NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In my jeug was ek doodseker van alles; later jare ná duisende foute, was ek glad nie meer so seker van die meeste dinge nie; op die oomblik is ek slegs hiervan baie seker: die dinge wat God aan my openbaar.

ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (7)

  Outobiografie van Robey Leibbrandt:

GEEN GENADE

Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self

Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ is, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.

Voorbereiding vir die Olimpiese Spele

By my terugkeer in Suid-Afrika het ek onmiddellik begin oefen vir die Ber­lynse Olimpiese Spele in 1936. Ek is na Pietermaritzburg in Natal verplaas. Hoewel ek heeltemal tuis was in "Sleepy Hollow", was daar ongelukkig geen skermmaats teen wie ek die nodige boksoefening kon kry nie. Na enkele maande is aan my versoek voldoen en is ek na Sydenham, 'n polisiestasie noord van Durban, verskuiwe. Dit was 'n boksersparadys. Hier het ek bykans net van tropiese vrugte en melk gelewe. Hoewel die ander twee polisiemanne wat saam met my dieselfde woning betrek het, ook boksers was, kon ons wel saam oefen, maar nie saam boks nie. Hulle was albei baie ligter as ek. Weer was ek in dieselfde penarie as in Pietermaritzburg en moes ek rondsoek na skermmaats.

Ek het gehoor van die Bantoe-ontspanningsklub in Durban. Sonder veel seremonie of gewetenskwellinge het ek my daarheen gehaas om alles self noukeurig te ondersoek. Van verbasing het ek byna op my rug geval. Die plek was besonder netjies en skoon. Die bokskryt was van die beste wat ek nog in die land gesien het. Die boksers wat ek daar aangetref het, kon wat taaiheid betref, gunstig vergelyk word met die beste in Natal. Daar het 'n baie aange­name atmosfeer geheers. Van die tradisionele walm in sekere strooise was daar geen sweempie nie. Die boksers het nooit gepoog om van vuil taktiek ge­bruik te maak nie. Daarbenewens was hulle goed gedissiplineerd in en buite die bokskryt. As skermmaats was hulle weens hulle taaiheid net die ware Jakob. Met groot sestien ons-handskoene aan, kon ek maar slaan so hard ek wou. Ta het net so af en toe sy kop geskud en dan maar weer na vore getree om my slaankrag verder uit te toets. Wanneer ek moeg word, het ek Young Stribling se gunstelinghou met welslae teen hulle gebruik. Een goedgemikte linkeropstopper in die maag was genoeg om hulle op die planke te laat krul van magtelose pyn. Totdat die Bantoe meer beskaafde eetgewoontes aanleer, sal sy maag altyd sy Achilleshiel bly.

Tydens 1934 se Suid-Afrikaanse Polisiekampioenskappe in Pretoria het Natal die bokstrofee verower. Hoewel daar net drie boksers in ons span was, het ons tog daarin geslaag om die meeste punte in te samel.

Die Suid-Afrikaanse bokskampioenskappe van 1935 sou in Kaapstad plaas­vind. Ek was in 'n puik toestand van afrigting en het reikhalsend uitgesien na die kragmeting. Net 'n week voordat die Polisie se boksspan na Kaapstad ver­trek het, het ek weer my regterduim beseer. Ek het terugslae geken en geleer om sielepyn te verduur. Ek het geweier om met 'n ernstig beseerde hand aan die kampioenskappe deel te neem. My reputasie was op die spel en ek het ge­weier om met 'n reeks sieklike holklinkende verskonings 'n moontlike neder­laag te probeer negeer. Hoofkonstabel Roodman het alles in sy vermoe gedoen om my hand betyds veggereed te kry. Ure lank het hy met my gesit en redeneer en verduidelik waarom ek aan die kampioenskappe moet deelneem. Hy het al die moontlike teenstanders opgenoem en een na die ander onder die vergrootglas ontleed.

"Nie een kan jou bokshandskoene vasmaak nie," het hy beduie.

Ek het my nie aan sy stories gesteur nie. Ek het geweet dat indien ek net aan een geveg kon deelneem, ek wel die oorwinning in my guns kon beklink. My regterhand sou die seël daarop plaas. Daarna sou ek natuurlik magteloos wees, veral as my opponent weet dat my regterhand buite aksie is. Na veel geredekawel en getorring aan my siel het ek later gevoel dat ek onder ver­pligting staan om aan die kampioenskappe deel te neem. Teësinnig het ek saam met die span gereis. Selfs teenoor my kamerade was ek onvriendelik en kortgebakerd. Met hoofkonstabel Roodman het ek in Kaapstad'n lelike potjie geloop. My hand het aanhoudend gepyn en dit het my opstandig gemaak.

