AFRIKANER- NASIONALISME (6)

T B Floyd

Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme

Christelik-nasionalisme

Die feit dat die Afrikaner-Voortrekkers nie die verowerde Bantoe van sy land beroof het nie, dat hulle die barbare nie uitgeroei het nie en dat hulle hul taal, kultuur en vryheid binne hul eie grense laat behou het, is almal openbaringe van Christelike beskawing en van nasiona­lisme of van Christelik-nasionalisme. Suid-Afrika is geen Witmans- of Swartmansland nie. Daar is dele wat die historiese tuisland van Bantoestamme soos die Zoeloe en Xhosa is en daar is die res wat Afrikanerland is, - die vaderland van die Afrikaner - sy Godgegewe reg wat hy verplig is om te bewaar en beskerm as die erwe van sy vadere wat vir die kinders erwe moet bly. Hierdie geboorteland van die Afri­kaner, waarin hy ontstaan het en wat hy met sweet en bloed mak gemaak het, is sy landstreek. Hy en hy alleen het reg daarop. Enige regering wat die Afrikanerland of selfs ’n gedeelte daarvan vrywillig afstaan, pleeg ontrou teen die Afrikanernasie.”

Na die vergroting van die Engelse bevolking in 1820 het die toestand van die klein Afrikanernasie krities geword. Verengelsing het hom in die gesig gestaar. Heelwat Afrikaners het die imperialistiese veroweraars ondersteun: hulle het tweedegraad imperialiste geword. Selfs onder openbare en kerkleiers was hierdie klas ontroue Afrikaners te vinde.

Opstand of rebellie met die gedagte om vryheid met die wapen te verkry, was onder die omstandighede van die tyd hopeloos. Toe ontstaan die gedagte om te trek en die vryheid in ’n nuwe land te soek.

Daar was wel reeks vir die Trek maar diep onderliggend was dit self behoud en behoud van die eie identiteit wat alleen met die vryheid van die groep verseker kon word.

Gebind deur die taal, Godsdiens, lewensbeskouing, kultuur en eie identiteit, het die Afrikaner een nasie gebly maar die Groot Trek het hom in twee verdeel, nl. in ’n suidelike en ’n noordelike groep. Nooit was ’n verdeeldheid tot groter heil nie. Dit was die enigste oplossing onder die omstandighede.

Die noordelike groep het deur hul optrede die gebied van die Vaderland uitgebrei. Dit het die eie taal, kultuur en identiteit gewaarborg, want hulle was nou vry en kon ontwikkel na hul eie aard. Verder het dit die suidelike groep besiel om die nodige weerstand teen verengelsing te bied. Dit het hulle hoop gegee om die Afrikanernasie te behou, want hulle het deel van die noordelike vrye groep gevoel. Nooit was daar sprake van twee nasies nie, eerder ’n nasie wat weens die Britse imperialis se optrede in die Kaap in twee dele verdeel was: die eerste groep was bereid om in die Kaap te stry vir die behoud van sy identiteit, terwyl die tweede groep dit goedgedink het om hul kultuur en staatkundige vryheid noordwaarts te gaan handhaaf.

Die Groot Trek was dus ’n daad van nasionalisme. Soos gewoonlik met groot dade van nasionalistiese aard het dit die nasionalisme versterk.

Met die verkryging van vryheid kon die Afrikaner, wat die noordelike groep betref, homself ten voile uitleef en kon hy hom toele op die ontwikkeling van sy eie staatstelsels.

Dr. Albert Coetzee maak die volgende opmerking oor die Groot Trek: „Dit was ’n nasionale bewuswording, wat meer as ’n eeu tevore reeds aan die groei gegaan het ... In hierdie nasionale bewuswording was daar ’n besef dat die Afrikanerdom nie ’n toevallige verskynsel is nie, maar ’n Volk met ’n Godgegewe taak.”31 Dit was met ander woorde ’n nasie met ’n roeping. Reeds voor die Groot Trek het die driehoekkige geveg om te bestaan in Kaapland be­gin toe die Afrikaner verplig was om teen die swart barbare aan die een kant en die Engelse aan die ander kant te stry. Toe hulle trek, het die noordelike groep in ’n nog harder stryd teen die primitiewe Bantoestamme te staan gekom. Dit het nou ’n stryd om meer as net die eie identiteit geword, dit was een van lewe en dood. Die Bantoe was destyds en is nog, behalwe in enkele uitsonderings, te onontwikkeld om nasionalisme te verstaan. Die groot dade van die Afrikanertrekkers by Vegkop en Bloedrivier was dade van selfbehoud van die enkeling en die groep, maar wat die Afrikanernasie betref, was dit terselfdertyd defensiewe dade van nasionalisme. Word die Trekkers uitgewis, sou die Afrikanernasie moontlik verdwyn het, want dit is te betwyfel of die suidelike groep in hul verswakte toestand teen verengelsing dan sou kon uithou. Die imperialistiese vyand het dit goed besef en dus het hy die kant van die swart barbaredom gekies. Bloedrivier was dus ’n triomf oor sowel die Britse imperialisme as oor die swart barbaredom. Dit was ’n triomf vir Christelik-nasionalisme.

