NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die voordeel van pyn is dat dit ons meegevoel met ander leer. Wie eenmaal diep pyn ervaar het kan nooit weer ongevoelig staan teenoor die lyding van ander nie.

ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (18)

  Outobiografie van Robey Leibbrandt:

GEEN GENADE

Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self

Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.

Hulp van Namakwalanders

Uit louter blydskap gee ek die jong 'n paar stukkies druiwesuiker of Jode­suiker (soos hy later in die hof getuig het), 'n lang bruin sportbroek met 'n rek bo-in wat hy as 'n vrouensbroek beskryf het en 'n paar bruin skoene wat vir hom "te lank" was — so het hy altans in die hof getuig.

Die jong het so swak beduie waar sy baas se opstal is dat ek verkeerd ge­loop het. Intussen het ek kliphard gedink aan 'n storie om my teenwoordig­heid in daardie verlate en afgesonderde streek te verklaar. As ek die land­streek geken het, sou ek 'n baie beter storie uitgedink het.

 Omtrent agtuur die aand gewaar ek 'n liggie voor my teen 'n bult. Ek het aangeneem dat dit die skaapwagter se baas se woonhuis was.

Nog voordat ek die huis bereik, het die liggie verdwyn. Ek was te moeg en honger om te gis oor die ontvangs wat my in daardie huis te beurt sou val. Sonder om twee keer te dink, klop ek hard aan die voordeur en staan 'n entjie terug om te wag.

Na 'n rukkie gaan die deur oop. Voor my in die deur verskyn 'n forsgeboude man van oor die ses voet met 'n lantern in die hand. Hy kom versigtig nader en lig met die lantern op my sodat hy die nagtelike besoeker beter kon be­skou.

"Goeienaand, Oom," sê ek afwagtend. "Smit is die naam." Die boer bekyk my van kop tot tone. Hy huiwer 'n rukkie voordat by my groet beantwoord. "Naand ... ek is Engelbrecht."

Die afsydige ontvangs het my 'n bietjie ongemaklik laat voel. Ek besluit egter om die bul aan die borings te gryp en deur te druk met my opgemaakte storie.

"Die reën noodsaak my om u te vra of u my nie die nag kan herberg nie," sê ek ewe saaklik.

Aangesien dit nog steeds hard gereën het, word ek deur Engelbrecht binne­genooi. Ek het skaars gesit of die oubaas begin met sy ondervraging. "Hoe het jy gesê ... wat is jou naam?"

"Smit, Oom."

"Smit," herhaal mnr. Engelbrecht. "Waar kom jy vandaan, mnr. Smit?"

"Hier anderkant van 'n plaas af, Oom."

"Watter plaas?"

"Blouwater, Oom."

"Blouwater!" peins mnr. Engelbrecht. "Blouwater ... waar sê jy Iê die plaas?"

"Net hier langs die grootpad van Port Nolloth af," skiet ek 'n skoot in die donker.

Engelbrecht skud sy kop twyfelagtig onderwyl hy my agterdogtig aangluur.

"Kyk, ou seun. Ek is hier gebore en ken elke duim grond van die Kaap tot in Port Nolloth," sê hy, "maar van Blouwater het ek nog nie gehoor nie." Intussen het 'n oorweldigende gevoel van blydskap my oorval. Ek was tog so bly om weer in my vaderland terug te wees dat ek amper gevoel het om die oom van voor of weer te groet en hom van al my wedervaringe in die vreemde te vertel. Ek het egter besef dat ek in 'n hoek was en dat ek 'n leuen moes vertel om los te kom.

"Ek is eintlik 'n student aan die Universiteit van Pretoria," lieg ek. "Twee van ons het met 'n motorfiets rondgereis om 'n studie van die leermetodes in die skole te maak. Ons het verlede nag op 'n plaas ... ek meen dis Blouwater ... geslaap en vanoggend verder gery; die fiets het moeilikheid gegee en toe is my maat daarmee terug. Ek het gemeen ek sou maar stap tot by die naaste stasie en dan die trein terug Pretoria toe haal. My maat se klasse begin eers 'n week na myne."