Die eerste geveg het ek mooi en bestendig met my linkerhand geboks. Die eerste rondte was nog skaars twee minute oud, toe lyk dit of my opponent grinnikend na my regterhand kyk. Sy kakebeen het aanloklik in die lug rond­gekuier. Met 'n geweldige poging gebruik ek die beseerde hand. My teenstan­der se kop klap op die planke soos hy val. Die geveg is oor. Maar die finale geveg lê nog voor. Ek sny die handskoenveters met 'n mes om sodoende my hand gouer van die gewig te kan bevry. Die duim skiet sy pyn soos vuurpyle in my arm op. Groot sweetdruppels pêrel op my voorkop. Elkeen wil my graag help en van almal kry ek advies en raad. Die oorwegende mening is dat ek my liefs aan die kampioenskappe moet onttrek. So iets klink na kapitulasie en ek wil niks daarvan hoor nie. My opponent in die eindgeveg was J.L. Smith, die Springbokmiddelgewigbokser wat in 1934 saam met my in Londen was. Ek ken sy styl en weet dat hy glad nie so danig hard kan slaan nie. Hy is egter verbasend vinnig en slaan blitsig. Ongelukkig het my regterhand so gepyn dat ek nie eens gewaag het om een enkele hou daarmee te slaan nie. J.L. Smith het die beslissing gekry.

As senior bokser het ek heelwat meer as honderd gevegte op my kerfstok gehad. Daarvan het ek minstens negentig persent met uitklophoue gewen. Hoe ek ook my hand gedokter het, was daar geen verbetering te bespeur nie. Die sielkundige effek was dat ek gedurig gesoek het na 'n uitlaatklep vir my opbruisende gevoelens. Ek het 'n skerp bewoorde brief aan die komman­dant van die Polisiekollege gerig waarin ek geprotesteer het teen die vyf-en-­tagtig persent Engelse tydskrifte en nuusblaaie in ons onderoffisiere se leeskamer. Ek het geëis dat die Afrikaanse lektuur op gelyke basis met die Engelse geplaas moet word. Gen!. Palmer (destyds was hy nog kaptein) het geredelik aan hierdie versoek voldoen. Bo al die offisiere wat ek tydens my diensperiode in die Suid-Afrikaanse Polisie leer ken het, het genl. Palmer soos 'n kolos uitgetoring. Hy was die eerste polisieman wat van die rang van kon­stabel geklim het tot Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie. Uiteindelik is daar besluit dat my duim geopereer moes word. Ek is na die militêre hospitaal op Voortrekkerhoogte gestuur. Die sagte been wat om die menigvuldige breekplekke saamgepak het, moes verwyder word. Die vierduim­sny aan die buitekant van my duim is selfs vandag nog duidelik sigbaar.

Instrukteur by die Spoorwegpolisie

Intussen het ek aansoek gedoen om 'n betrekking by die nuutgestigte Suid­Afrikaanse Spoorweg- en Hawe-polisiekollege in Braamfontein, Johannesburg. Gelukkig het ek oor al die nodige kwalifikasies beskik en is my aansoek goedgekeur. By ontvangs van hierdie goeie nuus in Oktober 1935 wou ek somaar dadelik my ontslag uit die Suid-Afrikaanse Polisie koop. Die nodige bedrag van vyf pond (R10.00) het ek nie gehad nie. Ek het telegrafies met Meyder in verbinding getree en hom gevra om my die geld te leen. Meyder was toe in Bloemfontein en het onmiddellik op my versoek gereageer. Haastig het ek my ontslagsertifikaat deurgekyk om te sien hoe my gedrag omskrywe was. Die woorde "Seer Goed" het daarop gepryk. Plotseling het ek berou gehad oor al die harde woorde wat ek die afgelope maande kwytgeraak het. Die koeël was egter deur die kerk en ek het my vaste tred voortmarsjeer na 'n nuwe lewe en nuwe vooruitsigte en, helaas ook na 'n nuwe hel.

Twee ander instrukteurs aan die Polisiekollege het hulle betrekkings verkry deur die posisies wat hulle vaders toentertyd beklee het. Ons rang het gelyk gestaan aan die van 'n adjunk-offisier in die Suid-Afrikaanse Polisie. Ons uniform was identies aan hulle drag. Net met die intrap in ons nuwe kwartiere het ek en die een jongman 'n uiters skerp woordewisseling gehad. Hy wou weet wie my die reg gegee het om die rekrute te beveel om hulle vensterruite skoon te maak.

"Jy praat nog," het ek hom toegesnou. "Wat soek jy hier sonder enige kwalifikasies hoegenaamd? Jy is hier ingesmokkel. Indien jou vader dink ek sal enige verdere onreg geduldig sit en opvreet, dan het hy dit mis. Sien jy hierdie pistool?" Met hierdie woorde het ek die pistool wat ek besig was om skoon te maak, in my trommel teruggesmyt. Later moes ek ontdek dat die twee menere 'n hoër salaris ontvang het as ek. Dit het geen bydrae gelewer om my gemoedstoestand te salf nie. Die hele besigheid het my geïrriteer. My vader het reeds sy misnoeë te kenne gegee omdat ek uit die Suid-Afrikaanse Polisie bedank het. Hy moes seker 'n voorgevoel gehad het dat ek skoon water weggegooi het om by 'n vuil krip te gaan drink.

Om sake te vererger, is 'n onderwyser boonop bevorder tot majoor in die Spoorwegpolisie. Hy was wel vroeër 'n luitenant in die Suid-Afrikaanse Poli­sie, maar het as kantoorklerk totaal niks van polisiewerk geweet nie. Hy het tydig en ontydig sy opwagting by die opleidingsentrum van die Spoorweg­polisie gemaak. Wat by daar kom soek het, weet nugter alleen.

