Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Vooruitgeloopte bekommernis is 'n dwase ding: dit verdubbel jou probleme want as ons vrese nie realiseer nie, het ons ons twee maal bekommer in plaas van een keer.
STRYD IS LEWE (7)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
Die helde van ‘n volk (3)
In die Afrikanerdom vandag is die grootste band wat ons nog ondergeskik hou, wat ons weerhou van 'n volkome geestelike vryheid, die kommunikasienet van die Engelse wêreld waarin ons nog gevange sit; die kommunikasienet van Amerikaanse en Engelse rolprente wat uit 'n totaal vreemde en dikwels skerp vryandige lewensbeskouing vervaardig is en hier op die Afrikaner afgelaai word. Dit is die kommunikasienet van internasionale nuusagentskappe wat vanuit die Engelse wêreld gevoed word en vanuit daardie omstandigheid die lewe en gebeurtenisse aan ons volk vertolk. Dit is die kommunikasienet van boek en tydskrif, wat nie net die pornografie in die algemeen bevorder nie, maar wat die vreemde lewensbeskouinge in ons huise, in ons skole en in ons universiteite indra. Waar die Afrikaner se grondgebied in 1877 deur die Britse mag beset is, beset hulle nog vandag die Afrikaner se geestesgebied omdat hy in daardie kommunikasienet vasgevang is.
In die afgelope tyd word dikwels in naam van die Afrikaanse taal gesê dat Afrikaans deur publikasiebeheer doodgemaak sal word. Maar dieselfde mense sê nie dat in Suid-Afrika die verspreidingsapparaat, wat vanuit die Engelse wêreld beheer word, meer boeke verbrand wat hulle nie onder die Afrikaner se aandag wil laat kom nie, as wat ooit deur Publikasieraad verbied kan word. Meer rolprente, tydskrifte en boeke word in die Engelstalige wêreld verbrand omdat dit lynreg loop teen die vyandigheid wat vanuit die Engels-liberale wêreld en deur die kommunikasiemedia van die Afrikaner bedryf word.
Net soos die GRA, toe hy die Patriot moes begin, staan die Afrikaner vandag op die kommunikasieterrein voor 'n groot uitdaging, omdat met die instelling van 'n beeldradiodiodiens in Suid-Afrika 'n medium op hom afgelaai is wat een van die magtigste beïnvloedingsmiddele in die wêreld is. Dit is medium wat gevoed sal word met materiaal wat ons in der era nie eens in ons bioskope sou toelaat nie. V word dit in die sitkamers van die Afrikaner ingedra, nie uit liefde vir Suid-Afrika nie, nie omdat dit die Witman kan versterk in die uitdaging waarin by staan nie, maar om tevredenheid te gee aan die magte wat die Blanke en die Afrikanerdom in Suider-Afrika wil verswak. Hierdeur word die Afrikaanse taal uitgehol. Ons hoor nog dikwels die klanke van Afrikaans in die literatuur van vandag, ons sien nog die struktuur van Afrikaans, maar die siel van die taal is uitgehaal. Dit is ‘n leë dop waarin ‘n vreemde inhoud geplaas is.
Dit is die een belangrike insig wat die mense op daardie vroeë tydstip gehad het en wat vandag nog net soveel waarde het. In die tweede plek het die mense van die GRA die insig gehad dat om staandc te bly, hulle die bande met al die mense om hulle, selfs bo-oor staatsgrense, sou moes behou en hulle in 'n nog hegter eenheid sou moes saambind. Alleen in ‘n hegte eenheid met daardie mense sou hulle versterk kon word in die stryd om voortbestaan. So het dit dan gebeur dat hulle uit die staanspoor gepraat het van 'n verenigde Suid-Afrika maar nie onder ‘n Britse vlag nie.
