Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoor hoe praat iemand uit die hel: “Vader Abraham, ontferm u oor my. Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water kan steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur” (Luk.19:24). Dit was so onnodig vir hierdie jongman. Hy kon dit deur sy bekering afgewend en soos die verlore seun uit sy sonde opgestaan en na sy vader omgedraai het. Hy kon die U-draai gemaak het, maar hy het nie!
STRYD IS LEWE (1)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
Nasie en ras
Die Afrikanervolk het nie net die reg om te diskrimineer ten einde te beskerm wat hy het en wat hy is nie — Vaderland, Afrikanerskap, Christenskap, Witmanskap — maar ook die plig teenoor dié wat vooruitgegaan en 'n Blank Suid-Afrika nagelaat het, en ook vir dié wat later sal kom.
Die mens word nie as enkeling gebore nie, maar as lid van ‘n volk, en sy gebondenheid aan die volk is nie 'n kwessie van keuse nie. As lid van 'n gesin en 'n familie is hy, deur bloedverwantskap, ras, tradisie, sentiment, gebruike, taal, godsdiens en geskiedenis, onvoorwaardelik ingebind in 'n verlede en 'n toekomsverwagting wat hy met al die lede van sy volk deel. Dit bepaal sy identiteit. En hierop rus sy voorkeur om te assosieer met dié wat soos hy is.
Die voorkeur is uiteraard bevooroordeeldheid teen alle ander, maar bevooroordeeldheid wat rus op die intuïtiewe erkenning van die sterkste lewenswet: soort soek soort. Daarop rus die voorwaardes van selfbehoud.
Binne die soort vind die individu sy veiligheid en die voorwaardes van voortbestaan, en deur die samevoeging van individue wat soos een voel, vind die soort op sy beurt sy voortbestaan. Hierdie wederkerigheid is so vas en seker soos 'n chemiese formule.
Van al die hoedanighede wat mense onderskei en verdeel en elkeen inbind in sy soort, is ras die sterkste, omdat dit permanent, stabiel en oordraagbaar is op 'n wyse wat voorspelbaar en verantwoordbaar is. Daarby is kleur, gelaat trekke en vorm van hare die maklik herkenbare uiterlik tekens van ingeboude, dieperliggende verskille.
'n Mens kan beweeg word om 'n ander godsdiens en taal en tradisies te aanvaar, maar hy kan nie van 'n ander ras word nie. Hy bly ingebind deur sy afkoms en voorkoms. Dié begrensing is deur God se skeppingsorde getrek; daaruit kan niemand loskom nie.
Daar is dus 'n breë verdeling van nasies in verskillende rasse. Maar binne rasse is daar weer verskille van tradisie, sentiment, taal, godsdiens en geskiedenis. En aan die wortel van hierdie verskille lê grondgebied, vaderland, waarbinne ‘n volk se identiteit ontstaan, ontwikkel en gevestig geraak het. Sonder de begrensing van 'n nasie binne sy grondgebied sou sy geskiedenis en identiteit nie kon ontwikkel het nie.
Hier moet dadelik gekwalifiseer word dat dit nie wil sê dat daar geen lede van ander nasies binne die grense mag wees nie, maar dat daar onmiskenbaar een nasie is wat oor die gebied heers en wat deur tradisies, konvensies en voorskrifte hom afgrens van ander binne die gebied.
Die veralgemening kan gemaak word: 'n nasie het 'n nasie geword vanweë die grondgebied waarop hy leef en waarvoor hy bereid is om te sterf. Sonder 'n grondgebied waaraan sy identiteit gekoppel is, word sy gevoel van eenheid uitgedoof, en al sou die nasie se naam en dié van elke familie daarin bly voortbestaan, die nasie sal sterf.
Hoewel daar geen algemeen aanvaarde volkekundige omskrywing van ras is nie, hoef dit nie 'n bespreking van hierdie sake te belemmer nie. Waarom dit gaan, is die groepe wat in 'n samelewing aanvaar word as anderrassig.
Die mens is 'n kuddewese en is in baie opsigte soos kuddediere. Die hoedanigheid wat hier ter sake is, is dat sowel mense as kuddediere hulle vereenselwig met lede van hulle eie soort. Dit bring uiteraard 'n eksklusiwiteit mee. In die diereryk word vreemde indringers gewelddadig verdryf.
By mense betuig hierdie eksklusiwiteit homself deur die bestaan van stamme, klasse, kaste, nasies en rasse, na gelang van die historiese, sosiale en politieke verskille. Menslike samelewings kan hulleself onderskei deur fisieke uiteenlopendheid, oorspronge in verskillende grondgebiede, anderstaligheid, verskeidenheid van politieke, morele en godsdienstige opvattings, sowel as verskillende ekonomiese funksies, drag en haartooisel.
Hoe groot die sosiale afstand tussen groepe is, hang af van 'n samevoeging van verskille, wat onderling wissel in duursaamheid. Hierdie verskille vorm, tesame of afsonderlik, die grondslag vir diskriminasie of vooroordeel. In sogenoemde gesofistikeerde kringe word die verskille soms verdun totdat, onder die geringste druk, antagonisme tussen groepe deur die oppervlakte bars. Hier lê die wortel van wat genoem word rassevooroordeel.
