Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dankbaarheid is die enigste volkome onselfsugtige daad waartoe die mens in staat is. Dit ontstaan deur insig in die wêreld, ander mense, in jouself, in verhoudings met ander mense – veral dié verhoudings wat skeef geloop het en weer herstel het. Dankbaarheid is min of meer 'n lewenshouding waar jou eie beplanning laat vaar word ter wille van God se plan met jou lewe.
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (7)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
EXECUTIVE OUTCOMES, SANDLINE and the STASI
Another individual who has played a considerable role in Project Hammer, was Rolf van Rooyen, who operated a number of business entities including one called ‘Oceantech’ and another called ‘Eastech’ International Bank.
At one time Van Rooyen worked for SA Intelligence and is also believed to have been working for the CIA at the time Project Hammer was in process. Of significance is the fact that Gen. Cocke and Van Rooyen knew each other, although Cocke says he only spoke to him on the phone but never ‘shook hands with him’.
During a police interview in Germany in1995, Van Rooyen when questioned about Project Hammer responded: if you are referring to Operation Hamer, it is an extremely large, very delicate operation in co-operation with the authorities of various countries in which Oceantech is involved. Working alongside Van Rooyen, was SA Intelligence operative Riaan Stander. Both Stander and Van Rooyen were board members of the “Eastcorp Syndicate” which boasted almost two dozen other companies in it’s stable.
*
“Goed, laat ons hoor.”
“Het jy al gehoor van ‘collateral damage’?”
“Soos my pa? Skeer, laat ek hom nou skiet en klaar kry!” Leona dreig om daad by die woord te voeg.
“Nee, wag Leona. Laat hom praat. As ons nie tevrede is met wat hy sê nie, kan jy hom skiet, ek belowe. Praat ou man. Wat jy binne die volgende paar minute sê, sal bepaal of jy gaan lewe of nie.”
Magnus kyk van Leona na Skeer. Dis asof hy die man wil opsom voordat hy weer praat.
“Brigadier Hugo, ek kan sien jy is ‘n lojale uniformdraer. Ek weet nie of een van julle ook amptelik deel van die SAPD is of nie, maar dit maak nie saak nie. Feit is dat julle sekerlik doen wat julle doen, omdat julle wet en orde voorop stel.”
Magnus hou op praat om te sien watter reaksie sy woorde uitlok. As hy geen teken van instemming of ontkenning sien nie, gaan hy voort. Hy praat effens harder en vinniger, asof hy sy argument met meer oortuiging wil uitdra.
“Julle moet die groter prentjie sien. Dis een wat groter as ek of ons en julle is. Daarmee sê ek nie julle lewens is onbelangrik nie, maar die toekoms van ons mense is op die spel. Dit was nog altyd, vandat die eerste veeboere oor die Vis- en Vetriviere getrek het, vandat die eerste Vryburgers hulle onafhanklikheid geproe het. Ek glo nie ek hoef vir julle ‘n geskiedenisles te gee nie, maar ons volk was nog altyd onder druk. Nadat die Here vir die Voortrekkers…”
Arno val hom hard in die rede:
“Moenie jy eers van die Here praat nie. Jou bek en lewe is te vuil daarvoor.”
“Jammer, maar kan ek aangaan? Na die oorwinning by Bloedrivier het die burgers die land stelselmatig begin inneem. Eers die mooi groen lande van Natal en daarna die Vrystaat en Transvaal. Dit sou baie goed met ons kon gaan en ons sou die land mooi kon ontwikkel, maar toe word eers diamante en daarna goud ontdek, wat gemaak het dat die uitlanders die land binnegestroom het.”
“Gaan hierdie lesing iewers heen?”
“Asseblief, gee my kans. Die burgers het eers die Eerste Vryheidsoorlog gewen, met groot slae by Bronkhorstspruit en uiteindelik by Majuba en toe was daar relatiewe vrede tot 1899, met die ultimatum wat Paul Kruger vir die Engelse gegee het. Die Boere het inderwaarheid ook hierdie oorlog gewen, maar die Engelse het hulle aan die korthare beetgehad met die Verskroeide Aarde-beleid en die konsentrasiekampe. Die Boer-vroue en kinders was eintlik niks anders as gyselaars nie. Daarom het die generaals oorgegee. Dit weet julle tog uit skooltyd se geskiedenis.
“Wat julle nie weet nie, is dat van die generaals, soos De Wet en De la Rey nà die tyd bymekaar gekom het en besluit het dit sal nooit ooit weer gebeur nie. Manne soos Smuts en Botha is nie genooi nie, want hulle was inderwaarheid beskou as hanskakies. Met Kruger wat oorlede is oorsee, moes iemand leiding neem. Kan ek opstaan en vir my nog ‘n drankie kry? Dankie. Nou waar was ek? Wat julle nie weet nie, is dat die volksleiers, wat in ‘n groot mate ook die kerkleiers was, ‘n organisasie moes stig om te keer dat die verraaiers nie weer ons vryheid wegdobbel nie. Waar dink julle het die talle Afrikaanse kultuur en kerkorganisasies vandaan gekom?