Derdens het die stigters van die GRA die insig gehad dat die Afrikanervolk die een groot werklike groot nasionale mag in Suid-Afrika en in Afrika is. Hulle het besef dat die Afrikanervolk vir die Witman in Suid-Afrika die spil sou wees waaromheen die krag getrek sou moes word om die uitdaging van die bestaanstryd tegemoet te gaan en te beantwoord. Daarom moes die Afrikaner verenig word, en in die proses was die manne van die GRA bereid om oor die grense van Kaapland te beweeg en in Transvaal in te meng. Vandag is die situasie waarin die Blankedom van Suider-Afrika hom bevind, in baie opsigte identies. Die Afrikanerdom self word bedreig en ten noorde van die Republiek staan Blankes, wat werklik deel is van die Afrikanerbeskawing, eweneens voor dieselfde ernstige bedreiging. Soos die GRA dit nodig gevind het om hulle met mense te verbind wat soos hulle gevoel en gedink het, so is dit vandag vir ons weer nodig om die bande met daardie mense hegter te bind. En net soos die manne van die GRA moet ons selfs nie aarsel om oor daardie grense te beweeg en in te meng wanneer dit gaan om jou selfbehoud, joue eie vlees en bloed en die mense wat jou moet versterk nie.
In die vierde plek is dit opvallend dat die manne van die GRA uit die staanspoor hulle verbintenis met Paul Kruger as die mess sentrale figuur van die Suid-Afrikaanse geskiedenis gehad het. Paul Kruger was vir daardie mense net so 'n inspirasie as wat hy vir die Transvalers was. Dit was hulle wat ná 1877 vir die Transvalers gesê het: "Julle moet Paul Kruger president van Transvaal maak." Hierdie man Paul Kruger het die GRA saam met hom in die hart van die Afrikanerdom gebind.
As daar vandag aanspraak gemaak moet word op wie 'n Regte Afrikaner is, dan is die eerste man wat vir Regte Afrikanerskap kwalifiseer, die man wat getrou gebly het aan die tradisies wat deur Paul Kruger geskep is. Die manne van die GRA was Regte Afrikaners omdat hulle hulle aan Kruger verbind het. Maar Kruger is nie net 'n man van die verlede nie; hy is ook 'n man van die toekoms. Hoe verder van Kruger af wegbeweeg word, word hy nie kleiner nie maar steeds groter. Daarom is dit ook die rigsnoer wat in die toekoms die Regte Afrikaner sal lei.
Soos die Regte Afrikaner van destyds kan die Regte Afrikaner van vandag ook nie anders nie as om te sê: Ek staan vir taal en nasie en land. Maar dan moet die begrip nasie helder en duidelik omlyn wees. Destyds was daar ook pogings om die Afrikaner-nasiebegrip af te water. Daar was selfs pogings om die Afrikanernasie in sy wese aan te tas.
Dit is bekend dat toe die GRA oorgegaan het tot die Stigting van die Afrikanerbond en sy grondwet in 1883 herskryf moes word, 'n skerp botsing tussen J.F. du Toit van die Genootskap, en Jan Hofmeyr, oerverteenwoordiger van die opposisie teen die GRA, ontstaan het omdat Hofmeyr nie wou hê dat die grondwet lidmaatskap van die GRA tot Blankes moes beperk nie. Hy wou ook Nieblank insluit. Ironies genoeg het Hofmeyr ses jaar later weer grondwet laat wysig om Nieblankes uit te sluit.
Vandag word kunsmatige pogings weer aangewend om die Kleurling in hierdie Taalfeesjaar by die Afrikanerdom in te bring. Met taalfeesvieringe het die pogings niks te doen nie; dit is om veelrassigheid te beoefen, om 'n verskoning vir veelrassigheid te vind. Die Kleurling was nooit deel van die Afrikaner nie. Hy het wel Afrikaans gepraat en 'n sekere persentasie Kleurlinge praat vandag nog Afrikaans, maar ‘n vorm van Afrikaans wat die meerderheid Afrikaners of nie verstaan nie, of nie self sal praat nie.
Vervolg...