NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Om dood te gaan, is geen kuns nie.  Almal, selfs die slegstes, kry dit reg.  Om reg voorbereid te wees, is ’n ander saak!   Die Bybel leer ons nie net om reg te leef nie, maar ook om reg dood te gaan.   Om te sterf is vir gelowiges ʼn ongelooflike avontuur maar vir ongelowiges ʼn ongekende verskrikking!

ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (27)

Outobiografie van Robey Leibbrandt:

GEEN GENADE

Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self

Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.

My behandeling en verhoor in die tronk

In die tronk het ek spoedig ontdek dat ek 'n uitsondering op elke reël te wees sover dit die voorgeskrewe behandeling van gevangenes betref. Ek is nooit toegelaat om saam met ander gevangenes te gaan oefen vir die halfuur wat my twee keer per dag vir ontspanning toegelaat is nie en talle ander dinge.

Dag en nag is ek deur wagte omsingel. Die skerp lig wat uit 'n gat uit die muur op my bed geskyn het terwyl ek verhoorafwagtend was, is nooit nag of dag afgeskakel nie. Ek is die eerste drie maande nie toegelaat om briewe te ontvang of te skryf nie. In daardie tydperk is ek ook nie toegelaat om enige kersboodskap te ontvang nie.

 

Aan die begin is ek wel toegelaat om koerante te ontvang, totdat 'n blad die misdadige onbeskoftheid en karakterlose vermetelheid gehad het om my te belaster. Hierdie berig is geplaas 'n paar dae nadat ek van Du Plooy en hoofkonstabel Van der Walt besoek ontvang het. Hierdie geregsdienaars is een middag onverwags toegelaat om my in my sel te besoek. Ek was verras oor die astrantheid.

"Ek is spesiaal na Pretoria ontbied om jou saak waar te neem," het Du Plooy my meegedeel.

"My saak is 'n volksaak en ek het jou niks te vertel nie. Hoe gouer ek hierdie sel verlaat, des te beter vir julle," het ek ergerlik teengewerp. Die twee besoekers het omgedraai en uitgestap. Dit was die eerste en die laaste keer dat die polisie probeer het om my te ondervra. Uitasem het die opperbewaarder van die tronk daarna by my sel trippel gekom. "Wat het nou gebeur?" wou hy van my weet.

"Luister mooi. Indien jy weer toelaat dat ek deur enige persoon ondervra word sal jy hom hier uit die sel moet dra," het ek gewaarsku.

Ek kon my eie oë nie glo toe ek die reeds genoemde berig in daai blad lees nie. Dat ek beskuldig sou word van die laagste daad wat enige ooit kan pleeg, het ek nooit gedink nie. Onverwyld het ek die opperbevelvoerder na my sel ontbied en hom meegedeel dat ek my prokureur onmiddellik wil spreek om 'n klag van laster teen die betrokke koerant op te stel. Nie alleen het my versoek op dowe ore geval nie, maar dit het ook tot gevolg gehad dat ek in die vervolg geen koerante meer sou ontvang nie. Later het ek verneem dat die speurders genoemde berig gebruik het om persone wat na hulle mening moontlik iets van my weet te beweeg om verklarings teen my te doen.

Die karakterlose geskimp dat baie van die O.B.'s onmiddellik na my inhegtenisname aangekeer is, het hoegenaamd niks met my of my bewering te make nie.

Genl. Smuts het besluit dat dit toe die regte sielkundige oomblik was om skoonskip van die kammakastige oorlogsaboteurs in die Ossewabrandwag te maak. Eienaardig genoeg het hy net die lede, en nie die leier nie, onskadelik gestel. Genl. Smuts het geweet dat die Ossewabrandwag sonder hulle leier 'n groot gevaar kon word, maar met hulle leier wat in ‘n onskuldige organisasie is en dat hy met rus gelaat moet word." (Genl. Smuts se woorde in Natal.)

Aangesien die polisie nie weer gewaag het om my te ondervra nie, is die be­waarders in die tronk gelas om my bedektelik te pols. Wie die bewaarders se leermeester was, weet ek nie, maar die hele skema was deursigtelik. Dit het ook tot gevolg gehad dat die tronkpersoneel soms oorvriendelik teen my was. Dit het my nie juis ontstel nie, maar net meer op my hoede geplaas. Om die irriterende valse vriendskap vir altyd die nek in te slaan, het ek na 'n geleent­heid gesoek om 'n botsing uit te lok.

Een aand het ek 'n stuk karton voor die skerp lig, wat dwarsdeur die nag op my bed geskyn het, geplaas. Die volgende oggend toe ek terugkom van die klein buiteplasie waar ek tussen hoë mure my oefeninge moes doen, merk ek dat 'n bewaarder besig was om my sel te deursoek. Hy het onder andere die karton voor die lig verwyder...

"0 so," het ek uitgeroep, "jy is te lafhartig orn die karton te verwyder wanneer ek hier is."

Aangesien 'n opperbewaarder en twee kollegas ook aanwesig was, het die aangesprokene my uitdagend aangegluur en geantwoord:

"Ek voer net bevele uit."