Die feit dat die Afrikaner-Voortrekkers nie die verowerde Bantoe van sy land beroof het nie, dat hulle die barbare nie uitgeroei het nie en dat hulle hul taal, kultuur en vryheid binne hul eie grense laat behou het, is almal openbaringe van Christelike beskawing en van nasiona­lisme of van Christelik-nasionalisme. Hier is die beginsels van Christe­lik-nasionalisme ondanks groot versoeking toegepas. die Voortrekkers het onbewoonde grond in besit geneem, of hulle het met die Bantoehoofde oor grond onderhandel, of hulle het grond as beloning van Bantoehoofde gekry vir dienste wat hulle aan die Bantoehoofde gelewer het. Daar is ander gevalle, soos in Natal, waar hulle wel grond as skade- vergoeding gekry het toe hulle met die hulp van Panda die Zoeloes by die Makonkokoppe verslaan het. Nog ’n voorbeeld is die van die Matebele. Na die Matabele hulle by Vegkop aangeval en probeer uitmoor het, het hulle die Matabele uit die Transvaal gejaag. In hierdie geval kan die Matabele nie beskou word as gevestig in enige gebied nie. Hulle was ’n afspruitsel van die Zoeloes en het rond getrek om oral te moor en te plunder. Hulle was dus eerder ’n rowerbende as ’n gevestigde Bantoestam.

Met die uitbou van sy eie staatstelsels het die unieke stelsel van die S.A. Republiek tot stand gekom; ’n stelsel wat opgebou is uit die Afrikaner se ondervinding met invloede van die Engelse sowel as die Nederlandse koloniale stelsels - Een wat meer demokraties as die Engelse parlementere stelsel was en tog meer doeltreffend en modern; Een wat moontlikhede besit het wat in geen ander regeringstelsels te vinde is nie.

Na Shepstone Transvaal op 12 April 1877 geannekseer het, kom die patriotisme van die Transvalers in opstand. Georganiseerd in nasionalisme word onder leiding van Paul Kruger, Piet Joubert en M.W. Pretorius eers konstitusionele pogings aangewend om die verlore vryheid terug te wen. Paul Kruger en dr. Jorisson is as ’n deputasie na Engeland gestuur om oor die verlore vryheid te onderhandel. ’n Tweede poging is later deur Paul Kruger en Piet Joubert aangewend. Volksgenote in die Kaap het ook ’n petisie aan die Engelse koningin gestuur. Hierdie pogings tot onderhandelinge was sonder sukses. Hulle is laat weet, „Transvaal is Engels en bly Engels.” Toe is die ou Volksraad weer in die lewe geroep. ’n Vergadering van 4 000 gewapende burgers vergader op 8 Desember 1880 by Paardekraal. Die Engelse verklaar hulle as rebelle. Paul Kruger, Piet Joubert en M.W. Pretorius word as driemanskap gekies en neem leiding. Teen 9 Desember het die getal tot tussen agt- en tienduisend gegroei. Paul Kruger het dit duidelik aan die vergadering gestel dat as die Engelse wen, sal baie soos met Slagtersnek opgehang word. Dit het hulle nie afgeskrik nie want nasionalisme was besig om as ’n magtige krag te werk.

Konstitusionele metodes het misluk en Paul Kruger, Piet Joubert en M.W. Pretorius het ’n opstand gelei om met geweld die onwettige en onregverdige daad van die Engelse ongedaan te maak. In hierdie groot daad van die Boere sien ons ’n verdere openbaring van Christelik- nasionalisme.

