Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons hoef nie die hele wêreld op ons skouers te dra nie. Jesus sê sy juk is sag en sy las is lig: Jesus se 'juk' is die redding van die mensdom; sy 'las' is om mense te oortuig van sy Liefde en Genade, en Hy nooi ons uit om dit saam met Hom te dra; los jou eie sware las en neem Jesus se uitnoding aan.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (26)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
A RUSSIAN DOLL
Open Secrets exposes a military squad allegedly responsible for acts of torture and murder. The evidence implicates at least four units of the SANDF in crimes dating back to 2019. They are the elite Special Forces Brigade, the Military Police, Defence Intelligence and Defence Legal Services. The lead Special Forces operative allegedly involved was also the subject of a criminal investigation by Hawks investigator, Frans Mathipa, shortly before Mathipa’s assassination by a sharpshooter. All this raises concerns of a large-scale criminal conspiracy within the SANDF.
The first two parts of our Russian Doll investigation revealed a SA National Defence Force Special Forces unit to be the owner of at least one luxury German car that accompanied cargo loaded off and possibly on to the sanctioned Russian ship Lady R in Simon’s Town in December last year. We, in turn, linked that vehicle to a Special Forces operation three weeks later at the Mall of Africa in Midrand, the day alleged Islamic State financier Abdella Abadiga and his bodyguard were abducted from the mall. Importantly, the person hot on the spoor of this group — Lieutenant-Colonel Frans Mathipa of the Hawks — was assassinated on 6 August this year.
*
Na ‘n stewige ontbyt, waarin Ezra die soveelste maal vir almal beïndruk het met die ywer en kwantiteit van sy eetlus, en Skeer gesien het hulle kosvoorraad sal dringend aangevul word, praat hy:
“Ek dink ons moet meer kos kry.”
“En hoe beplan Oom dit?” vra Ezra, met ‘n wysheid wat groter is as sy jare.
“Ek dink in die Gharrie is dalk net ‘n stuk vislyn en ons kan van ‘n stukkie draad miskien ‘n vishoek maak, dan leer ek jou visvang, hier uit die stroompie en die poel daaronder. Ek kan dink daar is visse in en ons kan net sowel probeer as om heeldag rond te sit.”
“Hoekom gebruik julle nie sommer visstokke nie?” vra Arno.
“Wat ons waar kry?”
Arno sug, gemaak moedeloos met Skeer.
“Jy dink tog nie, as ek hierheen kom, dat ek ook heeldag net sit en niksdoen nie? Kyk in daardie lang kas reg langs die deur. Daar is drie visstokke met katrolle. Daar is ook ‘n viskas, met allerhande goed wat julle kan help.”
“En aas?”
“Julle kan gaan soek vir krieke en as julle gelukkig is, daar in die sanderige kol kan julle grawe vir wurms.”
“Wurms?”
Arno kyk vir Skeer aan asof hy hom nie eerste keer sien en sy vermoëns opweeg.
“Skeer, weet jy hoe om vis te vang?”
“Ek het op skool ‘n paar maal gaan vang, ja.”
“Dit was ‘n halwe eeu gelede.”
“Nie heeltemal so lank nie, maar ja, dit was lank gelede.”
“Het jy geweet die visse het intussen slimmer geword?”
“Nee, hoe?”
“Ek trek jou been, Jacobus Hugo. Maar staan opsy, dat ek die jonge heer Ezra kan gaan leer hoe om dit ordentlik te doen.”
“Kan ek saamgaan?”
“Jy kan, maar sit stil en gedra jou net.”
*
Die Franse en by name Voltaire, Rosseau en Robespierre, het geweldige blywende invloed nie net op hulle landsgenote, maar selfs die buitewêreld en tot vandag gehad. Hulle het met die beginsel van humanisme die kerk en God self uit die sentrum gehaal en die mensheid daarin geplaas. Die gevolge was die Franse Rewolusie, maar dit sou meer as ‘n honderd jaar later ook die Russiese of Bolshewiekse Rewolusie ten basis lê.
Karl Marx en Friedrich Engels het dit vryelik gebruik as die vertrekpunt vir Kommunisme (Communisme is immers ‘n Franse woord in gebruik vanaf 1848). In al sy vertakkings is kommunisme se basis die sisteem waarin elke mens gelyk is aan ‘n ander, en die staat besit alles. So is daar nie meer ‘n klassesisteem nie, nie ryk mense nie en geen armes nie. Immers is die uitroep van die Franse Rewolusie: Liberté Egalité, Fraternité, oftewel “Vryheid, Gelykheid, Broederskap”.
Baie dekades se se eksperimentering met die inwerkingstelling van Kommunisme het duidelik gewys dis nie uitvoerbaar in die praktyk nie. Wesenlik is die probleem daarin geleë dat mense inherent nie gelyk is nie. Nie twee mense is gelyk geskape nie, en die een sal altyd die ander se goed begeer, as hy of sy dit nie het nie. Die beste voorbeeld hiervan vind ons al met die twee broers Kain en Abel.
Baie politieke en staatsfilosowe het al daarvan gepraat dat Kommunisme in ‘n homogene samelewing die beste hoop op sukses het. Met “homogeen” sal bedoel word ‘n landsbevolking waar almal van die selfde velkleur, afkoms en taal is. Die geskiedenis het egter bewys dat Kommuisme selfs in sulke lande nie werk nie.
