COVID-19 – EKONOMIESE OORLOGVOERING

U sal onthou ons het in ‘n vorige artikel gemeld dat dr Tedros, die direkteur-generaal van die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) bekend gemaak het dat daar naastenby twintig farmaseutiese laboratoriums (verspreid oor die wêreld) tans besig is om ‘n entstof teen die Covid-19-vrius te ontwikkel.U sal ook onthou dat daar toe met sekerheid gestel is dat hierdie virus in ‘n hoogsgeheime biologiese oorlogslaboratorium in die VSA ontwikkel is en nie deur die Sjinese soos beweer word, vrygestel is nie maar deur die VSA, en dat Amerikaanse soldate Wuhan besoek en die virus daar vrygestel het.

Nou is die private korporasies koorsagtig in mededinging met mekaar om die eerste te wees om ‘n effektiewe entstof beskikbaar te stel. Hierdie entstof sal gepatenteer word en die ontwikkelaar sal ‘n monopolie daarop hê wat hom ‘n multi trilljoen-doller-inkomste sal besorg. Geen woord kan die chaotiese smag na winsbejag met hierdie poging (wat niks met die bevolkings se gesondheid te make het nie) beskryf. Alles gaan oor geld, honderde biljoene tot triljoene dollers se wins wag vir die farmaseutiese oligargie en hulle bedmaatjies. Daarby sal ‘n geforseerde inentingsprogram bevolkings wêreldwyd se voorland wees en onder polisie en militêre toesig uitgevoer word.

Die uitvoerende bestuurder van die Center for Disease Control (CDC) in die VSA, mnr Robert Redfield, bevestig dat vals aanmeldings en verkeerde berekeninge van die Covid-19 aan die orde van die dag is. Om die valse inligting oor Covid-19 te weerlê het die CDC ‘n nagevorste uitspraak gemaak mbt die sterftesyfers tydens besmetting met gewone griepvirusse. Hulle het ook ‘n beraming gedoen dat tot 54 miljoen mense in Amerika die gewone griep in die griepseisoen 2019/2020 sal opdoen en dat tot 59 000 daarvan sal sterf. Meeste daarvan sal persone bo sewentig wees asook mense met onderliggende siektetoestande en veral diegene met longprobleme. Hierdie situasie is nagenoeg dieselfde as dié van Covid-19 – terloops, gewone griepvirusse bestaan uit 15% en soms selfs méér Koronavirusse. Geneem op ‘n wêreldwye skaal is die sterftesyfer agv gewone griepvirusse honderde duisende. Net in die griepseisoen van 2017-2018 het daar nagenoeg 60 000 mense in die VSA gesterf. Nou moet u maar self besluit of die sogenaamde “pandemie” met Covid-19, soos die WHO dit bestempel, nie dalk ‘n front is vir ‘n skuilplan nie.

Volgens mnr Redfield van die CDC sal daar in die toekoms wel ‘n volgende Koronavirus uitbreek waarvoor hierdie nuut-ontwikkelde entstof nie sal help nie as gevolg van mutasie. So is ook die algemene griep-entstowwe se effektiwiteit minder as 50%, om nie eers te praat van die gevaarlike newe-effekte nie. Die vraag moet gevra word of die entstof teen Covid-19 (Covid-19 wat baie dieselfde eienskappe as gewone griepvirusse het) dan nie net so oneffektief sal wees as die entstof teen gewone griepvirusse nie.

Die belangrikste vraag is of ‘n entstof teen Covid-19 werklik nodig is.

Entstowwe maak nie gesond nie. Dit keer soms dat die gevolge van die virus nie so ingrypend is nie, en soms help dit niks, afhangende van die persoon se ouderdom en gesondheidstoestand. In Sjina het die meeste mense herstel deur middel van logika omtrent die gebruik van natuurlike en tradisionele medikasie soos kolloïdale silwer. Ook ekstra groot dosisse vitamien C en D3 is van groot waarde om infeksies te beveg. Die Sjinese gebruik ook ‘n mentholbasis wat hulle op en rondom die neus smeer. Dit ontsmet en keer bakterieë wat die lugweë wil binnedring. Rou knoffel is ook van onskatbare waarde aangesien dit die hegting van die virus aan menslike selle voorkom.

Interessant is dat ‘n Franse professor, Didier Raoult, een van die top 5 wêreldbekende wetenskaplikes in oordraagbare siektes, beweer dat die massa-kwarantynproses oneffektief en verouderd is terwyl grootskaalse toetsing en behandeling van moontlike geïnfekteerde persone by verre ‘n meer effektiewe metode is om ‘n virus te beveg.

Dr Raoult beveel ook die gebruik van hydroxychloroquine (Chloroquine of dan Plaquenil), aan. Dit is ‘n goedkoop medikasie wat onder andere gebruik word om malaria te beveg. Daarmee is reeds uitstekende resultate bereik in die bestryding van Koronavirusse in die verlede soos met die SARS-virus. In die helfte van Februarie 2020 het dr Raoult met sy kliniese proefnemings bevestig dat hierdie middel die virale lading drasties verminder. Sjina het dieselfde navorsing gedoen met dieselfde resultaat. Sjinese wetenskaplikes se navorsing het 100 pasiënte ingesluit waarna die Sjinese Nasionale Gesondheidskommissie besluit het om Chloroquine wyd aan te beveel in die stryd teen Covid-19.

Ter aansluiting daarby is Sjina en Kuba gesamentlik besig om die middel Interferon Alpha 2B, ‘n hoogs effektiewe anti-virale middel wat jare gelede in Kuba ontwikkel is (maar onbekend vir die res van die wêreld omdat die VSA ‘n verbod op invoere van Kuba geplaas het) verder te ontwikkel en ‘n entstof aan die hele wêreld teen ‘n lae koste beskikbaar te stel.

Soos u seker al waargeneem het word die alternatiewe medikasies teen Covid-19 soos bo vermeld, sterk afgeraai op die internet wat deur Google en die Groot Korporatiewe-outokrasie, insluitende die groot farmaseutiese bedryf, beheer word. Hulle sal jou graag wil oortuig dat hierdie middels nie effektief is nie, en selfs skadelik kan wees. Moet dit tog nie glo nie. Meeste daarvan word al eeue gebruik en is heeltemal natuurlik van oorsprong. Die meeste mediese praktisyns is nie eers bewus van die waarde van hierdie natuurlike middels nie omdat die media aangesê word om sulke inligting te sensor en te verswyg.

In ‘n tyd soos nou is dit egter u verantwoordelikheid om uself met die waarheid te omring om sodoende staande te bly teen die aanvalle van die satan, want dit is wat Covid-19 is, nog ‘n poging van die duiwel om die mensdom onder beheer van die sataniese Een Wêreld Orde te bring.

Vervolg...