Op Paardekraal is ’n belofte soortelyk aan die een op Bloedrivier afgelê. Dit lees soos volg: „In de tegenwoordigheid van den Almachtigen God, die kenner aller harten onder biddend opsien om sijn genadige hulp en ontferming, sijn wij Burgers van de Zuid-Afrikaansche Repu­bliek plegtig overeengekomen, gelijk wij dezen overeenkomen om voor ons en onze kinderen een heilige verbond op te rigten, het welk wij met plegtigen eed beyweren.

„Ruim veertig jare is het geleden, dat onze vadere die Kaapkolonie ontvlugt zijn, om vrij en onaflianklijk Volk te worden. Deze veertig jaren waren veertig jaren van smart en lijden.

„Wij hebben Natal, den Oranje-Vrijstaat en de Zuid-Afrikaansche Republike gesticht en driemalen heeft die Engelsche Regering onze vrijheid vertracht en onze vlag, die onze vaderen met hun bloed en tranen gedoopt hebben, naar den grond neergehaald.

„Als door een dief in de nacht is onze vrije Republiek weggestolen. Wij kunnen en sij magen dat nie dragen.

„God wil, dat de eerbied onzer vaderen en de liefde jegens onze kinderen ons voorschrijft, het erfpand der vaderen ongesehonden aan onze kinderen over te leveren.

„Daarom is het dat wij hier bijeentreden en dat wij elkander de hand geven als manners, breeders, plegtig belovende, trouw te houden aan ons land en Volk en met het oog op God samen te werken, tot den dood toe, voor de herstelling van de vrijheid onzer Republiek.

„Zoo waarlijk helpe ons God Almachtig.”[1]

In hierdie gelofte sien ons duidelik die beginsels van Christelik-nasionalisme geopenbaar en vernaamlik is dit in die laaste drie paragrawe duidelik gestel. Hierin is geopenbaar die Christelik-nasionale gevoel van die Afrikaner om sy eie te verdedig, sy vryheid te handhaaf en homself te wil wees.

Die suidelike groep was na die Groot Trek nie alleen in getalle verswak nie, maar dit het nou ’n groter persentasie van eiebelangsoekers, swakkelinge en verraaiers bevat, want soveel van die patriotiese en sterk gedeelte van die nasie het weggetrek. Nasionalisme was dus onder die suidelike groep vir ’n tyd swak. Gelukkig was daar tog nog die wat vir hul taal en kultuur geveg het.

Op 14 Augustus 1865 word die Genootskap van Regte Afrikaners gestig. Sy doelstelling was om te staan „vir ons taal, ons nasie en ons land.”

Die eerste party wat onder die Afrikaner gestig is, was die Suid- Afrikaanse Boerebeskermingsbond van Jan Hofmeyr. Dit was geensins ’n nasionale party of iets vir die bevordering van nasionalisme nie, maar bloot ’n koloniale party. Jan Hofmeyr was ’n man vol ambisie, polities begaafd, gedetermineerd en een wat altyd ’n opening gesoek het om op die voorgrond te tree. Hy was oneerlik in sy metodes, met die gevolg dat hy die bynaam van die „mol” verdien het. Later in 1879 is die Afrikanerbond deur die du Toit broers gestig. J.F. du Toit, Oom lokomotief, was die leier. Hierdie party het versprei van Kaapland tot in Transvaal en het die beginsels van Kruger ornhels.

Die stryd van 1880-81 en die oorwinning wat behaal is, het heelwat bygedra tot die eenheidsgevoel onder Afrikaners en dit het Afrikanernasionalisme oor S.A. tot in die Kaapkolonie ’n groot stoot vorentoe gegee. Dit het nasietrots gekweek want vir die eerste keer het die Boere as oorwinnaars oor die Engelse uit ’n wapenstryd getree.

In die tydperk 1899-1902 het die groot stryd om die vryheid van Transvaal en die Vrystaat gewoed. Die Engelse imperialiste was vasbeslote om die Afrikanernasie van sy vryheid en land in Transvaal en die Oranje-Vrystaat te beroof en die Afrikanernasie as ’n aparte identiteit te vernietig. Hierdie stryd het die hele Afrikanerdom, behalwe die swale element van verraaiers en tweede graad imperialiste, in een groot daad van nasionalisme verenig. Die Engelse vyand het bygedra om die Afrikaners te verenig, want hulle het al wat Afrikaner is, verdruk en vertrap en met onreg behandel. Die hele Afrikanerdom was as ’n eenheid deur hulle beskou, behalwe vir ’n klein groepie verraaiers en tweede graad imperialiste, wat hulle wel gebruik het maar met veragting bejeën het.