Op 'n dag het die rekruut wat in die kantoor werk, haastig na my aangedraf gekom. Met rooi ink het die majoor 'n tabel in die voorvalleboek geskets wat moes dien as leidraad van hoe alle polisieaangeleenthede in vervolg opgeteken moes word. Ek het die instruksies noukeurig bestudeer. Met 'n dik blou potlood het ek in tamaai letters "KAF' oor die hele blad geskryf. Die rekruut kon sy verbasing nie verberg nie en het my met wydgesperde oë aangekyk. "Die voorvalleboek moet gehou word soos ek julle geleer het. Indien daar enige verandering aangebring moet word, sal ek dit doen en nie die majoor nie. Is dit duidelik?" het ek streng gevra.

Die volgende dag het die majoor weer by die opleidingskollege besoek afge­lê. Oudergewoonte het hy weer die voorvalleboek gevra. Hy wou natuurlik seker maak dat sy bevele uitgevoer word. "Wie het hier kaf geskrywe?" het hy gebrul.

Bang en verskrik het die rekruut vertel wat ek die vorige dag gesê het. "Wat?" het dit in die klein vertrekkie weergalm. Na 'n ruk het hy vervolg: "Vergeet maar my instruksies en gaan maar aan soos julle geleer is." Teenoor my het die majoor geen woord gerep nie.

Op 'n dag het ek 'n brief aan die kolonel gerig. Ek het hom beleefd meege­deel dat ek in die vervolg weier om sy seun toe te laat om op die parade­terrein te verskyn. As rede het ek aangevoer dat sy betreurenswaardige hou­ding 'n swak voorbeeld stel aan die rekrute. Eers moes hy leer om regop te staan en 'n militêre houding aan te neem alvorens ek hom weer op parade sou toelaat. Hierop het ek natuurlik geen antwoord ontvang nie. Die seun het ook nie weer saam met my voor dieselfde troep verskyn nie.

Die wete dat ek die enigste van ons drie was wat in alle opsigte voldoen het aan die vereistes gestel aan my as veelsydige instrukteur en polisiebeampte, het my ego gestreel. Dit was derhalwe vir my 'n plesier om my twee kollegas met raad en daad by te staan in die vervulling van hulle pligte. Toe ek egter verneem dat beide van hulle op 'n hoër salarisskaal as ek geplaas was, het ek geweier om langer as leermeester op te tree. Ek het diep gekrenk gevoel. Die verskoning dat beide voorheen in diens van die Suid-Afrikaanse Spoorweë was, het nie gestrook met die ware toedrag van sake nie.

Na die Olimpiese Spele

In 1936 is ek gekies om Transvaal te verteenwoordig op die Olimpiese proefwedstryde in Port Elizabeth. Ek was gelukkig. Weer is al my gevegte met uitklophoue gewen. Daar was geen twyfel dat ek gekies sou word vir die Springbokspan na die Olimpiese Spele in Berlyn nie. Toe die ranglys wat volgens meriete opgestel was, in die koerant verskyn, was ek stom geslaan. Bo-aan was dié van T. Hamilton-Brown, die kampioen van die Westelike Provinsie. My naam het tweede verskyn en dié van Charlie Catterall derde. Charlie was seker een van die beste amateur boksers wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Hy was die enigste een wat daardie jaar 'n silwermedalje verower het, en dit teen besonder sterk mededinging.

Nic Wolmarans het as swaargewig meegeding. Hoewel by skoonskip gemaak het onder die land se beste swaargewigte, is hy nie gekies nie.

Meyder het ongelukkig nie deelgeneem nie. Kort voor die Transvaalse proefwedstryde het hy sy neus gebreek. Wat gebeur het, weet ek vandag nog nie. Tydens 'n skermoefening in Jim Fennesy se gimnasium het ek hom met 'n regterhaakhou teen sy neus getref. Die bloed het gestroom, maar Meyder het aangehou boks. Na die oefening het by skertsend gesê: "Die vervloekte Rooi­bees (dit was sy bynaam vir my) het my met 'n swaargelaaide soplepel op die neus getref." Daar was geen lykskouing nie. Die volgende oggend het sy reuk­orgaan soos 'n rou patat gelyk. Hy het geweier om die dokter te raadpleeg. "Die arts sal net weer peuter om my neus te spalk, en soos 'n renosterbul loop ek nie in die strate rond nie," het hy met homself gespot.

Nieteenstaande sy lighartige lewensopvatting kon by hom nooit bevry van daardie knaende afhanklikheidsgevoel nie. Eers was my vader sy anker in die branding van die lewensee, maar later het ek onbewus as plaasvervanger ge­dien. Meyder het kort ná my ook uit die Suid-Afrikaanse Polisie bedank en by die Spoorwegpolisie aangesluit. As hy die week nagdiens doen by die groentemark, het hy selde bedags aan tafel verskyn. Sy kamer het gedurende daardie week gelyk en geruik soos 'n goedkoop Indiërwinkel. Dit was belaai met vrugte wat hy tydens sy diensure by die vrugteboere op die mark gekry het. Sommige boere het selfs vir hom vrugte by sy kamer kom aflaai.

Op 'n dag het dit gebeur dat 'n boer met twee kissies veselperskes voor sy kamerdeur verskyn.

"Wat gaan hier aan?" wou ek ergerlik weet.

"Net twee kissies vrugte vir kolonel Leibbrandt," het die boer met 'n skalkse laggie geantwoord.