"Verwyder dit nou weer," het ek gesê terwyl ek die karton voor die lig terugplaas.

Die opperbewaarder was 'n voormalige amateur boksertjie en veels te groot vir sy skoene. Sy vuisies sou beter in 'n deegskottel as in bokshandskoene gepas het.

"Verwyder daardie karton voor die lig," het die opperbewaarder ewe astrant aan my gesê.

"Dit sal ek nie doen nie. Dink jy miskien dis 'n leeuhok hierdie?" wou ek ewe astrant weet.

"Dan sal ek dit doen," het hy manhaftig vervolg.

Ek het 'n pas teruggestaan sodat hy die sel kon binnekom en geantwoord: "Kom, verwyder die karton laat ek sien."

Die opperbewaarder het na die drie bewaarders gekyk wat hom dikwels ver­gesel het as hy my seldeur oopsluit. Aangesien die uitdrukkings op hulle gesigte beslis nie bemoedigend was nie, is die karton ook nie verwyder nie.

Hierdie houding het ek deurgaans gehandhaaf tydens die ses-en-'n halwe jaar wat ek in die tronk was. Ek was 'n suiwer politieke gevangene en het dienooreenkomstig behandeling verwag. Wat vir my egter daar agter die onooglike tronkmure uitgemeet is, is 'n onuitwisbare skandvlek op die sogenaamde Westerse beskawing. Later sal ek vollediger hieroor skryf.

Plotseling een oggend op 8 Maart 1942 het 'n groep speurders in die gange doenig geraak. Terwyl ek probeer luister het of ek nie van die stemme herken nie, het twee of drie speurders haastig my sel binnegekom.

"Ons wil gou jou vingerafdrukke neem," het die voorste een gesê. Ek het my onmiddellik vererg.

"Na die duiwel met jou vingerafdrukke," het ek gebulder.

"Al die ander kêrels het hulle vingerafdrukke laat neem, Robey," het ‘n ander een gepaai.

"Hulle kan doen wat hulle wil, maar my vingerafdrukke sal julle sowaar nie neem nie — nie voor ek aangekla is nie. Maak dat julle wegkom." Enkele minute hierna het die speurders my kom haal. Veertien bekendes het reeds in die voorportaal op my gewag, maar ek het niemand gegroet nie aangesien die speurders noukeurig gelet het op enige teken wat ons kon weggee, dus wou ek niemand raaksien nie.

Toe dit haas tyd was dat ons na die hof moes gaan om aangekla te word is die ander kêrels beveel om in 'n groot vangwa te klim.

Intussen is 'n paar handboeie flink om my linkergewrig geslaan en is ek aan 'n Duitser, Lipka, gekoppel. Ons het gemaak of ons mekaar glad nie ken nie. "Klim in, kêrels," het die kaptein in bevel gesê. Ons het traag nadergestap. "Halt!" het ek uitgeroep. "In hierdie smerige vangwa klim ek nie. Maak skoon die affêre."

"Robey, ons het nie veel tyd nie. Klim in en laat ons ry man," het een van die speurders gesê.

"Nie voordat julle hierdie luiskas skoongemaak het nie," het ek beslis. Die speurders het aan my versoek voldoen en die vangwa is skoongemaak. Toe ons na die hof vertrek, het verkeerskonstabels op motorfietse by ons aangesluit. Sover ons gery het, het die sirenes aanhoudend gefluit en alle verkeer is tot stilstand gebring. Die hele gedoente het my geamuseer.

By die hof is ons almal na 'n groot vertrek geneem. Ek en Lipka is daar gelaat om vryelik tussen die ander te beweeg. Nog steeds gekoppel aan Lipka het ek na Louis gestap. Ek het hom sedert my jeug geken en ons was later saam in Londen.

"Wat het jy aan Lipka gesê?" wou ek skerp weet.

Aangesien Louis onder die valse indruk was dat dit deur my toedoen en nalatigheid was dat die bloedeed waarop sy naam verskyn het, in die hand van die speurders beland het, het hy my ontsettend beledig.

Die woorde was skaars uit sy mond toe my regtervuis, bedoel vir sy been, hom onder die oog tref. Hy het op die bank neergesak en na die swelsel gegryp wat onder sy oog vinnig aan die groei was. Vyf of ses speurders het my bygedam en my hande agter my rug vasgemaak.

"Wanneer wil julle 'n bietjie manlikheid aan die dag Iê? Maak my hande los, dan kyk ons hoe dapper julle is," het ek die speurders gedaag.

"Kom," het ek daarna aan Lipka gesê. Kom ons gaan kyk liewer hoe dit met Erna Eggert gaan."

Hierdie Duitse vrou is in die vrouetronk aangehou en is daardie oggend deur 'n bewaarderes na die hofsaal gebring. Ek het na haar welstand verneem:

"Weet jy dat jou vriend Taillard ons verraai het?"

