NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Verbly jou o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring – Prediker 11.

ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (21)

  Outobiografie van Robey Leibbrandt:

GEEN GENADE

Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self

Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.

Ons pogings met die radiosender

Onderwyl ek en Hendrik Erasmus op sy vader se plaas 'n paar my! van Warmbad gewag het op Theron, Le Roux en Abrie, het oom Erasmus, vergesel van 'n sakeman, hulle opwagting daar gemaak met 'n telegram wat aan my geadresseer was. Die telegram het gewaarsku: "Kallie Theron gearresteer. Wees op hoede."

"Armsalige stomperds. Dit sit nie in hulle broek om Karel te vang nie. Die polisie het natuurlik hierdie telegram gestuur om uit te vind waar ek is. Kom, Hendrik, laat ons spore maak. So maklik laat ek my nie om die bos lei nie," het ek aan Erasmus gesê.

Indien die polisie rats genoeg was, kon hulle ons daardie dag maklik voor­gelê het, want daar was net een pad van die plaas na die grootpad. As gevolg van hierdie polisieset het Theron en sy metgeselle daardie aand op eie houtjie 'n poging aangewend om met Duitsland in verbinding te tree. Abrie se kennis van die radio het nie verder gestrek as die morsekode nie, en hulle moes onverrigtersake na Potchefstroom terugkeer. Tydens my verhoor het Abrie in die Hooggeregshof getuig dat die berig wat hy na Duitsland moes uitstuur rein politiek van aard was.

Later het ek uitgevind dat die telegram wat ek ontvang het, wel van die polisie afkomstig was, maar dat hulle nie betyds genoeg manne in die hande kon kry om my voor te lê nie.

Nieteenstaande Abrie se mislukte poging, was ek vasbeslote om met Duits­land in verbinding te tree en te laat weet dat, myns insiens, die O.B. nie 'n geskikte organisasie vir ons doel was nie. Binne enkele dae het dit ons geluk om 'n telegrafis, Stadler, wat in die poskantoor werksaam was, te kry. Hierdie telegrafis was 'n broer van een van my "offisiere", en hy het later met 'n self­gemaakte uniform en pet doodluiters by die interneringskamp op Koffiefon­tein se hek uitgestap en ontsnap. Onder 'n skuilnaam het hy hy die vloot aangesluit en tot aan die einde van die oorlog saam met die Geallieerdes teen die Spilmagte geveg. Sy ouer broer het daarin geslaag om langs wettige weë uit die interneringskamp te kom. Hoe hy dit reggekry het, wil ek nie weet nie. Ook hy het by die Geallieerdes aangesluit en aan die einde van die oorlog met 'n Italiaanse vrou na Suid-Afrika teruggekeer.

Vergesel van Stadler en Hendrik Erasmus is ek na 'n plaas in die Soutpans­berge om toestemming te probeer verkry om my werk daar voort te sit. Die eienaar van die plaas was wyle oom Andries van der Walt. Hy was 'n ou vuur­vreter uit die Tweede Vryheidsoorlog en het hom nie so maklik laat oortuig dat ek 'n vyand van genl. Smuts se oorlogsbeleid was nie. Oom Andries se vrou was nie agterdogtig nie en na 'n rukkie het hy in sy vrou se intuïsie geglo en ingestem om my maar my gang te laat gaan. Hulle twee seuns, Andries en Frikkie, was vuur en vlam om my by te staan in my stryd teen genl. Smuts en sy Kommunistiese bondgenote.

Ons het afgespreek om 'n nuwe poging aan te wend om met Duitsland oor die eter in verbinding te tree. Die uitsending sou geskied vanaf hulle plaas Ontmoet, bo-op die Soutpansberg.

Op 'n Saterdag het Erasmus en Stadler by die plaas Bergfontein aan die hang van die Soutpansberg aangekom. Oom Andries was 'n bietjie omgekrap dat soveel vreemdelinge sy plaas onder heersende omstandighede besoek, maar die twee moedige en avontuurlustige seuns het hulle vader getroos deur aan hom te verduidelik dat die grootheid van die daad bepaal word deur die grootheid van die waagstuk.