Miskien moet ter wille van nugterheid ook gesê word dat vooroordeel nie 'n blinde, bloot emosionele reaksie is nie, maar soos die samestelling aandui, 'n oordeel is wat vooraf bereik is. Dit is 'n oordeel waarin die wete en werking van skeppingswette tot uiting kom, saam met die vergaderde wysheid van geslagte van 'n volk of ras. Die gronde vir vooroordeel kan momenteel buite die redelike vermoë lê maar dit wil nie sê dat daar nie sterk redelike gronde is waarop dié oeroordeel gevestig is nie.
Vooroordeel vorm die grondslag van eksklusiwiteit, diskriminasie en voorkeur. Dit is die drie dinge wat verhoudinge tussen groepe bepaal.
Elke groep vorm uit die sigbare enersheid van sy lede ‘n beeld van sy eie skoonheid en voortreflikheid, en soek in die algemene gebruike en gewoontes die wette van behoorlike gedrag. Eer, sedelike norme en estetiese waardes word geheg aan die kulturele en fisieke eienskappe van die gemeenskap.
Rondom hierdie beeld van sy eie skoonheid en voortreflikheid en die eise van behoorlike gedrag word sperrings teen vermenging met ander opgerig. Hoe groter die verskille in voorkoms is, hoe sterker en ondeurdeurdringbaarder die versperring. Hierin lê die intuïtiewe weerstand teen rasvermengde huwelike veranker. Al sou daar redeneer word dat volgens die Bybel dit nie 'n sonde is nie, stuit rasseverbastering teen die sterkste lewensreël wat eiesoortigheid beheers: elke groep is uit die aard van sy eiesoortig onder die dwang van die norm van sy eie skoonheid en die beeld van sy eie voortreflikheid; daaruit put by sy selfrespek en trots. Daarom is daar die natuurlike neiging tot huwelike van mense van dieselfde volk en dieselfde ras.
In gebiede waar wyd uiteenlopende groepe mekaar ontmoet, is die kontak nie sosiaal in die werklike sin nie, die sigbare verskille in voorkoms verteenwoordig afstand tussen mense, en hulle eienaardighede bestempel hul wesens van verskillende morele ordes. Die klassieke gevolg van so 'n ontmoeting is verslawing van een groep deur ‘n ander. En enige latere verandering van verhoudinge lei tot afskaffing van slawerny en 'n vervanging daarvan deur ‘n kastestelsel, soos in Indië vandag en vroeïr in die Romeinse Ryk.
Hier is dit gepas om te verwys na die resultate van rassevermenging waar Blankes en Nieblankes ineenvloei deur ondertrouery en verbastering.
Prof. Robert Gayre of Gayre, 'n genetikus en volkekundige van naam, het by herhaling bewys dat waar Wit en Swart verbaster, daar in volgende geslagte enersyds weer 'n vermenging van Wit gene en andersyds 'n vermenging van Swart gene plaasvind, sodat uit die Gekleurde nageslag van Wit en Swart weer Blankes sowel as Swartes naas die Gekleurdes gebore word.
In die sosiale ordening wat hieruit ontstaan, styg die Blankes na bo, die Gekleurdes kom onder hulle en die Swartes heel onder. Die idee van 'n eenvormige Gekleurde bevolking uit 'n verbastering van Wit en Swart is dus 'n waan. En die idee van gelykheid van mense wat te bereik sou wees deur rasseverskille deur ondertrouery, uit te wis, is eweneens 'n verbeeldingsvlug. Die skeppingswette van oorerflikheid tree telkens weer in en herskep die oorspronklike soort naas die verbasterde. En telkens weer dwing die onderskeid en ongelykheid van die drie tipes 'n sosiale ordening af wat nie verskil van die een wat vernietig wou word deur rassevermenging nie.
Deur volgehoue propaganda word verwarring geskep oor die begrip nasionalisme en ras. Aan Blankes word voorgegee dat nasionalisme nie op ras gegrond mag wees nie, maar aan Swartes wat bo-oor etniese en stamverskille verenig in 'n revolusionêre beweging teen eie politieke gesag van die Blankes, word die naam Swart nasionalisme of "African nationalism" gegee. Dit is hier duidelik 'n geval van Swart rassisme, want ras is die verenigde faktor in 'n anti-Blanke agitasie.
Dat tussen ras en nasionalisme 'n diep verwantskap is, is onbetwyfelbaar: Maar onder volke van dieselfde ras is onderlinge verskille wat die grondslag van die nasionalisme is.
Die rasse-identiteit van 'n nasie is die primêre element van sy eiesoortigheid. Hy is Wit of Geel of Bruin of Swart, en sy eerste voorkeur vir assosiasie word daardeur bepaal. Word hierdie rassebasis van sy nasieskap vernietig deur indringing van anderskleuriges en 'n gevolglike verbastering, gaan die sigbare eenvormigheid van sy lede verlore, word die gevoel van eenheid gebreek en raak die beeld van sy eie skoonheid en voortreflikheid uitgedoof. Daardeur word nasionalisme verwater, verydel en gaandeweg vernietig.