Later het Engelbrecht my 'n kamer gewys waar ek kon verklee en droë klere aantrek. Die oubaas het vir 'n lang ruk niks gese nie, maar net my bruinge­brande liggaam sit en bestudeer. Meteens vra hy:

"Is jy 'n Duitser?"

Ek ruk soos ek skrik.

"Nee," antwoord ek verward. "Ek is Afrikaans. Hoekom vra Oom?"

"Jou voorkoms en jou uitspraak laat my dink dat jy Duits is."

"Nee, Oom, die Duitsers het mos glo blonde hare en daarbenewens ook fyn­besnede gelaatstrekke. Ek lyk na alles behalwe 'n Duitser. Wat my uitspraak betref, weet Oom tog seker dat ons Transvalers maar so praat."

Oubaas Engelbrecht peins so 'n rukkie en krap sy kop. "Ja, ek het gehoor die Transvalers praat anders as ons hier."

Die ondervraging word onderbreek toe die tannie met 'n reistas haar ver­skyning in die deur maak. "Dis ongelukkig al wat ek kan spaar en jy kan dit vir vyftien sjielings neem," sê sy aan my. Hoog in my skik het ek alles wat ek in die geskeurde tas gehad het, in die ander een oorgepak.

Onderwyl ek besig was met die oorpakkery, kom 'n seun van sowat agttien die kamer binne met 'n skottel warm soutwater in sy hande wat hy voor die bed neersit. "My ma sê Oom moet Oom se voete hierin baai."

"Baie dankie," sê ek oorstelp van blydskap. My voete was nie alleen moeg nie, maar vol bloedblase wat later oopgegaan en nou geweldig begin brand het.

"As jy klaar is, kan ons maar 'n stukkie gaan eet," nooi oom Engelbrecht my.

Aan die tafel het oom Engelbrecht sy ondervraging hervat. Hoewel die vrae later uitgeloop het op 'n soort kruisverhoor, het ek voet by stuk gehou en by my oorspronklike storie gebly.

"Dit skyn my Oom trek alles in twyfel wat ek sê," maak ek kapsie. "As dit die geval is, loop ek sommer nou." Ek het opgestaan.

"Sit, man, sit. Laat ek jou 'n bietjie vertel. Jy het oor verbode terrein gekom. Die grond hier anderkant die spruitjie waardeur jy gekom het, behoort aan 'n diamant-maatskappy. Ek is een van die opsigters en dis my plig om enige vreemdeling wat op die gronde ronddwaal, te rapporteer."

"As Oom dink dat ek diamante kom soek het," antwoord ek uitdagend, "kan Oom my en my tas nou deursoek."

Oubaas Engelbrecht kyk my aandagtig aan.

"Ek glo nie jy is 'n diamantsmokkelaar nie, maar ek sal jou sê wat ek dink: Jy is of 'n Duitse spioen, of jy is 'n Smutsagent wat kom kyk of die mense hier Duitsgesind is."

"Oom is tog seker nie ernstig nie?"

"Ja, man, ek is doodernstig, want 'n mens weet nie meer deesdae wie jy kan vertrou en wie nie."

"Wat moet ek doen om Oom te oortuig dat ek nie 'n Smutsagent of 'n Duitse spioen is nie?"

"Nee, niks nie. Al trek ek in twyfel wat jy my vertel, is dit my plig as Christenmens om gasvryheid te bewys, maar dit is ook my plig om aan my hoof te rapporteer dat jy hier rondgedwaal het. Nietemin, jy kan maar vanaand hier slaap," se oom Engelbrecht vriendeliker.

Ten spyte van my moegheid, kon ek daardie nag nie slaap nie. Ek het die hele tyd gelê en rondrol. Die wete dat my gasheer my teenwoordigheid aan sy hoof gaan meedeel, het my nie soveel gekwel nie as die moontlikheid dat die Suid-Afrikaanse speurdiens oor tegniese middele kon beskik wat, indien ek miskien lewendig oorrompel word, die waarheid uit my kon uitsuig.

Dis eienaardig hoe 'n mens wat in angs lewe, later paniekbevange kan raak oor dinge wat sy eie gedagtes vir hom voorhou.

