in der waarheid gebeur is dat so ‘n regering met een mandaat aan bewind kom, daardie mandaat vertrap en dan ‘n totaal vyandige agenda teen sy eie mense voltrek. Hierdie agenda het nooit spontaan uit die bevolking ontstaan nie, maar word deur druk van elders gegenereer. Die elite word omgekoop deur die magte van geld en in die proses totaal vervreem van hulle aanvanklike ondersteuningsbasis.

Dat hierdie elite eintlik ‘n minderheid is, skeel hulle min. As gevolg van die mag van geld (media, groot maatskappye), verkry hulle ‘n magsgreep. Hulle mag is nie net polities nie, maar ook struktureel – ingebed in al die staatsorgane. Dit word dan ook die nomenclatura genoem, soos dit destyds in die USSR geheet het.

In die proses word alles moontlik ingepalm om die dogma wat hulle verteenwoordig as “moreel regverdigbaar” aan die volk te verkoop. Veral die media en links-liberale kommentators word vir die doel ingespan.

James Burnham het die saak soos volg opgesom:

a society is the society of its ruling class. A nation’s strength or weakness, its culture, its powers of endurance, its prosperity, its decadence, depend in the first instance upon the nature of its ruling class ....                                                                    

Political history and political science are thus predominantly the history and science of ruling classes ....

 

Deur middel van sogenaamde “bestuurders” word nie net maatskappye nie, maar ook die politieke elite in ‘n rigting gestuur en gehou wat nie van die agenda sal afwyk nie. As ‘n gesamentlike blok verkry hulle ‘n ontsettende magsgreep op ‘n samelewing en dit word ook so uitgebeeld deur die media. So word ‘n samelewing vandag inderdaad deur ‘n korporatiewe elite bestuur.

Hulle word ook ingeklee met mooi-klinkende terme soos “progressief”, “modern” en “menslik” terwyl die teenstanders daarvan “agterlik”, “rassisties”, “uitbuitend” en “uitgedien” is.

Zbingniew Brzezinski noem hierdie tendens wat internasionaal versprei het die “transnational elite”. Dit bestaan uit besigheidslui, professionele mense, studente en amptenare. Hulle werk trans-nasionaal, dit wil sê oor grense heen.

Samuel Huntington het dit soos volg gestel:

                                                                                                                                                                                              Someone whose loyalties, identities, involvements are purely national is less likely to rise to the top in business, academia, the media, the professions, than someone who transcends these limits.

 

So gesien is daar ook nie meer plek vir klein soewereine state nie. Vir die persoon wat strewe na wins en meer wins, geld ‘n idee nie. Alles wat in die pad van meer wins staan, moet platgevee word.

Die resultaat van hierdie proses is ‘n verwoede aanslag op identiteit. Ras, volk, kultuur, Christelike godsdiens – alles wat grense wil behou – is in die spervuur.

En soos verwag kan word het die Jode die voorste gestoeltes ingeneem in hierdie aanslag op nasionaliste. In die proes is die solidariteit van volke, kulture en die Christendom uitmekaar gerafel.

Daar is en bly net een mag om hierdie internasionalisme hok te slaan, en dit is die nasionalisme. Dit sal verg dat mense weer bewus word van die bande wat ‘n volk verenig. Dit is kultuur, tradisie, gebruik en godsdiens. Dit gee aan ‘n volk lewensbeskouing en ‘n doel om te bestaan.

Die tyd raak min. Die vuur brand nader.