Ek het niks gesê nie, maar gewag totdat ek Meyder in die hande kry. Toe hy voor my in die kantoor verskyn, het ek hom kwaai aangespreek. "Van wanneer of is jy kolonel?"

31

"Wie sê so?" wou hy ondeund weet.

"So 'n ou kalbaspens met sy vlermuisgesig. Ek het hom twee weke gelede al vertel dat ek eersdaags brigadier sal wees. Wat lot hy nog met kolonel?" Ek het hom berispe oor sy gekskeerdery met die publiek, maar ek het ge­weet dat generaal Meyder Leibbrandt die volgende week by die mark aan diens sou wees.

Toe ek in kennis gestel is dat ek my by 'n sekere firma moes aanmeld om my mate te laat neem vir my Springbokbaadjie, het my vreugde opnuut vlam gevat.

Vir my was 'n lank gekoesterde ideaal daarmee verwesenlik. Ek sou na Duitsland gaan en daardie legendariese figuur Adolf Hitler in lewende lywe sien. Ek was toe reeds drie-en-twintig jaar oud, maar het geen belangstelling in politiek gehad nie. Ek het wel deeglik geweet wat Nat en Sap beteken, maar dit was ook omtrent al.

Toe ek in 1934 saam met die Springbokspan na Londen is, het ek aansoek gedoen om na afloop van die Statebondspele in Engeland agter te bly om 'n kursus in liggaamsopvoeding te volg. Die Kommissaris van die Suid-Afrikaan­se Polisie het geredeneer dat "Aldershot" Grobler alle kennis reeds in die Polisiekollege toepas. Enige verdere bydrae was derhalwe onnodig en oor­bodig. In 1936 het ek weer aansoek gedoen, hierdie keer direk aan die Minis­ter van Vervoer. Wyle adv. Oswald Pirow het my aansoek goedgekeur. Ek kon ses maande onbetaalde verlof kry om in die buiteland te studeer. Die kolonel in bevel van die Spoorwegpolisie het my aansoek by die Minister sterk aanbe­veel. Wat die rede vir hierdie welwillendheid was, het ek eers later ontdek.

Om in die buiteland te studeer, het ek geld nodig gehad en ek moes gevolg­lik my motor van die hand sit om my skrale bankbalans aan te vul. As ligswaargewig was ek die swaarste van die ses boksers in die Springbokspan; die middelgewig Eddie Peltz was gevolglik my enigste skermmaat. Ons het gereeld elke middag op die boonste dek van die boot geoefen. Hoewel ek sestien-ons-handskoene aangehad het, was ek nog altyd huiwerig om met my volle gewig te slaan. Toe ek wel eendag die slaankrag met my regtervuis wou uittoets, het Peltz vinnig teruggewyk. Die hou was enkele millimeters te kort en 'n geweldige pyn het in my regterelmboog opgeskiet. My elmboog het in die lit gebreek. Die vrees dat ek miskien na Suid-Afrika teruggestuur sou word, het my weerhou om my besering by die bestuurder aan te meld. Hoe­wel ek verskriklik veel pyn moes verduur, het ek nog gereeld elke dag ge­oefen. Indien ek toe geweet het dat 'n reguit hou met die regtervuis inge­skroef moet word sodat die kneukels van die ringvinger die opponent se kake­been tref, sou my elmboog niks oorgekom het nie. Deur die regtervuis na binne te draai, word die elmboog "gesluit" en die skok word deur die skouer­spiere opgevang.

'n Bootreis is seker een van die heerlikste ondervindinge wat enige sportman kan wens om te belewe. Soos gewoonlik, het die boot by Madeira anker gelaat en is ons almal met motorbote na die eiland. Hierdie Portugese vesting is wel nie groot nie, maar die natuurskoon is aangrypend mooi. Vanaf Southampton is ons met die trein na Londen waar ons 'n dag of twee vertoef het. Ons het oor die Engelse Kanaal geseil na die Hoek van Holland en is vandaar met die trein na Berlyn. Die hele stad was versier met Olimpiese vlae. Oral in die strate is in reuse-skrif die Duitse bokser Max Schmeling se oorwinning oor die Amerikaanse Neger Joe Louis verkondig. "Schmeling se oorwinning is Duitsland se oorwinning," het dit in banierskrif daar gestaan. Die volle betekenis van nasietrots het langsamerhand tot my deurgedring en ek het plot­seling politiek-bewus geword. Alles wat ek van toe of gesien en ervaar het, het ek polities begin ontleed. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat my vader­land 'n geweldige agterstand het om in te haal.

Die Olimpiese dorp was pragtig geleë. Twee woonhuise is tot die beskikking van die Springbokspan gestel. Luitenant Freiherr von Vietinghof van die Duitse leer was ons gids en gasheer. Die organisasie was onoortreflik en die dissipline en vriendelikheid van die Duitse volk het 'n geweldige indruk op my gemaak. Gelukkig kon ek met die Duits wat ek op skool geleer het regkom, en deur middel van onderhoude het ek 'n vae begrip gevorm van die Duitser se denkrigting. Dit was vir my veral opvallend dat die Duitse soldaat alle range — nie net offisiere nie — gesalueer het. Wat my egter die meeste getref het, was die wyse waarop die Duitsers mekaar gegroet het.