Deur selfsuggestie en selfhipnose wou ek al die name en plekke van die laaste drie maande uit my geheue wis. Hoe suksesvol ek was met hierdie metode, kan afgelei word van die feit dat ek vandag nog nie kan onthou wat die name van die manne was wat saam met my die reis op die Kyloe meege­maak het nie. Selfs lank nadat ek uit die gevangenis ontslaan is, het ek nie geweet wat die naam van die seiljag was nie. In die artikels wat einde 1948 oor my oorlogservaringe in Die Brandwag verskyn het, praat ek van luitenant Bretz en nie van Nissen nie. Ook die naam Paimpol, die hawedorpie van Frankryk, het ek vergeet. Met die beste wil kon ek daardie name nie weer in my geheue terugroep nie. Eers jare later het die name Nissen, Kyloe en Paimpol in verskillende Duitse tydskrifte verskyn en het ek hulle onmiddellik herken. Van alles wat daar omtrent my oorlogsavonture in buitelandse nuus­blaaie en boeke verskyn het, was daar net die name wat toevallig reg was, die res was meestal fiksie. Ek het nie eens geweet dat my onderneming na Suid­-Afrika bekend gestaan het as "Weiss Dorn" of "Wit Doring" nie.

Laat die nag hoor ek plotseling hoe daar hard aan die agterdeur geklop word.

"Wie is daar?" hoor ek die oubaas se stem.

Die reën het nog een strook deur op die dak gekletter sodat ek nie kon hoor wat die antwoord was nie. Met gespanne aandag en met die pistool in my hand, lê ek en luister.

"Lewendig gaan hulle my waaragtig nie vat nie," dink ek.

Deur 'n skrefie in die deur sien ek die lig van oom Engelbrecht se lantern na die agterdeur beweeg. Duidelik hoor ek die kermende stem van 'n bedien­de wat Afrikaans praat.

"0, baas, my kind is dood," sê sy weemoedig.

Binne enkele oomblikke was tannie Engelbrecht ook by die deur besig om die bediende te troos en raad te gee.

Eindelik het die bediende bedaar.

"Sal baas asseblief vir my 'n kis maak en die begrafnis reël?" het sy sag gevra.

"Ja. Ek sal vir alles sorg. Gaan nou maar terug en doen presies wat die miesies vir jou gesê het," sê die oom.

Spoedig was dit weer donker en stil in die huis. Hoewel ek met die bediende gesimpatiseer het, was ek nietemin verlig oor wat so pas gebeur bet. Ek het daarin die hand van 'n Hoër Mag gesien wat saamgewerk het vir my eie veiligheid. As die oubaas die volgende dag 'n kis moet maak en 'n begrafnis moes waarneem, sou hy nie nog dieselfde dag myle ver kon ry om my by sy hoof aan te meld nie. Die res van die nag het ek redelik goed gerus.

Vroeg die volgende oggend was oubaas Engelbrecht reeds in die werkwinkel besig om die kissie te maak. Ek het dadelik gemerk dat die Engelbrechts baie vriendeliker was as die vorige aand toe ek daar aangekom bet. Veral die ou­baas het my hartlik gegroet en gevra of ek goed geslaap en koffie gekry bet. Ons het daar in sy werkwinkel lank oor ander dinge gesels en toe meteens die gesprek van die vorige aand hervat.

"Man," begin hy gewigtig, "ek bet my die hele aand gele en kwel oor die waarskynlikheid van die storie wat jy my gisteraand vertel bet. Die plaas Blou­water ... ek ken 'n plaas Swartwater hier in die omgewing, maar Blouwater!"

"Dit kan wees dat die plaas eers Swartwater genoem was en nou eers on­langs verdoop is na Blouwater," soek ek 'n uitvlug.

"Hoe lyk dit, glo Oom my werklik nie?"

Oom Engelbrecht het sy hamer neer en kyk streng na my. "Stel jou in my posisie," sê by. "Jy woon hier op die plaas en donker die aand kom ek hier by jou aan met 'n reistas wat met stroke van 'n geskeurde handdoek vasge­maak is sodat dit nie uitmekaar kan vat nie en ek vertel jou 'n storie wat klinkklaar 'n leuen is. Sou jy nie dink dat ek 'n skelm is nie? Om alles te kroon, merk jy later dat ek nog twee pistole in my reistas het. Tot watter gevolgtrekking sal jy kom, meneer Smit?"

