NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Een van die belangrikste van die ses dinge in ons wapenrusting teen die bose geeste van Satan, is ons geloof. Wat sê Paulus sal ons daarmee kan doen? Die Bose se vurige pyle uitblus. As ons dít regkry is daar niejuis iets om voor bang te wees op hierdie aarde nie. En wat beteken dit in praktyk om geloof te hê? Dit behels om elke dag in opregtheid ons hele sondige natuur voor die Here te bely en met Hom te praat oor alles, net soos 'n klein kindjie sy ouers in sy vertroue neem, en dan rustig voort te werk in jou dagtaak met die wete dat Hy in beheer van daardie 'alles' is.

BOEREMAG WORD APPÈL ONTSÊ

Boervin Mediaverklaring 

                                           21 Junie 2017

Boerevolk Politieke Gevangenes nader Grondwethof weens onwettige aanhouding

So vroeg as reeds April 2002 is van die Boeremagbeskuldigdes gearresteer. Op 19 Mei 2002 het die rekord-hofsaak begin, wat vir die volgende meer as elf jaar sou voortduur in die Hooggeregshof te Pretoria. Die hoofaanklag waarvan 24 manne beskuldig was, is hoogverraad. Terwyl sommiges borg gekry het, onder uitermatig streng borgvoorwaardes, het elf van die aangeklaagdes vir 11 jaar lank in aanhouding gebly en is borg eenvoudig geweier. Almal (behalwe twee wat oorlede is in die tyd van die maraton-hofsaak) is skuldig bevind aan hoogverraad en is verskeie vonnisse opgelê op 28 Oktober 2013. Die opmerking van regter Eben Jordaan dat hy die 11 jaar wat hulle in aanhouding as deel van hulle vonnisse in berekening gebring het, het bloot lippediens geblyk, nadat hy sommige van die veroordeeldes tot nóg 25 jaar effektiewe tronkstraf opgelê het. Die uitermatige streng borgvoorwaardes waaronder sommiges gebuk gegaan het, blyk ook nie deur Jordaan in berekening gebring te wees, as deel van hul vonnisse, nie.

Die wet vereis dat verlof tot appèl gevra word binne 21 dae nadat vonnisse opgelê is. Die Boeremaglede bevind hulleself die afgelope sowat 4 jaar sedert vonnisoplegging, in ’n sisteem wat effektief hulle grondwetlike reg op appèl ontneem. Van die manne kon nog nie eers daarin slaag om aansoeke bring om verlof tot appèl te vra nie. Almal wat wel daarin kon slaag om verlof tot appèl te vra, moes hul aansoeke weer bring voor regter Jordaan, wat al die aansoeke summier van die hand gewys het. Die manne wie se aansoeke om verlof tot appèl deur regter Jordaan afgekeur is, beywer hulle intussen om ’n petisie aan die appèlhof te rig, ten einde verlof te verkry om te mag appèlleer, maar slaag nie daarin om so ʼn aansoek te bring nie. Sommiges se regsverteenwoordigers kom nie uit die blokke uit nie.

Dr. Lets Pretorius en twee van sy seuns, drs. Johan en Wilhelm Pretorius, het ná sowat vier jaar se gesukkel, sonder sukses, besluit om direk ’n petisie aan die regter-president van die Grondwethof, regter Mogoeng-Mogoeng, te rig. In die petisie voer hulle aan hoe die sisteem hulle reg tot appèl effektief ontneem. Dit sluit in: hulle aanhoudingsomstandighede wat deur die Departement van Korrektiewe Dienste veroorsaak word, die vertragings en sloerings as gevolg van die wan-administrasie van die Regshulpraad en die howe sélf wat daartoe bydra om die proses onregverdig en onwettig te maak. In hulle petisie vra die drie Pretoriuse dat regter Mogoeng-Mogoeng ’n bevel moet maak dat prof. Hercules Booysen as hul advokaat en mnr. Julian Knight as hul prokureur deur die Regshulpraad as hul regsverteenwoordigers aangestel moet word ten einde die grondwetlikheid van hulle aanhouding aan te veg. Hulle voer aan dat hulle die grondwetlike reg het om te appèlleer en dat hulle die reg het dat die juridiese proses begin en afgehandel word sonder onredelike en onregverdige vertragings. Die vertragings van die sisteem ontneem hulle effektief van daardie regte en daarom is hulle verhoor onregverdig. Om aangehou te word op grond van ’n onregverdige verhoor, maak die aanhouding ongrondwetlik en per se onwettig. Om by te voeg, is die die internasionale standaard vir enige hofsaak 10 jaar vanaf arrestasie totdat alle vorme van appèl uitgeput is. Die Boeremagsaak is reeds 15 jaar in aanvang.

Die drs. Pretorius het reeds (Mei 2017) hierdie petisie gerig en wag tans op die antwoord van die regter-president van die Grondwethof.

Boervin is ’n nie-winsgewende maatskappy wat ywer vir die vryheid van die Boerevolk Politieke Gevangenes. Ons steun hierdie aansoek van die drs. Pretorius en vra dat die gemeenskap hierdie aansoek ʼn gebedsaak sal maak om te slaag. Ons vra ook dat u Boervin sal help om ons in staat te stel om hierdie onreg wat steeds teen die Boerevolk Politieke Gevangenes voortwoed, nasionaal en internasionaal bekend te maak, sodat daar na 15 jaar ’n einde kan kom aan die onreg.

Skakel na Mediaverklaring: http://boervin.org/2017/06/21/boerevolk-politieke-gevangenes-nader-grondwethof/

Skakel na Youtube video: https://youtu.be/oBVWXdtsTI8

Skakel na Soundcloud potgooi: https://soundcloud.com/user-476947088/boervinmediaverklaring-boerevolk-politieke-gevangenes-nader-grondwethof/s-FxYmk

Vir meer besonderhede kontak:

Riëtte van Schalkwyk
(Woordvoerder van Boervin)
www.boervin.org
Selnr. 082 776 6597
E-pos:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1217 gaste aanlyn