Van Boerekant gesien, was dit ’n stryd om die handhawing van die vryheid, nasionalisme, grondgebied, eie identiteit, ens. Vir Engeland het die stryd gegaan om die vervulling van sy imperialistiese strewe.

In hierdie stryd was die Afrikanernasie verbrysel en verneder tot in die as. Baie was lamgeslaan en bang, maar die nasionalisme het ’n harde nasiekern behou wat voortgeleef het, en dit was nie lank nie voordat dit soos ’n suurdeeg begin deurwerk het.

Genl. J.B.M. Hertzog het begin met sy taalstryd in die Oranje Vry­staat en in 1906 is die Afrikaanse Taalvereniging in Kaapland begin. In 1914 sien ons weer ’n kragtige daad van die Christelik-nasionalisme. Tot die skande van die Afrikaner het Afrikanerleiers wat in die regering was, sover afgedwaal van die beginsels van Christelik-nasionalisme dat hulle gewillig was om Engelse imperialisme in ’n rooftog op Duits-Suid-wes-Afrika te steun. Ter wille van ’n verkeerde eenheidsgedagte en met die pap gedagte om neutraal te bly onder die voorwendsel van ’n vrede soekerey, het ’n ander deel van die Afrikaner passief gebly deur hulle neutrale houding en deur hulle weiering om teen onreg op te tree, was hulle inderdaad medepligtiges aan die misdaad.

Maar daar was wel diegene besiel met nasionalisme, wat die eer van hulle nasie gered het deur op te tree uit protes teen die misdaad van die regering. Daar was ook ander helde en mense wat pligsgetrou was. Dit was die groep wat gerebelleer het om die verlore regte van hul nasie terug te wen. Soos Paul Kruger het hulle onselfsugtig, selfs bereid om hul lewe op te offer, die wapen opgeneem om die erwe van die vaders vir die kinders terug te wen. Dit was ’n mooi voorbeeld van die uitlewing van Christelik-nasionalisme. Dit is te betreur dat heelwat poli- tieke en kerkleiers dit destyds nie goed begryp of verstaan het nie, an- ders sou hulle nie geprobeer het om generaals De la Rey en De Wet as- ook ander rebelleleiers, tee te werk en te ontmoedig in plaas van om ten gunste daarvan op die voorgrond te tree nie. Dit was ’n tydperk van groot verwarring en gebrek aan helderheid.

Die antwoord van die Afrikanergeskiedenis is dat die manne van die 1914-Rebellie reg was en hulle bly altyd ’n inspirasie vir ander geslagte. So werk nasionalisme in ’n nasie se lewe. Dit bring altyd iets groots, moois, skoon en edel te voorskyn wat as voorbeeld vir die toekoms dien.

Daar is wel die wat beweer dat die opstand ’n mislukking was en dus nutteloos was. Dieselfde word deur swakkes, wat hulle swakheid wil bedek, van die Vryheidsoorlog van 1899 -1902 gesê. Dit is tog nie waar nie.

John Mitchel skrywe hieroor soos volg: „Has the people’s blood then been shed in vain? By God no! The blood of men fighting for freedom is never shed in vain. The earth will not cover it - from the ground it cries aloud, and the Avenger knoweth his day and his hour.”[2]

Lord Byron, die Engelse digter, het hieroor geskryf: „For freedom’s battle once begun, Bequeathed from bleeding Sire to son, Though baffled oft, is ever won.”

Om die Skepping van die Groot Skepper te verdedig en sy Godgegewe regte te behou of probeer terugwen vir ’n nasie wat daarvan beroof is, is sekerlik ook ’n wyse om God te vereer.

So openbaar die groot dade van ’n nasie die werking van die krag van nasionalisme en in die geval van die Afrikaner wel Christelik-nasionalisme.

Daar is wel persone wat beweer dat nasionalisme in botsing met die Christelike gedragskode is. Dit spruit gewoonlik uit ’n totaal verkeerde opvatting van wat nasionalisme is. Dit is waar dat imperialisms bots met amper al die gedragskodes van die groot godsdienste, maar, soos reeds gese, ontleen nasionalisme sy sedelike norme aan die godsdiens van die betrokke nasie en in ’n Christelike nasie word die Christelike norme die van sy nasionalisme. Daar is niks in die beginsels van nasio­nalisme wat bots met die Tien Gebooie of met die Christelike gedrag soos deur die Brief van die Apostel Petrus beskrywe, of die voorbeeld van die lewe van Christus self nie. Die verwarring ontstaan dikwels deur imperialisme en imperialistiese optrede as nasionalisme te sien.