Met veel gesukkel het ek en my makkers die sender en pale tot bo-op die berg gedra. Ongelukkig moes ons van Bantoes gebruik maak om ons te help om die drie twaalfselbatterye te vervoer. Onderwyl die ander vir Stadler gehelp het om die pale op te rig en die radiosender gereed te kry, het ek my berig aan Duitsland in kode omgeskep.

Laat ek dit baie duidelik stel dat ek nooit enige persoon genader het om enige inligting van militêre aard aan my te verstrek nie. Dat daar wel berigte na Duitsland gestuur is oor skepe wat die hawe in Kaapstad aangedoen het, is reeds bekend. Wie daarvoor verantwoordelik was, weet ek nie. Wie die on­verskrokke oorlogskameraad ook al mag wees, sou ek hom langs hierdie weg 'n stewige handdruk wou gee vir sy heldedade. Geen grootse stryd op aarde is al ooit deur Iafhartige misgewasse gevoer nie en nooit het die lourierkrans van oorwinning die hoof van 'n papbroek versier nie. Die heldestryd wat Nasionaal-Sosialistiese Duitsland gedurende die Tweede Wêreldoorlog teen Kommunistiese Rusland en sy talle bondgenote gestry het, moet nie soseer toegeskryf word aan die onsterflike Duitse krygsgees nie, maar aan die genia­liteit, deeglikheid, getrouheid en heldhaftigheid van individue.

Indien ek my wel skuldig gemaak het aan spioenasie, sabotasie of selfs dief­stal, sou ek nie skaam gewees het om dit vandag ruiterlik te erken nie. Dit was oorlog en wanneer 'n volk veg om sy eie voortbestaan, kan selfs die laag­ste daad in vredestyd verhef word tot die heiligste daad in oorlogstyd.

Hoewel ek geensins ingestem het met dr. D.F. Malan se passiewe neutrali­teitsbeleid nie, het ek dit gelaak dat 'n mede-Afrikaner van dr. Hans van Rensburg se kaliber sulke verwoede aanvalle op die Herenigde Nasionale Party geloods het.

Die rede waarom genl. Smuts die Afrikaners ontwapen het, is vir my duide­lik. Hy het dit gedoen om 'n moontlike rebellie soos in 1914 te voorkom. Waarom? Omrede hy hulle nie weer wou laat doodskiet nie. Om die teenoor­gestelde rede het genl. Smuts nie die Duitsers in Suidwes-Afrika ontwapen nie. Hy wou hulle juis die geleentheid bied om tot wapengeweld oor te gaan sodat hy hulle kon vernietig.

Dit is onteenseglik waar dat genl. Smuts baie mense sonder verhoor in die interneringskampe laat stop het. Hierdie optrede het honderde vroue en kin­ders van my volk onnoembare lyding en verdriet besorg. Hy was nietemin 'n erkende en openbare vyand, maar die grootste en gevaarlikste vyand is hy wat agter die skerms die eerlose vernietigingswerk verrig.

Weereens het ek gefaal om van die Soutpansberg met Duitsland in verbin­ding te tree; dit was die tweede en trouens ook die laaste poging wat ek of enige van my volgelinge aangewend het.

Dieselfde nag nog het Erasmus en die twee Stadlers na Johannesburg ver­trek. Karel Theron het saam met my op die plaas Ontmoet agtergebly.

Ná die bywoning van 'n huispartytjie by een van die boere in die omgewing van Soutpansberg, was ek glad nie meer gediend met die idee om in die hut te slaap nie, en gevolglik het ek op 'n matras in die bos sowat dertig tree van die hut geslaap. Ek het verwag dat die een of ander waarheidsridder my teen­woordigheid op Ontmoet aan die polisie sou verraai. Op die partytjie was my naam nie meer Smit nie, maar Lubbe. So 'n verandering van vanne was nogal goed vir die spysvertering van die polisie.

