NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie – Prediker 9:10

AFRIKANER- NASIONALISME (12)

T B Floyd

Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme

President Steyn aan die Woord deur JJ. Oberholster Ph.D.,

en M.C.E. van Schoor M.A., M.Ed., p. 183.

Generaal Botha het homself so ver van die Afrikanerbelange gedistansieer dat hy teen die gedagte was van N.J. van der Merwe om ’n taalfees onder die studente van Stellenbosch in 1913 te reël. Generaal Botha wou as eerste minister dit nie ondersteun nie. As sprekers het prof. Morrees en generaal Hertzog opgetree. President Steyn het in ’n telegram die volgende beroemde woorde gestuur: „Die taal van die veroweraar in die mond van die verowerde is die taal van slawe.”

 

Met die Rebellie in 1914-15 het nasionalisme sterk teen die slawehouding van generaal Botha opgevlam. Die nuwe politieke front het eers stadig gevorder, maar met die sterk Afrikanergees gedurende die Rebellie en kort daarna het die nuwe politieke front groot vordering gemaak. In die Vrystaat en Transvaal was die groei te danke aan sowel die sterk republikeinse en vryheidsgees as die vegtende houding vir die belange van die Afrikanerdom.

N.G.S. van der Walt verklaar dit soos volg: „In die Rebellie het die Volk met ’n gewelddadige herlewing van die vryheidsideaal teen ’n owerheid in opstand gekom, wat vir hom geen volksowerheid meer was nie, omdat hy in stryd gehandel het met die sedelike opvattings van die Afrikanervolk... Voortaan word die strewe onder Afrikaners in ’n toenemender mate gekenmerk deur ’n drang na volkseenheid met die oog op die verwesenliking van hul staatkundige en nasionale aspirasies. Omdat die Afrikaners hulle staatkundige en nasionale aspirasies in ’n Republiek wil verwesenlik, begin hulle daarna streef om die Afrikaner­volk in ’n volksparty en wel in die Nasionale Party te vereenig.”7 0 Verder sê N.G.S. van der Walt: „Toe die Nasionale Party in 1919 hierdie ideaal opvang, het hy dadelik gegroei en beweeg in die rigting van Volkseenheid.”

Generaal Hertzog se strydkreet van Suid-Afrika Eerste is in daardie dae op die regte wyse vertolk. Dit het beteken wat Engeland Eerste of Deutschland iiber alles beteken het, d.w.s. nie die land as bloot geografiese gebied nie, maar die nasie van die land inkluis. Suid-Afrika eerste, die Afrikaner en sy land eerste, net soos Engeland Eerste die Engelse nasie en sy land beteken. Dit was en is nog ’n goeie politieke slagkreet en word vandag deur politieke opportuniste gebruik, selfs deur die wat geen gevoel vir die nasie van die land het nie. Hulle gebruik dit in ’n geografiese sin want hulle belang is net in die rykdom van die land en hoe om dit uit te buit.

Terwyl in Transvaal en die Vrystaat die klem sterk op vryheid of ’n republiek geval het, het dr. Malan in Kaapland hom nie sterk in die openbaar verklaar wat Afrikaner-nasionalisme betref nie. Inteendeel, hy het op 18 November 1915 sy party se standpunt soos volg gestel: „De Brits vlag in die handen van die Nationale Party was even veilig indien niet veiliger dan met enige ander party.”[1]

Dit was ’n verklaring totaal in stryd met die beginsels van nasionalis­me en het ’n swakheid in die politieke front openbaar.

In 1917 het die Federale Raad van die Nasionale Party wel erken dat ’n republiek die mees gewenste staatsvorm vir Suid-Afrika is maar generaal Hertzog het dit nie as doelwit vir die Nasionale Party aanvaar nie.

Die gevoel van nasionalisme was sterk onder die Afrikaners in 1917. In Julie van daardie jaar is ’n groot C.N.O.-kongres te Bloemfontein gehou en dit was deur al drie Afrikaanse kerke ondersteun. Ook in 1917 was daar ’n sterk opwelling van nasionalisme met ’n kragtige poging om die skuld van rebelle, wat gevonnis was, af te betaal. Die Helpmekaar- beweging was baie bedrywig in hierdie opsig.

