Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Soos wat jy tot jou eie verbasing pêrels mag vind tussen die afgesakte plankton op die seebodem, so vind jy soms kosbare vertroosting deur gebed tussen al die swart slyk van lewensprobleme wat jou dikwels wil versmoor.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (34)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Generaal Petros Mbejane is terug op kantoor. Selfs in sy half-benewelde woedetoestand, aangevuur deur die stewige doppe Glenfiddich wat hy op pad terug Phalaborwa toe geniet het, het hy ‘n besluit geneem. Hy sal self en persoonlik gaan toesien dat hierdie gemors opgeruim word. Die rapport wat hy van sy tweede in bevel gekry het, dui juis op die kritieke toestand waarin die manne op die grond, of te wel hoog in die berg, verkeer. Dis nie asof hy omgee vir die lewensverlies nie,
Afrika het nog nooit homself daarop geroem dat hy erg filantropies is nie. Lewens is bloot daar om vervaardig en geneem te word, wanneer die geleentheid homself voordoen. Nee, die manne se voortydige dood pla hom nie juis nie, dis eerder die skade wat dit aan sy leër en nog erger, sy reputasie doen, wat hom pla.
“Colonel Banda, get me a chopper.”
“We do not have one left to our disposal, Sir.”
“What do they have in Makhado?”
“I’ll call the officer commanding the squadron, immedialtely.”
“No, get him on the line. I’ll talk to him personally.”
Avtur is egter ook ‘n probleem. Van die soldate het agtergekom dat hulle die goed kan gebruik om ‘n petrolkar daarmee te laat loop, natuurlik in ‘n aanvaarbare verhouding met petrol en al beskadig dit die enjin op langtermyn, is dit nie juis hulle probleem nie. Afrika is ook bekend daarvoor dat hy vir die oomblik leef en nie noodwendig vir môre of volgende week nie.
Nadat hy homself hees geskreeu het en niks behalwe opgetrekte skouers en ‘n veraf kyk in sy ondergeskiktes te oë daarvoor kry nie, laai hy tien van sy mees betroubare operateurs in drie voertuie, die veelberugde Mercedes bussie, wat ook opgemerk is by die Mall of Africa en Simonstad by die aankoms van die Lady R, ‘n BMW 5-reeks en die ewe berugte Volkswagen Polo en hy self in sy Mercedes ampsmotor, vertrek hulle die byna twee honderd en vyftig kilometer na Lugmagbasis Makhado toe. Natuurlik met flitsende ligte en skreeuende sirenes, blou ligte en bekwame spoed.
Die lyfpanster is swaar en ongemaklik en hy haal dit vir eers af, met die doel om dit later weer aan te trek.
*
Maya is in haar element. Sy beweeg, ten spyte van die ghillie-pak, vinnig en vlugvoetig. Waar daar ‘n oopte is, loop sy sover moontlik daar rondom, maar as sy dit noodgedwonge moet oorsteek, is dit vinnig en al het daar ‘n keer of wat koeëls in haar rigting gevlieg, het niks naby genoeg gekom om skade aan te rig nie. Omdat sy tussen die twee skuilplekke hoër op in die berg beweeg, waar Skeer en die ander aan haar regterkant lê en Arno aan haar linkerkant, kan hulle ook vir haar dekkingsvuur bied, wanneer en waar nodig.
Soos sy beweeg, skiet sy elke man wat sy mee in aanraking kom. Die gedempte Ruger .22 is verbasend akkuraat en al het dit nie werklik veel slaankrag nie, het sy dit nie nodig nie. Elke skoot is hetsy teen die kop, gesig of keel van haar slagoffers. Sy het lankal opgehou omgee vir die manne en hulle is bloot beskikbare en onsimpatieke teikens wat sy elimineer.
Wanneer sy saamsmelt met die omgewing, plat op haar hurke, skuins agter ‘n laerige struik, loop ses manne binne haar teikengebied en sy skiet vier, voordat die ander twee neergevel word deur die swaarkaliber van Arno se wapen en die mediumkalibers van Skeer en Rob. Sonder om te waai, ‘n duim te lig in erkenning aan hulle, is sy skielik net weg, dieper en verder in die rigting van die ander recce’s. Ja, Maya is in haar element.
