Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Al kan jy nie alles doen nie, doen dan ten minste net iets. Laat mense maar eendag by jou begrafnis sê dat jy baie foute gemaak het. Laat hulle egter nie sê dat jy niks gedoen het nie!
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (13)
KLEINSKEER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
“When in doubt, use a hammer. The bigger the doubt, the bigger the hammer.”
Misrule and collapse: The system is failing in real time
-Pieter du Toit
*
South African Police Service Colonel Frans Mathipa was shot in the head and killed by unknown assassins on Sunday, 6 August 2023. Were SANDF Special Forces soldiers the skilled shooters who murdered a seasoned investigator in the Hawks’ Crimes Against the State Unit? If they were, could this explain a court application by the SANDF days before his assassination intended to stymie Mathipa’s investigation into the SANDF’s role in two abductions and potentially other crimes? Open Secrets investigates.
-Hennie van Vuuren
*
Risiko’s van staatsverval – fisiese nood gaan amper altyd hand aan hand met versnelde staatsverval. Terwyl ons staatsverval as ‘n geleentheid beskou om ‘n gesonder en meer onafhanklike sakeomgewing op te bou, stel ‘n vinnige mislukking in sleutelgebiede besighede en gemeenskappe bloot aan ‘n vinnige toename in misdaad en geweld, infrastruktuurverval, en administratiewe ineenstorting. Dit is noodsaaklik dat besighede en gemeenskappe doeltreffend optree om vervallende staatsprogramme waar nodig te vervang.
*
Eskom has warned that South Africa could face Stage 7 or 8 load shedding on Wednesday evening if electricity usage is not reduced. Indefinite Stage 6 load shedding has already been implemented earlier this week.
A cold front hit the country on Tuesday, increasing the demand for electricity during the peak hours of between 17:00 to 21:00.
Eskom's evening peak forecast for Wednesday evening was 29 609MW.
*
The Naicker family built a multibillion-rand empire renting water tankers and yellow plant to government. Bitter family feuds and allegations of collusion threaten to bring them crashing down.
• The Naicker family has made billions leasing water tankers and yellow plant to government, despite being indicted for collusion in 2015.
• It has taken eight years to bring the case to the Competition Tribunal despite one of the implicated directors admitting to collusion and agreeing to testify against the family.
• In March, Aqua Transport and Plant Hire received part of a R4.7-billion contract to upgrade the N3, even though its directors are on trial for corruption. In April, X-Moor Transport got an interdict to stop National Treasury from blacklisting the company from government contracts for 10 years.
Every year, government spends billions of rands hiring heavy machinery from private companies.
Front-end-loaders and bulldozers – so-called “yellow plant” – help keep the lights on at Eskom, the ports open at Transnet, and sewerage systems pumping, while water tankers offer the only lifeline when water infrastructure collapses.
One family has benefited more than most from these contracts: the Naickers from Durban.
But in March, National Treasury threatened to close the tap and blacklist part of the family and their companies from doing business with the state for the next 10 years.
Only a guilty verdict would put the Naickers out of business.
*
‘n 115 grein 9mm Parabellum koeël verlaat die loop teen net meer as die snelheid van klank, dit is 1180 voet per sekonde met die snelheid van klank 1125 voet per sekonde. Die rondtes wat Rob in die Walther gelaai het, is 147 grein, met ‘n snelheid van 980 voet per sekonde, en is dus sub-sonies.
Dit neem hom nie lank om ‘n buis aan die voorkant van die Walther te heg nie, met drie koplose (grub-screws) skroewe, wat eweredig gespasieer is en reg agter die verdikking van die pistool se loop vasdraai. Om seker te maak dat dit nie skeeftrek nie, het hy ‘n 200mm lange staalpen, 9mm dik, in die loop en deur die knaldemper geplaas. Sodra hy seker is die demper is behoorlik vas en in lyn met die loop, haal hy die staalpen uit.