In stede van die tyd van die dag aan te haal, het hulle net "Heil Hitler!" gesê. Ek het aandagtig geluister na die stembuiging om te probeer vasstel of daar nie 'n ondertoon van gedwongenheid in hierdie eienaardige groet was nie. Vir my as leek het dit meer geklink na spontane verheerliking van iemand wat hulle met die grootste agting bejeën het.

Ek was nie in Duitsland op 'n volksmilitêre sending nie, maar om 'n goue medalje vir Suid-Afrika op die Olimpiese Spele te probeer wen. Ek het terdeë besef watter groot verantwoordelikheid daar op my rus en het alles in my ver­moë gedoen om my liggaamlik en geestelik voor te berei vir die titaniese kragmeting wat daar op my sou wag. Met verlof van die Duitse opsigter in die Olimpiese dorp, het ek my matras saans op die vloer neergesit en daarop ge­slaap. In 1934 het ek dieselfde in Londen gedoen. Die blanke vroulike bedien­des in die hotel het hulle byna 'n papie gelag vir die grotbewoner uit Suid­Afrika.

Die Duitse joernaliste het hierna gegryp as voedsel vir hulle sensasiebeluste leserskring. Onder die opskrif: "Die interessantste man by die Olimpiese Spele," het 'n lang artikel oor my in 'n sportblad verskyn. My eet-, slaap- en vasmetodes is breedvoerig beskryf. My leefwyse is deur 'n spotprent uitge­beeld. In stede van die gebruiklike slaansak, het ek 'n pampoen wat aan 'n tou hang, gebruik om my met my afrigting te help.

Later het die sportskrywers my tot gunsteling verhef om die Olimpiese ligswaargewigtitel te verower. Ek het my nie gesteur aan die reputasie van die Duitse beroepswaargewigboksers nie. Tydens skermoefeninge het ek onder hulle ingeseil asof ek die heer en meester van die kryt was, en nie hulle nie. Hoe meer die koerante my as bokser opgevysel het, hoe harder het ek ge­oefen. Douvoordag wanneer almal nog slaap, het ek teruggekeer van my oefe­ninge in die veld buite die terrein van die Olimpiese dorp. Ek wou so graag die eerste Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner wees om 'n Olimpiese titel te verower. Sodoende sou ek daarop aanspraak kon maak dat die bewoording op ons Springbokbaadjies ook in Afrikaans aangebring moes word. Dis eien­aardig hoe so 'n nietigheid die rebelsheid in 'n mens kan aanblaas. Dit was trouens alles toe te skrywe aan die geweldige invloed wat Nasionaal-sosialis­tiese Duitsland op my as jong man uitgeoefen het.

Geleidelik het ek 'n metamorfose ondergaan. Ek het fanaties begin belang­stel in reaksionêre politiek. Eers was ek bereid om in 'n eie geslote kring te stry vir alles wat aan die Afrikanervolk eie is; nou het ek in staat gevoel om daarvoor te sterwe.

Hoe maklik is dit nie om hierdie woord met ses letters te skrywe, te sê en te sing nie? Later sou ek eers ontdek wat hierdie omvattende woord in sy diepere sin beteken.

Hoe dit ook al sy, die verowering van 'n Olimpiese titel was binne my be­reik.

Om hierdie ideaal te verwesenlik, was geen offer vir my te groot nie. Ek het soos 'n besetene geoefen. Die gevolg was dan ook dat ek kort voordat die Spele 'n aanvang geneem het, totaal ooroefen was. Dit was vir my 'n senu­rowende proses om selfs iemand te sien hardloop. Die doellose verkwisting van energie het my moeg en senuweeagtig gemaak. Vir enige beuselagtigheid het ek kwaad en opvlieënd geraak. Die bestuurder van die Springbokspan was glad nie gediend met die wyse waarop ek my polities uitgelaat het nie. Hy het as Engelssprekende diep gekrenk gevoel oor alles wat ek gesê het en was my later vyandiggesind. Om te verhoed dat die gees van kameraderie onder die Springbokke vergiftig word, het ek die opwelling van politieke gevoelens op die bestuurder afgekoel.

Om nie in 'n goeie staat van afrigting te verkeer nie, mag kommer wek, maar om ooroefen te wees, baar eindelose nagmerries en sweet sonder vog. Ek het geweet dat die enigste teenmiddel teen fisiese afgematheid, rus en nogmaals rus beteken het. Die bestuurder van die Springbokspan het op my versoek om boksoefeninge te staak, gedreig om my weens pligsversuim na Suid-Afrika terug te stuur. Sy houding het my geskok. Hy het op daardie oomblik vergeet dat sy pligte alles behalwe die uitoefening van diktatoriale mag was. Toe ek hom daarop wys, het 'n skerp woordewisseling ontstaan wat geensins bevorderlik was vir ons onderlinge verhouding nie.

Tydens die periode wat ek in die hospitaal afgesonder was vir die behande­ling van my elmboog, het ek my lot by die Duitse dokter bekla. Hy het my simpatiek aangehoor, maar geen kommentaar gelewer nie. Met 'n botteltjie vitamine-tablette in die hand het ek daardie dag die hospitaal verlaat. Dit het algaande tot my deurgedring dat die Duitser 'n vegter bewonder maar 'n slap­sak-houding verag. By hulle het ek vir die eerste keer voedsel vir my vegters­gees ontvang.