Nasionalisme is uiteraard verplig tot twee gelyktydige en voortdurende aksies: insluiting en uitsluiting, voorkeur en diskriminasie. Die een kan nie gedoen word sonder om die teenhang ook in werking te bring nie.
Waar in die hedendaagse dialektiek die klem geplaas word op diskriminasie as 'n immorele, onwetenskaplike en onchristelike daad, word natuurlik die reg op voorkeur vir die eie verswyg, hoewel dit uiteraard die onafskeidbare keersy van diskriminasie is.
Die reg op voorkeur vir die eie is die hart van nasionalisme. Daarsonder is dit niks nie. As dit hom ontsê of ontneem word, moet eksklusiwiteit vernietig word, waardeur die nasionale integriteit sal disintegreer en verdwyn.
Waar twee rasse wat sigbaar verskil, ontmoet, tree voorkeur en diskriminasie vanself in. Dit is nie gekunstelde of gekweekte houdinge nie, maar die natuurlike uiting van die wil om die eie te beskerm en sy voortbestaan te verseker.
Die betekenis van grondgebied het 'n verdieping ondergaan in die jongste jare as gevolg van die insigte wat gewen is uit die dierelewe. Die boeke van Robert Ardrey – African Genesis en The Territorial Imperative — het op hierdie saak heelwat nuwe lig gewerp en getoon dat die handhawing van die grondgebied van 'n manlike dier of voël sy heel eerste prioriteit is, soos die geval ook met pare en troppe is.
Die mens is ook 'n kuddewese en die beskerming van die grondgebied wat hy deel met dié van sy soort (of volksgenote), is ook sy eerste prioriteit. Wanneer vreemdes dit binnedring met die doel om die grondgebied af te neem, roep dit om oorlog.
Die vraag wat uit hierdie prioriteit van die gebiedsfaktor na vore tree, is of die idee van gebied nie 'n wyer betekenis het as grondgebied waar dit gaan om onderlinge verhoudinge tussen die binnelandse bevolking en vreemdes wat die land inkom nie.
Die kerklike "gebied", die opvoedkundige "gebied”; die kulturele "gebied", die politieke "gebied" en ook die ekonomiese "gebied" word deur 'n volk erken as onderdele van ‘n lewensorde binne sy grondgebied. Wanneer hierdie terreine binnegedring word deur vreemdes, weet 'n volk intuïtief dat dit onregstreeks 'n aantasting van sy reg op sy grondgebied is; dat as indringing op hierdie gebiede voortgaan, die volk geleidelik uit dié gebiede verdring sal word as die voorspel tot verdringing uit, of onderwerping in sy vaderland.
Waar, soos in die geval van Suid-Afrika, anderrassiges binne die Afrikanervolk se grondgebied is, is diskriminasie nie 'n blote kwessie van verhoudinge tussen individue en groepe nie, maar setel dit in die reg van een groep op die grondgebied, teenoor die ander groep wat dit binnegedring het.
Die reg om te diskrimineer, is in hierdie geval gevestig op die feit van die vaderland. Binne die grense van sy grondgebied besluit 'n volk wie mag binnekom en op watter voorwaardes.
Vanselfsprekend het in Suid-Afrika die rassebewustheid van die Blankes versperrings op alle terreine teen Nieblankes opgerig om gelykheid binne die vaderland te verhoed. Daaruit het die konvensies en voorskrifte gegroei wat apartheid, segregasie en afsonderlike ontwikkeling heet.
Skeiding op die sosiale, kerklike, kulturele en ekonomiese terrein is gehandhaaf as voorwaarde vir die handhawing van die Blankes se reg om oor hulle vaderland te heers. Dit is die grondslag van die begrip Blank Suid-Afrika waarmee diskriminasie onlosmaaklik verweef is. As diskriminasie binne die grondgebied van Blank Suid-Afrika verdwyn, word die idee van Blank Suid-Afrika vernietig.
Ras lê aan die wortel van die hedendaagse botsings in die wêreldpolitiek, omdat daar gepoog word om ras uit die gesprek te verswyg en te verban. Hierdie pogings veroorsaak uiteraard 'n gevoel van onwerklikheid. Maar al dié pogings kan die feit van ras nie onderdruk nie. Die bewustheid van rasseverskille is steeds sterker as selfs die werklikheid van rasseverskille.
Diskriminasie van een ras teen 'n ander sal steeds beoefen word, hoe gesofistikeerd of bedek ook al. Waar rasse vermeng word, sal steeds spanning, wrywing en botsing wees.
Die Afrikanervolk het nie net die reg om te diskrimineer ten einde te beskerm wat hy het en wat hy is nie — Vaderland, Afrikanerskap, Christenskap, Witmanskap — maar ook die plig teenoor dié wat vooruitgegaan en 'n Blank Suid-Afrika nagelaat het, en ook vir dié wat later sal kom.