NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer jy sekerheid het wat God se take vir jou hier op aarde is en jy jou met oorgawe daaraan toewy, kan geen mens met watter kwade bedoelings ookal, jou onstig en ontwrig nie want dit is nie belangrik nie – die Here sê ons moet rustig voortwerk, Hy is in beheer. Glimlag dan en doen jou dagtaak in die gemoedsvrede wat God jou skenk.

ONS WAS NOG NOOIT SO VERWARD EN VERDEELD

Prof JJ Pienaar

Die Afrikanervolk was nog nooit so verward, so onseker van homself, so koersloos, so oningelig, so verdeeld en so roepingsverduister as vandag nie. (Ons gaan nie hier 'n nuttelose debat voer oor die begrippe 'Afrikaner, Boere-Afrikaner of Boer nie). So 'n verwarde en verdeelde huis (huis beteken ook volk, vgl Eségiël 43:10) kan nie stand hou nie en dit is presies wat vandag met ons volk gebeur. Die toestand van verdeeldheid gaan van kwaad tot erger en ons volk wil nie hoor wat die Woord van die Here vir ons sê nie:

"Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie."

Matt 12:25. Só belangrik word hierdie waarskuwing geag dat Markus (3:25) en Lukas (11:17) dit herhaal.

Kyk ons byvoorbeeld na die vorige parlementêre verkiesing dan word bogenoemde aanklag teen ons volk as waar bewys. Baie sogenaamde Afrikaners het hulle met die Demokratiese Alliansie vereenselwig. Tussen die DA en die ANC is daar geen beginselverskille nie – ons heil lê beslis nie by die DA nie, hulle is uitgesproke globaliste.

In daardie verkiesing is daar weer 'n kloof geslaan tussen stemmers en nie-stemmers. Dit is nie vir die doel van hierdie beredenering nodig om hierdie verskille verder op die spits te dryf en die reedsbestaande wonde nog bloediger te maak nie. Ook hierdie verskeurdheid, so glo ons, gaan in die nabye toekoms oorbrug word.

Dan is daar werklikwaar sogenaamde Afrikaners wat vir ander partye soos oa COPE en die ACDP gestem het. 'n Duidelike bewys van die identiteitsverduistering wat daar bestaan.

Ons gaan nie in op die politieke standpunte van die landverlaters nie, maar dit is 'n verdere verdeeldheidsfaktor. Oor hierdie verskynsel en die politieke houding kan baie gesê word, maar ons laat dit daar. Die Duitsers het 'n gesegde: "Vergiss nie die Heimat wo deine Wiege stand. Du findest in der Fremde, klein sweites Heimatland."

Drie oorsake van hierdie verdeeldheidpsigose

Daar moet seker redes of oorsake wees vir hierdie verwarrings- en verdeeldheidpsigose en alhoewel dit 'n baie omvattende aangeleentheid kan wees, gaan tog gepoog word om, baie kortliks, enkele faktore te noem:

Identiteitsverduistering

Hieroor kan nie genoeg gedink en geskryf word nie. Die "Afrikaansche Volk" soos Paul Kruger en Christiaan de Wet hierdie volk genoem het, het graag na homself as 'n Christelike volk en 'n verbondsvolk verwys. Juis hierdie gedagte, hierdie naelstring of verbondslyn met die Israel vanouds en hierdie identiteitslyn het aan die liberaliste en volksverraaiers baie aanstoot gegee. Een van hierdie vooraanstaande en gesiene Gereformeerde teoloë wat hierdie idee van 'n identiteitsbewuste Afrikanervolk wou nek omdraai is Willem de Klerk. Hy kon nie genoeg slegsêwoorde vind om hierdie idee te vernietig nie. Luister na sy neerhalende en beskimpende woord:

"Dit (die afsonderlikheids- en identiteitsbewuste gees van die Afrikaner) is verwaandheid wat in arrogansie en hoogmoed Afrikaners oorskat."
"Dit is 'n verkorenheidswaan dat Afrikaners 'n spesiale aansien en status voor God het."
"Dis 'n fasade, 'n skynheilige vertoon en valsheid."