Die oggend van 11 September 1941 het Andries van der Walt die berg afge­stap en na sy ouers op Bergfontein gegaan. Wat die eintlike doel van sy on­verwagse besluit was, het nooit ter sprake gekom nie. Ons was erg verbaas toe Andries vroeg die middag weer op Ontmoet sy verskyning maak.

"En toe," het ek gevra. "Jy wil tog nie vertel dat 'n paar uur by die huis jou verveel het nie?"

Andries was opgewonde en uitasem van die vinnige stap.

"Wat is dit?" wou Theron weet.

"Die polisie," het hy gehyg. Ek is seker hulle kom. Ek het hier op Ontmoet reeds begin onrustig voel en daarom het ek huistoe gegaan. Van daar of is ek te perd na die polisiestasie op Mara om kamma te gaan verneem of daar nie 'n boodskap vir my gekom het nie. Toe ek by die polisiestasie kom, sien ek 'n ligte vragmotortjie voor die kantoor staan. In die motor se bak was 'n klomp kakieklere en swaar skoene soos die wat soldate dra. Ek het sommer hond se gedagtes gekry dat die polisie bewus is van julle verblyf hier en van plan is om julle te kom vang. Toe kom ek maar gou terug om julle te waarsku."

"Hoe kan hulle weet?" wou ek weet.

"Ek sweer dit was daardie naturel wat gehelp het om die batterye te dra toe ons die aand na Duitsland wou uitsaai, of miskien kan dit 'n kakieridder wees wat die aand ook op die partytjie was," was Theron se mening.

"Ek dink julle moet liewer betyds padgee," het Andries aan die hand gedoen.

"Nee," het ek streng gesê. "So maklik laat ek my nie op loop jaag nie. Wat is die maklikste pad berguit na Ontmoet?"

"Daar is net een pad wat die berg uitkronkel. Die ander is almal voet­paadjies. Die maklikste van Mara of sou die voetpad aan die kant van die berg wees." Andries het met sy arm in die rigting beduie.

"Dan neem ek aan dat die polisie eerder te voet as per motor sal kom. Kry julle gewere, kêrels. Geen polisieman sal vanaand sy voet op hierdie berg sit nie," het ek aan Karel en Andries gesê.

Die son het al begin sak toe ons drie by 'n geskikte plek langs die helling stelling inneem.
Tussen Andries en Karel het ek in die voetpad gaan sit en wag op die koms van die polisie. Tussen die bossies was ons goed verskuil, terwyl ons enigeen wat die berg opkom van ver of sou kon sien.

My plan was om bloedvergieting ten alle koste te vermy. As gewese adju­dant-offisier het ek terdeë besef dat die polisie onder bevele staan en alleen hulle plig doen.

"Sodra ons die polisie gewaar, sal ek 'n skoot oor hulle koppe skiet en dan los julle vinnige sarsies links en regs van hulle. Ons moet die indruk skep dat 'n klein kommandotjie op hulle wag," het ek gelas.

Ons het lank gesit en wag sonder dat ons iets verdags gewaar het. Naderhand het dit begin donker word.

"Nee wat, kêrels, soos ek die polisie ken, sal hulle dit nie waag om hier in die donker 'n aanval te doen nie. Die gouste wat ons hulle kan verwag, is teen dagbreek. Ons kan nou maar teruggaan," het ek beduie.

"Seker nie om te slaap nie," het Theron geantwoord. "Dit sal dwaas wees, want as die polisie moreoggend vroeg hier aankom, sal hulle reguit na die hut stap en my daar vaskeer."

"Natuurlik kan jy nie vanaand in die hut slaap nie," het ek gemaan. "Ons moet teruggaan en voorberei vir die polisie se koms. Ons stel 'n haelgeweer. Andries slaap vanaand alleen in die hut en jy saam met my buite in die bos. Soos jy sê: die polisie sal reguit hut toe stap. Ons sal die haelgeweer so stel daf as hulle by die deur ingaan of selfs inloer, die skoot sal afgaan en ons waarsku."

