NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Charles Dickens het gesê: “Geluk is goeie vriende, en ook goeie boeke en die vermoë om die lelike dinge van die verlede te begrawe en te vergeet”.

BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (15)

geskryf deur Philip Venter  (u kan die boek bekom deur hom te skakel by  083 444 7672)

Noem dit moedersinstink, ‘n onbewuste neiging om die ongewone te verwag, niemand weet nie, ook nie Francesca nie. Iewers na middernag skrik sy wakker en lê en luister. Wat het haar wakker gemaak? Is dit die moontlikheid dat iemand anders in die huis kan wees? Wat hoor sy? Onwillekeurig steek sy die lantern aan en kyk na waar Emma slaap, in haar bedjie, pas langsaan Franci se bed. Die kindjie hyg effens en as Franci oor haar buk, is die baba vuurwarm van die koors. Franci gooi die kombers van haar af en tel haar op, druk haar teen die bors en wieg haar, soos ‘n ma maar maak.

“Toemaar, my baba, toemaar. Alles is reg – wat is fout met jou lyfie?”

Sy spons die kindjie af, maar die koors wil nie breek nie. Radeloos en met net ‘n kamerjas oor haar nagklere aangetrek, hardloop sy met Emma in haar arms buitentoe, na Tant Ralie se huis, net die ent af in die straat. Sy klop hard, en slaan dan met haar handpalm op die deur.

“Tant, Ralie, asseblief, maak oop!”

Binne ‘n halfminuut gaan die deur oop. Tant Ralie is nog deur die slaap, met haar slaapmussie oor die kop en sy is besig om die gordel van haar baie ou, eens donkerrooi, kamerjas vas te maak.

“Wat is fout, hartjie?”

“Dis Emmatjie, Tante. Sy is baie warm van die koors en ek sukkel om haar wakker te kry.”

Ralie neem die bondeltjie by Franci, voel hoe koorsig sy is en trek die kindjie se slaaprokkie op. In die lantern se lig kyk sy na die rooi magie en die uitslag in die baba se lieste. Sy maak Emma se mondjie oop en kyk na haar tong.

“Kom saam, Francesca.”

Sy hardloop met die kindjie in haar arms ‘n paar huise aan die oorkant van die straat en ‘n straatblok verder af, waar sy die tuinhekkie van oudokter Maarschalk oopstoot, die trappe ophardloop en self aan sy voordeur hamer.

“Wag net ‘n oomblik, ek is nou daar!” kom die antwoord na ‘n paar oomblikke.

Oudok is al in sy vroeë sewentigs, lank, skraal en met ‘n groot bos donker hare, ‘n knypbril, wat hy sukkel om op te sit, ‘n deurleefde langbroek met kruisbande oor sy verkreukelde hemp en maak die deur oop.

“Wat is dit Ralie?”

“Dis Emmatjie, Fritz. Ek dink sy het skarlakenkoors.”

“Bring haar in en sit haar op die tafel neer.”

Franci staan in totale skok. Haar kindjie het nog vanaand niks makeer nie en nou…

“Mevroutjie, gaan wag in die voorkamer, asseblief!”

Alhoewel sy onwillig is, gee oudok haar ‘n harde en besliste kyk en sy maak soos hy sê. Na vyf minute kom Tant Ralie uitgeloop en kom sit langs haar.

“Wat is dit, Tante? Is dit erg?”

“Soos ek gedink het, hartjie. Dis skarlakenkoors. Maar oudok is baie slim en sy is in sy goeie hande. Wat ek en jy nou kan doen is om te bid.”

Sy vat Franci se hande in hare, maak haar oë toe, maar besluit hierdie gebed is te ernstig om op die boude te bly sit en sy gaan staan op haar knieë op die houtvloer. Franci kniel saam met haar.

“Onze Vader wat in die hemele is, laat Uwe koninkrijk kom, laat Uwe wil geschied…”

Franci val haar in die rede:

“Nee, Here, ons wil nie Uwe wil laat geskied nie. Maak my baba gesond!”