Sy het verskrik na my gekyk en afwerend uitgeroep: "Nein, nein, Robey, das darfst du nich sagen." (Nee, nee, Robey dit durf jy nie sê nie.) Met trane in haar oë het sy verduidelik waarom sy nooit my bevinding kon aanvaar nie. Met al die redenaarsvermoë tot my beskikking kon ek haar nie oortuig dat Taillard wel verraad gepleeg het nie. Sy het later kwaad geword. Taillard sou nooit so 'n gemene daad teenoor haar pleeg nie, het sy gesê en vervolg:

"Ons is reeds jare lank boesemvriende. Dink net hoe ek sy bedroefde vrou met die dood van hulle kindjie bygestaan het."

Onmiddellik ná my gesprek met Erna het die hofsitting begin. Die handboei is van my regtergewrig verwyder, maar die ander wat my aan Lipka gekoppel het, het gebly.

Die hof was so vol nuuskieriges dat baie buitekant gestaan het in die hoop om die aangeklaagdes te sien. Toe die landdros die hof binnekom en almal opstaan, het ek met uitgestrekte regterarm gesalueer en uitgeroep: "Die Vier­kleur hoog!"

Die koerante was daardie dag vroeg op straat. Reuse-opskrifte het die dag­bladpers versier. Plakkate het oral op straat verskyn. In swart vet letters het hulle gelui: Leibbrandt gee saluut in hof... Saam met 15 ander beskuldig van Hoogverraad. Leibbrandt Rebuked for Demonstration in Court; Verhoor van Robey Leibbrandt en vyftien ander; Leibbrandt and 16 others in Court ... Pre­toria inquiry into Treason Allegation ... Appeal against Hearing in Goal; Leib­brandt Verhoor in Kamera in Tronk ... Appel teen beslissing van Magistraat.

Ek haal enkele sinsnedes uit die Transvaalse koerante aan: "Die staatsaan­klaer, adv. Barret, het onder andere verklaar dat hy reeds dreigemente ont­vang het dat die staat nie by magte sal wees om Robey Leibbrandt in die hof te kry nie. Hy is ernstig bevrees dat die lewe van die publiek sowel as die lewe van die amptenare in gevaar gestel kan word. Op 'n vraag van dr. Albert Hertzog het hy verklaar: `Ja, ons was en is bang'."

Advokaat Barrett het twee aansoeke gedoen. Eerstens, dat die plek van ver­hoor verskuif word na die tronk en, tweedens, dat die publiek van die verhoor uitgesluit word.

Op 16 Maart 1942 het ek en die sestien ander aangeklaagdes weer in die landdroshof verskyn. Hier volg 'n berig uit 'n Afrikaanse koerant: "Toe Robey Leibbrandt vanoggend die hof binnekom, het hy volgens gewoonte gesalueer deur sy regterhand op te steek en gesê : "Die Vierkleur hoog!"

Een Engelse koerant het oor dieselfde gebeure soos volg berig: "Robey Leibbrandt gives Nazi Salute in Court. Magistrate gets a `Heil, Hitler'!" Die grootste kampvegter vir ons verhoor in die openbaar, was ongetwyfeld wyle dr. Carel Potgieter. Hy het onder andere verklaar dat al die groot Boere­leiers in 1914 in 'n ope hof verhoor is. Selfs van die ou stoere Boeregeneraal, Christiaan de Wet, is geen uitsondering gemaak nie. In 1922 is die leiers van duisende stakers, waarvan agttien ter dood veroordeel is, in die openbaar ver­hoor.

Dr. Carel Potgieter het verder verklaar dat soveel persone reeds onder ver­hoor in die kampe gestop is, dat dit onrus in die land sou aanblaas, as hierdie saak in kamera sou plaasvind. "Vandag bestee die staat honderde miljoene vir wat gesê word 'n stryd om vryheid is. Kan daar dan nie 'n bietjie van daardie beginsel ook in hierdie saak toegepas word nie?" het hy gevra.

Later het adv. De Villiers in die Appelhof beoog dat dit uniek in die ge­skiedenis van Suid-Afrika sou wees indien ek in kamera in die tronk verhoor moes word.

Adv. Barrett het egter aangevoer dat getuienis sal aantoon dat Robey Leib­brandt, 'n man besiel met die fanatisme en ywer vir die saak, vir niks sou stuit nie. Hy het ten slotte gesê dat die pers met spesiale vergunning toegelaat sou word om die verrigtinge van die verhoor by te woon; maar hy sou die pers versoek om die name van 'n paar staatsgetuies te verswyg.

Aan die einde van die beredenering in die Appèlhof het regter-president Greenberg beslis dat die saak agter geslote deure in die gevangenis verhoor sou word.

In hierdie verband is dit interessant om te meld dat die verhoor van 56 lede van die Stormjaerbeweging op 'n aanklag van hoogverraad in die openbaar in Johannesburg plaasgevind het. Die getalsterkte van hierdie beweging is in 1942 in die hof aangegee as agtduisend. My beweging daarenteen was nie eens honderd man sterk nie.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 778 gaste aanlyn