Indien ‘n mens ‘n miernes as vergelyking sou gebruik, is dit die ideaal van Kommunisme. Al die miere is dieselfde kleur, dieselfde grootte, met dieselfde vermoëns en dieselfde intellektuele instelling. Die een is nie verhewe bo die ander nie. So kan ons ‘n byekorf ook gebruik. Die probleem is dat nie twee mense dieselfde is nie, nie eens in die geval van identiese tweelinge nie. Die een se karakterseienskappe en vaardigheid sal van die ander een s’n verskil.
‘n Ander, meer bruikbare voorbeeld sou die ou SAW wees. Troepe sal gelyktydig by die eenheid aankom, dieselfde bruin oorpakke, stewels, hemde, broeke ensovoort kry. Hulle sal in dieselfde kaserne bly, dieselfde opleiding kry, saam uitgetrap en rondgejaag word, hetsy jy vanaf Houghton, Saxonwold of iewers in die Vrystaat se vlaktes kom. Dit maak nie saak of jou pa ‘n spoorwegwerker is, of ‘n ryk sakeman nie. Uiteindelik sou ‘n uitsoekgroep junior leiers word, hetsy onderoffisiere, naamlik korporaals, of offisiere, naamlik tweede luitenante. Onder die beginsel van Kommunisme sou daar net een middelmatige rang wees, gestel vir argumentsonthalwe kapteins of sersante.
Volgens Kommunisme sou daar geen elite of ryk mense wees nie en geen armes of sukkelaars nie (die Burgeoisie en Proletariat volgens Marx), dus net ‘n onidentifiseerbare middelklas. In praktyk sal dit nooit werk nie.
Die mens is inherent ‘n brutale wese, waar die swakkeres uiteindelik die sterkeres sal dien, hetsy direk of indirek. Die luies, swakkes en minder intellektueel-begaafdes sal uiteindelik die sterkes, slimmes en hardwerkendes dien. Dis die wese van die mens en ook dus die samelewing. Indien die minder-begaafdes uiteindelik die meerderheid van die samelewing word, sal hulle hul ontevredenheid op verskeie maniere aankondig. Ongelukkig is dit ook so dat slim mense die implikasies raaksien van toegee aan primitiewe drange, soos die instink om te paar, te veel te eet en te steel met buiteindelike gepaardgaande geweld gebuik om hierdie drange te bevredig. Dit veroorsaak ook noodwendig dat die minder begaafdes vinniger sou aanwas, want hulle gee nie om oor die gevolge nie.
In haas elke land (behalwe moontlik met die uitsondering van China), het Kommunisme nie die werkers se lot verlig nie, maar het net ellende en armoede gebring. ‘n Sprekende voorbeeld hiervan is Kuba. Sosialisme is nie veel anders as Kommunisme nie, maar val makliker op die Westerse oor. Onder Sosialisme word die geld van die rykes verdeel onder die armes, maar uitmuntenheid en harde werk word nie aangemoedig nie en gou word die bron van die inkomste gestaak. ‘n Land word nie ryk deur die beskikbare bronne te verdeel onder die minder begaafdes nie, maar eerder word armoede oral versprei. Net diegene aan die beheerkant daarvan word uiteindelik ryk.
*
Maya het een geword met die omgewing. Alhoewel dit baie warm is en die ghillie-pak glad nie help nie, steur sy haar nie aan die hitte en die ongemak nie. Voordat sy beweeg, sal sy elke millimeter van die terrein fyn waarneem, oor en oor, om elke detail te ontleed en dan uiteindelik te beweeg. Aangesien sy fiks, sterk en soepel is, kan sy geluidloos en katvoet oor die gebroke oppervlak van die berg beweeg, sonder om te struikel, klippe los te skop of takke laat kraak.
Natuurlik neem dit lank en die ure word dae. Bloot wanneer sy doodseker is dat sy nie agtervolg of gewaar word nie, of die gevaar loop daarvoor nie, sal sy rus, iets eet, iets drink en die roepe van die natuur beantwoord. Die feit dat sy al baie gesweet het en die liggaamsreuke van ‘n ongewaste lyf vrystel, pla haar nie, solank sy nie naby genoeg aan ander mense kom nie.
Sy sou self nie kon sê of dit vroulike intuïsie, instink, ‘n aanvoeling vir terrein of bloot net geluk is nie. Op dag ses ruik sy die heerlike geur van iets wat gebraai is in ‘n pan. Miskien vis, of dalk iets anders? Die effense windjie het die geur net vir ‘n paar sekondes by haar verbygedra, maar sy is seker daarvan dat dit nie iets uit die natuur self is nie. Dit kan ook plaaslike bevolking wees, maar iets laat haar glo dis die mense wat sy soek. Die windjie waai vanaf die Suid-Ooste en sy loop daarheen, stadig, versigtig en op haar hoede, met elke sintuig tot op die uiterste ingespan, maar nou doelgerig.
Net na elfuur hoor sy stemme ver onder haar. Naby waar sy haar nou bevind, loop ‘n skaam stroompie water uit ‘n fontein. Sonder om ‘n fraksie waaksaamheid te laat verslap, seil sy op haar maag nader aan die water, neem ‘n paar bakhande vol daarvan en drink versigtig. Dit is vars, koel en smaak heerlik, maar veroorsaak dat sy iewers haar blaas sal moet leegmaak. Sy maak die rits van haar ghillie-pak se oorpak los, hurk agter ‘n plaat lantana en verlig haarself.
Sodra sy weer aangetrek is, en half regop kom, sien sy ‘n elftal van haar eie makkers ver na haar linkerkant beweeg. Hulle beweeg nie so stil en onopsigtelik as wat sy doen nie, maar sy besef dat hulle in so ‘n rigting loop, dat hulle en haar paaie sal kruis, nie baie ver hiervandaan nie. Miskien op dieselfde plek as vanwaar sy die stemme hoor.