*

Dit is baie warm, met die somerbuitjie wat gistermiddag geval het, nou vergete. Waar Jan tussen sy manne lê, het die son nog nie in intensiteit opgekom nie, maar sy hande bewe as hy die Martini-Henri vashou, die laai-hefboom vir die soveelste keer ‘n entjie ooptrek om seker te maak daar is een van die vet, swaar, blinkkoper patrone in gelaai. Hy maak die aksie toe en vee ‘n denkbeeldige stoffie uit die agterste visier.

Hy het, behalwe vir sy vol bandolier, nog ‘n handvol in elke baadjiesak gegooi, wat hy nou uitgehaal het en in ‘n netjiese ry voor hom op een van die plat klippe neergesit het. Klein Boetie Behrens het sy voorbeeld gevolg. Wanneer hy sy kop draai om vol na die outjie te kyk, merk hy op hoe bleek die seun is.

“Boetie, luister vir my.”

“Ja, Oom?”

“Ek weet jy is dapper, ou seun en dis vir my ‘n voorreg om saam met jou in die oorlog te wees, maar niemand gaan jou kwalik neem as jy platlê wanneer die koeëls begin vlieg nie. En as ek vir jou sê om terug te gaan na die agterste linies toe by die perde, dan maak jy so, verstaan jy?”

“Ja, Oom, ek verstaan.”

Diep in sy hart weet Jan die mannetjie sal om die dood nie teruggaan nie. Hy sal wil bewys dat hy net so ‘n dapper vegter as die ouer manne is. Aan Jan se ander kant, lê oom Martiens Beyers. Hy is al regtig ver oor die ouderdom wat hy ingegrawe moet wees, maar hy het ook daarop aangedring om saam te kom. Sy ou velthoed is gehawend, met ‘n donker ring aan die onderkant van die kroon, waar jare se sweet dit verkleur het en Jan wonder onwillekeurig hoeveel maal die hoofdeksel die ou man se kaal kop teen die ongenaakbare Afrikason beskerm het.

Terwyl hy kyk, spoeg oom Martiens op die wapen se voorvisier en vee dit skoon met sy duim. Hy het nog een van die ou Westley-Richards “monkey-tail” gewere, wat, alhoewel dit ‘n agterlaaier is, met papierdoppe werk. Bokant die agterkant van die aksie is ‘n lang hefboom met ‘n oneweredige knop wat oplig om die kamer van die geweer oop te maak, die patroon te laai en as jy klaar is, ‘n nuwe slagdoppie onder die haan op die nippel sit. Die nadeel van die ou wapens is dat die papier nat kan word en daarmee saam die kruit ook, maar daar was eenvoudig nie genoeg van die nuwe Martini’s vir elkeen nie. En soos Jan vir ou oom Martiens ken, het hy sy eie ammunisie gemaak en het veel meer as die maksimum van 70 grein swartkruit gelaai. Asof hy Jan se oë op hom voel, draai hy sy gesig en kyk na die jonger man.

“Tjaa, swaer… Vandag gaan ons daardie klomp Pommies op hulle baadjie gee. Hulle gaan mos oral rond en vat net wat hulle wil. Ou kwien Victoria saai mos lood om goud te oes. Nie vandag nie, seg ek jou. Vandag sal haar mannetjies voel hoe proe warm lood.”

“Ek veronderstel dis nie Oom se eerste geveg nie?”

Martiens kyk voor hom, spoeg ‘n pruimpie uit, wat in ‘n bruin straal ‘n brommer tref wat skuins agter die tromp van die geweer op die grond sit.

“Nee, ou seun. Nie my eerste nie en as hulle my nie raaksiet nie, dan ook nie my laaste nie. Ek leef vir die dag as die spul stert tussen die bene anderkant die Tugela gaan wegkruip.”

“So, Oom is nie onseker van die uitkoms van hierdie dag se baklei nie?”

“Lood gaan vlieg, dis vir seker. Miskien sal ‘n verdwaalde koeël of twee van ons manne tref, maar dit is al. Ken jy vir Piet Joubert? Slim soldaat, daardie man. Ek was voorheen saam met hom op kommando. Hy glo nie aan kanse vat nie, nie dat hy bang is nie, maar hy weet elke Boerelewe is kosbaar. En elke Ingelsman se lewe is net daar om gevat te word. Gespuis van die aarde, seg ek jou vandag. Nee, hulle het nie ‘n kans nie.”

