Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons kan vir God niks wegsteek nie; nie ons swaarkry, ons sonde of ons liefde vir Hom nie. Kyk net hoe goed ken Hy ons: in Ps 139 sê Dawid: "U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. Want daar is nog geen woord op my tong nie – of U, HERE, U ken dit geheel en al". Natuurlik, want Hy het ons gemaak!
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (11)
KLEINSKEER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
“Given today’s conditions, what is happening is good for us, in my opinion, because it shows the rottenness of the American political system, which cannot pretend to teach democracy to others,” Putin said.
*
BusisweMkhwebane has been removed from office, following a bitter and litigious process that is estimated to have cost taxpayers R160 million – and MPs contend that the ousted Public Protector's Stalingrad litigation campaign is almost entirely to blame for this.
*
Global entrepreneur, political activist and a favourite of the BizNews community, Rob Hersov, outlines the ANC’s practice of deploying its members into key positions and how cadre deployment has led to the deterioration of state-owned enterprises (SOEs) and the erosion of constitutional elements. He highlights instances like ESKOM and SAA where ANC-appointed officials diverted funds for personal and party gain. Hersov deems abolishing cadre deployment vital for restoring state institutions, particularly Transnet, the collapsing rail network, which symbolises the ANC’s mismanagement and corruption. He asserts that only with this change can South Africa save its economy and prevent further decay.
In a working democracy with checks and balances, budgets and approval processes, oversight and transparency, and consequences for breaking the law, it is relatively hard to steal.
This is why, simply put, with ANC cadre deployment in place, the ANC has broken all the SOEs, weakened so many elements of our Constitution, diverted the rule of law (cadre deployment into circa 30% of the judges ensures decisions go the way of the ANC, and the useless Bheki Cele as Minister of Police), it is blatantly obvious that the ANC breaks so it can steal.
*
Rob is voor 1968 gebore en daarom is al die tegniese stappe vir hom ingewikkeld, maar vir Bert en sy vriend is dit relatief eenvoudig. Rob kon nie waag om self te gaan nie, maar Damien, die IT-spesialis en kuiervriend van Bert, het na ‘n internetkaffee in Bihops Lavis gery, een waar daar met sorg beduie word dat daar nie kringtelevisie of versteekte kameras is nie.
‘n Proses waarin deur TOR-soekenjin toegang gekry is tot die Dark Cloud, is ‘n tydelike IP-adres gekry, wat onmiddelik versteek is in ‘n VPN. ‘n Nuwe Facebook en Twitter (X)-profiele is geskep, spesiaal vir die doel en is daarna verwyder – of so-iets. ‘n Proses wat Rob nie verstaan nie.
Nadat die aanvanklike plasing gedoen is, is die profiele afgehaal, maar eers wanneer die twee seker is dat die boodskap gelees is deur honderde mense, gedeel is en sodoende viraal gegaan het. Natuurlik sal iemand, met baie moeite, die grootte van die boodskap kan nagaan (8176MB) en uiteindelik kan identifiseer vanwaar die aanvanklike plasing gedoen is, maar selfs dan gaan dit moeilik wees om die sender – wat nou Bert en Damien is – op te spoor.
Twee ure nadat hulle die plasing gedoen het, ontvang hulle self die oorpronklike op hulle eie Facebook en Twitterprofiele, wat meer as honderd en dertig duisend keer gelees is en sewe en twintig duisend keer gedeel is.
Dit bevat die fotos van drie en sestig mense se gesigte - manne en vroue - met elkeen se beskrywing, ID-nommers, selfoon en landlynnommers, e-posadresse, en adresse.
Die boodskap is eenvoudig en juis daarom so indrukwekkend.
“DAAR IS ‘n AANTAL KINDERS ONTVOER. ONS GEE JULLE TYD TOT STIPTELIK VYFUUR VANMIDDAG OM ALMAL TERUG TE BESORG BY HULLE OUERS, OF BY DIE NAASTE LANDDROSKANTORE. INDIEN DIT NIE GEBEUR NIE, SAL EEN VAN BOGENOEMDE PERSONE ELKE UUR GEëLIMINEER WORD, TOTDAT ELKE KIND TERUGGEGEE IS.”
*
Skeer en Ezra ry stadig af na die hawe. ‘n Ouerige barg lê vasgemeer en een van die nuwe vlootfregatte is net buite die hawe voor anker. Behalwe daarvoor lyk die plek amper verlate. Dis nog baie koud, maar die reën het bedaar en daar is geen teken van sneeu hier naby die see nie. Wanneer hulle stadig verby die toegangshek ry, huiwer Skeer om stil te hou en hy ry eerder aan. Die pad loop teen die skuinste uit en ‘n paar strate verwyder van die strandfront, is dit makliker om na die hawe se binnekant te kyk. Skeer kan sien waar die Lady R vasgemeer was – na aanleiding van die fotos in die media – maar waar sy was is alles skoon en verlate.
‘n Bejaarde man met ‘n regop houding, sy jare te spyt, loop op die sypaadjie met sy hond, ‘n lekker vet, opregte Engelse bulhond. Wanneer hulle naby hom kom, steek hy sy wandelstok in die lug, en wys hulle om stil te hou.
“Good morning, chaps. You are out bright and early, what?”
“Good morning sir. Yes, we are just sight seeing.”
“Nice looking Land-Rover you have here. That is why I stopped you. I had to have a chat about it. What is it – I would guess a series two or two A, by the lights in the grille?”
“You guess correctly. It is in fact a 1956 Series Two. That is, the body work, but I’m afraid the previous owner, a friend of mine, scrapped the rusted-out chassis and axles and replaced it with the running gear from a 2000 Discovery One. The engine is from a Range Rover, a four point six liter vee-eight. I don’t know what transmission he used, but it is a six-speed manual.”