In die Olimpiese dorp was dit egter nie net altyd oefening en sweet nie. Daar was genoeg afleiding om die gees te stimuleer. Onder die boksers het Jim Fennesy gesorg dat die lagspiere genoeg oefening kry. Die gewieg van die groot Duitse luukse-busse het hom gedurig aan die slaap gesus. Toe die Duitse vliegtuigballon, die Graf Zeppelin, een dag geruisloos bo ons bus verby geweeg, het ek Jim 'n harde stamp gegee.

"Kyk, hier gaan die Graf Zeppelin," het ek opgewonde uitgeroep. Jim Fen­nesy het hom bloedig vererg.

"Los my uit," het hy half deur die slaap gemompel. "Ek sal die ding more in die koerant sien."

Om aan die situasie luister te verleen, het Jim met geslote oë in geradbraak­te Duits op my gevloek. Almal in die bus het geskater van die lag. Gelukkig het Jim nie die betekenis van die woorde geken wat hy probeer uitspreek het nie, anders sou die vroumense in die bus hulle miskien vererg en nie net gebloos het nie.

Geen Springbokspan sal ooit weer die eer hê om 'n Jim Fennesy scam met hom op toer te hê nie.

Ons boksers was elke aand vroeg in die bed. In die skouburg van die Olim­piese dorp het elke aand 'n film gedraai. Soms is dit afgewissel met 'n verskei­denheidsvertoning. Die artieste was die beste in Duitsland. Die opkomende nuwe Duitsland het alles uit 'n propagandistiese oogpunt benader.

Een aand het ek na die geveg tussen Max Schmeling en Joe Louis op die sil­werdoek gaan kyk. Dit was vir my 'n openbaring om te sien dat Schmeling sy beste treffers gelewer het wanneer hy plat op albei voete staan. By elke so 'n hou het Louis met die planke kennis gemaak. Ek het Schmeling noukeurig be­studeer. Sy bokstegniek kon met die volgende punte saamgevat word: Hy het onder die wildste aanslae en tergendste omstandighede altyd komkommerkoel gebly. Sy boksmetodes was heel eenvoudig en sonder enige tierlantyntjies. Elke beweging was doelbewus. Daar was geen onnodige energieverspilling nie. Die regtervuis het sonder die geringste aankondiging vanaf sy wagtende posisie op die skyf afgeskiet. Sy volle gewig was agter elke regterhou. Behalwe die gawe om altyd kalm te bly, het Max Schmeling besonder goeie oë gehad.

In die Tweede Wêreldoorlog was Max valskermspringer en toevallig een van my kamermaats. Op 'n vraag van my waaraan hy sy sukses as voormalige wêreldkampioen toeskrywe, was sy antwoord: "Die wil om te wen." Max se oë het gevonkel van trots toe hy my 'n foto van Adolf Hitler toon wat die Fuhrer aan hom geskenk het.

In die Olimpiese dorp was daar groot bedrywigheid die dag voor die openingsplegtigheid in die Olimpiese stadion. Al die verskillende lande van die wêreld wat aan die Olimpiese Spele deelgeneem het, sou in gelid voor Adolf Hitler verbymarsjeer. Ek is gevra om die span of te rig vir hierdie grootse sportparade. Dennis Shore, die gunsteling onder die Springbokke om 'n goue medalje te verower, sou die vlag van Suid-Afrika dra. Die Springbokke het hulle soos geoefende soldate gedra. Al die bevele sou ek in Engels gee. Die dag met die opening van die Spele het alles glad verloop. Op die bevel: "Oë Regs!" het ons almal in die rigting van Adolf Hitler gekyk. Vandag nog weet ek nie wat met my op daardie oomblik gebeur het nie.

Die Fuhrer was van normale grootte en sy liggaamsbou het onder die groep "atletiese tipe" geval. Die bruin uniform wat by aangehad het, was sonder enige onderskeidingsteken of versiering. Net die Duitse Ysterkruis, wat hy in die Eerste Wêreldoorlog vir dapperheid ontvang het, was op sy bors vasge­speld. Soos 'n standbeeld het hy daar gestaan, sy regterarm skuins in die lug voor hom uitgestrek as erkenning van ons eerbewys.

Ek het stip na hom gekyk. Meteens is ek deur 'n vreemde gewaarwording beetgepak. Of dit sy nederige drag of sy magnetiese persoonlikheid was wat my geboei het, weet ek nog steeds nie, maar dit was vir my kompleet of 'n hipnotiese krag my berneester het. Ek het geen marsmusiek meer gehoor nie en meganies gemarsjeer. Soos 'n outomaat het ek die res van die bevele —"Oë front" en "hoede op" — gegee. Daar was 'n klein verwarring. Die bevel is nie na wense uitgevoer nie. Twee of drie het 'n pas te veel by die terug­plasing van hulle hoede op hulle koppe gegee. Dit was alles my fout. By die aanskouing van Adolf Hitler het die Duits-Ierse bloed onstuimig deur my Afrikanerhart gebruis en ek het in my eie moedertaal die bevel gegee. Mis­kien het ek probeer om die Fuhrer te beïndruk. Ek wou aan hom in die taal van genl. De Wet vertel dat hier voor hom nasate van 'n heroiese volk verby­marsjeer. Ek het toe reeds geweet dat Adolf Hitler 'n besonder hoë dunk van genl. De Wet en die Boerevolk in die algemeen gehad het.