"Dis 'n moeilike vraag om te beantwoord, maar Oom dink tog seker nie dat ek 'n droster is wat daarop uit is om ander mense te beroof nie?"

"Mens kan nooit weet nie," sê oom Engelbrecht. "Deesdae gebeur daar snaakse dinge. Luister net 'n bietjie ... Jan Smuts en sy Sappe verklaar oorlog teen Duitsland en nou is ons Nattes ook sommer vyande van die Duitsers. Op my beurt weier ek om saam met Jan Smuts te veg en daarom verklaar hy my tot vyand. Kyk nou in watter haglike posisie verkeer ek. Eers maak hy my sonder my toestemming 'n vyand van die Duitsers en dan maak hy my weer met my toestemming 'n vyand van homself en ... nee, jy weet, Jan Smuts sal my nog dwing om te glo dat die wêreld waaragtig draai."

Ek kon nie help om te lag nie. "Oom praat nou so, maar die pot kan die ketel mos nie verwyt nie. Eers sien Oom my vir 'n Duitse spioen aan, dan 'n Smuts-agent en ten slotte 'n rower en 'n moordenaar. Nou wil Oom vir gene­raal Smuts blameer dat die wêreld draai," se ek ewe sarkasties.

Ons geselsie word onderbreek deur die geklap van perdepote op die werf. Oom Engelbrecht kyk vinnig by die werkwinkel se deur uit. "0, dis my buur­man," sê hy half bangerig.

"More, buurman," groet hy toe die man van die kar afklim. Die besoeker groet afgetrokke terwyl hy agterdogtig na my kyk.

"Dis meneer Smit," stel oom Engelbrecht my aan meneer Auret voor. Auret groet my met die hand sonder om genoeë met die kennismaking uit te spreek. "Is dit die man wat, volgens my skaapwagter, deur die veld aangekom het?" wil hy weet.

"Dis hy," antwoord oom Engelbrecht. "Ek wou vanoggend sy spoor nagaan, maar ongelukkig is een van my bediendes se kindertjies gisteraand dood en moet ek nou eers 'n kissie maak. Sodra ek klaar is met die begrafnis sal ek gaan kyk of ek die spoor kan volg."

Auret trek oom Engelbrecht opsy en voer 'n gedempte gesprek. Ek spits my ore om te hoor wat hulle sê, maar behalwe die woord diamante kon ek niks verstaan nie.

Nadat Auret koffie gedrink het, is hy weer daar weg. Toe hy op sy kar klim, sê hy hardop aan oom Engelbrecht: "Ek ry nou na Garies en sal die saak by die hoofopsigter gaan aanmeld. Intussen kan jy sy spore nagaan."

Omtrent twaalfuur was die begrafnis van die kind afgehandel. Oom Engel­brecht het sonder versuim sy perd opgesaal en aanstaltes gemaak om my spoor na te gaan.

Hoewel dit redelik warm was, het koue sweetdruppels langs my gesig afge­rol. Ek het terdee besef wat die uitslag van oom Engelbrecht se ondersoek sou wees. Die moontlikheid dat die reën my spore in die sand totaal kon uit­wis, het nou vir my na 'n wensgedagte geklink. Nie alleen sou die radiosender gevind word nie, maar ook my landingsplek sou ontdek word en daarmee sou die veiligheid van die bemanning aan boord die Kyloe in gevaar gestel word. As dit gebeur, sou Nissen my ongetwyfeld as 'n verraaier bestempel. Vriend en vyand sou my verag.

Ek het reeds geweet dat oom Engelbrecht nie die Regering se oorlogsbeleid steun nie. Haastig hardloop ek na die opgesaalde perd en gryp die teuels voor by die stang.

"Klim asseblief af, Oom. Laat ons eers gesels voordat Oom ry," pleit ek. Die oubaas kyk my verbaas aan. Ek pleit so al wat ek kan.

"Wat gaan nou met jou aan, meneer Smit?" vra oom Engelbrecht glad nie onvriendelik nie.