*

Francesca het met haar kop teen Tant Ralie se skouer ingesluimer. Met die son wat net-net op die dakke oorkant begin skyn, word sy skielik wakker. Sy het gedroom dat Emma doodsiek is en sy is verlig om wakker te word. Sodra sy heeltemal wakker is, en regop kom, staan Oudok Fritz Marschalk voor haar en sy besef met ‘n angsgevoel dit was nie net ‘n nagmerrie nie. Daar is ‘n moë, verslae uitdrukking in sy skreefiesgetrekte, ouoë.

“Francesca…”

“Nee! Moenie vir my sê Emmatjie is dood nie. Sê enigiets, maar net nie dit nie!”

Oudok trek sy skouers moedeloos op.

“Mevroutjie, ek het alles gedoen wat ek kan. Hierdie siekte is nie goed aan ons bekend nie. Die Engelse het dit hier aangebring, net soos pokke en masels. Niks van ons medisyne kan die koors breek nie. Maar as dit jou effens sal troos, sy het nie werklik pyn gehad nie. Sy het nooit weer van die koorsfloute bygekom nie.”

“Ek wil my kindjie vat en huis toe gaan.”

Franci staan te vinnig op en Oudok gryp haar net betyds voordat sy omval. Hy maak haar sit, terwyl sy doodsbleek en bewerig bid dat dit nie waar moet wees nie. Dat as sy by haar baba kom, sy weer sal lewe.

*

Alhoewel Generaal Piet Joubert sy manne laat ingrawe het by Laingsnek, wat die maklikste roete vir die Engelse gebied het in hulle opmars na Pretoria, en dat hulle die Engelse 1500 teen 1000 oortref het in getalle, het hy inderdaad nie kanse gevat met Boerelewens nie. Hy het die meeste Boere aan die voorkant, reg teenoor die Britse leër opgestel, maar vir Jan en sy burgers dwars oorkant die pad wat die Engelse moes kom en ‘n paar honderd tree skuins agter. Hulle primêre opdrag was om die Engelse se veldkanonne stil te maak. Natuurlik het hulle nie enige wapentuig gehad wat die kanonne self kon uithaal nie, maar waar hulle lê, kan hulle die kanonniers met sarsie na sarsie uithaal.

Generaal Colley het ‘n paar gruwelike foute gemaak. Hy het nie veel respek vir die dissipline aan Boerekant gehad nie, het hulle getalle onderskat en het nie geweet hoeveel moderne gewere hulle gehad het nie. Daarby het hy nog vas gesweer by die Engelse se formidabele manier om die voorste linie te laat skiet, dan die manne te laat kniel, terwyl die volgende linie tussendeur beweeg en skiet, terwyl die ander herlaai. Op hierdie manier het hulle in die verlede treë vir treë vorentoe beweeg en mettertyd die vyand op vlug laat slaan. Dit het nog altyd gewerk, maar nie hierdie keer nie? Die volgende fout was om te aanvaar die vyand sal op hulle afstorm, soos die Zulu’s kort vantevore gedoen het, maar nou is die Boere amper onsigbaar waar hulle verskuil lê.

Colley het ook baie gesteun op sy kanonne, wat vir baie lank in die geskiedenis die verskil gemaak het aan ‘n geveg. Inderdaad het Napoleon bykans twee honderd jaar vantevore gesê God is aan die kant van die ouens met die meeste kanonne. Terwyl die kanonne die teenstanders moes sag maak en hulle koppe laag hou, sou die infanterie vorentoe beweeg en die vyand oorrompel.

Colley se finale fout was om die skietkuns van die Boere te onderskat. Dit is ‘n fout wat hy weer sal maak minder as twee maande later.

Nadat Jan en sy manne die kanonniers agter en langs hulle wapens uitgeskiet het en sodoende stilgemaak het, het die hoofgroep die Engelse genadeloos onder die koeëls laat deurloop.

Colley het sy eerste groot nederlaag gely.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2086 gaste aanlyn