"Dis 'n oulike plan," het Theron saamgestem terwyl ons na die hut stap om die plan uit te voer.

Andries het die haelgeweer se loop deur die hut se grasdak gesteek. Met 'n lyn is die sneller van die oorgehaalde geweer aan 'n dwarsbalk gebind sodat die skoot sou afgaan sodra enigeen aan die plank raak.

Soos afgespreek, het Andries in die hut agtergebly. Ek en Theron is na ons slaapplek in die bos.

Theron was gou in droomland en het die hele nag deur geslaap. Ek kon eenvoudig nie slaap nie. Die skande sou vir my te veel gewees het as ek, nie­teenstaande die wete dat die polisie gaan opdaag, nogtans gelê en slaap het. Omstreeks dagbreek het ek ingesluimer, maar dadelik weer wakker geword. Te eniger tyd het ek verwag dat die haelgeweer sou afgaan en dan wou ek en Karel die polisie gaan verras. Toe die son opkom, wou Karel opstaan. Ek het egter gemeen dat die gevaar verby is en wou graag die verlies van die nag se slaap inhaal.

"Ons kan maar nog 'n rukkie lê. Ek glo nie die polisie sal nou meer kom nie. Andries was verniet bekommerd oor die vragmotor wat by die polisie­stasie was en het ons verniet gaande gemaak. Indien die skoot wel nou afgaan, sal dit maar net wees om te kyk hoe ons daarop reageer."

Onderwyl ons nog so lê en redekawel, kom daar skielik twee manne in bur­gerlike drag na ons aangestap.

"Dis seker twee van Andries se bure wat kom kyk na die watersloot wat hy hier langs ons maak," sê ek.

Stadig beur ek orent, maar wend geen poging aan om my geweer, wat agter my teen die boomstam staan, nader te trek nie. Ook Theron, wat besig was om op te staan, het niks gedoen om sy geweer in die hande te kry nie. "More!" groet ek hartlik.

Stilswyend kom die manne nader met die voetpad wat vlak by ons verby na die watersloot gaan.

Toe die vreemdelinge by ons kom, spring een van hulle na die boom aan my koppenent en gryp my geweer.

"Wat maak julle hier?" vra die man toe hy my geweer oorhaal en dit aan sy maat gee.

Ek was woedend dat die polisie my so onverhoeds gevang het. "As jy jou oë oopmaak, sal jy sien ons slaap hier," snou ek en spring op.

Die polisiebeampte vererg horn en werp blitsig terug: "Julle lê dalk hier en planne beraam teen die Regering. Maar julle slaap nie."

"Ons het geslaap," antwoord ek, "maar ek twyfel of ek ooit weer 'n oog sal toemaak nadat ek in jou bakkies vasgekyk het."

Die beampte bedaar en sê: "Wel, Robey, dis ons plig om jou in hegtenis te neem. Dis natuuriik nie vir ons 'n aangename taak nie, maar jy weet net so goed as ek dat ons bevele moet uitvoer."

"Van wie kry julle bevele ... van Jan Smuts?" vra ek snedig.

"Ja, van die Regering," antwoord die beampte.

"Jou eerste plig is teenoor jou volk en nie teenoor 'n regering wat toevallig aan jou jou brood verskaf nie," antwoord ek bars.

Voordat enigeen iets verder kon sê, sien ek die koppe van twee, drie natu­rellekonstabels agter die bosse naby ons uitsteek.

"Is dit alweer 'n Slagtersnek?" skree ek briesend en storm op die naturelle af met my hand op my pistool in my baadjiesak.

Die naturelle het sonder meer omgespring en sonder omkyk voet in die wind geslaan. Ons het later ontdek dat hulle meer as 'n myl gehardloop het voordat hulle tot stilstand gekom het.

Briesend het ek na die polisiebeamptes by my slaapplek teruggestap.

Die konstabel met my geweer in sy hand, het intussen op 'n stomp gaan sit en die oorgehaalde geweer op my gerig gehou.