N.J. van der Merwe het reeds in 1917, terwyl hy nog predikant was, groot belangstelling in die republikeinse beweging getoon. Hieroor skrywe dr. Scholtz soos volg: „Met groot belangstelling volg Van der Merwe in 1917 die verdere verloop van die republikeinse beweging. As mnr. J.X. Merriman in die Parlement ’n mosie ter afkeuring van die beweging indien, skryf Van der Merwe onder datum 27 Junie: ,Die voorstel van mnr. Merriman om alle diskussie omtrent die ontwikkeling van Suid-Afrika tot ’n selfstandige republiek dood te maak, is weer ’n ander voorbeeld van die smoorpolitiek wat ons in die afgelope sewe jaar in die Unie ondervind het.’ As kort daarna ’n aantal mense uit Philippolis aan generaal Hertzog ’n versoek rig om ’n groot republi­keinse byeenkoms te belê en laasgenoemde, weens politieke redes, nie kans daarvoor sien nie, skryf Van der Merwe op 3 Julie: „...generaal Hertzog raai aan tot versigtigheid - ja amper, om te versigtig te wees. Hy wil die Philippolis-komitee liewer die gedagte van so ’n kongres laat opgee. Ons stem saam met hom. Op hierdie tydstip lyk dit of ons verskriklik veel verbittering onder die Engelse sal verwek en of onsself nog ’n bietjie te verdeeld is. Maar ons wil tog aan die hand gee dat ons ver­sigtig met ons versigtigheid te werk gaan. Die mense vra nie vir ’n gewelddadige onafhanklikheidsverklaring nie. Die praatjie van die Bondgenote oor die vryheid van kleiner nasies het self die mense opnuut vol verlange na die onafhanklikheid gemaak. Ons Engelse landgenote weet tog dat die meeste HoIIandse Afrikaners verlang om die gedagte van verowering wat heeldag oor ons sweef, kwyt te raak.”[2] Dit was duidelik dat die lede van die Nasionale Party sterk vir ’n republiek en vryheid gevoel het maar dat die leiding te versigtig opgetree en die gevoel gedemp het. Na twee jaar, d.w.s. in 1919, het ’n verdere oplewing van nasionalisme plaasgevind. Op ’n uniale kongres van die Nasionale Party gehou op 16 en 17 Januarie 1919 in Bloemfontein, is ’n besluit om ’n onafhanklikheidsdeputasie na die Vredeskonferensie te Parys af te vaardig. Generaal Hertzog het die deputasie gelei en dr. Malan het hom vergesel. Generaal C. de Wet en Piet Grobler kon nie saamgaan nie want paspoorte is aan hulle geweier.

Die belangstelling in hierdie poging was geweldig hoewel dr. Malan in sy boek die mening uitspreek dat niemand van die deputasie eintlik verwag het om die onafhanklikheid te verkry nie.7 3 Sy hele houding kom voor as te versigtig en te verdedigend. Die aanvallende gees van ’n Paul Kruger en ’n Piet Joubert was nie aanwesig nie. Dus vind ons dat twee jaar later op Malmesbury, Malan verklaar dat die Nasionale Party pal staan by die konstitusionele verhoudings soos hulle vandag is.

Die staking van die mynwerkers in 1922 en die destydse verdere arbeidsonrus in die land het beroering in die politiek gebring. Dit het die Nasionale Party en die Arbeiderparty onder kol. Creswell nader aanmekaar getrek as bondgenote teen die[3] antinasionale kapitalisme en die regerende Suid-Afrikaanse Party wat onder sy invloed was. Die ge­volg was dat ’n ooreenkoms of Pakt tussen die twee partye ontstaan het en hulle saam die Suid-Afrikaanse Party in die verkiesing van 1924 beveg het waarvolgens die uitslag was dat die Nasionale Party 63, die Arbeiderparty 18 en die Suid-Afrikaanse Party 53 setels gewen het.[4] Generaal Hertzog het eerste minister geword en die Afrikaner se poli­tieke front het aan bewind gekom. Hierdie oorwinning was nie sonder nadele nie, want ter wille van die Arbeidersparty het die Nasionale Party die republikeinse strewe weggebêre en die pad van selfregerende kolonialisme gevolg.

Generaal Hertzog het toe die kompromiegedagte van onafhanklik­heid binne die Britse Ryk gevolg. Dit was soortelyk aan die dual monarchy-gedagte wat Arthur Griffith in Ierland gepropageer het.