*
Generaal Mbejane hou nie juis van die vlug in die laaste Oryx wat die lugmag tot sy beskikking stel nie. Die vlieënier – ‘loods’ is blykbaar in die taal van die lugmagoffisiere wat die goed vlieg, ‘n plek waarin jy ‘n bus of ‘n fiets bêre – is ‘n ouerige majoor, ‘n blanke wat nou reeds vir sestien jaar oorgeslaan is met bevordering. Hy is bitter, maar hy het sy drie kinders die afgelope jare deur universiteit gesit en het nie die finansies waarop hy kan terugval indien hy sou bedank of voortydig op pensioen gaan nie. Hy het lankal die skrif aan die muur gelees, maar hy kon niks daaraan doen nie, behalwe sy tyd laat uitloop om weldra af te tree, en na ‘n plek verhuis waar hulle op sy en haar pensioene kan oorleef.
Majoor Gert Jordaan is bitter, maar ook gefrustreerd en net te bly dat hy ‘n aantal vlugure kan inkry; iets wat deesdae nie baie gebeur nie.
Die Oryx vlieg laag oor die dorp en kies dan koers in ‘n noord-oostelike rigting, berg-op en verby Entabeni. Gert ontspan en vir ‘n paar minute vergeet hy van sy probleme. Na ‘n ruk is die betrokke houthuis binne sig, maar daar is geen manier waarop hy ‘n geskikte landingplek kan kry nie.
“General, kan you rope down? I cannot land here.”
‘n Paniekgevoel stroom oor Petros Mbejane. Hy besef ook skielik dat die lyfpanster nog in die kattebak van die Mercedes lê en as hy omkyk na die ander soldate, sien hy dat hy nie een van hulle s’n sal kan gebruik nie. Senior SANDF offisiere dra oor die algemeen die gevolge van te veel KFC, vetterige beeslvleis, ongesoute pap en bier en hy is geen uitsondering nie. Selfs al sou hy die baadjies se velco-hegtings loslaat, sal dit geen verskil maak nie.
“No! Get a suitable landing place, Major. That’s an order!”
“The only available place as far as I could see, is higher up in the mountain.”
“Then go there, you idiot!”
Die vlieënier trek aan die collective en die groot helikopter se enjins dreun, die hele tuig lig vinnig en dan draai dit op sy akis teen die berg op. Gert het al ‘n paar minute gelede gesien die generaal hou nie baie van vlieg nie. Hy het al voorheen gesien hoe manne naar word en hy hoop hy kan ook hierdie ou sover kry om sy ontbyt op te bring. Dis kleinlik – hy weet, maar dis darem iets.
*
“Oom Skeer, ek hoor ‘n chopper-vliegtuig.”
“Is jy seker, ek hoor dan niks?”
“Ja, Oom. Ek hoor hom duidelik.”
“Waar?”
Ezra wys met ‘n reguit voorvinger na ‘n stippeltjie wat ver na die suide aankom. Dit lyk eers asof dit stilstaan, maar as Skeer sy teleskoop optel en daarna kyk, is dit skielik die onmiskenbare vorm van ‘n Oryx helikopter.
“Dekking!”
Hulle kruip so diep tussen die krans en die sekelbos in as hulle kan, versigtig vir die geniepsige dorings. Tot hulle verbasing kom die helikopter feitlik reguit na hulle aangevlieg, rakelings bo-oor die bokant van die rots, waar dit vir ‘n paar lang sekondes hang en dan stadig neersit op die plato net bokant hulle. Skeer en die ander klouter so vinnig hulle kan teen die sanderige skuinste langs die rots op en as die eerste soldate uitklim, skiet die drie so vinnig hulle kan na die manne. Hulle swaarkaliber rondtes trek op hierdie, amper trompafstand, deur lyfpantser en die manne aan die linkerkant van die tuig word elkeen feitlik dadelik getref.
Arno het die helikopter ook sien aankom en hy klim, seervoet en al, ook teen die skuinste van die krans by hom op. Hy is effens hoër as Skeer-hulle en kan gemaklik skiet na die manne wat aan die ander kant afklim.
Rob gooi sy geweer neer en hardloop die dertig meter na die vliegtuig, spring binne en pluk sy handwapen uit. Die vlieënier oorweeg vir ‘n paar sekondes om so vinnig as moontlik homself uit die voete te maak en die Oryx se enjins raas, die lemme draai vinniger, maar as hy in Rob se pistoolloop vaskyk, verander hy van plan.