"As jy nie daardie geweer se loop van my af weghou nie, kan daar iets gebeur wat jy nie verwag nie," het ek gedreig.

Sonder aarseling het die konstabel die geweer se loop laat sak. Op daardie oomblik het Andries, gevolg deur 'n gesette ondersersant in polisie-uniform, op die toneel verskyn. Toe ek hom sien, bars ek uit van die lag. "En toe, hoe kom jy met daardie boepens van jou op die berg?" wou ek geamuseerd weet.

"Ons het gery, ou Robey," het dit heserig van die sersant, wat in bevel van Mara-polisiestasie was, gekom.

"Die pap is gaar, kêrels," het Andries gesê. "Ek weet nie of ons enige gas­vryheid aan die mense verskuldig is nie, maar ek gaan nie wag tot hulle een­dag besluit om te loop nie."

"Kom ons gaan eet, Karel," het ek bygevoeg.

Die polisie wou egter nie die wyk neem nie en het ons na die hut gevolg om my met hernieude pogings te probeer oorreed om hulle na die polisiestasie te vergesel.

Die konstabel met my geweer het op 'n bankie onder die boom by die hut met die geweer tussen sy bene plaasgeneem. Die ander twee het half afgehaal gestaan en toekyk.

Toe ek merk dat hulle nie van plan was om uit vrye wil te loop nie en my ook nie met geweld wou arresteer nie, het ek probeer om hulle tot aksie te dwing.

Ek het die Regering bitsig aangeval en die polisie uitdagend aangespreek. Deur my eie woorde gehipnotiseer, het ek na vore gestap en my geweer uit die hande van die konstabel geruk.

"Julie het my volk op 'n eerlose wyse ontwapen, maar met my gaan julle dit nie so maklik regkry nie," het ek uitgeroep. "Wat meer is, ek beskou dit as 'n belediging dat net drie van julle en 'n spul naturelle gestuur is om my in hegtenis te neem. Gaan sê vir Jan Smuts hy het minstens 'n regiment van julle soort nodig om my te vang. Julle moet goed verstaan, as daardie naturelle van julle weg is om versterkings te gaan roep, skiet ek julle net hier dood."

Met hierdie woorde het ek omgedraai, 'n entjie weggestap om te sien of hul­le nie agter my rug sou probeer om hul pistole uit te trek nie. Toe ek omkyk, was hulle egter nog bewegingloos op hul plekke.

"Is die naturelle weg om versterkings te gaan haal?" het ek pertinent aan die sersant gevra.

"Nee, Robey," het die sersant, wat ek herken het as een van die rekrute wat saam met my in die Polisie-kollege was, gemompel. "Hulle het maar net ge­vlug. Maar hoor hier," het hy gedemp gesê terwyl hy nader kom: "As jy in­willig om saam met my te gaan, sal ek jou vannag weer loslaat. By my huis het ek nog 'n geweer en tweeduisend patrone ... wat sê jy?" Hierdie bobbe­jaanstorie het my kwaad gemaak.

"Wat moet ek in die polisieselle gaan maak? Ek is mos nou op vrye voet. Of dink jy ek is net so onnosel soos jy?" het ek uitgeroep. "Kom ons loop, Karel, netnou het ons hier begrafnis." Met hierdie woorde het ek na die boom gestap en Karel se kortbekmauser, wat die polisie aan een van die boomtakke gehang het, gevat.

"Ag nee, Robey, "het die konstabel gesoebat. "Gee ons dan net een van die gewere sodat ons darem iets vir ons moeite kan toon."

"Maar jy het dan netnou gesê ons kan maar die kortbekgeweer vat, en nou weier jy weer," het die konstabel aangehou.

"Dê, vat hom en maak dat julle wegkom."

Die polisie het die geweer geneem en vinnig weggestap.