Luister na sy verraderlike raad:

"Van hierdie afstootlikhede sal Afrikaners baie gou ontslae moet raak as ons as 'n volk wil oorleef."

Daar was lanklaas aan die Afrikanervolk slegter raad gegee, maar nou kan ons verstaan waarom ons volk vandag so in sy dop gekruip, so verslae, so geloofsmoeg en so onseker van homself is . Natuurlik wil die vyand baie graag hierdie volkshaarlokke afgesny sien, want dit was nog altyd dié krag van ons volk. Die gevolge van hierdie gesindheid van dié Gereformeerde teoloog, Willem de Klerk, werk steeds deur en dit is een van die redes dat mnr Andries Breytenbach moet opmerk:

"Mens verwonder jou hoe min geloof soveel van ons "gelowige" kerkgaande volksgenote in God en sy almag het. Hulle regverdig hul ongeloof met die argument: Ja, God het ons volk hier geplant, maar hoe weet ons nie of sy doel met ons uitgedien is en dit in sy raadsplan is dat ons nou tot niet moet gaan nie?"

Dié bose plan is duidelik: sny die Afrikaner se geloofswortels af sodat hy sy volksidentiteit verloor en verloën.  Ons kom na hierdie saak terug.

Die Bileams- of verbasteringsraad

Die raad wat Bileam, die waarsêer, aan die Moabitiese koning, Balak, gegee het, is vandag van nog groter belang. Wat behels hierdie raad? Gebruik rasvermeninging, gesamentlike aanbidding, multikulturele onderwys (skoolintegrasie) en rasvermengde advertensies om in alle skole, universiteite, kerke en die maatskappy, die Christelike identiteit te vernietig en te verloën.

Die meeste Afrikaners is so verward en so gebreinspoel deur die TV en die meeste ander media dat hulle met hierdie globalistiese afgrondsverskynsel saamgaan sonder dat hulle verstaan waarmee hulle besig is.

Die meeste Afrikaanse kerke het die Afrikanervolk afgeskryf.

Die meeste kerke wat nog altyd die Afrikaner begelei en sy koers help bepaal het, se stemme het stil geraak. Waarom? Omdat die meeste kerke al meer op die eenheidspad van die Nuwe Wêreldorde beweeg. Wat beteken dit? Dit beteken dat die meeste kerke die globalistiese, eenheidsideaal van die "New Age"-wêreld nastreef. Daar word beweeg in die rigting van die oop kerk, die eenheidskerk, die sogenaamde "Emerging Church" van Rick Warren wat praat van "holding hands around the world." Hierdie oop kerk, geïntegreerde kerk, sinkretistiese kerk (godsdiensgelykheid) of wêreldkerk huldig ook 'n wêreldgodsdiens waar alle godsdienste gelyk is en het nie plek en ruimte vir 'n volk, soos die Afrikanervolk, wat van die standpunt uitgaan dat God Drie-enig nie aan die ander afgode gelyk is nie.

Die meeste gereformeerde kerke het klaar gekies vir die eenheidskerk, die wêreldkerk, die geïntegreerde of oop kerke, en is nie meer te vinde vir 'n volk soos die Afirkanervolk wat nog sy afsonderlikheid en eie identiteit wil handhaaf nie.

Totius, (prof JD du Toit) sê in sy baie insiggewende werk:

Die Afrikaanse Rassebeleid en Die Skrif,

dat die verskillende volke, dus ook die Afrikanervolk, hulself moet handhaaf teen hierdie eenheidsgees van die wêreld, hierdie Babiloniese gees van eenwording, die gees van wêreldryke en magsryke wat in die boek Openbaring as diere geteken word. (Openbaring 13).

Daar kan nog talle ander van hierdie identiteitsvernietigende tegnieke wat help om die Afrikaner te verwar en te mislei genoem word. Daar is nog niks gesê oor die verwarrende opvatting oor die naaste nie. Niks is gesê oor die valsheid en gevaar van die transformasieverskynsel nie; oor die relativering van die waardes en norme nie; oor die verwarring en verduistering van die vryheidsideaal nie.

In die volgende aflewering sal ons aandag skenk aan hoe die Afrikaner sy identiteit moet bevorder.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1255 gaste aanlyn