Met die Olimpiese Spele in 1936 het 'n nuwe reëling in werking getree. Alle boksers en stoeiers wat nie uitgeskakel is nie, moes elke oggend geweeg en medies ondersoek word. Volgens die inskrywingslys was daar ses-en-twintig lande verteenwoordig in die ligswaargewigafdeling. Volgens berekening moes ek vyf opponente klop om die Olimpiese titel te verower. Die gevegte sou in die reusagtige Deutschland Halle plaasvind.

Hamilton-Brown, kampioen van die Westelike Provinsie en eerste keuse in die Springbokspan, het sy eerste geveg verloor. Diep teleurgesteld het hy soos 'n ware sportman die uiters onregverdige beslissing aanvaar. Dit val heeltemal buite die bestek om hier 'n lang jeremiade te lewer oor die skaamtelose gedobbel met beslissings op internasionale sportgebied. Hierdie toedrag van sake is 'n dekselse skande. Dit is hoog tyd dat 'n internasionale wêreldraad, bestaande uit hoogs bekwame en beproefde sportmanne, gestig word om hier­die euwel die hoof te bied.

My eerste geveg was teen die Egiptenaar Amin Amid. In vervloë jare kon sy volk wel piramides bou, maar van boksgevegte by die Nyl het ek nog nooit gehoor nie. Met my linkerhand sou ek sy verlede in spykerskrif op sy bakkies uitbeitel en met die regtervuis sou ek hom balsem! So het ek altans gerede­neer. Onder groot gelag het ek my voornemens aan Jim Fennesy meegedeel.

In die bokskryt het die Egiptenaar egter dapper en ridderlik geveg. Hy het die taaiheid van sy voorgeslagte oorgeêrf en geslaan soos 'n kameel se skop. Gelukkig het ek daarin geslaag om die afstammeling van een van Farao se knegte met die kous oor die kop terug te stuur na sy mede-kameelruiters.

In my tweede geveg het ek Johansen van Noorweë ontmoet. Die beslissing was eenparig. Ek het al drie rondes gewen. Dit is egter geen aanduiding van Johansen se boksvernuf nie. Na my mening was hy die beste ligswaargewig­bokser op die Olimpiese Spele. Ek was net gelukkig, dis al.

Intussen het Charlie Catteral al sy gevegte gewen. Ons was albei in die kwarteindronde. My derde geveg was teen Havelka van Tsjeggo-Slowakye. Aan die einde van die tweede rondte het ek hom met 'n moorddadige regter­swaaihou teen die kop getref. Hy het teen die toue geval. Voordat ek kon opvolg, het die klok gelui. My hand het skielik geweldig gepyn. Jim Fennesy was by my in die hoek.

"Waarom trek jy jou gevreet so lelik?" wou hy weet.

"My hand, my hand," het ek gekerm. "In hemelsnaam, moet net nie daaraan vat nie."

Die klok het reeds gelui. Ons is in die middel van die kryt. Soos 'n verwonde tier bly ek gedurig op die aanval. My hand pyn so dat ek vergeet om moeg te word. Die geveg was taai en die rondte oneindig lank. Ingee durf ek nie! Ek het meer teen die pyn geworstel as teen die houe wat my getref het. Die klok se gelui het soos 'n heerlike droom tot my deurgedring. Die beslissing was in my guns. Ek het 'n sug van verligting geslaak. Daardie nag het ek rondgerol van pyn. My kussing was die volgende oggend nat van die sweet. My hand was dik geswel en het gelyk asof 'n hele swerm bye dit toegetakel het. Die be­stuurder van die Springbokspan het my reeds verwittig van sy beslissing. Hy het beslis geweier om toe te laat dat ek met 'n gebreekte hand die kryt betree.

"Dit is my hand en kan daarmee maak ek wat ek wil," het ek moeg teëgewerp. In 'n koma van pyn het ek na die saal gestap om geweeg en medies onder­soek te word. My gewig was reg. Die dokter moes my nog net medies geskik verklaar. Ek het ons bestuurder met die dokter gesien praat. Albei het na my gekyk. Dit was my beurt om voor die arts te verskyn. Eers het by na my hand en toe na my gekyk.

"Wat het hier gebeur?" wou hy weet.

"Net lig verstuit," het ek gelieg.

Versigtig het by die hand ondersoek. "Kan jy jou regterwysvinger beweeg?" "0 ja, Herr Doktor."

Dit was dieselfde arts wat my die vitamine-tablette gegee het. Hy het my hand in syne geneem en dit gedruk. Ek het gevoel ek gaan flou word. Toe hy dit merk, gee hy skielik skiet. Met 'n ondeunde glimlaggie het hy op 'n papiertjie gekrap en dit aan my oorhandig.

"Gaan na die hospitaal en sê vir die suster jy moet 'n uur behandeling kry." Die elektriese behandeling wat ek ontvang het, het wel die pyn verdoof, maar nie die swelsel veel laat sak nie. Toe ek by die kamp kom, het ek on­middellik na die bestuurder gestap en vermakerig gesê dat die dokter my medies geskik verklaar het. Die ou man was woedend.