Op ekonomiese gebied, en vernaamlik vir die werker was die uitwerking van die Pakt regering heilsaam. Dit het die Afrikanerdom ekonomies teen die antinasionale kapitalisme versterk maar die afwyking van die reguit pad van Afrikaner-nasionalisme het tot die stadige maar sekere afwatering van Christelik-nasionalisme gelei.

Vroeg in die lewe van die Pakt-kabinet het wrywing tussen Tielman Roos, die Transvaalse leier, en kol. Creswell, leier van die Arbeiders, asook dr. Malan, Kaapland se leier, ontstaan. Roos was ook geen vriend van generaal Kemp of Piet Grobler nie. Roos het so ver gegaan as om eenmaal te dreig om te bedank.[5]

’n Aanwins en krag vir nasionalisme in 1924 was die verkiesing van N.J. van der Merwe tot Volksraadlid en saam met Tom Visser was hy ’n vurige vegter vir republikanisme en Christelik-nasionalisme, terwyl generaal Hertzog op sy pad van soewereine onafhanklikheid beweeg het en, om dit te verkry, al hoe meer toegewend teenoor die Engelse elemente opgetree het.

Generaal Hertzog het in 1926 die Imperiale Konferensie vir die eerste keer bygewoon. In lerland was die politieke front van nasionalisme reeds verdeeld met die republikeine onder Devalera en die dual monarchy-groep van Arthur Griffith aan die ander leant. Griffith was reeds dood maar sy opvolger, W.T. Cosgrave, was op die Imperiale Kon­ferensie en het generaal Hertzog ten volle ondersteun. Dit was op die voorraand van ’n verkiesing in lerland en die Engelse het gevrees dat Devalera sou wen. Om Cosgrave te help, wou hulle hom iets gee om teen Devalera te gebruik. Generaal Hertzog het dus maklik sy soewerei­ne onafhanklikheid verkry toe hy dit op die Konferensie voorgestel het. Iere beweer dat die gedagte in die vrugbare brein van Kevin O’Higgins, van Cosgrave se kabinet ontstaan het.

Suid-Afrika het soewereine onafhanklikheid verkry, maar dit was nog binne die Britse Ryk en die Britse stelsels het nog in die Afrikaner se land gebly.

Dit was wel ’n groot stap vorentoe vir die Afrikanerdom. Al die deure was nou oopgemaak vir die Afrikanerdom om alles wat hulle verloor het, deur konstitusionele metodes terug te wen.

Toe generaal Hertzog terugkeer na Suid-Afrika, was daar egter heelwat mense binne die Nasionale Party en baie in die Suid-Afrikaanse Party wat nie in die nuwe vryheid geglo het nie. Selfs onder regsgeleerdes was daar oor die deelbaarheid van die Kroon meningsverskil. Dit het gelei tot ’n oorbeklemtoning deur die leiers van die Nasionale Party en ook deur die pers van die Nasionale Party van wat werklik verkry is.

So skryf die Volksblad op 9/12/26: „Wat die Volk of ’n gedeelte daarvan, nou nog kan verlang, is ’n ander regeringsvorm, maar dit kan geen verskil in die mate van vryheid wat ons besit meer maak nie.” Generaal Hertzog verklaar in 1926 „dat die Unie ’n volledige onafhanklike selfstandige status besit en net so vry soos Engeland self is.”

Voor sy kongres op 7 Oktober 1927 verklaar dr. Malan soos volg: „Die vryheid wat ons nou besit, is groter as die vryheid wat die gewese Republieke in die Vrystaat en Transvaal besit het.

Op Vredenburg in Oktober 1927 se Tielman Roos „Die enigste onafhanklikheid waarna ons nou moet strewe, is ekonomiese onafhanklikheid.”7 7

Hierdie verklarings wyk af van die waarheid. Vryheid vir nasionalisme beteken nie alleen staatkundige onafhanklikheid nie. Die vorm moet ook van so ’n aard wees dat ’n nasie homself ten volle kan uitleef, d.w.s. dit moet ’n Afrikaanse vorm wees en die Afrikaner moet baas in sy land wees soos in die ou Transvaal en Vrystaat se republieke. Staatkundige vryheid as ’n kosmopolitiese groep beteken sekerlik nie Afrikanernasie- vryheid nie.