Onder die opskrif: "Meer omtrent ontmoeting tussen S.A. Polisie en Robey Leibbrandt," het Die Transvaler op 18 April 1942 die volgende hofverslag gepubliseer:

"Willem Beetge, 'n speurderkonstabel van Pietersburg, het verklaar dat hy op 12 September na die plaas Ontmoet gegaan het. By hom was sers. Kruger en sers. Pauley. Die plaas Ontmoet lê op 'n berg en grens aan die plaas Berg­fontein. Daar is net een rondawel op die plaas wat die eiendom is van mnr. Andries van der Walt, senior.

"Op die plaas het die getuie vir Andries van der Walt, junior, gekry en 150 tree van die rondawel of was Leibbrandt en 'n sekere Brink (Theron se skuilnaam) onder die bome in die digte kloof. Hulle het onder 'n boom geslaap met twee Lee Metford-gewere by hulle koppe. Getuie het die twee gewere wat gelaai was, gegryp en een aan sersant Kruger gegee.

"Die polisie het geen opdrag gehad orn Leibbrandt te arresteer nie en hy wou ook nie vrywillig saam met hulle gaan nie.

"Hulk het lank gesukkel met Leibbrandt om hom te oorreed om hulle te vergesel, maar hy het gesê dat hulle sy lyk kan vat, maar nie vir hom nie.

"Leibbrandt het gesê dat genl. Smuts hom wil laat doodskiet omdat hy on­wettig in die land gekom het.

"Dit was eers by die rondawel dat Leibbrandt die een geweer by hulle terug­gevat het. Getuie het geen teenstand gebied nie, want hy het geweet dat Leibbrandt 'n desperate persoon is. Beetge het erken dat hy baie bang was vir Leibbrandt.

"Jacobus J. Kruger, sersant in die S.A. Polisie, Pietersburg, het die getuienis van konstabel Beetge herhaal. Sers. Kruger het verklaar dat hy Robey Leib­brandt persoonlik ken daar hulle saam in die polisiedepot was. Leibbrandt het gesê dat die Regering hom wil hê om hom van hoogverraad te beskuldig."

Die getuienis van Pauley kan ek ongelukkig nie in my plakboek vind nie; ek moet dus aanneem dat hy nie getuig het nie. Sers. Kruger se bewering dat ek van hoogverraad gepraat het, wil ek ten sterkste ontken.

Karel Theron, alias Brink, het nog dieselfde dag met die "geleende" motor na Pretoria vertrek. Andries het voorgestel dat ek en hy na sy ouers op Berg­fontein moes gaan. Hoewel ek my etes by die huis genuttig het, het ek voor­sorg getref om snags in die veld te slaap.

Intussen het kol. Verster van die SA. Polisie my vader op Potchefstroom gaan besoek. Hy het alles in sy vermoë gedoen om my vader te oorreed om met my te gaan praat. Om enige verdere moeilikheid of bloedvergieting te voorkom, moes ek my onverwyld aan die Polisie oorgee. Indien kol. Verster nie 'n ou vriend van my ouers was nie, sou die poppe seer sekerlik daardie dag gedans het. Die verdrag het my vader dwars in die krop gesteek. Daar was geen vogtigheid in sy oë toe hy gesê het: "Nog ek, nog enigiemand anders sal Robey tot oorgawe beweeg. Hy is 'n fanatieke Nazi. Ek het niks met sy optrede te doen nie, maar ek ken my seun. Kommandeer van die vreemde troepe hier in ons land op en storm die berg. Laat hulle mekaar dan dood­skiet. Daar is geen ander uitweg nie."

Nodeloos om te sê dat ek nie weer tydens my verblyf in die berg deur die polisie lastig geval is nie.

Twee dae later het Hendrik Erasmus my in die berg kom soek en my mee­gedeel dat hy gehoor het dat die polisie my op die berg omsingel het en dat hy en sy broer Doors gekom het om my te ontset. Vir hierdie gebaar van ge­trouheid en selfopoffering het ek Hendrik en Doors 'n stewige handdruk ge­gee. Ons was wel bloedgeswore kamerade en rebelle teen genl. Smuts se oor­logsbeleid, en tog het hulle bereidwilligheid om alles in die weegskaal te werp ter wille van my veiligheid, my ontsaglik diep getref.