Nasionalisme is nie in botsing met Christelike gedrag nie, maar dit is wel bevordelik daarvoor. Dit leer mense om onselfsugtig te wees, op eiebelang teen te gaan ter wille van nasiebelange, en om vir hulle groep of nasie op te offer. Dit leer pligsgetrouheid, om te staan vir wat reg is en om teen die onreg op te tree.

A1 hierdie eienskappe is ook Christelike deugde. Dit leer om die va- ders te eer deur te behou wat vir hul dierbaar was. Padraig Pearse, die leier van die 1916-opstand in lerland en een wat sterk in sy nasionalisme gestaan het, het sy liefde vir lerland so uitgedruk: „A love and a service so excessive as to annihilate all thought of self, a recognition that one must give all, must be willing always to make the ultimate sacrifice.”

Dit word van dr. Tobie Muller gesê dat „ware nasionalisme is vir hom een van die uitinge sowel as een van die middele tot versterking van die Godsdiens.”[3]

Op Stellenbosch het Tobie Muller op 24/10/1913 gese: „Die Evange- liese Kristendom is inter-nasionaal omdat dit nasionaal is.” Verder het hy gese: „In egte nasionalisme is bv. een van die kragtigste dryfvere tot onselfsugtigheid aan die kant van die individu. In belang van sy Volk leer menigeen eers reg wat dit is om ’n selfopofferende lewe te lei. Sy Volk is tewens vir elke persoon die aangewese kring waarin hy in die eerste plek sy roeping moet vervul.”[4]

Toe gaan hy verder en sê dat, ,,’n Hollands-Afrikaanse nasionale gees is vir ons nie slegs die beste waarborg van die Afrikaanse Unie-bewussyn nie maar ook van ’n algemene mensheidsbewussyn. Godsdiens sluit moraliteit in. Daarom is dit reeds hierom ook ’n godsdienstige plig om nasionalis te wees. Buitendien, vir die Kristen en Te'fs wat geloof dat aparte volke ontstaan, nie deur ’n blote toeval nie, maar met ’n sekere doel, het elke bepaalde nasie ’n roeping en besondere taak om te vervul in die wereld. Uit hierdie oogpunt beskou, is papheid op nasionale ge- bied ’n religieuse, oortreding, d.w.s. ’n sonde. Dit is dus letterlik waar en nie maar beeldspraak nie, wanneer die Afrikaner se, dat die hand- hawing van sy taal vir hom ’n deel van sy Godsdiens is. Ons geesteslewe is iets organies; dit bestaan uit een stuk. Vandaar dat papheid op na­sionale gebied meermale ook die ander dele van ons sedelike karakter nadelig bei'nvloed. Aan die ander kant, kan ’n egte nasionalisme gunstig reageer op die res van ons morele wese.”

Hierdie laaste woorde, komende van ’n man soos Tobie Muller, dat ’n egte nasionalisme gunstig reageer op die res van ons morele wese, en die woorde dat nasionalisme een van die middele tot versterking van die Godsdiens is, is antwoord genoeg vir die wat beweer dat nasionalisme met die Christelike gedrag bots.

Waar die imperialis dit nodig vind om twee aparte standaarde vir sy politieke en sy persoonlike of kerklike lewe te handhaaf, is so iets absoluut onmoontlik by die nasionalis. Sy norme van reg en verkeerd bly op die persoonlike, kerklike en politieke terrein dieselfde. Waar nasionale politici die dubbele standaarde handhaaf, doen hulle dit tot oneer van nasionalisme.

Bewyse van Christelik-nasionalisme word nie net in die groot dade van die Afrikanernasie geopenbaar nie, maar ook in gesegdes van groot leiers en digters in die nasie sowel as in die dade van nasionaliste.