“Nou ja, hierdie organisasie was eers nie-amptelik en het begin om dinge gereël te kry, toe die Engelse ons mense ‘n tipe onafhanklikheid gegee het. In 1910 was die Unie gestig as gevolg daarvan en ons voorouers het die kop vir die eerste keer na die Boere-oorlog begin optel. Toe kom die Eerste Wêreldoorlog en daarna die Spaanse Griep en ons was weer waar ons begin het. In 1918 kom die manne weer bymekaar, behalwe natuurlik De Wet en De la Rey wat deur Smuts en sy mense vermoor is.”
Skeer kan skielik verstaan waarom Magnus Delport soveel mag kon uitoefen. Hy word amper meegevoer deur die man se charisma en taalvaardigheid. Hy wil hom keer, maar aan die ander kant besef hy dat hy tussen al hierdie gebrabbel dalk net meer van die waarheid gaan agterkom.
“Die enigste uitweg was om ‘n organisasie te skep waar die beste, mees vaardige en invloedryke manne saam kon besin oor die toekoms van die Afrikaner. Uit hulle geledere is die Broederbond gestig, ‘n plek waar hulle kragte kon monster om saam te trek. Julle kan tog nie dink dis verkeerd nie?”
“Jy bedoel net soos die Vrymesselaars wat hulle aanvanklik verset het teen die uitbuiting van argitekte en ander uitbuiters? Soos die Knights Templar wat Sionshoogte teen die Arabiere moes beskerm en die voortou geneem het in die Kruistogte?”
“Presies! Dis mos elkeen se reg om homself en sy mense te beskerm. En as gevolg van vrye assosiasie kan enigiemand wat daar tuis voel, ook inskakel.”
“Ek dog al die jare jy kan net ‘n Vrymesselaar of Broederbonder wees as jy genooi word?”
“Ja, dit is so. Maar as jy op jou gebied uitblink, dan sal jy amper outomaties genooi word, is dit nie waar nie, Doktor Arno van Deventer?”
“Ja, en as jy nie wil deel wees van die bende nie, dan neem hulle dit persoonlik en probeer jou vernietig.”
“Sê jy, of vra jy?”
“Ek konstateer ‘n feit. Ek wil ook verder sê dat ‘n Christen nie aan ‘n geheime organisasie mag behoort nie.”
“Waar lees jy dit?”
“Nogal in die Bybel. ‘Wat in die geheim gedoen word, sal van die dakke af basuin word’.”
“Ons is nie ‘n geheime organisasie nie.”
“Is julle ledelys oop vir die publiek om te lees? En julle agendas?”
“Nee, maar elke organisasie hou sy kaarte styf teen sy bors.”
“So, julle wat lede is en dit ontken, lieg eintlik?”
“Ja, maar dis ‘n wit leuen, ter wille van die Koninkryk en die volk!”
“Dis steeds teen die negende gebod. Julle organisasie is gebou op leuens en julle vernietig liefdeloos almal wat nie deel van julle speelgroepie wil wees nie.”
“Gee hom kans, Arno. Laat hy aangaan, asseblief.”
Skeer wys met ‘n oop hand dat Magnus moet aangaan.
“Waar was ek?”
“By die stigting van die Broederbond.”
“Dankie, ja. Besef julle dat die Bond Volkskas, Trustbank, Sanlam, Krygkor, Nasionale Pers, Sasol en nog ‘n hele klomp ander groot en magtige instellings tot stand laat kom het? Ek wed julle dat die meeste van julle se ouers by Volkskas gebank het en nie by Engelse banke soos Barclays nie?”
“En toe die tyd reg is, het julle die bank onder ons sitvlakke uitverkoop aan die Engelse.”
“Dit was ‘n logiese, finansieel-gedryfde stap.”
“En hoeveel van daardie verkoopprys het julle aan arm Afrikaners uitgedeel? Behalwe dit – deur die jare heen, het julle ‘n spesiale rentekoers aan ons gegee? Nee, Magnus, dit was alles net om julleself te verryk.”
“Kan ek asseblief aangaan?”
“Vertel ons eers van die uitverkoop van Yskor aan Mittal”.
“Dit was ‘n goeie, finansiële skuif. Net so met al die ander bates wat ons verkoop het. Kan ek nòu aangaan?”
“Jy kan.”
“Besef julle die Broederbond het die Afrikaner weer gehelp opstaan na die Groot Depressie van 1929? En weer na die Tweede Wêreldoorlog? En die Nasionale Party gehelp om die verkiesing te wen in 1948? Hoe kan julle foutvind daarmee? Sien tog net die groter prentjie raak en nie julle eie selfsugtigheid nie!”
“Hoe meer ek die groter prentjie sien, hoe meer besef ek dit het net om julle gedraai en julle het ons mense en kerke gebruik om julleself te verryk. En nou het jy kans om ons te vertel van al die moorde: Verwoerd, Smit, Hani, Heyns.”