Aangesien ek besluit het om na oom Bert van der Walt te verhuis, het ek Hendrik opdrag gegee om Karel Theron van my nuwe adres te verwittig. Oom Bert was 'n broer van oom Andries en 'n gebore rebel. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het hy vir hom naam gemaak as 'n onverskrokke stry­der. Sy plaas was agter die Soutpansberge geleë en het uitstekende skuiling teen enige onverwagte aanval gebied. Onderwyl ek hier tuisgegaan het, moes Theron voortgaan met organisasiewerk en my op hoogte hou van alle belang­rike gebeure.

Volgens afspraak het Andries en Frikkie van der Walt op 5 Oktober 1941 vir Stadler en Hendrik Mentz Robinson na my gebring. My plan was om Stadler, wat reeds een keer na die uitbreek van die oorlog in Lourenco Marques was, weer daarheen te stuur om met die Duitse konsul daar in aan­raking te kom en aan hom mee te deel dat Zeesen se uitsendings oor die Suid-Afrikaanse huishoudelike aangeleenthede die grootste kaf denkbaar is en net verwarring skep. Ek was veral woedend oor die propaganda wat die Duit­sers oor Zeesen aangaande die sier van die Ossewabrandwag uitgesaai het. Nadat ek en Stadler die saak deeglik bespreek het, is daar besluit dat 'n ander weg gevind moes word om direk met Duitsland in verbinding te tree. Daar is verder besluit dat ek saam met Stadler en Robinson na Pretoria sou vertrek nadat ek my plan om twee plaasboere in die omgewing van Soutpansberg weens hulle agterdogwekkende bedrywighede 'n deeglike loesing te gee, uitgevoer het.

Andries en Frikkie van der Walt sou ons vergesel na die wonings van die twee verdagte boere. Daar is aan my meegedeel dat die boere naturelle in hulle diens opdrag gegee het om op die ander boere van Soutspansberg te spioeneer en vas te stel wie nog gewere in hulle besit het.

Gewapen met 'n seekoeisambok het ek en my makkers daardie aand halfagt na 'n plaas sowat vier myl van Bergfontein vertrek. Die lug was skoon en die maan het helder geskyn. As leier van die groep moes ek noodwendig ook die eerste stappe doen.

By 'n driffie, nie baie ver van die opstal nie, het ons die motor geparkeer. My vier metgeselle het hulle in die bosse versteek en ek het alleen na die huis gestap.

My geklop aan die voordeur is beantwoord deur 'n seun van sowat dertien of veertien jaar.

"Is jou vader tuis, boetie?" wou ek weet.

Ongelukkig kon ek nie mooi hoor wat sy antwoord was nie. Later moes ek tot my bittere spyt ontdek dat dit nie die seun se vader was nie, maar wel sy oom.

Toe die boer sy verskyning maak, het ek nie gegroet nie. "Ek het 'n naturel in die pad raakgery. Kan u saamkom om my te help?"

Die man het ingewillig en onmiddellik sy tweesitplekmotor uit die waenhuis gestoot. Agter in die bagasiebak het die man 'n groot bulhond toegesluit. Min of meer by die plek waar die ander manne hulle skuilgehou het, het ek die persoon beveel om stil te hou. Ons het al drie uitgeklim. Ongemerk het ek die sambok voor uit my broek getrek en voor die man gaan staan.

"Kyk," het ek grimmig begin, "ek het nie iemand doodgery nie. Ek het jou hierheen gelok om met jou af te reken. Die klagte teen jou is dat jy naturelle uitstuur om op die boere in die omgewing te spioeneer en dat jy dan verslae aan die polisie stuur."