“Pa kan nie die Touareg verder gebruik nie. Dis te opvallend en mense sal dit onthou. Pedro, my goeie vriend, het ‘n ou veertien honderd Nissan Champ wat hy wil verkoop. Ek stel voor ons gebruik dit eerder.”
“Dis reg. Hoeveel wil hy hê?”
“Vyftien duisend rand. Dis oud, gehawend, maar meganies nog baie goed.”
“Sê vir hom ek sal dit vat. Terloops, wie is ‘ons’?”
“Dis nou ek en Pa, natuurlik.”
“Daar is niks natuurlik hieraan nie. Jy moet buite verdenking bly, want jy het twee kindertjies, wat niks daarby gaan baat as hulle pa in die tronk sit, of dood is nie.”
“En hulle het nie ‘n oupa nodig nie?”
“Hulle het seker, maar hulle kan sonder my klaarkom. Nie sonder hulle pa nie.”
“Maar…”
“Nee! Hierdie is my indaba. Ek is verantwoordelik vir wat ek aanvang, nie jy nie. En moenie vergeet nie, ek was lankal in my eie oorlog en ek het toe ook mense geskiet, maar jy nie. Jou gewete is nog skoon daarvan. Kom ons hou dit so.”
Bert praat nie verder teë nie en is innerlik verlig dat sy pa so besluit het.
Die ou Nissan is inderdaad gehawend, maar die windskerm is nog heel, die bande nie te sleg nie en die enjin en ratkas klink gesond. Die ewenaar sing so effens, maar dit is nie ‘n te groot probleem nie. Die groot moeilikheid is dat die ding ‘n skreeuende pers geverf is. Dis is egter later se moeilikheid.
*
“I expected you sooner.”
Teen die sitkamer se venster, voor die effense lig wat die gordyn deurlaat, staan ‘n donker figuur afgeëts. Alhoewel die man hom sekerlik moes hoor en verstaan, antwoord hy glad nie. ‘n Klein, penliggie skyn vir ‘n oomblik in Grant Willingsworth se gesig. Net vir ‘n sekonde of wat, soos die man seker maak dat hy die regte teiken het.
“Teiken”, nie ‘n man nie, ‘n mens of ‘n lewende organisme nie, net ‘n teiken.
Anders as in die Hollywood flieks, verskyn daar nie ‘n rooi laserliggie op Grant se gesig nie. Daar is bloot ‘n halfgedempte knal in die donker, met ‘n helder trompflits. Die sub-soniese 9mm Kurtz rondte is heelwat stadiger en ligter as sy groter en kragtiger 9mm Parabellum rondte, maar is heeltemal sterk genoeg om die voorkop van die ouer man deur te dring, sy brein af te skakel en agter sy skedel uit te trek. Bloed en breinstof slaan teen die muur vas en maak ‘n rooi streep oor die vloer.
Voordat Grant Willingsworth opgehou het beweeg, is die man uit die huis, terug in die Mercedes Vito-bussie en hulle ry op hulle gemak uit Simonstad, terug binneland in. Die skut se hande bewe nie. Hierdie is nie die eerste keer dat hy so-iets moet doen nie.
*
Skeer besef nou vir die eerste maal werklik waarvoor hy hom en natuurlik die seuntjie, ingelaat het. Hy was reeds baie keer voorheen in gevaar, maar nou het hy vir Ezra by hom. Dit verander die prentjie totaal en al.
Skeer besluit om al met die kus langs te ry, sover moontlik. Dis net na dagbreek as Robbeneiland aan hulle linkerkant lê en daarvandaan met die R27 Grottobaai, Yzerfontein, en net na half sewe is hulle by die afdraai, weg van Vredenburg af met die R45 Hopefield se kant toe.
“Wanneer kry ons weer ‘n dorp, Oom?”
“Ek dink netnou, so oor ‘n uur of wat. Hoekom?”