NASIE EN RAS

Elke mens word as lid van ‘n volk gebore. Hy kan beweeg word om 'n ander godsdiens en taal en tradisie te aanvaar, maar hy kan nie van 'n ander ras word nie.

Dié begrensing is deur God se skeppingsorde getrek; daaruit kan niemand loskom nie. Die veralgemening kan gemaak word: 'n nasie het 'n nasie geword vanweë die grondgebied waarop hy leef en waarvoor hy bereid is om te sterf. Sonder 'n grondgebied waaraan sy iden!teit gekoppel is, word sy gevoel van eenheid uitgedoof, en al sou die nasie se naam en dié van elke familie daarin bly voortbestaan, die nasie sal sterf.

Elke groep vorm uit die sigbare enersheid van sy lede 'n beeld van sy eie skoonheid en voortreflikheid, en soek in die algemene gebruike en gewoontes die wette van behoorlike gedrag.

 

Rondom hierdie beeld van sy eie skoonheid en voortreflikheid en die eise van behoorlike gedrag word versperrings teen vermenging en ander opgerig. Hoe groter die verskille in voorkoms is, hoe sterker en ondeurdringbaarder die versperring.

Hierin lê die intuïtiewe weerstand teen rasvermengde huwelike veranker. Al sou daar redeneer word dat volgens die Bybel dit nie 'n sonde is nie, stuit rasseverbastering teen die sterkste lewensreël wat eiesoortigheid beheers: elke groep is uit die aard van sy eiesoortigheid onder die dwang van die norm van sy eie skoonheid en die beeld van sy eie voortreflikheid; daaruit put hy sy selfrespek en trots.

Die rasse-identiteit van 'n nasie is die primêre element van sy eiesoortigheid. Hy is Wit of Geel of Bruin of Swart, en sy eerste voorkeur vir assosiasie word daardeur bepaal. Word hierdie rassebasis van sy nasieskap vernietig deur indringing van anderskleuriges en 'n gevolglike verbastering, gaan die sigbare eenvormigheid van sy lede verlore, word die gevoel van eenheid gebreek en raak die beeld van sy eie skoonheid en voortreflikheid uitgedoof. Daardeur word nasionalisme verwater, verydel en gaandeweg vernietig.

J A Marais