Die man het hewig begin protesteer teen my aantyging. Sy protes het geen­sins bygedra om sy onskuld te bewys nie. Hy het ook nie aan my gesê dat hy die broer van die eienaar van die plaas is nie. Onwetend het ek die verkeerde man met die sambok bygedam. Toe ek weer die sambok wou optel om hom verder te looi, het hy my plotseling te lyf gegaan. Hy was heelwat ligter as ek en ook nie sterk genoeg om my onder te kry nie. Onderwyl ek besig was om hom op die grond vas te pen, het hy onder sy kreune die seun beveel om die bagasiebak oop te maak en die hond los te laat. Die seun se woorde "Sa-sa, vat hom!" het hoegenaamd geen uitwerking gehad nie, want skaars het die hond grond gevat of hy het een tjank gegee en weer terug in die bagasiebak gespring.

Toe ek tevrede was dat ek die man genoeg gekarnuffel het, het ek my greep gelos en ons het albei opgestaan.

Aangesien ek nie nou wou hê dat die man die aanranding by die polisie moes aanmeld nie, het ek hom beveel om in sy motor te klim en huis toe te ry. Ek was van plan om nog met die ander boer ook af te reken en wou nie graag deur die polisie gesteur word nie.

Eers toe my ander vriende by my aansluit, het ek gehoor dat ek die verkeer­de man 'n loesing gegee het. Hoewel ek bitter spyt was, kon ek niks doen om sy pyn te versag nie.

Vandaar is ons na die plaas waar die tweede slagoffer gewoon het. Aange­sien ons uit betroubare bron verneem het dat hierdie persoon besoekers op sy plaas gehad het, is besluit dat Stadler my moet vergesel.

Die storie wat ek aan die eerste persoon opgedis het, is ook met welslae aan die tweede slagoffer vertel. Die man het sy seun wat in uniform was, gevra om ook saam te gaan.

Ongeveer tagtig tree van die woning het ek skielik tot stilstand gekom en aan die soldaat gevra watter soort baadjie hy aan het. "Dis 'n bosbaadjie," het hy ongeërg geantwoord.

"0 so, 'n bosbaadjie met militêre knope en dan nog in die geselskap van hierdie man," het ek verontwaardig uitgeroep. Sonder meer het ek die soldaat met die sambok bygedam. "Breek af daardie knope, breek af!" Die soldaat het die baadjie uitgepluk, die knope tussen sy tande vasgebyt en hulle met stukke materiaal en al afgeruk.

Plotseling het die wit gedaante van 'n vrou agter die bosse verskyn. Sy het in 'n huilstem uitgeroep:

"Ek skiet julle dood. Ek sweer ek gaan skiet!"

Voordat jy "knipmes" kon sê, het vader en seun die loop geneem, reguit na waar die vrou gestaan het. Die man het die geweer gegryp en korrel gevat. Ek het net betyds agter 'n bossie weggekoes. Duidelik kon ek hoor hoe die skoot bokhael by my kop verby suis. In stede van my voorbeeld te volg, het Stadler die hasepad gekies. Dit was net toe hy deur die draad klim dat die bokhael hom in die rug en in die kop getref het. Om verdere skietery te verhoed, het ek luid geskree: "Keer voor, kêrels, keer voor." Ek het terselfdertyd 'n paar skote met my pistool in die lug geskiet. Soos 'n spookgedaante wat half in die lug sweef, het die wit nagrok deur die bosse gevleg. Die twee donkey gestaltes was kort op haar hakke. Dit was 'n kostelike toneeltjie om te aanskou. Nadat ons Stadler se wonde op Bergfontein gaan verpleeg het, is ons weg na Pre­toria.

Die doel van ons reis na Pretoria was om Henk van Cittert te probeer opspoor en te verneem of hy daarin geslaag het om van die Amerikaanse dollars vir Suid-Afrikaanse geld uit te ruil. Nadat ons vir Robinson by die universiteit afgelaai het, is ek en Stadler na die pastorie van my oom, ds. William Robey Joyce, geleë aan die hoofweg tussen Pretoria en Brits, sowat vier myl van laas­genoemde dorpie af. Ons het geruisloos by die motorhek ingetrek en in my oom se motor gaan lê en slaap.

Die volgende oggend was my oom en tante baie ontevrede omdat ons hulle nie wakker gemaak het nie.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1041 gaste aanlyn