Van al die politieke leiers het Paul Kruger hom die meeste uitgelaat in sy toesprake oor die beginsels van nasionalisme. In hierdie opsig het hy die gevoel van die burgers goed vertolk en was sy opvattings suiwer. In hierdie verband skryf D.W. Kruger: „maar dat hy ook die mondstuk was van die ideale en verlange wat gesluimer het in die boesem van die Boer soos niemand ooit tevore nie . .. Allereers gaan dit om die handhawing van onafhanklikheid wat volgens hom van God gegewe is. Volbring hy as Staatspresident daardie hoogste plig nie, dan sal ’n vloek op hom rus, want die vryheid het die Volk nie vanself verwerf nie, nee, dit is ’n geskenk van God wat as ’n goue kleinnood bewaar moet word.”3 0 Paul Kruger het sy nasionalisme uit die Woord van God geleer en dus was hy so suiwer in sy opvattinge oor die beginsels van Christelik- nasionalisme. Hy bet besondere helderheid gehad oor die Godgegewe regte en die plig om dit te bewaar. By geleentheid van sy tweede inswering as President, op 8 Mei, 1888 het Paul Kruger verklaar: „dat ek die taak op my geneem het om die Volk, Gods Volk, te regeer en daarmee ook die verpligtinge om rekenskap te gee van die bewaring van alle regte en voorregte wat deur God aan die Volk van hierdie land geskenk is.”[5] In hierdie verklaring word die erkenning van die God­gegewe regte van ’n nasie duidelik deur Kruger gesien.

Oor die reg om te bestaan, het president Kruger in ’n toespraak op 7 Mei, 1900 onder andere gesê: „...and now the same words come from Salisbury for he too says, ,this people must not exist’ and God says, This people shall exist.”[6]

Wat die taal betref skryf D.W. Kruger oor president Kruger soos volg: „In besonder waak hy vir die belange van die Hollandse taal wat die voorouers deur stryd en worsteling liefgekry het, die taal waarin 4ie Bybel tot hulle kom.”[7] Met sy derde inswering as President het Paul Kruger op 12 Mei, 1893 toe hy hom na die kinders gewend het gesê: „Dit is ook ’n groot voorreg dat u oor wetgewende mag en regering vir die taal van die land waak; die taal wat u ouers deur stryd en worsteling liefgekry het, die taal waarin die Bybel tot u kom, waarin u u Bybel lees. As u onverskillig word teenoor u taal, dan is u ook onverskillig teenoor u voorouers en eweeens teenoor u Bybel, en naderhand ook teenoor u nasionaliteit onverskillig. Staan vas by die taal.”[8]

Oor die land het Paul Kruger op 16 Desember 1896 op Paardekraal ge­sê :„My broers en susters, so is dit ’n land wat God aan ons gegee het en nie mense nie.”[9]Op 13 Desember 1881 het hy op Paardekraal gesê: „Ja, ook u eggenotes en kinders verbly hulle met reg, want ek het hul menigmaal op die knieë gesien die Here biddende vir eggenote, vaders of broers, aan wie hulle toegeroep het: ,Gaan op en stry vir ons land en ons vryheid.” ’4 2 Wat die vryheid en onafhanklikheid betref, het Paul Kruger sterk gevoel.

In September 1882 toe hy geantwoord het op ’n versoekskrif, deur die burgers aan horn gerig, om hom vir die Presidentskap verkiesbaar te stel, skryf hy: „Indien die keuse van die bevolking my die sware las van Staatspresident op die skouers lê, sal dit my vernaamste taak wees om in hierdie sin die onafhanklikheid van die staat te handhaaf...”[10] Op die versoekskrifte van dieselfde aard in 1888 antwoord Paul Kru­ger daarop en gebruik die volgende woorde: „Ek voel dat ek ’n vloek op my sal haal as die onafhanklikheid en vryheid deur my geskend word. Daardie eersgeboortereg van die Volk moet as ’n dierbare kleinnood bewaar word. As ons die eersgeboortereg nie bly beskerm nie; as ons soos Esau wat syne verkoop het, handel, sal net soos in sy geval, God sy seën van ons afwend.”[11]

In sy toespraak op Paardekraal op 16 Desember 1891 het Paul Kruger die volgende woorde in verband met die vryheid gesê: „Die so dierbare verkreë skat is nie in eer beskou as ’n dierbare skat van vryheid, as deur Gods hand geskenk nie. Die gelofte van 16 Desember is nie trou volbring nie, waaroor daar donkere dae oor ons gekom het, sodat ons, toe God ons weer vryheid gegee het, die vryheid dierbaar mog ag en tot erkentenis gelei mog word dat ons sterkte alleen in God is.”[12]

Vyf jaar later het Paul Kruger op Paardekraal gesê: „God het aan u die vryheid gegee en het my gekies as hoof van die staat. Ek het u nie vryheid gegee nie maar God en dus weë my en ’n vloek oor my indien die vryheid deur my geskend word.”[13]

Paul Kruger het nie net ’n helder begrip van die Godgegewe regte gehad nie, maar hy het ook die plig om daaroor te waak en dit te beskerm, goed besef. Hy het nie net daaroor gepraat nie, maar was ’n man van daad. Soos J.S. du Plessis dit uitdruk: „Kruger het homself aan God verantwoordelik gehou vir die bestuur van die land sowel as vir die bewaring van die regte en vryhede van die Volk en die onafhanklikheid van die land.”[14]

Dit is dus duidelik dat Kruger in die Godgegewe regte, wat die basis van nasionalisme uitmaak, geglo en probeer het om dit uit te lewe. Verder het Kruger dit aan Gods Woord gekoppel en werklik die beginsels van Christelik-nasionalisme verkondig.