In 1926 het dr. Malan die Vlagwet ingedien om Suid-Afrika sy eie vlag te gee. Daar het sterk teenkanting van generaal Smuts en sy Brits- imperialistiese Suid-Afrikaanse Party gekom. Malan het vasgestaan en het die volle ondersteuning gekry van diegene wat met Afrikaner- nasionalisme besiel was. Agter sy rug het Tielman Roos, die Transvaalse leier, hom ondermyn. Generaal Hertzog, gesteun deur ministers Roos en Havenga, het sake oorgeneem en begin met die Suid-Afrikaanse Party te onderhandel. Generaal Smuts en sy Party het geëis dat die Union Jack in ’n dominerende posisie op die nuwe vlag moet wees. Toe het toegewings begin. Die eerste was ’n toegewing dat die Union Jack as simbool van die lidmaatskap van die Britse Ryk sal bly. Dit het generaal Smuts aanvaar maar sy eis oor die posisie van die Britse vlag herhaal. Toe kom daar ’n tweede toegewing dat die Union Jack in ’n skild op die nuwe vlag sal verskyn. Dit het generaal Smuts verwerp. Daarna het generaal Hertzog verder toegegee en ’n kompromie is bereik met die Union Jack as die mees prominente vlag op die nuwe vlag. Generaal Smuts en die Suid-Afrikaanse Party het die vlagstryd gewen en aan feitlik al hulle eise is toegegee.

Dit was vir die Nasionale Party ’n groot nederlaag en groot ontevredenheid het onder sy lede geheers. Die hele doel van die nuwe vlag was om ontslae te raak van die Union Jack maar op die ou end verskyn hy op die nuwe vlag en pronk daar tot vandag toe. Dit het die wrywing onder die leiers vererger en verwydering op beginselgebied het onder hulle ingetree.

Oor hierdie tydperk skrywe G.D. Scholtz soos volg: „Wat destyds slegs vermoed is, is vandag bekend. Tussen dr. Malan en generaal Hertzog was daar reeds ernstige meningsverskille oor die hantering van die vlagvraagstuk. Malan wou van geen toegewings weet nie en was bereid om die stryd teen die Suid-Afrikaanse Party en die Engelse tot die bittere einde te voer. Generaal Hertzog wat hierin veral deur mi­nisters Havenga en Roos aangespoor is, was bereid om tegemoetkomings aan die teenparty te betoon . . .

„Die vlagstryd het werklik as ’n lelike ontnugtering vir menigeen gekom. Ofskoon dit nooit destyds in breë kringe bekend geraak het dat in die kabinet ernstige meningsverskille oor die saak geheers het nie, open­baar ’n terugblik op die gebeure en ’n kennis wat sedertdien onthul is, tog baie dinge. Dit het getoon dat die Nasionale Party geensins die sterk liggaam was wat die meerderheid van sy ondersteuners gedink het nie. Teenoor ’n besliste aanval van die teenparty was daar Nasionale leiers wat begin weifel het en wat gedink het dat ’n kapitulasie of ’n toegewing iets is wat die beste beleid onder die omstandighede sou wees. Hulle was bereid om met teenstanders te onderhandel oor beginselsake . . . van die vlagstryd af loop daar ’n bars in die geledere van die Nasionale Party wat ses jaar later met die koalisie en samesmelting in ’n breë kloof sou verander.”7 8

Generaal Hertzog was nou besig om, na sy groot oorwinning met soewereine onafhankliklieid waar hy die deure tot verdere konstitusionele herwinning van al die Afrikaner se regte oopgesluit het, daardie deure weer toe te maak.

So is daar ’n ernstige bres in die politieke front van die Afrikaner- nasionalisme geslaan: ’n bres wat later sou lei tot algehele ineenstorting van die Nasionale Party as politieke front.

Vervolg...


[1]    Die Republikeinse Strewe deur N.G.S. van der Walt, p. 94.

[2]    Dr. Nicolaas Johannes van der Merwe 1855-1940 deur G.D. Scholtz, p. 45 en 46.

[3]    Die woordomskrywing van anti-nasionaal is meer paslik as die woord inter- nasionaal.

[4]    Die Republikeinse Strewe deur N.G.S. van der Walt, p. 21.

[5]     D.F. Malan, Afrikaner Volkseenheid en my ervarings op die Pad daarheen, p. 75 en 76.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1247 gaste aanlyn