“Range Rover and Discovery, eh? That is a pity, but at least he kept it in the family, what?”
“You could say that.”
How about brekkers – have you had any?”
“Breakfast?”
“Yes, that is what I said.”
Wanneer daar gepraat word van kos, begin die kort stertjie van die hond, gepas genaamd Winston, vinnig heen en weer beweeg.
“Die oom vra of jy lus is vir ontbyt. Hoe lyk dit?”
“Ek dog mos nou Oom vra nooit. Ons het baie lanklaas geëet.”
“Wat het van die padkos geword?”
“Ai, Oom. Dis was nie vreeslik baie nie en ek was baie honger.”
Skeer kyk na die ou man, maar hy merk op dat in die bleekblou van die man se oë is daar meer as net humor. Daar is ‘n vasberade trek wat hom herinner aan Leona se pa, die man wat hy amper as skoonpa gehad het.
“Am I correct in supposing sir, that there is something more than just a little food in this offer?”
“Oom Skeer, hoekom praat jy van net ‘little food’”?
Die ouer man weet genoeg van Afrikaans om die vraag te verstaan. Hy lag en as hy dit doen, verdwyn die styfheid uit sy houding. Skeer kan sweer die hond lag ook, as die brak plat op sy vet boud gaan sit, terwyl die stertjie sy hele agterkant rondswaai, sy bek wyd trek en die kwyl langs sy onderlip se hoeke uitdrup.
“My name is Willingsworth, Grant Willingsworth, by the way.”
“Glad to know you, Sir. My name is Jacobus Hugo, and this hungry young fellow is called Ezra.”
“You wouldn’t be by chance also be known as Brigadier ‘Skeermes’ or just ‘Skeer’ Hugo?”
Skeer is vir ‘n hele paar sekondes stil as hy die man van voor af opsom. Sy hand beweeg onwillekeurig na sy handwapen. Miskien moet hulle eerder padgee, as om hier uit te hang. Hoe weet die man wie hy is?
“I wouldn’t be too suspicious, if I were you, Brigadier; we have a common friend, you know? A man who goes by the name of Doctor Arno van Deventer.”
“I should have known! Couldn’t keep his mouth shut even if you stapled his lips together. Would you mind if I called him?”
“Still the suspicious one, aren’t we? Yes, call him by all means, but not from your cellphone, if I were you. Here, you can use mine.”
Skeer vertrou nog nie heeltemal nie, maar hy onthou Arno se nommer uit sy kop. Feitlik onmiddellik nadat die luitoon opkom, antwoord Arno.
“Hallo Commander. Have my friends arrived yet?”
“Arno, dis Skeer.”
“Ek het gehoop jy daag in een stuk daar op. Hoe gaan dit met ons vriend, die minsame Grant Willingsworth?”
“Ek aanvaar goed, siende dat ek hom ‘n paar minute gelede ontmoet het!”
“Skeer, jy kan hom ten volle vertrou. Hy is een van ons.”
Wanneer Skeer die sel teruggee, druk die ou man dit foontjie in sy baadjiesak. Sodra hy praat, is dit in amper aksentlose en perfekte Afrikaans.
“Kom, ek koop vir julle ‘n behoorlike ontbyt en dan, as ons na my huis toe gaan, het ek vir julle iets om te wys.”
*
Dit is presies 5 uur die middag, of in weermagtaal, 17h00 Bravo. Yasheem April glo hy lyk baie na ‘n Kaapse weergawe van Freddie Mercury, met sy donker hare, dik ge-olie en agteroor gekam, voortande wat buitentoe beur (sy skoolmaats het hoeka gesê dit lyk asof hy ‘n appel deur ‘n tennisraket kan eet), prominente neus en ‘n welige snor wat sy bolip versier.
Hy dra ook half-weerkaatsende wit klere, noupassend, die hempsknope oop tot op sy naeltjie, met weilige borshare wat uitpeul. Die enigste visuele ongemaklikheid is die feit dat hy deur die jare ‘n onwegsteekbare boepmagie gekweek het, wat die hele prentjie skreiend bederf. Niemand sou dit egter opmerk nie – in elk geval nie is sy teenwoordigheid nie – hy is baie sensitief oor hierdie hardnekkige ontsiering van sy postuur. Om sy regter bo-arm dra hy ‘n stywe goudkleurige band, alà Freddie, en in sy hand ‘n silwerkleurige wandelstok, met ‘n geperforeerde, ronde bo-kant, sodat die vinnige waarnemer sou dink dis ‘n mikrofoon.
‘n Florerende dwelmhandelsbaas, wat sy vingers ook in kinderhandel, prostitusie, selfgebroude alkohol, sigarette en dobbel het, is geneig om netjiese vuurwaens te hê en Yasheem is geen uitsondering op die reël nie. Sy elektries-blou Range Rover het groot, 22 duim wiele en lae profiel, breë bande, wat die rit baie stamperig maak en hy moet dikwels buitebande vervang as hy ‘n slaggat sou tref, maak dit die perfekte pimp-mobiel.
Wanneer een van sy ses lyfwagte die Range Rover se agterdeur oopmaak, sodat hy gemaklik kan binnegaan, bring hy die wandelstok op in ‘n houding asof hy daarin wil sing, met sy regterarm hoog die lug ingesteek.
Die 130 grein Nosler Partition koeël in .270 Wincehster kaliber, wat die tromp verlaat het teen 3160 voet per sekonde, tref die knop van die wandelstok, voordat dit sy prominente tande vermorsel en die bloed teen die kar se binneruim spat.
“From a place you will not see, will come a noise you wouldn’t hear.”