In Die Transvaler van 7 Desember, 1968 skryf M.J. Booysens ’n brief oor die roeping, en gee daarin uiting aan die regte en pligte van ’n nasie en verdedig die beginsels van Christelik-nasionalisme: „Dit word ons dikwels ten laste gelê dat ons ’n ou Testamentiese Voksbeskouing het. Ons sou dan meen dat ons ’n uitverkore Volk is en daarom meerderwaardig teenoor andere - veral die nie-blankes. Indien hierdie beskuldiging ons teen die hoof geslinger word omdat ons glo dat die Afrikaanse Volk deur God in die suiderhoek van Afrika in aansyn geroep is met ’n eie roeping, dan kan ek my daaroor verbly. Verder, wanneer ons dan jaloers waak oor ons eie, is dit nie gebore uit hoogheidswaan of selfsug nie. Ons waak oor gegewe goed. Ons mag nie verkwansel wat die Here aan ons toevertrou het nie.”

Oor hierdie saak het Tobie Muller hom in sy artikel, Die Geloofsbelydenis van ‘n Nasionalis, sterk en duidelik uitgespreek. Op bladsy 150 sê hy: „Wanneer ’n mens eers reg besef dat die fondamente van nasionalisme veral eties en religieus is, verval meteens ook die vernaamste aanleidings tot nasionale pessimisme.”[15] Verder sê hy op bl. 151: „Ons taak as ’n Nasie is om solank ons kan ons karakter en kultuur op te bou en die ander rasse waarmee ons in aanraking kom, ten goede te beïnvloed. Dit is in elk geval ons aangewese plig, en bly dit so lank as ons bestaan.” Op bladsy 152 sê hy: ,,’n Nasie het veel meer beheer oor die lengte van sy lewe dan ’n persoon. ’n Volk, wat getrou bly aan sy beste tradisies en wat sy hoogste sedelike belange nie verwaarloos ni§, is amper onuitroeibaar.”

Verdere voorbeelde van gedagtes van Christelik-nasionalisme is in bekende Afrikaanse gedigte te vinde. Van Celliers kry ons die volgende:

Ek hou van ’n man wat sy moeder eer
die vrome taal uit haar mond geleer.

Wie die bastergeslag in sy siel verag -
Wat haar verstotend hulself kleineer.

Uit Die Afrikaanse Volkslied van C.P. Hoogenhout, S.J. du Toit, D.F. du Toit en Pannevis kry ons:

’n Ieder nasie het sy land;
Ons woon op Afrikaanse strand,
Vir ons is daar geen beter grond
Op al die wyer wereld rond;

Trots is ons om die naam te dra
Van kinders van Suid-Afrika.
Want al die nasies het een God;
Hy reël ieder Volk sy lot;

Hy het vir ieder Volk sy Taal,
sy Land, sy Reg, sy Tyd bepaal.
Wie dit verag, sal sy straf dra;
O God, beskerm Suid-Afrika.

Wat Die Stem van Langenhoven betref, is dit so vol van Christelik-nasionalisme dat alleen ’n Afrikaner-nasionalis dit uit sy hart kan sing. Enige ander nasie sing dit eerbiedig maar oppervlakkig, sonder gevoel of met huigelary. Hoe ernstig dink ons as ons die woorde - „dat die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly.” sing?

Wat vooraf in hierdie hoofstuk geskrywe is, maak dit duidelik dat Afrikaner-nasionalisme in Christelik-nasionalisme ontwikkel het, maar die klem moet op die Christelik wees.

Die twee geloftes van 1838 en 1880 gee uiting aan die lewensbeskouing en die Christelik-nasionalisme van die Afrikanernasie. Die eerste gelofte vertolk sy innerlike gevoelens en gedagtes wat betref die behoud van sy identiteit, sy bestaan en sy vryheid teenoor die barbaredom, en die tweede doen dieselfde teenoor die imperialistiese veroweraar. Saam met die gedagte om die verowering ongedaan te maak, soos met die poging van Slagtersnek, vorm dit die fondament van die strewe van Afrikaner-nasionalisme.