"Oom, dis oorlog en dis dringend dat ek met Oom gesels. Ek weet dat Oom onder sekere verpligtinge teenoor die diamant-maatskappy staan, maar ek is geen diamantsmokkelaar nie. Ek sweer, Oom. So help my God!"

Stadig klim by van sy perd af. "Sê nou vir my. Wat hinder jou, ou seun?" Haastig vertel ek hom waar ek my sender begrawe het en dat hy dit asse­blief vir my moet gaan haal.

"Maar hoe het jy tot daar gekom?" wil hy van my weet.

"Gaan haal eers die sender, dan sal ek alles vertel," belowe ek.

Oom Engelbrecht het eers laat die aand teruggekeer. Hy het die radiosender in 'n sak gesteek en voor hom op die saal vasgehou. Hoe hy dit reggekry bet, weet ek nie. Toe alles stil was op die plaas, het ek my sender onder die takke gaan begrawe wat deel uitgemaak het van 'n ou veekraal.

Daardie selfde aand het die oubaas by my aangedring om hom te vertel hoe ek tot op die plek gekom het waar die sender begrawe was.

"Ek besef dat 'n man se woord onder alle omstandighede sy eer is en ek is derhalwe bereid om my woord gestand te doen," sê ek ernstig. "Ek het met 'n duikboot gekom en daarna met die voet gestap tot by die plek waar my sender begrawe is."

Hoewel oom Engelbrecht lank aan my getorring het, wou ek hom nie alles vertel nie. Toe hy ontdek dat al sy pogings futiel is, het hy daarin berus.

"Ek het my plig gedoen en al kan ek nie alles begryp nie, voel ek oortuig dat jy nie 'n skelm is nie," het by uiteindelik sag gesê.

Onder kruisverhoor in die Hooggeregshof in Pretoria, het oom Engelbrecht getuig dat ek onder andere aan hom op sy plaas Sarizam meegedeel het dat ek die leier van die Ossewabrandwag glad nie vertrou en dat die Herenigde Nasionale Party nie meer lank met die O.B. sal saamwerk nie. Ek sou dit gesê het na aanleiding van 'n berig in die koerant waarin dr. D.F. Malan na die Ossewabrandwag verwys het as die aksiefront van die Herenigde Nasionale Party.

Voordat ons daardie aand gaan slaap het, is daar afgespreek dat oom Engelbrecht my die volgende dag saam met hom na Wallekraal sou neem, vanwaar ek met 'n bus na die spoorwegstasie op Bitterfontein sou reis.

Die volgende oggend het ons voor dagbreek die perdekar ingespan en na Wallekraal vertrek. Oom Engelbrecht, wat onder die Namakwalanders bekend gestaan het as oom Joos Koelenberg, het my na die skoolhoof, meneer Carl Meiring, geneem en as Smit bekend gestel. Carl Meiring was bedeel met 'n besondere sterk persoonlikheid. Sy voorkoms en houding het my beïndruk en ek het hom baie gou in my vertroue geneem. Deur sy toedoen het die Mos­tert-broers uiteindelik ingewillig om my met hulle motor na Kaapstad te vervoer.

Daardie aand was ek die gas van die Meiring-gesin. Vroeg die volgende oggend het ek saam met die Mosterts na Kaapstad vertrek. Weens die onlang­se reëns was die pad erg verspoel en het ons ook by die eerste drif vasgeval. Na 'n lang gesukkel het ons eindelik daarin geslaag om met behulp van 'n span donkies deur te kom. Ons het laat die aand in Kaapstad aangekom en in 'n losieshuis tuisgegaan. Nadat ek van die Mostert-broers afskeid geneem het, is ek na die woning van mevrou Annakie Grobbelaar, 'n ou kennis uit Graaff-Reinet se dae.

Van die vriendin het ek heelwat van die Ossewabrandwag se bedrywighede te hore gekom en ook watter leidende persoonlikhede van die beweging hulle in Kaapstad bevind. Ek was reeds bewus van die O.B. se metode van optrede teen die Smutsregering maar wou graag uit die mond van gesaghebbende per­sone hoor wat die eintlike strewe van die O.B. was en hoe hulle daardie ideaal wou verwesenlik.
Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1046 gaste aanlyn