“Dis okay, meneer,” roep hy so hard hy kan bokant die geraas van die enjins uit. “Ek was in elk geval nie seker wat om te doen nie!”
Inderdaad het Rob sy effense weifeling in ‘n rotsvaste besluit oorgedring en hy is heimlik baie dankbaar daarvoor. Hy verlaag die enjinrevolusies en die rotorlemme draai stadiger. Langs hom sit Generaal Petros Mbejane en as niemand vir die oomblik op hom ag gee nie, trek hy versigtig sy eie pistool en rig dit op Rob. Hy trek die sneller, maar niks gebeur nie en angstig trek hy die sluitstuk agtertoe om ‘n rondte in die loop te voer. Die volgende oomblik pluk sy kop eenkant toe as ‘n kleinkaliber koeëltjie hom in die middel van sy oor tref.
Kleinskeer se hande bewe net effens as hy die ou Winchester .22 Hornet se slot ooptrek en ‘n nuwe rondte in die loop voer.
*
Maya het die helikopter ook hoor aankom. Sy weet dat, wat dit ookal mag wees, die bakleiery op die grond ‘n nuwe wending gaan aanneem. Oral rondom haar is soldate aan die kom en dis baie meer as wat sy aanvanklik gedink het. Instinktief besef sy dat sy hoër op in die berg sal moet beweeg, nie net weg van hulle af nie, maar ook waar haar twee groepe vriende vir haar wag en dekvuur kan verskaf. Vriende? Sy ken hulle maar vir ‘n baie kort tydjie en besef dit is werklik die enigste vriende wat sy in die wêreld het.
Maya wag ‘n paar sekondes agter ‘n dikkerige boom, terwyl sy die .22 pistool herlaai. Sy beweeg nou baie vinnig, van die een skuiling, boom, rots, struik. Sy herlaai binne ‘n minuut weer as sy die wapen leeggeskiet het. Die .22 ammunisie is nou klaar, sy steek die wapen agter haar in haar gordel in, trek die .45 en beweeg vinnig van die een plek na die ander, met skote wat voortdurend uit die pistool en die vyand se wapens klap. Adrenalien bruis deur haar are en sy ervaar die tinteling daarvan uiters intens. Sy beweeg nooit in ‘n reguit lyn nie en dikwels selfs terug vanwaar sy gekom het. Diagonaal, dwars, vorentoe, kante toe, enige plek waar daar skuiling of die voorkoms daarvan is.
Die koms van die helikopter het die soldate se aandag afgelei en hulle is onseker wat aangaan. Skote vanaf die rotse bokant hulle, waar Skeer en sy manne en Arno aan die anderkant lê, klap rondom hulle. Die groot .338 wat Arno gebruik trek maklik deur die boomstamme waaragter die manne wegkruip en dit het ‘n geweldige demoraliseringseffek.
Met elke beweging kom Maya nader aan die plek waar die helikopter sal land. Sy kan uiteraard nie in ‘n reguit lyn beweeg nie en daar is mense voor haar wat nie net haar beweging beperk nie, maar haar wil dood hê voordat sy daar kom. Stadigaan, egter, al is die soldate hoogs-opgelei, is daar steeds die ou Afrika-bygelowe wat diep in hulle wese vasskopplek het en nooit afgeskud sal word nie. Een na die ander begin die manne glo dat sy meer as net ‘n mens is, dat haar “medisyne” baie sterk is, en dat sy daarom onaantasbaar is.
Bewende breine, half benewel deur inherente lae intelligensie en waar dapperheid en vasberadenheid, gewek deur die oorrompelende magsgevoel van oorwelidigende meerderheid wat aan hulle kant is, begin plek maak vir die ewe diepgewortelde lafhartigheid van geweldenaars.
Een vir een begin die manne onttrek. Natuurlik strategies, waar die woord inhou dat hulle wapens neergooi en weghardloop. In hulle spoor lê die gewig van lyfpantser wat eerste waai, hoofdeksels, webbing met ammunisie en ten laaste selfs die stewels wat hulle spoed keer. Intussen klap die koeëls nog hier en daar ‘n kop of lyf, uit die gewere van die manne daarbo.
Dis met uiterse inspanning en met skreeu, raas, skop en dreig dat ‘n hoeveelheid manne die moed bymekaarskraap om na die helikopter te beweeg.