Toe die Voortrekkers noordwaarts getrek het, het die familiebande met die wat agtergebly het tesame met die taal en die gemeenskaplike godsdiens, die vernaamste nasiebande geword. ’n Swakheid was die gebrek aan ‘n helder besef van die vaderland, die Godgegewe landstreek, waarin die Afrikanernasie moet ontwikkel, as nasie hom uitleef en sy kultuurtaak vervul. Die Kaapse Afrikaners het nie ’n helder begrip gehad dat hulle vaderland tot Natal, die Vrystaat en Transvaal uitgebrei was nie, en die Noordelike gedeelte van die Afrikanernasie was geneig om te dink dat die Kaap prysgegee is. Min het die werklike toestand begryp dat die vaderland gedeeltelik vry was en gedeeltelik gekneg was. Tog is ’n helder besef van wat sy vaderland is, hoe ver dit strek en wat sy grense is, uiters belangrik vir ’n nasie. Hy moet weet wat sy Godgegewe landstreek is.

Later het die besef van sy eie vaderland ietwat verder vervaag na heelwat vreemde elemente hulle in Afrikanerland gevestig het. So word dikwels van die Witmansgedeelte of Witmansland gepraat, tog bestaan daar nie so iets nie. Dit ken nasionalisme nie. Nasionalisme erken net die vaderland van die nasie wat daarin ontstaan het. Suid-Afrika is geen Witmans- of Swartmansland nie. Daar is dele wat die historiese tuisland van Bantoestamme soos die Zoeloe en Xhosa is en daar is die res wat Afrikanerland is, - die vaderland van die Afrikaner - sy Godgegewe reg wat hy verplig is om te bewaar en beskerm as die erwe van sy vadere wat vir die kinders erwe moet bly. Hierdie geboorteland van die Afri­kaner, waarin hy ontstaan het en wat hy met sweet en bloed mak gemaak het, is sy landstreek. Hy en hy alleen het reg daarop. Enige regering wat die Afrikanerland of selfs ’n gedeelte daarvan vrywillig afstaan, pleeg ontrou teen die Afrikanernasie.

Paul Kruger het ’n oproep by Paardekraal in 1881 op die nasie gedoen om „te stry vir ons land”. As regeerder het hy in verband met die vryheid gesê: ,,...’n vloek oor my indien die vryheid deur my geskend word.” Dieselfde vloek rus op enige regeerder wat enige ander van die Godgegewe regte skend. Om vrywillig afstand te doen van regte op die vaderland, of om enige gedeeltes daarvan prys te gee, is in botsing met die beginsels van nasionalisme.

Die belangrikheid van die Vaderland moet ten voile besef word. As die taal verdwyn, sal die Afrikaner nie meer bestaan nie en dieselfde sal plaasvind as die Vaderland verloor word. Die Afrikaner durf dit nie prysgee nie, en hy durf dit nie met ander deel nie. In hierdie opsig is die beginsels van enige party wat ’n Suid-Afrikaanse nasie voorstaan, anti- Afrikaans en anti-nasionaal. Afrikanerland kan net die vaderland - die Godgegewe landstreek - van een nasie wees, en dit is die Afrikaner­nasie - die Boerenasie.

 


[1]    Daar is 'n ander Gelofte deur D.P. Goosen in Ster van 18 Desember 1970.

[2]    John Mitchel’s Jail Journal.

[3]    Dr. Tobie Muller, ’n Inspirasie vir Jong Suid-Afrika, p. 25.

[4]    Die Geloofsbelydenis van ’n Nasionalis. Stellenbosch 24 Oktober 1913, dr. Tobie Muller, p. 139.

[5]    Ibid., p. 117.

[6]    Memoirs of Paul Kruger, p. 452.

[7]    President Kruger aan die Woord, p. 13.

[8]    Ibid■, p. 53 en 54.

[9]    President Kruger aan die Woord, p. 104.

[10]  Ibid., p. 29.

[11]  Ibid., p. 32.

[12]  Ibid., p. 95.

[13]  President Kruger aan die Woord, p. 106.

[14]  President Kruger aan die Woord, Aantekeninge, p. 117.

[15]  Dr. Tobie Midler, 'n Inspirasie vir Jong Suid-Afrika.