DIE NUWE GROOT DEPRESSIE...

...WAAROM LAAT ONS DIT TOE?

Vir mense wat die moeite doen om wyer te lees as die propaganda van die massamedia was dit van die begin af duidelik dat die Covid-19 “pandemie” ‘n bedrogspul is wat net een doel het, naamlik om die mensdom te verslaaf. Ons loop blindelings in ‘n tragedie in en is klaarblyklik magteloos om iets aan die situasie te doen. Nou sit mense soos gevangenes in hulle eie huise en word verbied om ‘n bestaan te maak. Dis mos absoluut krimineel wat aan ons gedoen word!

Die menings van wetenskaplikes en kenners wat verskil van die hoofstroom-media word eenvoudig nie gepubliseer nie. Dis feitlik krimineel om anders te dink en te praat as wat die regering voorskryf. Daar word op ons gespioeneer en ons word gearresteer. Terwyl ons gesus word dat hulle in ons beste belang optree spreek die feite van presies die teenoorgestelde. Elke dag wat hierdie misdryf teen die mensdom voortduur is ‘n tree nader aan die Nuwe Wêreldorde waarin 1984 van George Orwell se 1984 in 2020 ten volle bewaarheid word.

Ons word eenvoudig belieg oor die erns van hierdie virus. Dit regverdig nie algehele afsondering van ‘n hele staat se mense nie, dit regverdig hoogstens beskerming van oumense en mense met siektes wat reeds hulle immuniteit aangetas het. Daarom word die feite van mense weerhou want as hulle dit insien sal hulle in opstand kom en dit moet mos verhoed word.

Sien byvoorbeeld hierdie artikel:

https://off-guardian.org/2020/03/24/12-experts-questioning-the-coronavirus-panic/

Volgens die WHO self is die virus nie so dodelik nie:

“Die mees algemene simptome van COV-19 is koors, ‘n droë hoes, kort van asem, en in 80% van gevalle ervaar die pasiënt slegs ligte simptome – WHO.  

Daarby is daar reeds medisyne op die mark wat gebruik kan word sowel as ander middels om Covid-19 te bestry maar omdat Big Pharma diaboliese motiewe met die entstof het en miljarde daarmee wil maak, word hierdie middels en medikasie afgeskiet wat die misdryf teen die mensdom net groter maak.

Onder ons neuse is die groot geldmagte besig om met die paniek wat gesaai word effektebeurse in duie te laat stort, maatskappye ten gronde te rig, miljoene bankrotskappe te veroorsaak en daarmee saam, werkloosheid, armoede en hongersnood in die hand te werk. Dit in die naam van ‘n virus!

Mense se regte is hulle ontneem onder die dekmantel dat hulle beskerm word deur middel van ‘n grendeltyd (lockdown), terwyl miljoene moet sit en wag om weer die “reg” te kan terugkry om te werk en brood op die tafel te sit. Hoe krimineel is dit nie om vir ‘n persoon te vertel sy besigheid is nie “noodsaaklik” nie, hy moet by die huis bly en hoop ‘n korrupte regering gaan hom help met ‘n stimulus-plan, terwyl daardie selfde regering se rekord oor 25 jaar een is van stroping van die land se bates vir eie gewin!

Henry Kissinger, asook Gorden Brown van Brittanje, praat openlik van ‘n “New World Order” en “Global Government” wat nou tot stand kom.

Professor Michel Chussodovsky van Global Research beskryf dit soos volg:

“Hierdie krisis is onbekend in die wêreldgeskiedenis. Dit ontwrig en vernietig mense se lewens wêreldwyd. Dit is ‘n oorlog teen die mensdom.”

Hy wys op wat reeds gebeur het:

  • Massive job losses and layoffs in the US, with more than 10 million workers filing claims for unemployment benefits.
  • In India, a 21 days lockdown has triggered a wave of famine and despair affecting millions of homeless migrant workers all over the country. No lockdown for the homeless: “too poor to afford a meal”.  
  • The impoverishment in Latin America and sub-Saharan Africa is beyond description. For large sectors of the urban population, household income has literally been wiped out.
  • In Italy, the destabilization of the tourist industry has resulted in bankruptcies and rising unemployment. 
  • In many countries, citizens are the object of police violence. Five people involved in protests against the lockdown were killed by police in Kenya and South Africa.

‘n Voormalige regter in Brittanje het in die glanstydskrif The Spectator, wat wyd gelees word ‘n “tydige” waarskuwing gerig:

“This is what a police state is like”.

Regter (Lord) Jonathan Sumption, QC, beweer dat ‘n kollektiewe histerie posgevat het onder mense. Hy sê ondermeer:

“Die werklike probleem is dat wanneer die mensdom sy vryheid verloor, is dit gewoonlik nie omdat die tiranne dit weggeneem het nie maar omdat mense gewilliglik hulle vryheid weggee in ruil vir beskerming teen buite-bedreigings. En die bedreiging is gewoonlik ‘n werklike bedreiging maar die gevaar daaraan word altyd geweldig oordryf. Dit is wat ek nou sien. Die druk op die politici het nou die probleem van die publiek geword. Hulle wil resultate sien en twyfel nie dat die aksie wat die regering neem sal werk nie Hulle vra ook nie of die prys wat betaal word dit die moeitewerd maak nie. Enigeen wat die geskiedenis ken sal hier die klassieke simptome van kollektiewe histerie herken. Daarby is histerie aansteeklik. Ons werk onsself op tot in ‘n toestand waar ons die bedreiging geweldig oordryf en dink nooit daaroor of die sogenaamde kuur vir die probleem dalk ‘n baie groter probleem as die siekte kan wees nie.

“Maar ons moet leer dat hierdie die metode is om van samelewings despotiese state te maak; dws, ‘n staat wat deur ‘n enkel entiteit met absolute mag regeer word. Normaalweg is daardie entiteit ‘n individu, ‘n despoot soos in outokrasie, maar samelewings wat respek en mag aan sulke groepe oorlaat, word ook ‘n despotiese samelewing genoem.

“Ons moet ook besef dat so ‘n proses altyd vanself na oordrywing lei. Die simptome van die Korona-virus is wel ernstig vir diegene met onderliggende siektes, veral as hulle oud is. In uitsonderlike gevalle word jongmense ook sleg getref maar die getal is maar klein. En hieraan word groot publisiteit gegee! Meesal is Korona nie eers die hoofoorsaak van die dood nie, soos in Italië wat beweer dat slegs 12 persent sterftes in hierdie groep die gevolg van die virus was.”

Die werklike vraag is egter: is die toestand ernstig genoeg om die meerderheid van die bevolking onder huisarres te plaas, ons ekonomies te vernietig, eerlike sake-ondernemings waar mense jare lank hard gewerk het om dit op te bou, te laat ondergaan, nageslagte met skuld, spanning, depressie, hartaanvalle en selfmoord na te laat? En dit vir ‘n virus wat in waarheid maar net nog ‘n griepvirus is!

Dit is wat ‘n polisiestaat is: ‘n staat waar die regering enige opdragte en voorkeure sonder wettiging kan uitvaardig en die polisie en weermag dit tot uitvoer bring.

Hierbo is ‘n geleerde en gerespekteerde mens wat ons waarsku wat besig is om te gebeur. Mag sulke stemme ook uit ons land opklink voordat dit te laat is!

Meer nog, mag ons in verset kom teen enige verdere algemene grendeltyd want sou ons dit nie doen nie, moet ons nie oor ‘n paar maande van nou af huil oor ons lot net omdat ons te papbroekig was om in te tree terwille van ons en ons nageslag se voortbestaan nie!