ONS SAL HERSTEL!

KRAGTIGE DENKE, GROOT DADE EN DIEPE GELOOF

Ps.68  staan  daar  geskrywe:  In  God  sal  ons  kragtige  dade doen en Hy self sal ons vyande vertrap.

Frikkie Strauss

Baie van die ja-stemmers van 1992 sal vandag sekerlik wens dat hulle die horlosie kon terugdraai  na  17  Maart  1992.  Dis  egter  nie  moontlik  nie.  Ons  moet  nou  vorentoe  beweeg.  In  die  proses is daar 'n aantal werklikhede wat ons in die oë moet kyk.

Die belangrikste daarvan is dat  daar  vir  ons  en  ons  kinders  geen  toekoms  is  binne  die  politieke  bedeling  wat  in Maart  1992  geskep  is  nie.  Enige  pogings  om  ons  lewens  en  ons belange  binne  hierdie bedeling te beskerm kan net van korte duur en weinig waarde wees. Ons moet onsself daaruit ontworstel en weer ‘n vrye volk in ons eie land onder ons eie regering word. Dit sal kragtige denke, groot dade en diepe geloof verg.

Daar sal 'n fundamentele herskikking en  herstrukturering  van  ons  denke  moet  kom.  Ons  het  ons  in  hierdie  gemors  ingedink;  ons moet  onsself  weer  hier  uitdink.  Ons  moet  deur  skeppende  en  positiewe  denke  'n  nuwe langtermynvisie  vir  ons  toekoms  vorm  en  dit  moet  gebaseer  wees op  die  werklikhede en waarhede van ons geskiedenis. Verder sal ons bereid moet wees om die persoonlike offers te bring wat die skepping van 'n toekoms vir ons kinders verg. Dit wat nou vir ons belangrik is, moet daaraan ondergeskik gestel word. Laastens, en die belangrikste van alles, ons moet ons toevlug  soek  daar  waar  ons  voorouers  dit  gesoek  het.    Die  God  wat  hulle  beskerm  het  by Vegkop,  Bloedrivier  en  Majuba  en  aan  hulle  oorwinnings  geskenk  het  toe  hulle  sy  aangesig gesoek het, is vandag nog dieselfde God en Hy sal dieselfde vir ons doen as ons sy aangesig in  verootmoediging  soek. In  Ps.68  staan  daar  geskrywe:  In  God  sal  ons  kragtige  dade doen en Hy self sal ons vyande vertrap.