"Wat weet daardie Duitse aap? Ek sê jy kan nie boks nie en dit is finaal." "Ek sê ek gaan boks en selfs die duiwel sal my nie keer nie. En wat meer is, more-aand wen ek nog met dieselfde hand die Olimpiese titel vir Suid­-Afrika," het ek grootgepraat.

"Geen Suid-Afrikaner sal jou in jou hoek bystaan nie. Jy kan maar self sien en kom klaar," het hy gesê.

Die nuus het gou deur die Olimpiese dorp versprei dat ek die aand sonder helpers in die kryt sou verskyn. By die Deutschland Halle het twee Duitse mediese studente aangebied om my in my hoek te help.

"Kan julle nie miskien kokaïen vir my in die hande kry nie?" wou ek weet. "Nou is dit ongelukkig te laat. Indien ons eerder geweet het, kon ons wel 'n plan beraam het. So 'n kokaïen-inspuiting sal jou hand gevoelloos maak teen pyn en jy sal al die beentjies in jou hand kan breek sonder om dit te voel. Dit is deksels gevaarlik," het die oudste Duitser gewaarsku.

"Asseblief, kry vir my net 'n spuitjie en 'n bietjie kokaïen," het ek aangehou. Ek is nie alleen bereid om my hande nie, maar ook my arms af te baklei. Dit is uiters noodsaaklik dat ek die Olimpiese titel moet wen."

Terwyl ek in die kleedkamer besig was om reg te maak vir die geveg, het Jim Fennesy, vergesel van Dave Carstens, hulle opwagting gemaak.

"Robey, die bestuurder het ons gelas om saam met jou na jou hoek te gaan, ou maat," het Jim met meegevoel gesê.

Knaphandig het hulle my gehelp verklee en my boksskoene netjies vasgeryg. My hand was te dik geswel om in die agt-ons-bokshandskoene te gaan. Met 'n mes is die handskoen effens oopgesny en toe weer met hegpleister toegekleef.

Ek en Charlie Catterall was die enigste twee in die Statebond wat tot die halfeindronde deurgedring het. Charlie het reeds sy geveg gewen en was nou in die finaal.

"Net soos jy en Laurie Stevens in 1932 goue medaljes verower het, gaan ek en Charlie nou die kuns herhaal," het ek vol selfvertroue aan Dave Carstens gesê. "As ek die Fransman net met een regter teen die kakebeen kon slaan, sal hy oor Parys se Eiffeltoring vlieg."

Jim was nie vir pretmakery te vinde nie. Hy was my leermeester en het vir my jammer gevoel. Michelot het met tipiese Franse lewenslustigheid eerste in die kryt verskyn. Hy was die ligswaargewigkampioen van Europa en 'n er­vare vegter. Hoewel hy kort en stewig gebou was, het ek reeds gehoor dat hy nie besonder hard kon slaan nie. Hy het natuurlik gehoor dat my regtervuis buite aksie was, maar het geen waarde daaraan geheg nie. Sy vermoede was dat dit net 'n slinkse plan was om hom in 'n lokval te lei. Deur gedurig links om te beweeg, het ek gou gemerk dat hy respek vir my regterhand het. Sy vegpatroon het uitstekend in my kraal gepas: hy was 'n maklike skyf vir my reguitlinker. In my hele boksloopbaan het ek selde so lekker met my linkerhand geboks. Ek het goed gesorg dat ek nie in binnegevegte betrokke raak nie. In so 'n geval sou ek alles in my vermoë moes doen om my regterhand buite die gedrang te hou. Na die einde van die derde en laaste rondt het ek gevoel dat ek gewen het. Sowel Jim as Dave was daarvan oortuig dat die be­slissing in my guns sou wees. Die aankondiging dat Michelot die wenner was, het byna die dak van die Deutschland Halle gelig. Die groot Duitse skare het hulle misnoeë en ontevredenheid te kenne gegee deur luid en aanhoudend te fluit. Geen protes in die vorm van gefluit en gejou het al ooit 'n beslissing verander nie, en op die Olimpiese Spele was daar ook nooit so 'n uitsondering nie.

Hoewel diep teleurgestel met die uitslag van die geveg, het ek veel gehad om voor dankbaar te wees. Ek het my bes gedoen. Met twee gesonde hande kon ek wel beter gevaar het, maar beslis nie met een nie. Dit is so beskik en ek het daarin berus. Charlie Catterall het 'n silwermedalje gekry en ek het in sy vreugde gedeel. Die ligswaargewigtitel is deur Michelot verower. In die finaal het by die Duitser oortuigend geklop.

Die beste sportambassadeur in die hele Springbokspan was ongetwyfeld Johannes Coleman. Hoewel hy sesde in die marathon geëindig het, het hy vir Suid-Afrika meer reklame gemaak as selfs Catterall met sy silwermedalje. Toe hy aan die einde van die marathonwedren die stadion binnekom, het hy aan­houdend vir die skare gewaai. Die ovasie wat hom te beurt geval het, was sells groter as die vir die wenner.

Indien Dennis Shore met die regte temperament bedeel was, sou niemand hom op die Olimpiese Spele geklop het nie. Hierdie seun van Suid-Afrika met sy sonnige geaardheid was voor 'n groot wedren 'n senuwee-orrel en kon ge­volglik nooit sy beste lewer nie.

Vervolg...  

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 567 gaste aanlyn